Spelling suggestions: "subject:"eroperty projects"" "subject:"aproperty projects""
1 |
Openbare sektor-privaatsektor vennootskappe as 'n eiendomsontwikkeling-metodiek in die Wes-Kaap ProvinsieBeyers, Amelia Adeline 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: It is estimated that at present South Africa has a backlog in spending on infrastructure,
amounting to R170 billion. The state does not have the necessary funds to rectify the
situation. This problem is not unique to South Africa and across the world countries are
considering whether private sector enterprises should not be rendering the services and
constructing the infrastructure which the state had traditionally done. One of the most
successful ways of doing this is to make use of public-private partnerships (PPP's). A PPP
is a joint effort by the state and the private sector party to execute a major product, whereby
the resources and abilities of the two parties are combined. The risks and responsibilities of
the project are allocated to the parties in an optimal manner.
The efficient and effective application of the PPP mechanism poses a challenge to the
Western Cape Province as it is an excellent way to improve the utilisation of state property
within the Province and construct new facilities. The Elsenburg vineyard and cellar project,
a PPP project in the Western Cape Province, is therefore critically assessed in terms of key
success factors in the implementation of PPP's.
Furthermore recommendations regarding the future utilisation of PPP's within the Province
are made. A dedicated PPP unit, which will be responsible for investigating the value for
money, affordability, allocation of risks and recourse requirements of projects, should be
formed within the Province. Members of the unit will also handle the management of PPP
projects. It is important that officials who will be involved with PPP's are trained in the
theory and practise thereof. Other important aspects are that all groups who have an interest
in a PPP project be identified, that attempts are not made to transfer all risks to the private
sector partner and that the standardisation of steps that are common to all projects be
investigated.
Property projects that are suitable for the application of PPP's must be identified as it can
provide momentum to the economy of the Western Cape and can also contribute towards
the erasing of the backlog in the construction and maintenance of infrastructure. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit word beraam dat Suid-Afrika tans 'n agterstand in besteding op infrastruktuur het wat
R170 biljoen beloop. Die staat beskik nie oor genoeg fondse om die probleem aan te spreek
nie. Regerings die wêreld oor ondervind soortgelyke probleme en is besig om te besin of
die oprigting van infrastruktuur en die lewering van dienste wat tradisioneel deur die staat
hanteer is, nie eerder aan die privaatsektor oorgelaat moet word nie. Een van die
suksesvolste maniere om dit te bewerkstellig is deur die gebruik van obenbare sektor-private
sektor venootskappe (OPV's). 'n OPV is 'n gesamentlike poging deur die staat en 'n
privaatsektorvennoot om 'n groot projek uit te voer, waardeur die hulpbronne, sterkpunte en
vermoëns van die twee partye gekombineer word. Die risiko's en verantwoordelikhede wat
aan die projek verbonde is, word op optimale wyse aan die partye tot die OPV toegedeel.
Die doeltreffende en doelmatige aanwending van die OPV meganisme is 'n groot uitdaging
vir die Wes-Kaapse Provinsie, aangesien dit 'n uitstekende manier is om benutting van
staatseiendom binne die Provinsie te verbeter en nuwe fasiliteite op te rig. Die Elsenburg
wingerd- en kelderprojek, 'n OPV-projek binne die Wes-Kaapse Provinsie, word derhalwe
krities geëvalueer op grond van sleutelsuksesfaktore vir die implementering van OPV's.
Verder word aanbevelings rakende die toekomstige aanwending van OPV's binne die
Provinsie gemaak. 'n Spesialis OPV eenheid, wat verantwoordelik sal wees om die waarde
vir geld, bekostigbaarheid, toedeling van risiko's en hulpbronbenodighede van projekte te
ondersoek, moet binne die Provinsie gestig word. Die bestuur van OPV projekte sal ook
deur lede van die eenheid hanteer word. Dit is belangrik dat amptenare wat by OPV's
betrokke sal wees, opgelei word in die teorie en praktyk daarvan. Ander belangrike aspekte
is dat alle groepe wat 'n belang by 'n OPV projek het, geïdentifiseer moet word, dat daar nie
gepoog word om alle risiko's na die privaatsektorvennoot oor te dra nie en dat die
standardisering van stappe wat gemeenskaplik is aan alle projekte ondersoek moet word.
Eiendomsprojekte wat geskik is vir die aanwending van OPV's moet geïdentifiseer word,
aangesien dit as inspuiting vir die Wes-Kaapse ekonomie kan dien en kan bydra tot die
uitwissing van die agterstand in die oprigting en instandhouding van infrastruktuur.
|
Page generated in 0.061 seconds