• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 3
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

The right to adequate housing : making sense of eviction procedures in the context of rental housing after Ndlovu V Ngcobo

Louw, Jacobus Francois 12 1900 (has links)
Thesis (LLM (Law))--University of Stellenbosch, 2004. / 139 leaves printed on single pages, preliminary pages i-ix and numbered pages 1-130. Includes bibliography. / Digitized at 600 dpi grayscale to pdf format (OCR), using a Bizhub 250 Konica Minolta Scanner. / ENGLISH ABSTRACT: South Africa must address the need for adequate housing. Since democracy in 1994, the government has promulgated a number of acts to achieve the goal of adequate housing for all. These include the Prevention of Illegal Eviction from and Unlawful Occupation of Land Act (PIE) and the Rental Housing Act (RHA). The problem for the courts is knowing when to apply each act. To reach the goal embodied in the constitutional right of adequate housing for all, the government has invested R18 billion in housing since 1994. Despite this, the need for housing has escalated. The RHA, in which the legislature tried to create a balance between the rights of landlords and tenants, followed. This was done in order to alleviate some of the pressure to ensure access to land, which rests solely on the shoulders of the government. The legislature tried to create a sphere into which private investors would want to invest their money. A number of recent cases dealing with tenants who defaulted on their rentals and the landlord's capacity to effect eviction raised awareness about the existing inadequacies of the law in this particular field. In a Supreme Court of Appeal ruling, the court found that when a landlord wants to evict a defaulting tenant the time-consuming and costly procedure of PIE should be used. The assumption underlying this study is that PIE should not be applicable in cases of evicting a defaulting tenant. The rights and duties of the various parties involved in rental housing therefore need to be examined. The main aim is, however, to ascertain which procedure should be employed when obtaining an eviction order against a party holding over and what the effects are when the most appropriate eviction procedure is not used. A well-regulated relationship would ensure the best balance of interest for the landlord, tenant and the government by creating a market in which a landlord could make money out of letting and more tenants could obtain adequate housing through renting. A further assumption is that the rei vindicatio should be used when having a defaulting tenant evicted. It offers an alternative procedure that does not undermine the objectives of the housing legislation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika ervaar tans 'n probleem met die verskaffing van behuising vir almal. Sedert die land se verwerwing van demokrasie in 1994 het die wetgewer 'n hele reeks wette aangeneem om die probleem op te los, ondermeer die Wet op Huurbehuising en die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Okkupasie van Grond (hierna verwys as PIE). Die howe ondervind soms probleme wanneer daar bepaal moet word wanneer 'n spesifieke wet van toepassing behoort te wees en wanneer. Ten spyte van die R18 miljard wat die regering reeds bestee het aan armes sonder huise, het die getal mense wat sonder geskikte behuising woon gegroei. Die wetgewer het deur die promulgasie van die Wet op Huurbehuising gepoog om 'n mark te skep waarin daar behuising verskaf sal word in die vorm van huurbehuising. Terselfdertyd sal die privaatsektor baie nodige geld in die huurmark kan investeer. Onlangse regsspraak in die verband dui daarop dat daar nog baie leemtes bestaan veral met verwysing na uitsetting. Na 'n resente Appelhof beslissing sal die verhuurder van die meer tydrowende en duurder prosedures in PIE gebruik moet maak om 'n persoon uitgesit te kry. Die onderliggende aanname is dat PIE nie van toepassing behoort te wees wanneer 'n verhuurder 'n huurder wat agterstallig is met die huur wil uitsit nie. Die regte van beide huurder en verhuurder word gevolglik bestudeer. Die hoof-oogmerk van die studie is egter om vas te stel watter uitsettingsprosedure die beste sal wees en wat die gevolge sal wees indien die prosedure nie gebruik word nie. 'n Goed gereguleerde huurmark sal sorg dat huurders genoegsame beskerming geniet, dat die verhuurder geld sal kan maak uit die huurmark en dat die regering se druk tot 'n mate verlig word. 'n Verdere aanname is dat die prosedure vir die rei vindicatio die korrekte prosedure is om te gebruik om 'n huurder wat versuim om sy/haar huur te betaal uit te sit. Die rei vindicatio word gevolglik bestudeer en daar word getoon dat die prosedure aansienlik van die van PIE verskil. Dit bied 'n alternatief en is nie van so aard dat dit die behuisings wetgewing se oogmerke belemmer nie.
2

