• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 6
  • 2
  • Tagged with
  • 8
  • 8
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die ervarings van hoërskoolleerders met liggaamlike gestremdhede

Erasmus, Stephanus Johannes Frederick 12 1900 (has links)
Bibliography / Thesis (MEdPsych (Educational Psychology))--University of Stellenbosch, 2010. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie was onderneem om insig te bekom oor hoёrskool leerders met 'n liggaamlike gestremdheid se ervaringe. Kwalitatiewe navorsing is gedoen ten einde begrip en insig te ontwikkel omtrent die kernaspekte ter bevordering van effektiewe insluiting van adolessente met 'n liggaamlike gestremdheid tot die hoofstroomskool. Die narratiewe ondersoek as ontwerp was gepas juis omdat so 'n ontwerp kreatiewe ruimte laat vir die deelnemers om die betekenis wat hulle aan hul lewenservarings heg, te verwoord. Die deelnemers is die geleentheid gebied om in hul eie woorde en op hul eie manier hul storie te vertel van hoe hulle met 'n gestremdheid hoёrskool ervaar. Die primêre metodes van ondersoek was semi-gestruktureerde onderhoude, een fokusgroeponderhoud en die skep van kollages. Die deelnemers is huidiglik in die adolessensie fase wat hulle op dieselfde emosionele en fisieke ontwikkelingsvlak as hul portuur plaas. Die verskil word gemanifesteer in hoe die adolessente met liggaamlike gestremdhede hulself sien en hoe die reaksies van hulle portuurgroep oor hulle gestremdhede hulle selfbeeld beïnvloed. Beter insig in die realiteit van hul ervarings, hulle gevoelens en uitdagings kan beter ondersteuning aan dié adolessente moontlik maak. Die proses van data-analise het vyf temas opgelewer, naamlik: skoolkeuse, sosiale lewe, ondersteuning, reaksies op gestremdhede en uitdagings. Die kernaspekte hieraan verbonde berus hoofsaaklik op die houdings en sieninge van die hele skoolgemeenskap, die aanspreek van die uitdagings, die benutting van spesifieke onderwys- en onderrigstrategieё ter bevordering van insluiting en die erkenning van die waarde wat die insluiting van adolessente met liggaamlike gestremdhede tot hoofstroom-onderwys toevoeg. Die bevindinge dui daarop dat, alhoewel die reaksies op hul gestremdheid meesal negatief is, word die adolessente deur die positiwiteit van 'n minderheid aangemoedig om uitdagings te oorbrug. Negatiewe ervarings sluit in strukturele uitdagings, gevoelens van hartseer, eensaamheid, uitsluiting, verwerping, frustrasie, onvergenoegheid, angstigheid en geїrriteerdheid. Positiewe ervarings sluit in vaardighede, bekwaamheid, talente, interafhanklikheid, volhoubare ondersteuning en vriendskappe sowel as geleenthede vir interaksie met hulle portuurgroep, veral die van die teenoorgestelde geslag. Die studie het ook leemtes uitgewys in terme van die onvermoё van die onderwysowerheid om hulle insluiting in die hoofstroom te fasiliteer by wyse van infrastruktuur sowel as bewusmakingsveldtogte en die daarstelling van programme om adolessente met 'n liggaamlike gestremdheid te ondersteun. / ENGLISH ABSTRACT: This study was undertaken to acquire insight into the experiences of high school learners with a physical disability. Qualitative research methods were used to develop understanding and insight with regard to core aspects which promotes effective inclusion of adolescents with a physical disability into mainstream. The narrative approach as research design was appropriate especially as this research design allows the participants greater creativity to express in words the meaning of their lived experiences. The participants were offered the opportunity to tell their stories in their own words and in their own way of how they experience high school with a disability. The primary methods of research were semi-structured interviews, one focus group interview and the creation of collages. The participants are currently in the phase of adolescence which places them on the same level of emotional and physical development as their peers. The difference manifests itself in the way that adolescents with a physical disability see themselves and how the reactions of their peers towards their disabilities influence their self-image. Enhanced insight into the reality of the experiences, feelings and challenges of adolescents with disabilities can lead to improved support. The process of data analysis has yielded five themes, namely: school selection, social life, support, reactions towards disabilities and challenges. Important aspects related to these themes are based mainly on the attitudes and views of the whole school community; the way in which challenges are addressed; the utilization of specific education and teaching strategies to improve inclusion and the acknowledgement of the value of inclusion that adolescents with physical disabilities add to mainstream education. The findings indicated that, although the reactions towards their disability are mostly negative, these adolescents are being driven to overcome their challenges through the positivity of a minority. Negative experiences include: structural challenges, feelings of sadness, loneliness, exclusion, rejection, frustration, not being good enough, anxiety and irritability. Positive experiences include: skills, competencies, talents, interdependency, sustainable support and friendships, as well as opportunities for interaction with their peers especially those of the opposite sex. The study also indicated shortcomings in terms of the inability of the education authority to facilitate their inclusion into mainstream with regard to infrastructure, as well as awareness campaigns and the introduction of programmes to support adolescents with a physical disability.
2

