Spelling suggestions: "subject:"robocup small size league"" "subject:"robocup small size teague""
1 |
Developing basic soccer skills using reinforcement learning for the RoboCup small size leagueYoon, Moonyoung 03 1900 (has links)
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2015. / ENGLISH ABSTRACT: This study has started as part of a research project at Stellenbosch University
(SU) that aims at building a team of soccer-playing robots for the
RoboCup Small Size League (SSL). In the RoboCup SSL the Decision-
Making Module (DMM) plays an important role for it makes all decisions
for the robots in the team. This research focuses on the development of
some parts of the DMM for the team at SU.
A literature study showed that the DMM is typically developed in a
hierarchical structure where basic soccer skills form the fundamental building
blocks and high-level team behaviours are implemented using these basic
soccer skills. The literature study also revealed that strategies in the DMM
are usually developed using a hand-coded approach in the RoboCup SSL
domain, i.e., a specific and fixed strategy is coded, while in other leagues a
Machine Learning (ML) approach, Reinforcement Learning (RL) in particular,
is widely used. This led to the following research objective of this thesis,
namely to develop basic soccer skills using RL for the RoboCup Small Size
League. A second objective of this research is to develop a simulation environment
to facilitate the development of the DMM. A high-level simulator
was developed and validated as a result.
The temporal-difference value iteration algorithm with state-value functions
was used for RL, along with a Multi-Layer Perceptron (MLP) as a function
approximator. Two types of important soccer skills, namely shooting skills
and passing skills were developed using the RL and MLP combination. Nine
experiments were conducted to develop and evaluate these skills in various
playing situations. The results showed that the learning was very effective,
as the learning agent executed the shooting and passing tasks satisfactorily,
and further refinement is thus possible.
In conclusion, RL combined with MLP was successfully applied in this
research to develop two important basic soccer skills for robots in the
RoboCup SSL. These form a solid foundation for the development of a
complete DMM along with the simulation environment established in this
research. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie het ontstaan as deel van 'n navorsingsprojek by Stellenbosch
Universiteit wat daarop gemik was om 'n span sokkerrobotte vir die
RoboCup Small Size League (SSL) te ontwikkel. Die besluitnemingsmodule
(BM) speel 'n belangrike rol in die RoboCup SSL, aangesien dit besluite vir
die robotte in die span maak. Hierdie navorsing fokus op ontwikkeling van
enkele komponente van die BM vir die span by SU.
'n Literatuurstudie het getoon dat die BM tipies ontwikkel word volgens
'n hiërargiese struktuur waarin basiese sokkervaardighede die fundamentele
boublokke vorm en hoëvlak spangedrag word dan gerealiseer deur hierdie
basiese vaardighede te gebruik. Die literatuur het ook getoon dat strategieë in die BM van die RoboCup SSL domein gewoonlik ontwikkel word deur
'n hand-gekodeerde benadering, dit wil s^e, 'n baie spesifieke en vaste strategie
word gekodeer, terwyl masjienleer (ML) en versterkingsleer (VL) wyd in
ander ligas gebruik word. Dit het gelei tot die navorsingsdoelwit in hierdie
tesis, naamlik om basiese sokkervaardighede vir robotte in die RoboCup SSL
te ontwikkel. 'n Tweede doelwit was om 'n simulasie-omgewing te ontwikkel
wat weer die ontwikkeling van die BM sou fasiliteer. Hierdie simulator is
suksesvol ontwikkel en gevalideer.
Die tydwaarde-verskil iterariewe algoritme met toestandwaarde-funksies is
gebruik vir VL saam met 'n multi-laag perseptron (MLP) vir funksiebenaderings.
Twee belangrike sokkervaardighede, naamlik doelskop- en aangeevaardighede
is met hierdie kombinasie van VL en MLP ontwikkel. Nege
eksperimente is uitgevoer om hierdie vaardighede in verskillende speelsituasies
te ontwikkel en te evalueer. Volgens die resultate was die leerproses baie
effektief, aangesien die leer-agent die doelskiet- en aangeetake bevredigend
uitgevoer het, en verdere verfyning is dus moontlik.
Die gevolgtrekking is dat VL gekombineer met MLP suksesvol toegepas is
in hierdie navorsingswerk om twee belangrike, basiese sokkervaardighede vir
robotte in die RoboCup SSL te ontwikkel. Dit vorm 'n sterk fondament vir
die ontwikkeling van 'n volledige BM tesame met die simulasie-omgewing
wat in hierdie werk daargestel is.
|
2 |
Development of a robot for RoboCup Small Size League, utilizing a distributed control architecture for a multi-robot system development platformSmit, Albert 12 1900 (has links)
Thesis (MScEng)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: RoboCup promotes research in robotics and multi-robot systems (MRS).
The RoboCup Small Size League (SSL), in particular, offers an entry level
opportunity to take part in this field of study. This thesis presents a starting
phase for research in robotics and MRS at Stellenbosch University. It includes
the full documentation of the mechanical, electronic and software design of an
omni-directional soccer robot for RoboCup SSL. The robot is also meant to
operate as a hardware and software development platform for research in MRS.
