• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Allometric description of ostrich (Struthio camelus var. domesticus) growth and development

Kritzinger, Werne Jacobus 03 1900 (has links)
Thesis (MScAgric (Animal Sciences))--University of Stellenbosch, 2011. / Includes bibliography. / ENGLISH ABSTRACT: The ostrich industry has overcome many challenges since it originated. However, it is still vulnerable to sudden changes in customer preferences and economic cycles. As feed costs are the greatest expense in ostrich production, optimising feed formulations is vital. This will be possible if the growth and development of the ostrich can be simulated by modelling software. Various studies were conducted to describe ostrich growth in the form of equations that can be used in modelling software to increase the accuracy of predictions. In the first study, birds were given the choice of four diets with varying energy (8.5 or 13.5 MJ ME/kg feed) and protein (180 or 120 g/kg feed) levels. The birds preferred the high density diet (high energy and protein) in each growth phase. A growth curve of assumed optimal growth was constructed. The chemical fractions of the body were shown to increase non-linearly with advancing age and equations were established to predict the change of the body composition over time. In the second trial, birds received a formulated growth diet and were fed according to their nutrient requirements. Growth data was collected on the separate body components of maturing birds. Feather and skin nodule growth was defined for birds hatched in the summer. Allometric equations were set up to determine, predict and model the ostrich skin size and skin weight, some bones, some organs and the commercially valuable muscles through the growth cycle. The final trial was conducted to determine the effect of diet density (energy and amino acid level) on the growth of ostrich body components. A four-stage, 3 x 5 (energy x protein) factorial design was developed with varying energy and protein feeding regimes. Protein (amino acid) level had no influence on body component growth. Energy level had no effect on feather growth, skin nodule growth, bone and organ growth and muscle growth. Increased levels of dietary energy increased the skin size and skin weight. Increasing the dietary energy level also had a significant effect on the total body fat of the birds. Allometric equations were set up for each variable to predict the effect of diet on ostrich growth. Results in this study provide a framework for simulation modelling. Predicting ostrich growth and development is paramount to accurate diet formulations and lower feeding costs. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die volstruisindustrie het reeds vele struikelblokke oorkom, maar bly steeds kwesbaar vir skielike veranderinge in die ekonomiese klimaat asook in die voorkeure van die verbruiker. Een van die belangrikste insetkostes in volstruisproduksie is voer en daarom is dit noodsaaklik om voerformulerings te optimiseer. Die doel van hierdie tesis was om by te dra tot die ontwikkeling van modellering sagteware wat die groei en ontwikkeling van die volstruis naboots. Die spesifieke doel was om volstruisgroei te bestudeer en te bespreek deur middel van vergelykings wat gebruik kan word om die akkuraatheid van die simulasiemodelle te verhoog. Tydens die eerste studie is die voëls die keuse van vier diëte gegee waarvan die energie- (8.5 of 13.5 MJ ME/kg voer) en proteïen- (180 of 120 g/kg voer) vlakke verskil het. Die voëls het in die hoëdigtheid voer (hoog in energie en proteïen) in elke groeifase gekies. Uit hierdie data, wat aanvaar is om optimale groei te verteenwoordig, is ‘n groeikurwe gekonstrueer wat getoon het dat die chemise komponente van die liggaam nie-linieêr toegeneem het oor tyd. Vergelykings is hieruit afgelei wat die verandering in die liggaamsamestelling oor tyd kan voorspel. In die tweede studie het die voëls ʼn vier-fase geformuleerde groeidieët ontvang en is na gelang van hulle voedings behoeftes gevoer. Groeidata is ingesamel van die individuele liggaams-komponente van die groeiende volstruise. Veer- en velgroei is gedefinieer vir die voëls wat in die somer uitgebroei het. Allometriese vergelykings is opgestel om te bepaal hoe die volstruis se velgrootte, velgewig, sekere bene en organe, asook die kommersiële belangrike spiere gedurende die groei-siklus verander. Die finale studie is uitgevoer om die effek van voedingsvlak (energie- en aminosuurvlak) op die groei van die volstruis se liggaamskomponente te bepaal. ʼn Vier-fase, 3 x 5 (energie x proteïen) faktoriale ontwerp is gebruik met veranderende energie- en proteïenvlakke. Proteïen- (aminosuur) vlakke het geen invloed op die groei van die liggaamskomponente gehad nie. Energievlak het geen effek op die veer-, vel-, velknoppie-, been-, organe- en spiergroei gehad nie. Toenemende vlakke van energie het wel gelei tot ʼn toename in die velgrootte en massa. Die toename in voedingsengergie-vlakke het ook ʼn betekenisvolle effek op die totale liggaamsvet van die voëls gehad. Allometriese vergelykings is opgestel vir elk van die veranderlikes om die effek van dieët op elke komponent van die volstruis te bepaal. Die resultate van hierdie studies verskaf ‘n raamwerk vir die simulering en modellering van die groei en ontwikkeling van die volstruis. Akkurate voorspellings van die groei en ontwikkeling van die volstruis is noodsaaklik vir akkurate dieëtformulering en verlaagde voedingskostes.