Die selfkonsep van studente wat hakkel : 'n verkennende ondersoek

Louw, Karlien 12 1900 (has links)
Thesis (MEdPsych (Educational Psychology))--University of Stellenbosch, 2010. / Bibliography / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die verskynsel van hakkel word omgewe deur persoonlike belewenisse wat bydra tot die vorming van die selfkonsep van iemand wat hakkel. Die toenemende soeke na die oorsake, "behandeling" en "genesing" van hakkel lei waarskynlik tot die onderbeklemtoning van die wyse waarop die persoon sin maak van sy of haar hakkel. Holistiese ondersteuning fokus egter nie slegs op die hantering van hakkel nie, maar ook op die positiewe integrasie van hakkel in iemand se selfkonsep – ongeag die pyn of hartseer wat daarmee geassosieer word. Om dit te kan doen, word kennis benodig van die wyse waarop die verskillende dimensies van die persoon se selfkonsep tot uitdrukking kom. Die doel van hierdie studie was tweeledig van aard. Eerstens het dit gepoog om die selfkonsep van studente wat hakkel te verken en te beskryf deur middel van hulle belewing daarvan ten opsigte van die verskillende dimensies van die selfkonsep. Dit het aanleiding gegee tot 'n ruimer begrip van die wyse waarop die selfkonsep van die betrokke studente manifesteer in verskillende verhoudings. Tweedens het die studie ten doel gehad om meer holistiese wyses van ondersteuning te identifiseer en wat gevolglik gelei het tot die identifisering van sodanige ondersteuning binne die terapeutiese sowel as die onderrig- en leeromgewings. Ten einde hakkel as 'n menslike hoedanigheid te verstaan en te verduidelik, word van 'n kwalitatiewe benadering tot navorsing gebruik gemaak. Dit word ondersteun deur gefundeerde teorie as gekose navorsingsontwerp wat die induktiewe wyse van datagenerering en -analise beklemtoon. Die metodes van navorsing ten opsigte van datagenerering sluit in individuele onderhoude en 'n fokusgroep. Data is geanaliseer deur gebruik te maak van die konstante vergelykende metode. Die verkenning van die studente se selfkonsep op hierdie wyse het uiteindelik tot die identifisering van enkele determinante ten opsigte van intra- en interpersoonlike funksionering aanleiding gegee. Die twee prosesse van heling en verwonding betrokke in die vorming van die studente se selfkonsep illustreer hoe verhoudings tot die ondersteuning of selfs stigmatisering en gevolglike uitsluiting van hierdie studente bydra. iv Die verkenning van die verskillende dimensies van die selfkonsep van studente wat hakkel het die volgende aan die lig gebring: Dat die selfkonsep dien as uitdrukking van die studente se verband met hakkel op die drie verskillende vlakke van sielkundige funksionering, naamlik die: - Kognitiewe vlak: vervreemding van die outentieke self, persoonlike waarhede, transendensie en kongruensie - Affektiewe vlak: psigiese verwonding - Konatiewe vlak: kompensasie, isolasie en projeksie Spesifieke terapeutiese benaderinge kan moontlik heling bevorder by die student wie se selfkonsep broos blyk te wees weens die verwonding wat soms met hakkel gepaard gaan. Dit kan waarskynlik as 'n voorafgaande raamwerk dien vir die ontwikkeling van 'n enkele, meer omvattende behandelingsplan ter bevordering van 'n positiewe selfkonsep. Toeganklikheid ten opsigte van akademiese deelname vir studente wat hakkel behoort bevorder te word in 'n veilige en nie-bedreigende onderrig- en leeromgewing. Spesifieke wyses van ondersteuning in die konteks van die Universiteit Stellenbosch is voorgestel. Die uitsluiting van studente wat hakkel weens stigmatisering bring psigiese verwonding mee, wat gevolglik bydra tot die wyse waarop die student se selfkonsep tot uitdrukking kom. As navorser vertrou ek dat hierdie studie sal bydra tot 'n ruimer begrip van die selfkonsep van studente wat hakkel. Op so 'n wyse kan Opvoedkundige Sielkunde as vakgebied 'n agent van verandering wees, deurdat dit krities-reflekterende denke ten opsigte