The platform was therefore designed with high-level programming language
compatibility, a wide range of connectivity, and modularity in mind. The
robot uses a single board computer (SBC) running a Linux operating system
to accomplish these objectives. Moreover, a driver class library was written
in C++ as a software application interface (API) for future development on
the robot platform. The robot was also developed with a particular focus on a
distributed control architecture. "Player" was implemented as the middleware,
which can be used for communication between multiple robots in a distributed
environment. Additionally, three tests were performed to demonstrate the
functionality of the prototype: a PI speed control test, a direction accuracy
test and a static communication test using the middleware. Recommendations
for possible future work are also given. / AFRIKAANSE OPSOMMING: RoboCup bevorder navorsing in robotika en multi-robot-stelsels (MRS). Die
RoboCup Klein Liga (KL) bied in die besonder die geleentheid om op intreevlak
navorsing te doen in hierdie veld. Hierdie tesis verteenwoordig die eerste fase
van navorsing in robotika en MRS by Stellenbosch Universiteit. Dit sluit die
volledige dokumentasie van die meganiese, elektroniese en sagteware-ontwerp
van ’n omnidireksionele sokker-robot vir die KL in. Die robot is ook veronderstel
om te dien as ’n hardeware- en sagteware-ontwikkelingsplatform vir
navorsing in MRS. Die platform is dus ontwerp met ’n verskeidenheid van uitbreingsmoontlikhede
en modulariteit in gedagte asook die moontlikheid om
gebruik te maak van ’n hoë-vlak programmeertaal. Om hierdie doelwitte
te bereik, maak die robot gebruik van ’n enkel-bord-rekenaar met ’n Linux
bedryfstelsel. Verder was ’n sagteware drywer in C++ geskryf om te dien as
’n sagteware-koppelvlak vir toekomstige ontwikkeling op die robot platform.
Die robot is ook ontwikkel met die besondere fokus op ’n gedesentraliseerde
beheerstels. Player was geïmplementeer as die middelware, wat gebruik kan
word vir kommunikasie tussen verskeie robotte in ’n gedesentralliseerde beheerstelsel.
Daar is drie toetse uitgevoer om die funksionaliteit van die prototipe
te demonstreer, ’n PI spoed beheer toets, ’n rigting akkuraatheidstoets en ’n
statiese kommunikasie toets deur van die middelware gebruik te maak. Aanbevelings
vir moontlike toekomstige werk word ook verskaf.
|
3 |
Robocup small size league : active ball handling systemSmit, Daniel Gideon Hugo 04 1900 (has links)
Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: The RoboCup offers a research platform to advance robotics and multi-robot
cooperation in dynamic environments. This project builds on work previously
done to develop a research platform for multi-robot cooperation at Stellenbosch
University. This thesis describes the development of an active ball handling
system for a robot in the RoboCup Small Size League (SSL). This was achieved
by building on the work done in the previous projects.
The hardware for the kicker and dribbler mechanisms on the robot were
implemented and tested to characterise their capabilities. The kicker was
characterised to control the speed at which a ball is kicked and the dribbler
for optimal control over a ball. More accurate movement was required and the
Proportional Integral and Derivative (PID) controllers for translational and
rotational movement on the robot were improved. The test results show an
improvement in straight line trajectory tracking when compared to those of the
previous controllers. Dribble control sensors were implemented on the robot for
successful dribbling by the robot. This resulted in a significant improvement to
the dribbling ability of the robot when these sensors are used. This dribbling
ability was compared to the dribbling ability of the robot when no feedback
was received from the sensors. Lastly a proposed curved trajectory tracking
algorithm was tested by combining translational and rotational movement of
the robot. This algorithm showed the capabilities of the robot to follow a
curved trajectory with the improved translational and rotational controllers. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die RoboCup bied ’n navorsingsplatvorm om robotika en multi-robot samewerking
in ’n dinamiese omgewing te bevorder. Hierdie projek bou voort op
werk wat reeds gedoen is om ’n navorsingsplatvorm vir multi-robot samewerking
aan die Universiteit van Stellenbosch te ontwikkel. Hierdie tesis beskryf die
ontwikkeling van ’n aktiewe balhanteringsstelsel vir ’n robot in die RoboCup
Klein Liga (KL). Dit is bereik deur voort te bou op die werk wat in vorige
projekte gedoen is.
Die hardeware vir die skopper- en dribbelmeganismes is geïmplementeer
en getoets om hulle vermoëns te karakteriseer. Die skopper is gekenmerk deur
die spoed waarteen ’n bal geskop word en die dribbler vir optimale beheer
oor ’n bal. Meer akkurate beweging was nodig en die PID-beheerders vir
translasie- en rotasiebeweging in die robot is verbeter. Die resultate van die
toetse toon ’n verbetering in reguitlynbeweging in vergelyking met dié van die
vorige beheerders. Dribbelbeheersensors is in die robot geïmplementeer vir
suksesvolle dribbelbeweging deur die robot. Gevolglik is daar ’n aansienlike
verbetering in die dribbelvermoë van die robot wanneer hierdie sensors gebruik
word. Hierdie dribbelvermoë is vergelyk met die dribbelvermoë wanneer die
robot geen terugvoer van die sensors ontvang nie. Laastens is ’n voorgestelde
algoritme vir die robot om ’n geboë trajek te volg, getoets. Dit is bereik deur
die translasie- en die rotasiebeweging van die robot te kombineer. Hierdie
algoritme het die vermoë van die robot om ’n geboë baan te laat volg deur
gebruik te maak van die verbeterde translasie- en rotasiebeheerders.
|
Page generated in 0.0594 seconds