2

Establishing genetic and environmental parameters for ostrich (Struthio camelus domesticus) growth and slaughter characteristics

Engelbrecht, Anel 03 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The ostrich industry is a predominantly quantitative industry; focused mainly on the production of large numbers of slaughter birds for maximum meat and leather yield. Competing in the international market in the current economic environment necessitates a more qualitative approach. Productivity and product quality are aspects that need to be improved in order to stay competitive and economically viable. Genetic parameters for ostrich slaughter traits are lacking, however, and breeding programs are yet to be developed. Data on quantitative and qualitative production and slaughter traits from a commercial ostrich breeding flock was consequently analysed to establish the relative importance of genetic and non-genetic influences on these traits. Genetic and environmental (co)variances as well as estimates of heritability, genetic and phenotypic correlations were estimated for and among the various traits using standard software for multi-trait genetic analyses. Substantial variation, high and favourable genetic correlations as well as moderate to high heritability estimates were found among, and for distinguished body weight traits of growing ostriches. Heritability estimates of 0.14, 0.22, 0.33, 0.43 and 0.43 for 1-month, 4-month, 7-month, 10-month and 13-month-old ostrich weights were estimated in a five-trait animal model analysis. All carcass component weight traits, with the exception of the weight of the liver, showed significant genetic variation. No significant maternal permanent environmental variance was evident for these traits. Heritability estimates ranged from 0.21 (for subcutaneous fat weight) to 0.45 (for neck weight) in multi-trait analyses. The only potentially unfavourable correlation was a high genetic correlation between live weight and subcutaneous fat weight, as fat is considered as a waste product in the present system. The heritability estimates for individual muscle weights ranged from 0.14 to 0.43, while the genetic correlation between these weights and pre-slaughter live weight were all positive, ranging from 0.59 to 0.82. When meat quality traits were analysed it was evident that lightness (L*) and ultimate pH (pHu) showed significant genetic variation, with heritability estimates of 0.37 and 0.42, respectively. L* and pHu were negatively correlated (-0.65 ± 0.19). Since pH is an indicator of various meat quality parameters, it could be considered as an appropriate selection criterion for enhanced meat quality. With the exception of skin grading and crown length, all quantitative and qualitative skin traits showed significant genetic variation. Nodule traits were accordingly moderate to highly heritable. A negative, but favourable, correlation between weight and hair follicle score was ascertained, as hair follicles is a defect that should be selected against. This study demonstrated that sufficient genetic variation exists for most slaughter traits to allow sustained genetic progress for these traits, should it be desired as part of the overall selection objective. Combining some of the current economically important slaughter traits in a provisional selection index, it was clear that weight and crust skin size contributed most to monetary gain (approximately 54 and 38%, respectively). It was also demonstrated with this simple index that monetary gains in slaughter bird production should be easy to achieve at all levels of production performance and data recording. