• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

OK Bazaars (1929) Ltd : a strategic management analysis of the period 1970 to 1997

Volschenk, Marius Stephanus 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this dissertation is to attempt to shed some light on the strategic issues and shortfalls that accompanied the OK Bazaars (1929) Ltd on its path from being the oldest and largest retailer in South Africa to becoming a spiralling loss-maker and being sold for a mere R1 at the end of what is probably the longest existing retail-trade history for a company this size in South Africa. Only a limited number of South African case studies exist in the field of Strategic Management and the writer will, in the latter part of the dissertation, condense the broad facts to a case study that will serve South African students in the field of Strategic Management. The study firstly follows a theoretical discussion on some Strategic Management theory, especially the two important concepts of vision and mission. This leads to the discussion of a model for Strategic Management or more specific, strategic analysis. The study then concludes with the application of the model on the OK Bazaars, which entails the essence of the report. The focus is on the company since the early seventies and thereafter up until its sale by The South African Breweries(SAB) in 1997. The period under discussion is fragmented into roughly the three decades, that is the seventies, the eighties and the years 1990 to 1997(the nineties). The writer at this stage wishes to emphasise that, due to a number of factors which will be discussed shortly, a broad analytical approach is followed on the seventies with a somewhat more detailed analysis being done on the eighties and, as far as is possible, a full-on analysis of the nineties. The reasons for this approach are as follows: • The 0K Bazaars in its pre-1997 form does not exist anymore and the people involved with the then-existing company are no longer available for comment. Almost no media-published material is available on the OK Bazaars during the seventies with only limited published material on the eighties. • Due to the SAB and Shoprite Holdings, the new owners of OK Bazaars, currently still being in a dispute as to the exact extent of the losses incurred by the OK just prior to the take-over and the nett asset value of the OK Bazaars at the time of the take-over, the situation surrounding the OK and its financial figures are very sensitive at present. As a result very little information is available from Shoprite with no information from SAB except the annual financial reports. By August 2000 there were still indications that the dispute was not yet resolved (De Vynck,2000). Due to the poor performance of OK Bazaars in the last years of its presence in the SAB stable, the annual financial reports of SAB also reflect the minimum information on the company (OK). It is however the aim of the writer to evaluate, with the somewhat limited information at hand, the company from a strategic management point of view and construct these facts to a practical case study for fellow students in this interesting field of management. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie proefskrif is om te poog om die strategiese probleme en tekortkominge uit te lig wat bygedra het tot die ondergang van OK Bazaars (1929) Bpk, vanaf die stadium dat die OK die grootste kleinhandelaar in Suid-Afrika was totdat dit 'n onomkeerbare verliesmaker geword het en verkoop is vir 'n skamele R1 aan die einde van wat waarskynlik die langsbestaande kleinhandelsgeskiedenis vir 'n maatskappy van hierdie grootte in Suid Afrika is. Daar bestaan slegs 'n beperkte aantal Suid Afrikaanse gevallestudies in die veld van Strategiese Bestuur en die skrywer sal, in die laaste deel van die proefskrif, die breër feite tot 'n gevallestudie reduseer wat gebruik kan word deur Suid Afrikaanse studente in the veld van Strategiese Bestuur. Die studie begin met 'n bespreking van sekere teoretiese aspekte van Strategiese Bestuur, veral die twee belangrike onderwerpe van visie en missie. Dit lei tot die bespreking van 'n model vir Strategiese Bestuur, of meer spesifiek strategiese ontleding of analise. Die studie gaan dan voort met die toepassing van die model op die OK Bazaars, wat die kern van die verslag vorm. Die fokus is op die maatskappy sedert die vroeë sewentigerjare en daarna tot en met die verkoop daarvan deur die SAB in 1997. Die tydperk onder bespreking word rofweg opgedeel in die drie dekades, naamlik die sewentigerjare, die tagtigerjare en die jare 1990 tot 1997 (die negentigerjare). Die skrywer wil reeds op hierdie stadium beklemtoon dat, as gevolg van 'n paar faktore wat hierna bespreek sal word, 'n breë oorsigtelike benadering gevolg word ten opsigte van die sewentigerjare met 'n ietwat meer gedetailleerde ontleding wat ten opsigte van die tagtigerjare gedoen word en, sover as moontlik, 'n volwaardige ontleding van die negentigerjare. Die redes vir hierdie benadering is as volg: • Die OK Bazaars soos dit gelyk het voor 1997 bestaan nie meer nie, en die persone wat betrokke was by die maatskappy soos dit op daardie stadium daar uitgesien het, is nie meer beskikbaar vir kommentaar nie. • Daar is feitlik geen media-gepubliseerde materiaal omtrent OK Bazaars gedurende die sewentigerjare beskikbaar nie, terwyl slegs beperkte gepubliseerde materiaal omtrent die tagtigerjare beskikbaar is. • As gevolg van die feit dat SAB en Shoprite Holdings, die nuwe eienaars van OK Bazaars, tans steeds in a dispuut is insake die presiese omvang van die verliese aangegaan deur die OK net voor die oorname asook die netto batewaarde van OK op die stadium van die oorname, is die situasie rakende die OK en die finansiële resultate daarvan hoogs sensitief op die oomblik. Gevolglik is baie min inligting beskikbaar vanaf Shoprite, terwyl geen inligting vanaf die SAB kant buiten die statutêre jaarverslae beskikbaar is nie. Teen Augustus 2000 was daar steeds aanduidings dat die dispuut nie opgelos is (De Vynck,2000). As gevolg van die swak vertoning van die OK Bazaars in die laaste jare waartydens dit nog binne die SAB stal geval het, reflekteer die jaarlikse finansiële verslae van die SAB slegs die minimum inligting omtrent die maatskappy (OK). Dit is egter die doel van die skrywer om met die beperkte inligting beskikbaar, die maatskappy uit 'n strategiese bestuur-oogpunt te evalueer en hierdie feite dan saam te voeg ten einde 'n praktiese gevallestudie daar te stel vir mede studente in hierdie interessante veld van bestuur.

Page generated in 0.0953 seconds