van die holistiese ondersteuning van studente wat hakkel, aanmoedig. Die teoreties gefundeerde gevolgtrekkings en aanbevelings in hierdie tesis kan dien as kennisraamwerk vir toekomstige navorsing op hierdie gebied. / ENGLISH ABSTRACT: The phenomenon of stuttering encompasses personal experiences that contribute to the forming of the self-concept of somebody who stutters. The increased search for the causes, "treatment" and "curing" of stuttering probably leads to underemphasising the manner in which the person makes sense of his or her stuttering. However, holistic support focuses not only on dealing with stuttering, but also on the positive integration of stuttering in someone's self-concept – regardless of the pain or distress associated with it. To be able to do this, knowledge about the manner in which the various dimensions of the person's self-concept are expressed, is required. The aim of this study was of dual purpose. Firstly it attempted to explore and describe the self-concepts of students who stutter by means of their experiences of stuttering with regard to the different dimensions thereof. This has lead to a better understanding of the way in which the self-concept of the students concerned becomes manifested in different relationships. Secondly this study aimed to identify more holistic ways of support which has lead to the identification of such ways in both the therapeutic and teaching and learning environments. To understand and explain stuttering as a human quality, a qualitative approach to research is used. It is supported by grounded theory as selected research design, which emphasises the inductive method of data generation and analysis. The methods of research with regard to data generation include individual interviews and a focus group. Data is analysed by using the constant comparative method. Exploring the students' self-concepts in this way eventually led to the identification of a few determinants with regard to intra- and interpersonal functioning. The two processes of healing and suffering involved in students' self-concepts illustrate how relationships contribute to the support or even stigmatisation and consequential exclusion of these students. The exploration of the different dimensions of the self-concept of students who stutter brought the following to light: That the self-concept serves as a manifestation of the students’ relationship with stuttering on the three different levels of psychological functioning, namely the: vi - Cognitive level: alienation of authentic self, personal truths, transendence and congruency - Affective level: psychological distress (suffering) - Conative level: compensation, isloation, projection Specific therapeutic approaches can possibly enhance healing in the student whose self-concept seems to be brittle due to the psychological distress or suffering that sometimes goes with stuttering. It can probably serve as a preliminary framework for developing a single, more comprehensive treatment plan to enhance a positive self-concept. Accessibility with regard to academic participation for students who stutter should be enhanced in a safe and non-threatening teaching and learning environment. Specific ways of support in the context of the Stellenbosch University are suggested. The exclusion of students who stutter due to stigmatisation causes psychological suffering, which consequently contributes to the manner in which the student's self-concept is expressed. As a researcher, I trust that this study will contribute to a broader understanding of the self-concept of students who stutter. In such a way, Educational Psychology as a subject field could be an agent for change by supporting critical-reflective thinking with regard to the holistic support of students who stutter. The theoretically grounded conclusions and recommendations in this thesis could serve as a framework of knowledge for future research in this field.
3