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die volstruisbedryf is hoofsaaklik ‘n kwantitatiewe bedryf wat meerendeels fokus op die produksie van groot getalle slagvolstruise vir die produksie van vleis en leer. Siende dat die bedryf hoofsaaklik op uitvoere fokus, word aanvaar dat ‘n verandering in strategie na ‘n meer kwalitatiewe benadering nodig is, in ag geneem die huidige ekonomiese situasie en marktoestande. Produktiwiteit sowel as produkgehalte moet in ag geneem word vir die bedryf om lewensvatbaar te bly. Daar is egter ‘n gebrek aan genetiese parameters vir volstruisslageienskappe, terwyl doeltreffende teeltstelsels nog ontwikkel moet word. Data van kwantitatiewe en kwalitatiewe produksie- en slageienskappe is gevolglik van ‘n kommersiële volstruis teeltkudde verkry en ontleed om die relatiewe belang van genetiese en nie-genetiese effekte op die eienskappe te kwantifiseer. Genetiese- en omgewings (ko)variansies, asook beramings van oorerflikheid sowel as genetiese en fenotipiese korrelasies, is vervolgens vir en tussen die onderskeie eienskappe beraam deur van standaard sagteware vir veelvuldige-eienskap genetiese ontledings gebruik te maak. Aansienlike variasie, hoë en meestal gunstige korrelasies, sowel as matige tot hoë oorerflikhede, is tussen en vir die onderskeie ligaamsgewigte van groeiende volstruise gevind. Oorerflikheidsberamings van 0.14, 0.22, 0.33, 0.43 en 0.43 is vir 1-maand, 4-maande, 7-maande, 10-maande en 13-maande-oue volstruise in ‘n vyf-eienskap dieremodel ontleding gekry. Alle karkaskomponentgewigte, met die uitsondering van die gewig van die lewer, het betekenisvolle genetiese variasie getoon. Oorerflikheidsberamings het tussen 0.21 (vir onderhuidse vetgewig) en 0.45 (vir nekgewig) gevarieer in veelvuldige-eienskapontledings. Die enigste moontlike ongunstige korrelasie was tussen liggaamsgewig en onderhuidse vetgewig, siende dat vet as ‘n afvalproduk gereken word in die huidige stelsel. Die oorerflikhede van die gewigte van indiwiduele spiere het van 0.14 tot 0.43 gevarieer, terwyl die genetiese korrelsies tussen hierdie gewigte en voorslaggewig deurgaans positief was, met waardes wat van 0.59 tot 0.82 gewissel het. Tydens die ontleding van vleisgehalte eienskappe was dit duidelik dat ligtheid (L*) en uiteindelike pH (pHu) genetiese variasie getoon het, met oorerflikheidsberamings van onderskeidelik 0.37 en 0.42. L* en pHu was negatief gekorreleerd op die genetiese vlak (-0.65 ± 0.19). Aangesien pH ‘n aanduiding is van verskeie vleisgehalteparameters, kan dit moontlik as ‘n indirekte seleksie-kriterium vir verbeterde vleisgehalte gesien word. Alle kwantitatiewe en kwalitatiewe veleienskappe het genetiese variasie getoon, met die uitsondering van velgradering en kroonlengte. Knoppie-eienskappe van die veerfollikels op die vel was ooreenstemmend matig tot hoog oorerflik. ‘n Negatiewe, maar gunstige, genetiese korrelasie is tussen liggaamsgewig en haarfollikelpunt beraam, siende dat haarfollikels ‘n defek is waarteen daar geselekteer moet word. Hierdie studie dui op voldoende genetiese variasie vir die meeste slageienskappe om voldoende genetiese vordering te verseker indien dit verlang sou word. Somminge van hierdie eienskappe wat tans van ekonomiese belang is, is vervolgens in ‘n voorlopige seleksie-indeks gekombineer. Dit was duidelik dat liggaamsgewig en velgrootte die meeste tot monetêre vordering bygedra het (onderskeidelik ongeveer 54 en 38%). Dit is vervolgens aangetoon dat monetêre vordering maklik haalbaar behoort te wees op alle vlakke van produksieprestasie en data-aantekening.
