• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die identifisering van risikofaktore wat dui op beleggingsbedrog / Nicus Keeve Davel

Davel, Nicus Keeve January 2014 (has links)
Die studie handel oor die identifisering van risikofaktore wat dui op beleggingsbedrog. Beleggers is voortdurend op soek na beleggingsgeleenthede met die belofte van ’n hoër opbrengs en neem blindelings besluite sonder om na die risikofaktore wat op beleggingsbedrog dui, te let. Sodoende word hulle maklik slagoffers van bedrieglike beleggingsgeleenthede. Die studie voorsien eerstens ’n omvattende begripsomskrywing van die term “beleggingsbedrog” (Oxford Dictionaries, 2014; Snyman, 2012:555). Die verskillende vorme van bedrieglike beleggingsgeleenthede, sowel as die modus operandi wat in elke vorm gevolg word, word bespreek. Onlangse gevalle van bedrieglike beleggingsgeleenthede in Suid-Afrika word ondersoek, insluitend Krion (Staat v Krion, 2010), Miracle 2000 (Chelemu, 2012) en Propalux (Sakepraktyk Komitee 2014). Hierdie gevalle word onderverdeel in twee temas, naamlik agtergrond van die bedrieglike beleggingsgeleentheid en die modus operandi wat in elke geval gevolg is. Die data wat tydens die empiriese studie ingesamel is, word ontleed en opgevolg deur ’n bespreking van die resultate. Daar word verduidelik hoe die studiepopulasie saamgestel is, watter metode van dataverwerking gebruik is en hoe die vrae in die vraelys uiteengesit is. Die vraelys is deur middel van die aanlyn platform, SurveyMonkey (2012), afgeneem. In die empiriese studie is semigestruktureerde onderhoude ook gevoer waarvan die transkripsie met behulp van ATLAS.TI verwerk is. Die data wat hieruit verkry is, is deur die Statistiese Konsultasiedienste (2014) van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus verwerk. Die studie identifiseer verskeie eienskappe van die bedrieër wat ’n bedrieglike beleggingsgeleentheid bedryf; die eienskappe van die tipiese belegger wat ’n slagoffer van so ’n beleggingsgeleentheid word; en die modus operandi wat in so ’n beleggingsgeleentheid gevolg word. Die eienskappe dui op moontlike risikofaktore waarop beleggers behoort te let voordat hulle in die beleggingsgeleenthede belê. Daar is bevind dat potensiële beleggers bedag moet wees op die geïdentifiseerde risikofaktore en modi operandi, of ’n kombinasie daarvan. Indien hierdie risikofaktore en modi operandi in ’n potensiële beleggingsgeleentheid bemerk kan word, behoort beleggers eers ondersoek in te stel voordat hulle daarin belê. / MCom (Forensic Accounting), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

Page generated in 0.0448 seconds