Die role van die leerondersteuner binne inklusiewe onderwys

Van Graan, Mariette 12 1900 (has links)
Bibliography / Thesis (MEd))--University of Stellenbosch, 2010. / Bibliography / AFRIKAANSE OPSOMMIMG: Die transformasie vanaf ʼn tradisionele onderwysstelsel na ʼn inklusiewe stelsel het ʼn perspektiefverandering tot gevolg gehad. Die verandering in perspektief het ʼn verskuiwing weg van ʼn klem op individuele diagnose en voorskriftelike terapeutiese intervensies deur professionele persone, na ʼn groter klem op die ontwikkeling van samewerkende en konsulterende verhoudings tussen onderwysers, professionele persone en ouers meegebring. Hierdie verandering in denke het ʼn invloed gehad op die rolle van onderwysers, skoolhoofde en ondersteuningspersoneel. In hierdie studie word daar spesifiek gefokus op die rol- en praktykomskakelings van die eertydse remediërende onderwysers na leerondersteunende onderwysers (leerondersteuners). Navorsingstudies het getoon dat die rol van die leerondersteuner tans baie meer omvattend is as vroeër, met die gevolg dat die volgende navorsingsvrae ontstaan het: Wat is die rol van leerondersteuners binne inklusiewe onderwys en watter ervarings het hulle gehad tydens hul rol- en praktykomskakelings? Die doel van hierdie generiese interpretatiewe navorsingstudie was om vier leerondersteuners wat voorheen as remediërende onderwysers gewerk het se ervarings van hul rol- en praktykomskakelings te analiseer, te beskryf en te verduidelik. Die studie is gedoen vanuit die interpretatiewe paradigma wat die kwalitatiewe navorsingsontwerp gerig het. Data is deur middel van semi-gestruktureerde en fokusgroeponderhoude asook dokumente van die Wes-Kaap Onderwysdepartement gegenereer. Die onderhoudsdata is getranskribeer en verwerk. Bevindinge het getoon dat al die leerondersteuners unieke ervarings gehad het. Daar was egter ʼn ooreenkoms in die ervaring van ʼn klemverskuiwing wat plaasgevind het vanaf remediërende onderwys na leerondersteuning. ʼn Belangrike aspek wat uit die data voortgespruit het, was dat leerondersteuners se daaglikse take en verantwoordelikhede by hul spesifieke skole grootliks van mekaar verskil het, vanweë die verskillende skoolkontekste. Daar is verder bevind dat daar ʼn leemte is in die ondersteuning wat leerondersteuners aan onderwysers bied. Voorstelle is gemaak om ondersteuningsnetwerke te vorm binne die verskillende sisteme van die leerder se konteks, sodat skole omgeskakel kan word na inklusiewe gemeenskappe. / ENGLISH ABSTRACT: The transformation from a traditional education system to an inclusive education system implies a change in perspectives. Perspectives in education support that have traditionally focused on the so-called medical deficit approach have since changed to a model that focuses on inclusive education. An inclusive education system moves away from an approach that focused on diagnosis and treatment, to a system where the removal of stumbling blocks within society and the participation of all people, especially those with differences, in the everyday life of society, are recognised. The change in perspective requires the transformation in the roles of education support professionals. This study focuses specifically on these role conversions that the former remedial teachers have to make in becoming learning support teachers. Research has shown that the role of learning support teachers is more comprehensive within an inclusive system. This led to the following research questions: How do learning support teachers experience their role conversion? Because studies proved it to be problematic to define the role of the learning support teacher, due the influence of the context on their work, a second question arose: What is the role of the learning support teacher within an inclusive education system? The purpose of this generic qualitative study was to analyse, describe and explain the experiences of four remedial teachers during their role conversion to learning support teachers. The study was conducted within an interpretive paradigm which guided the qualitative research design. Data was generated by means of semi-structured and focus group interviews and included relevant documents from the Western Cape Education Department regarding the role of learning support teachers and inclusion. The interview data were transcribed and analysed. The findings show that all the learning support teachers had unique experiences during the role conversion. An important aspect that resulted from the data was that the day-to-day operations and responsibilities of learning support teachers differed from one another, due to the difference in the school contexts. vi An additional outcome of the analysis identified a lack of support for teachers. Recommendations are made to create support networks within the different systems of the learner‟s context to ensure that schools are converted to inclusive communities
4

Job stress in management personnel in secondary schools : an educational-psychological investigation / Shelley Smit