A hundred years of demolition orders : a constitutional analysis

Strydom, Janke 07 March 2012 (has links)
Thesis (LLD)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Ownership, and especially the ownership of land, consists of rights as well as duties. The social responsibilities of the owner depend on the prevailing needs of the public (as expressed in legislation) and are subject to change. Section 25(1) of the Constitution impliedly recognises the social obligations of the property owner insofar as it confirms that ownership can be regulated by the state in the public interest. Section 25(1) also sets requirements for the interference with property rights and, in so doing, recognises that the social obligations of the property owner are not without boundaries. In its landmark FNB decision the Constitutional Court gave content and structure to a section 25(1) challenge. The Constitutional Court held that deprivations will be arbitrary for purposes of section 25(1) if the law of general application does not provide sufficient reason for the deprivation or is procedurally unfair. The Constitutional Court elaborated that ‘sufficient reason’ had to be determined with reference to eight contextual factors which reflect the complexity of the relationships involved in the dispute. With reference to section 25(1) and FNB this dissertation considers the constitutional implications of two types of statutory interference with the owner’s right to use, enjoy and exploit his property. Firstly, the dissertation considers the owner’s statutory duty in terms of the National Building Regulations and Building Standards Act 103 of 1977 to demolish unlawful and illegal building works in certain instances. Secondly, the dissertation considers the limitations imposed by the National Heritage Resources Act of 25 of 1999 and the Prevention of Illegal Eviction from and Unlawful Occupation of Land Act 19 of 1998 (PIE) on the owner’s right to demolish historic or unlawfully occupied structures. This dissertation argues that building and development controls, historic preservation laws and anti-eviction legislation are legitimate exercises of the state’s police power. Generally, these statutory interferences with ownership will not amount to unconstitutional deprivation of property. Nevertheless, there are instances where regulatory laws cannot be applied inflexibly if doing so results in excessive interferences with property rights. The FNB substantive arbitrariness test indicates when the law imposes disproportionate burdens on land owners. Furthermore, the non-arbitrariness tests shows when it might be necessary to mitigate disproportionate burdens, imposed in terms of otherwise legitimate regulatory laws, by way of German-style equalisation measures, which are comparable to the constitutional damages granted by South African courts. This dissertation concludes that in the past century the South African legal system has progressed from the apartheid regime, which protected the rights and interests of the white minority, to a constitutional regime which safeguards the rights of all South Africans. There are two legal developments that may lead to positive change in the next century, namely active pursuance of the notion that ownership consists of rights and duties and the development of equalisation-style measures, incorporated into legislation, to alleviate excessive burdens imposed on property owners in the public interest. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Eiendomsreg, veral eiendomsreg op grond, bestaan uit regte sowel as pligte. Die sosiale verantwoordelikhede van die eienaar word bepaal deur die heersende behoeftes van die publiek (soos in wetgewing beliggaam) en is onderhewig aan verandering. Artikel 25(1) van die Grondwet erken implisiet die sosiale verpligtinge van die eienaar in soverre dit bevestig dat eiendomsreg nie ʼn absolute reg is nie en dat dit deur die staat in die openbare belang gereguleer kan word. Artikel 25(1) koppel vereistes aan statutêre beperkings wat op die eienaar se regte geplaas kan word en erken daardeur dat die sosiale pligte van die eienaar nie onbegrens is nie. In die invloedryke FNB-beslissing het die Grondwethof inhoud en struktuur aan grondwetlike analise ingevolge artikel 25(1) gegee. Die Grondwethof het bepaal dat ʼn ontneming arbitrêr sal wees vir die doeleindes van artikel 25(1) as die algemeen geldende reg nie genoegsame rede vir die ontneming verskaf nie of as die ontnemingsproses prosedureel onbillik was. Die Grondwethof het uitgebrei dat ‘genoegsame rede’ bepaal moet word met verwysing na agt kontekstuele faktore wat die kompleksiteit van die verhoudinge wat in die geskil betrokke is, weerspieël. Met verwysing na artikel 25(1) en FNB oorweeg hierdie proefskrif die grondwetlike implikasies van twee tipes statutêre beperkinge wat deur wetgewing op eienaars se regte geplaas word. Eerstens neem die proefskrif die eienaar se statutêre plig ingevolge die Wet op Nasionale Bouregulasies en Boustandaarde 103 van 1977 om onwettige en onregmatige geboue en bouwerke te sloop, in oënskou. Tweedens oorweeg die proefskrif die beperkinge ingevolge die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne 25 van 1999 en die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsettings en Onregmatige Besetting van Grond 19 van 1998 op die eienaar se reg om historiese en onregmatige bewoonde strukture te sloop. Die proefskrif betoog dat bou- en ontwikkelingsbeheermaatreëls, historiese bewaringswette en uitsettingsvoorkomingswetgewing legitieme uitoefening van die staat se polisiëringsmag is. In die algemeen sal hierdie statutêre inmenging nie uitloop op ongrondwetlike ontneming van eiendom nie. Nietemin is daar gevalle waar die regulerende wette nie onbuigsaam toegepas kan word nie indien dit tot uitermatige inmenging met die eienaar se regte lei. Die FNB-toets vir substantiewe arbitrêre ontneming dui aan wanneer ‘n wet ʼn disproporsionele las op grondeienaars plaas. Verder wys die FNB-toets wanneer dit nodig mag wees om oneweredige laste, wat deur andersins regmatige regulerende wette opgelê is, te versag. Dit kan gedoen word deur middel van ʼn statutêre maatreël, geskoei op Duitse voorbeeld, wat vergelykbaar is met grondwetlike skadevergoeding wat deur Suid-Afrikaanse howe toegeken is. Hierdie proefskrif kom tot die gevolgtrekking dat die Suid-Afrikaanse regstelsel oor die afgelope eeu ontwikkel het van die apartheidsbestel, wat die regte en belange van die wit minderheid beskerm het, tot die huidige grondwetlike bestel wat die regte van alle Suid-Afrikaners beskerm. Twee ontwikkelinge kan tot positiewe verandering in die volgende eeu lei, naamlik aktiewe bevordering van die gedagte dat eiendomsreg uit regte en verpligtinge bestaan en ontwikkeling van statutêre maatreëls wat die uitermatige las wat in die openbare belang op eienaars geplaas word, te verlig.
3

