Spelling suggestions: "subject:"obligations (daw) -- south africa"" "subject:"obligations (daw) -- south affrica""
1 |
A critical analysis of the financial and social obligations imposed on sectional owners in sectional title schemes, as well as their enforcementBooysen, Juann 04 1900 (has links)
Thesis (LLD)--Stellenbosch University, 2012 / ENGLISH ABSTRACT: Over the years sectional ownership satisfied the psychological need of many South
Africans to acquire home-ownership and it is currently estimated that there are more
than 780 000 sectional title units throughout South Africa. The concept of sectional
ownership consists of three elements, namely individual ownership of a section
(residential or commercial); joint ownership of the common parts of the sectional title
scheme and membership of the body corporate which governs the sectional title
community. Sectional ownership is therefore a unique statutory institution with its
own characteristics.
An imperative of every sectional title scheme is to strive for financial stability,
happiness and harmony in an intensified, diverse community where the objects of
ownership, the individual units, are physically interdependent. The Sectional Titles
Act 95 of 1986, as amended, therefore imposes numerous financial and social
obligations on sectional owners. These obligations require each owner to give up a
certain degree of freedom that he might otherwise enjoy in separate, privately owned
property. Ultimately the success of a sectional title scheme will depend upon the
necessary co-operation and support of its members for compliance with these
obligations. Since non-compliance can destroy the financial stability and social
harmony in a sectional title scheme, effective procedures for the enforcement of
these financial and social obligations are essential. Accordingly, effective sanctions
are a sine qua non for a financially viable and socially successful sectional title
scheme.
This thesis provides a critical analysis of the various financial and social obligations
that are imposed on sectional owners, as well as the measures available for their
enforcement. It will become evident that the sanctions in the South African sectional
title legislation for non-compliance with these obligations are conspicuously few and
far between. It is generally accepted that the Sectional Titles Act 95 of 1986 does
not have sharp enough „teeth‟ to deal effectively with the non-compliance of these
obligations. Consequently, the thesis will also focus on sanctions that are used in
foreign jurisdictions to enforce sectional owners‟ financial and social obligations, with the aim to identify sanctions that may be adopted in the South African context to
render the enforcement of these obligations more efficient and effective. In
conclusion it will be recommended that the only manner in which financial stability
and social harmony can be restored in a troubled sectional title scheme is to
introduce legislation which allows the body corporate as a last resort to exclude a
persistent offender who makes it impossible for the other sectional owners to share
the sectional owners‟ community with him or her temporarily from this community. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Met die verloop van tyd sedert die eerste deeltitelwetgewing in 1971 in Suid Afrika
ingevoer is, het deeleiendom die droom van menige Suid-Afrikaners verwesenlik om
eiendomsreg van „n eie woning te verkry. Huidige statistieke dui daarop dat daar
meer as 780 000 deeltiteleenhede in Suid Afrika is. Drie elemente word in die begrip
„deeleiendom‟ saamgevat, naamlik individuele eiendomsreg van „n deel (residensiëel
of kommersiëel), mede-eindomsreg van die gemeenskaplike gedeeltes van „n skema
en lidmaatskap van „n regspersoon. Deeleiendom is dus „n unieke statutêre
instelling met sy eie ongewone karaktertrekke.
Die belangrikste doelwit van elke deeltitelskema is om finansiële stabiliteit, geluk en
harmonie in „n geϊntensifeerde, diverse gemeenskap waar individuele
eiendomseenhede, fisies interafhanklik is, te bewerkstellig. Die Wet op Deeltitels 95
van 1986, soos gewysig, onderwerp deeleienaars daarom aan verskeie finansiële en
sosiale verpligtinge wat meebring dat elke deeleienaar „n sekere mate van vryheid
moet prys gee wat hy andersins sou geniet het as hy eienaar was van „n huis op „n
private erf. Die uiteindelike sukses van „n deeltitelskema is grotendeels afhanklik
van die samewerking en ondersteuning van sy lede wat betref die nakoming van
hierdie verpligtinge. Omdat nie-nakoming die finansiële stabiliteit en sosiale
harmonie kan versteur word doeltreffende maatreëls vereis vir die afdwinging van
hierdie finansiële en sosiale verpligtinge. „n Deeltitelskema kan slegs met sukses
bestuur word indien op doeltreffende sanksies gesteun kan word.
Hierdie tesis fokus op „n kritiese analise van die verskeie finansiële en sosiale
verpligtinge waaraan deeleienaars onderhewig is, en die maatreëls wat aangewend
kan word om hierdie verpligtinge af te dwing. Daar sal aangetoon word dat die
sanksies in die Suid-Afrikaanse deeltitelwetgewing vir die nie-nakoming van hierdie
verpligtinge gans te min, en boonop uiters ondoeltreffend is. Daarom word
algemeen aanvaar dat die „tande‟ van die Wet op Deeltitels 95 van 1986 nie skerp
genoeg is om die nie-nakoming van hierdie verpligtinge doeltreffend te straf nie.
Gevolglik sal die tesis ook fokus op sanksies wat in buitelandse regstelsels
aangewend word om die finansiële en sosiale verpligtinge van deeleienaars af te dwing. Die oogmerk hiermee is om buitelandse sanksies te identifiseer wat met vrug
in die Suid-Afrikaanse konteks aangewend kan word ten einde die nie-nakoming van
hierdie verpligtinge doeltreffend hok te slaan. Ter afsluiting sal voorgestel word dat
finansiële stabiliteit en sosiale harmonie in „n erg ontwrigte deeltitelskema slegs
herstel kan word indien wetgewing aangeneem word wat die regspersoon toelaat om
„n deeleienaar wat ondanks waarskuwings dit vir mede-deeleienaars onmoontlik
maak om saam met hom of haar in dieselfde deeleiendomsgemeenskap te leef
tydelik van die skema te verwyder.
|
Page generated in 0.1015 seconds