Smit, Shelley January 2000 (has links)
The aims of this study were to determine: • The nature of job stress. • Factors causing job stress in management personnel. • The perceived severity or intensity of job stress in management personnel in secondary schools. • The frequency of occurrence of job stress in management personnel in secondary schools. In order to achieve these aims a literature study and empirical investigation were undertaken. The data was investigated and evaluated and certain conclusions were made. Appropriate primary and secondary sources were used in the literature study. A DIALOG search was conducted using the following key words: job stress, occupational stress, career stress, work stress, management and education. The nature of job stress and factors causing job stress in management personnel were discussed. Spielberger's Job Stress Survey (JSS) was used for the empirical investigation. This questionnaire was designed to determine the amount of stress associated with a particular event and the frequency of its occurrence. The population consisted of the management teams (principals, deputy principals and heads of department) of 180 randomly selected secondary schools throughout South Africa. The management teams of 102 secondary schools throughout South Africa constituted the sample. The data obtained in the empirical investigation was statistically analysed and interpreted. In conclusion the study was summarised, findings were reported and specific recommendations were made for implementation in practice and for further research. / Thesis (M.Ed.)--Potchefstroom University for Christian Higher Education, 2000
5

Job stress in management personnel in secondary schools : an educational-psychological investigation / Shelley Smit

Smit, Shelley January 2000 (has links)
The aims of this study were to determine: • The nature of job stress. • Factors causing job stress in management personnel. • The perceived severity or intensity of job stress in management personnel in secondary schools. • The frequency of occurrence of job stress in management personnel in secondary schools. In order to achieve these aims a literature study and empirical investigation were undertaken. The data was investigated and evaluated and certain conclusions were made. Appropriate primary and secondary sources were used in the literature study. A DIALOG search was conducted using the following key words: job stress, occupational stress, career stress, work stress, management and education. The nature of job stress and factors causing job stress in management personnel were discussed. Spielberger's Job Stress Survey (JSS) was used for the empirical investigation. This questionnaire was designed to determine the amount of stress associated with a particular event and the frequency of its occurrence. The population consisted of the management teams (principals, deputy principals and heads of department) of 180 randomly selected secondary schools throughout South Africa. The management teams of 102 secondary schools throughout South Africa constituted the sample. The data obtained in the empirical investigation was statistically analysed and interpreted. In conclusion the study was summarised, findings were reported and specific recommendations were made for implementation in practice and for further research. / Thesis (M.Ed.)--Potchefstroom University for Christian Higher Education, 2000
6

Sosiale aanpassings van studente met gestremdhede aan die Stellenbosch Universiteit

