• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die impak van onderwysers se identiteitsbasis op hul ontvang en implementering van kurrikulum 2005 in sekere verafgeleë skole van die Wes-Kaap

Visagie, Clarence Vernon January 2006 (has links)
Philosophiae Doctor - PhD / Hierdie tesis was onderneem as 'n empiriese studie wat fokus op kurrikulumimplementering in 'n afgesonderde geografiese streek in post-apartheid Suid-Afrika, bekend as die Overberg. Die identiteitsbasis waarvolgens onderwysers Kurrikulum 2005 ontvang en implementeer, dien as die sentrale fokus vir 'n onderneming van hierdie studie. My sleutelbevindinge het ek geneem op die basis van empiries- interpretatiewe tegnieke, wat insluit observasies en semi-gestruktureerde onderhoude. Hiervolgens het ek bevind dat die persoonlike, ontologiese, kontekstuele, opleiding, professionele en pedagogiese invloede, 'n impak gehad het op die samestelling van identiteitsbasis van onderwysers in die Overbergstreek. Dié onderwysers het Kurrikulum 2005 ontvang en geïmplementeer in die lig van hul vorige identiteite. Ek het die empiriese resultate van dié studie vergelyk met die konseptuele raamwerk van my literatuur studies. Dié resultate het aangedui dat daar 'n gaping tussen 'n kurrikulumformulering en 'n kurrikulum-implementering bestaan. Dié gaping verwys na die behoefte om die 'stemme' van onderwysers op die vlak van 'n kurrikulumbeleidformulering, aan te hoor en te verreken. Die studie benut dus kwalitatiewe en interpretiewe metodes, sodat die institusionele gedrag en stem-identiteite van onderwysers verstaan kan word. Die studie stel voor dat die impak van die onderwyser se sosio-kulturele konteks soos ingebed in hul biografieë, primêr is die vorming van hul professionele identiteitsbasis. Relevant tot dié studie, is hoe onderwysers op Kurrikulum 2005 respondeer op die basis van hul identiteite.

Page generated in 0.0391 seconds