3

Studies to develop a mathematical optimisation model to describe the effect of nutrition on the growth of ostriches (Struthio camelus var. domesticus)

Carstens, Petrus Daniel 12 1900 (has links)
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The first study (Chapter 3) evaluated the growth response of ostrich chicks on diets containing three different levels of protein and amino acids. Linear and nonlinear models were fitted to the data and compared by using Akaike’s information criterion (AIC). The linear polynomial of the third degree had the lowest AIC value for all three treatments thus making it the most suitable model for the data. Significant differences were found between treatments for growth data. The results from this study can aid in describing the growth of ostriches subjected to assumed optimum feeding conditions. In the second study (Chapter 4), a range of diets was formulated for the five growth stages of ostriches (pre-starter, starter, grower, finisher and maintenance) according to their nutrient requirements. The diets were diluted with wheat straw. Three dilution levels (0%, 10% and 20%) were used for the pre-starter and starter phases, five dilution levels (0%, 15%, 30%, 45% and 60%) were used for the grower and the finisher phases, and five dilution levels (0%, 20%, 40%, 60% and 80%) were used for the maintenance phase. Weekly intake data were collected throughout each phase. Feed bulk restricted intake by 21% and 52% at the 10% and 20% dilution level, respectively (P < 0.05) in the pre-starter phase, whereas intake was not restricted during the starter phase(P > 0.05). Intake was constrained by 39% and 42% at the 45% and 60% dilution levels in the grower phase, respectively (P < 0.05), and by 17% and 39% at the 45% and 60% dilution levels (P < 0.05) in the finisher phase, respectively. Feed bulk restricted intake by 60% and 69% for the 60% and 80% dilution levels (P < 0.05), respectively, in the maintenance phase. Defining the bulk density that will constrain feed intake, as established in this study, will aid in least-cost feed formulations, feed intake modelling and growth predictions. In the third study (Chapter 5) the effect of three different dietary protein (with a specific associated amino acid content) concentrations on certain production parameters in growing ostriches were investigated. Significant differences were found for the final live weight of birds, cold carcass weight, thigh weight as well as for most of the weighed muscles at slaughter (350 days old). Concerning the growth and feed related parameters, only average daily gain (ADG) was influenced by dietary treatment (P < 0.05). Results indicated that birds on the diet with the medium protein performed optimally. One exception is the starter phase (26 – 47 kg) where chicks on the high protein diet outperformed those on the medium protein diet. In the fourth study (Chapter 6) the effects of different dietary energy concentrations on ostrich production parameters were examined in two different trials. The first trial included measurements from the pre-starter phase through the starter phase until the grower phase. The second trial was based on the finisher phase per se. Overall dietary levels provided in the pre-starter, starter and grower phases indicated better growth, FCR, skin size and grade, thigh weight, live weight, and carcass weight for the birds fed the medium energy diet. Dietary energy levels provided during the finisher phase indicated that the energy level above the medium level used improved growth rate and tanned skin size. The gender of the birds influenced carcass weight, growth rate, and certain feather parameters (P < 0.05). In the fifth study (Chapter 7) the effect of feather clipping at six to eight months of age on the production parameters of ostrich chicks were investigated. The study was conducted in three different trials. In each of the trials the feathers of half the amount of birds were clipped at six to eight months of age. Significant differences (P < 0.05) were found for the feed conversion ratio (FCR), the average daily gain (ADG) and for the quantity of valuable feathers. Results indicated that the growth rate and FCR was better for the birds which had their feathers clipped at six to eight months of age. Results also showed that the quantity of feathers with commercial value were significantly higher for the clipped group. This study showed that there may be an advantage for ostrich producers concerning the harvesting of feathers at six to eight months of age. The work in this thesis is a follow up on the framework set by Kritzinger (2011) and is part of the same project. Most of the results obtained in these studies will be incorporated in to the mathematical optimisation model of Gous and Brand (2008) for more accurate predictions concerning feed intake and other production parameters that may lower feeding costs. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die eerste studie (Hoofstuk 3) evalueer die groei van volstruiskuikens op diëte met drie verskillende vlakke van proteïene en aminosure. Liniêre en nie-liniêre regressiemodelle is op die data gepas en met Akaike se inligting kriterium (AIC) vergelyk. Die liniêre polinoom van die derde graad het die laagste AIC waarde vir al drie behandelings gehad. Daarom is die voorspellings van hierdie model gebruik om die groeidata te interpreteer. Beduidende verskille tussen behandelings vir groeidata (P < 0.05) is gevind. Die resultate van hierdie studie kan help met die beskrywing van die groei van volstruise, onderworpe aan aangeneemde optimale voedingsbehoeftes. In die tweede studie (Hoofstuk 4) is 'n verskeidenheid diëte geformuleer vir die vyf groeistadiums van volstruise (voor-aanvangs, aanvangs, groei, afronding en onderhoud) volgens hul voedingsbehoeftes. Die diëte is verdun met koringstrooi. Drie verdunningsvlakke (0%, 10% en 20%) is gebruik vir die voor-aanvangs- en aanvangsfase, vyf verdunningvlakke (0%, 15%, 30%, 45% en 60%) is gebruik vir die groei- en die afrondingsfase en vyf verdunningsvlakke (0%, 20%, 40%, 60% en 80%) is gebruik vir die onderhoudsfase. Weeklikse inname-data is ingesamel gedurende elke fase. In die voor-aanvangsfase het voerlywigheid (verhoging van ruvesel) inname beperk met 21% en 52% vir die 10% en 20% verdunningsvlakke (P < 0.05) onderskeidelik, terwyl inname nie beperk is gedurende die aanvangsfase nie (P > 0.05). Inname is beperk met 39% en 42% op die 45% en 60% verdunningsvlakke in die groeifase (P < 0.05) onderskeidelik, en met 17% en 39% op die 45% en 60% verdunningsvlakke in die afrondingsfase (P < 0.05), onderskeidelik. Voerdigtheid het inname beperk met 60% en 69% vir die 60% en 80% verdunningsvlakke, onderskeidelik, in die onderhoudsfase (P < 0.05). Die definiëring van die digtheid of ruvoerinhoud van voer wat inname beperk, soos in die studie bepaal, sal help met die optimering van voerformulasies, voerinname-modellering en groeivoorspellings. In die derde studie (Hoofstuk 5) is die effek van drie verskillende dieëtproteïenkonsentrasies (met 'n spesifieke gepaardgaande aminosuurinhoud) op sekere produksieparameters in die groei van volstruise ondersoek. Beduidende verskille is gevind vir die finale lewende gewig, koue karkasmassa, boudgewig sowel as vir die meeste van die geweegde spiere van voëls op slagouderdom (350 dae oud). Met betrekking tot die groei en voedingsverwante parameters, is slegs die gemiddelde daaglikse toename (GDT) beïnvloed deur die dieet (P < 0.05). Resultate het aangedui dat voëls op die medium-proteïendieet optimaal presteer. Een uitsondering is die aanvangsfase (26 – 47 kg), waar kuikens op die hoë-proteïendieet beter gevaar het as die voëls wat die medium-proteïendieet ontvang het. In die vierde studie (Hoofstuk 6) is die invloed van verskillende dieet-energiekonsentrasies op volstruis-produksieparameters in twee verskillende proewe ondersoek. Die eerste proef het gestrek vanaf die voor-aanvangsfase, deur die aanvangsfase tot en met die einde van die groeifase. Die tweede proef is gedoen vir die afrondingsfase. In die voor-aanvangs-, aanvangs- en groeifase is beter groei, voeromsetverhouding (VOV), velgrootte en -graad, boudgewig, lewende gewig en karkasgewig verkry vir die voëls wat die standaard-energie dieet ontvang het (P < 0.05). Dieet-energievlakke wat tydens die afrondingsfase fase verskaf is, het aangedui dat die energievlak bo die medium-vlak verbeterde groeitempo en gelooide velgrootte tot gevolg het (P < 0.05). Die geslag van die voëls het ’n invloed gehad op karkasgewig, groei, en sekere veerparameters. In die vyfde studie (Hoofstuk 7) is die effek van die knip van vere, op die ouderdom van ses tot agt maande, op die produksieparameters van volstruiskuikens ondersoek. Die studie is uitgevoer in drie verskillende proewe. In elk van die proewe is die vere van die helfte van die hoeveelheid voëls geknip op ses tot agt maande ouderdom. Beduidende verskille is gevind vir die VOV, die gemiddelde daaglikse toename (GDT) en vir die hoeveelheid waardevolle vere (P < 0.05). Die groeitempo en VOV was beter vir die voëls waarvan die vere op ses tot agt maande ouderdom geknip is (P < 0.05). Resultate het ook getoon dat die hoeveelheid waardevolle vere aansienlik hoër was vir die groep waarvan die vere op ses tot agt maande ouderdom geknip is (P < 0.05). Hierdie studie het getoon dat daar 'n voordeel mag wees vir volstruisprodusente indien vere geknip word op die ouderdom van ses tot agt maande. Die werk in hierdie tesis volg op die raamwerk van Kritzinger (2011) en was deel van dieselfde projek. Die meeste van die resultate wat verkry is in die studies sal in die wiskundige optimeringsmodel van Gous en Brand (2008) geïnkorporeer word vir meer akkurate voorspellings van voerinname en produksieparameters wat die voerkostes kan verlaag.

Page generated in 0.0598 seconds