Koch, Christa 12 1900 (has links)
Bibliography / Thesis (MEdPsych (Educational Psychology))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: The year 1994 is seen as a significant year in South Africa. The new democratic dispensation contributed to the education system, including higher education, by presenting it with new demands and challenges. Higher education institutions have been encouraged to include individuals representing groups that have been excluded on the grounds of age, gender and disabilities. Inclusive education is encouraged with the ultimate goal of attaining inclusion in society as a whole. Inclusion is the overarching concept that addresses the right to acceptance and belonging in society of all learners, adults, children with disabilities and people without disabilities. The primary aim of this study was to obtain an in-depth understanding of how students with disabilities adapt socially at Stellenbosch University. The study was based upon the assumption that it is important to hear the voices of students with disabilities before any recommendations in terms of involving students with disabilities in social opportunities can be made to the role players. The study was conducted by means of qualitative research, and the methods of data collection consisted of individual and focus group interviews as well as document analysis. The research findings can be described as follows: Students with disabilities experience both internal and external support and barrier factors and processes that impact on their social adaptation. Internal support and barrier factors and processes include emotional, behavioural, belief, personality and cognitive aspects. External support and barrier factors and processes include the support network, the faculty and department, the university at large and the social system. Four overarching themes emerged from the data of the participants: communication, attitude and awareness, inclusion and self-advocacy. The findings of the study have important implications for all role players. Recommendations are made with the aim of improving the campus climate so that an inclusive environment can be created together with an environment where all students at Stellenbosch University can adapt socially; enjoy equal opportunities and full participation, and where they experience no discrimination. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In Suid-Afrika word 1994 beskou as 'n waterskeidingsjaar. Die nuwe demokratiese bestel het daartoe bygedra dat die onderwyssektor, insluitend hoëronderwys, aan talle nuwe eise en uitdagings blootgestel is. Hoëronderwysinstansies is aangemoedig om groepe wat tradisioneel op grond van ras, ouderdom, geslag en gestremdheid uitgesluit was te ondersteun en te akkommodeer. Inklusiewe onderwys word aangemoedig met die uiteindelike doel dat inklusie in die samelewing bereik word. Inklusie is die oorkoepelende konsep wat alle leerders, volwassenes, kinders, mense met gestremdhede en mense sonder gestremdhede se reg tot aanvaarding en hulle gevoel dat hulle in die samelewing tuishoort ("have a sense of belonging") aanspreek. Die doel van die studie was om diepgaande kennis te verkry van studente met gestremdhede se ervarings van sosiale aanpassing aan die Universiteit Stellenbosch. Die ondersoek is gebaseer op die aanname dat alhoewel daar voorstelle aan rolspelers gemaak kan word ten opsigte van strategieë om studente met gestremdhede meer by sosiale geleenthede op kampus te betrek, dit belangrik is om allereers na die stemme van die studente met gestremdhede self te luister. Die studie is aan die hand van 'n kwalitatiewe metodologie onderneem en data is hoofsaaklik deur middel van individuele en fokusgroeponderhoude asook dokumentanalise, gegenereer. Die navorsingsbevindinge het betekenisvolle insigte oor die ervarings van studente met gestremdhede se sosiale aanpassing opgelewer en kan soos volg opgesom word: Studente met gestremdhede ervaar beide interne en eksterne ondersteunings- en belemmerende faktore en prosesse wat 'n uitwerking het op hul sosiale aanpassing. Interne faktore en prosesse behels emosionele, gedrags-, oortuigings-, persoonlikheids- en kognitiewe aspekte. Eksterne faktore en prosesse sluit onder meer die ondersteuningsnetwerk, die fakulteite en departemente, die universiteit in die geheel, asook die sosiale stelsel in. Die vier oorkoepelende temas sluit kommunikasie, houdings en bewustheid, inklusie en self-voorspraak van die studente met gestremdhede se behoeftes in. Die bevindinge van die studie hou belangrike implikasies in vir alle rolspelers. Aanbevelings word gemaak met die doel om die kampusklimaat te verbeter sodat 'n ware inklusiewe omgewing geskep kan word – 'n omgewing waarin alle studente gelyke geleenthede en volle deelname kan geniet, geen diskriminasie ervaar nie en waar hulle ook as studente aan die Universiteit Stellenbosch sosiaal kan
7

Psigoterapeutiese vaardigheidsopleiding aan die kind met die oog op selfkonsepverbetering / Psychotherapeutic skills training for the child with the purpose of improving self-concept