The justification of expropriation for economic development

Slade, Bradley Virgill 12 1900 (has links)
Thesis (LLD)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Section 25(2) of the 1996 Constitution states that property may only be expropriated for a public purpose or in the public interest and compensation must be paid. This dissertation analyses the public purpose and public interest requirement in light of recent court decisions, especially with regard to third party transfer of expropriated property for economic development purposes. The public purpose requirement is explained in terms of pre-constitutional case law to create a context in which to understand the public purpose and public interest in terms of the 1996 Constitution. This leads to a discussion of whether third party transfers for economic development purposes are generally for a public purpose or in the public interest. The legitimacy of the purpose of both the expropriation and the transfer of property to third parties in order to realise the purpose is considered. Conclusions from a discussion of foreign case law dealing with the same question are used to analyse the South African cases where third party transfers for economic development have been addressed. Based on the overview of foreign case law and the critical analysis of South African cases, the dissertation sets out guidelines that should be taken into account when this question comes up again in future. The dissertation also considers whether an expropriation can be set aside if alternative means, other than expropriating the property, are available that would also promote the purpose for which the property was expropriated. Recent decisions suggest that alternative and less invasive measures are irrelevant when the expropriation is clearly for a public purpose. However, the dissertation argues that less invasive means should be considered in cases where it is not immediately clear that the expropriation is for a valid public purpose or in the public interest, such as in the case of a third party transfer for economic development. The role of the public purpose post-expropriation is considered with reference to purposes that are not realised or are abandoned and subsequently changed. In this regard the dissertation considers whether the state is allowed to change the purpose for which the property was expropriated, and also under which circumstances the previous owner would be entitled to reclaim the expropriated property when the public purpose that justifies the expropriation falls away. It is contended that the purpose can be changed, but that the new purpose must also comply with the constitutional requirements. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Artikel 25(2) van die Grondwet van 1996 vereis dat `n onteining slegs vir `n openbare doel of in die openbare belang mag plaasvind, en dat vergoeding betaalbaar is. In die proefskrif word die openbare doel en openbare belang geanaliseer in die lig van onlangse regspraak wat veral verband hou met die onteining van grond wat oorgedra word aan derde partye vir doeleindes van ekonomiese ontwikkeling. Die openbare doel vereiste word geanaliseer in die lig van respraak voor die aanvang van die grondwetlike bedeling om beide die openbare doel en openbare belang in terme van die Grondwet van 1996 te verstaan. Op grond van hierdie bespreking word die vraag ondersoek of die onteiening van grond vir ekonomiese ontwikkeling en die oordrag daarvan aan derde partye vir `n openbare doel of in die openbare belang is. Gevolgtrekkings uit `n oorsig van buitelandse respraak waarin dieselfde vraag reeds behandel is dien as maatstaf vir die Suid-Afrikaanse regspraak oor die vraag te evalueer. Op grond van die kritiese analise van die buitelandse regspraak word sekere aanbevelings gemaak wat in ag geneem behoort te word indien so `n vraag weer na vore kom. Die vraag of `n onteiening ter syde gestel kan word omdat daar `n alternatiewe, minder ingrypende manier is om die openbare doel te bereik word ook in die proefskrif aangespreek. In onlangse regspraak word aangedui dat die beskikbaarheid van ander, minder ingrypende maniere irrelevant is as die onteiening vir `n openbare doel of in die openbare belang geskied. Daar word hier aangevoer dat die beskikbaarheid van alternatiewe metodes in ag geneem behoort te word in gevalle waar dit onduidelik is of die onteining vir `n openbare doel of in die openbare belang geskied, soos in die geval van oordrag van grond aan derde partye vir ekonomiese ontwikkelingsdoeleindes. Ter aansluiting by die vraag of die onteining van grond vir oordrag aan derdes vir ekonomiese ontwikkeling geldig is, word die funksie van die openbare doel na onteiening ook ondersoek. Die vraag is of die staat geregtig is om die doel waarvoor die eiendom onteien is na afloop van die onteiening te verander. Die vraag in watter gevalle die vorige eienaar van die grond teruggawe van die grond kan eis word ook aangespreek. Daar word aangevoer dat die staat die doel waarvoor die eiendom benut word kan verander, maar dat die nuwe doel ook moet voldoen aan die grondwetlike vereistes. / South African Research Chair in Property Law, sponsored by the Department of Science and Technology, administered by the National Research Foundation and hosted by Stellenbosch University / Cuicci bursary fund / Faculty of Law Stellenbosch University

Page generated in 0.1014 seconds