Duif, Ronel 09 1900 (has links)
Afrikaans text / As sielkundige in privaat praktyk neem die navorser waar dat 'n negatiewe selfkonsep onderliggend is tot verskeie aanmeldingsprobleme, asook die kind se onvermoe om te aktualiseer, ten einde sy volle potensiaal te bereik. Opvoedkundige sielkundiges het 'n behoefte geidentifiseer aan hulpverleningsingrepe om die probleem aan te spreek. Dit het gelei tot die daarstel van 'n model: "Model vir psigoterapeutiese vaardigheidsopleiding aan die kind met die oog op selfkonsepverbetering". Hierdie model het die opheffing van selfkonsepgebreke, deur middel van psigoterapeutiese vaardigheidsopleiding, ten doel. Die model is saamgestel vanuit die navorser se praktykervaring en 'n literatuurstudie wat gelei bet tot die samestelling van konseptuele raamwerke vir selfkonsep en psigoterapeutiese vaardigheidsopleiding. Seltkonsepgebreke is in hierdie studie in verband gebring met vaardigheidstekorte. Dit bet daartoe gelei dat selfkonsepgebreke aangespreek kon word deur gebruik te maak van vaardigheidsopleiding. Die slotsom waartoe gekom is, is dat daar 'n verbetering in die selfkonsep van kinders in die middelkinderjare plaasgevind bet met die toepassing van die model. Volgens opvoedkundige sielkundiges in privaatpraktyk le die waarde van die model en die riglyne vir die operasionalisering daarvan, daarin dat dit praktiese toepassingswaarde bet in die proses van hulpverlening. / As a psychologist in private practice, the researcher notices that a negative self-concept is underlying to several initial reported problems, as well as the child's inability to actualize in order to reach his full potential. Educational psychologists identified the necessity for supportive intervention to address this problem. This has led to the establishing of a model: "Model for psychotherapeutic skills training for the child with the purpose of improving self-concept". This model aims to relinquish self-concept shortcomings by means of psychotherapeutic skills training. This model has been constructed from the researcher's experience in her practice as well as a literature study, which led to the compilation of conceptual frameworks for self-concept and psychotherapeutic skills training. In this study, self-concept shortcomings have been linked to the lack of skills. This has resulted in self-concept shortcomings to be addressed by skills training. The conclusion which has been reached is that there is an improvement in the self-concept of children in mid-childhood years with the implementation of the model. According to educational psychologists in private practice, the value of the model and the guidelines for the implementation thereof, lie in the the fact that the model has practical applicational worth in the process of rendering support. / Psychology of Education / D. Ed. (Psychology of Education)
8

Psigoterapeutiese vaardigheidsopleiding aan die kind met die oog op selfkonsepverbetering / Psychotherapeutic skills training for the child with the purpose of improving self-concept

Duif, Ronel 09 1900 (has links)
Afrikaans text / As sielkundige in privaat praktyk neem die navorser waar dat 'n negatiewe selfkonsep onderliggend is tot verskeie aanmeldingsprobleme, asook die kind se onvermoe om te aktualiseer, ten einde sy volle potensiaal te bereik. Opvoedkundige sielkundiges het 'n behoefte geidentifiseer aan hulpverleningsingrepe om die probleem aan te spreek. Dit het gelei tot die daarstel van 'n model: "Model vir psigoterapeutiese vaardigheidsopleiding aan die kind met die oog op selfkonsepverbetering". Hierdie model het die opheffing van selfkonsepgebreke, deur middel van psigoterapeutiese vaardigheidsopleiding, ten doel. Die model is saamgestel vanuit die navorser se praktykervaring en 'n literatuurstudie wat gelei bet tot die samestelling van konseptuele raamwerke vir selfkonsep en psigoterapeutiese vaardigheidsopleiding. Seltkonsepgebreke is in hierdie studie in verband gebring met vaardigheidstekorte. Dit bet daartoe gelei dat selfkonsepgebreke aangespreek kon word deur gebruik te maak van vaardigheidsopleiding. Die slotsom waartoe gekom is, is dat daar 'n verbetering in die selfkonsep van kinders in die middelkinderjare plaasgevind bet met die toepassing van die model. Volgens opvoedkundige sielkundiges in privaatpraktyk le die waarde van die model en die riglyne vir die operasionalisering daarvan, daarin dat dit praktiese toepassingswaarde bet in die proses van hulpverlening. / As a psychologist in private practice, the researcher notices that a negative self-concept is underlying to several initial reported problems, as well as the child's inability to actualize in order to reach his full potential. Educational psychologists identified the necessity for supportive intervention to address this problem. This has led to the establishing of a model: "Model for psychotherapeutic skills training for the child with the purpose of improving self-concept". This model aims to relinquish self-concept shortcomings by means of psychotherapeutic skills training. This model has been constructed from the researcher's experience in her practice as well as a literature study, which led to the compilation of conceptual frameworks for self-concept and psychotherapeutic skills training. In this study, self-concept shortcomings have been linked to the lack of skills. This has resulted in self-concept shortcomings to be addressed by skills training. The conclusion which has been reached is that there is an improvement in the self-concept of children in mid-childhood years with the implementation of the model. According to educational psychologists in private practice, the value of the model and the guidelines for the implementation thereof, lie in the the fact that the model has practical applicational worth in the process of rendering support. / Psychology of Education / D. Ed. (Psychology of Education)

Page generated in 0.0694 seconds