• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Hersiening van omgewingsverwante wetgewing ter verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel / Inge Snyman

Snyman, Inge January 2015 (has links)
Die ontwikkeling van wetgewing vir die progressiewe verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel, word as ʼn nasionale en internasionale doelwit bestempel. Artikel 27(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 plaas ʼn mandaat op die Suid-Afrikaanse regering om redelike wetgewende en ander maatreëls te tref ten einde, binne sy beskikbare middele, die reg op toegang tot voldoende voedsel toenemend te verwesenlik. Die Verenigde Nasies se Food and Agricultural Organization stel ʼn drievlakstrategie vir die implementering van die reg op voedsel op nasionale wetgewende vlak voor, naamlik deur: grondwetlike erkenning, die implementering van ʼn voedselraamwerkwet en die hersiening van relevante sektorale wetgewing. Hierdie studie fokus op die laaste vlak van wetgewende voorsiening, naamlik die hersiening van sektorale wetgewing wat ʼn invloed het, of moontlik kan hê, op die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel. Die reg op toegang tot voldoende voedsel beskik oor multidimensionele, interdissiplinêre en kruissektorale eienskappe wat gevolglik verskeie sektore by die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel betrek. Die Food and Agricultural Organization is van mening dat die beoogde doelwit is om alle sektorale wetgewing wat moontlik ʼn invloed op die beskikbaarheid, stabiliteit, toeganklikheid en toereikendheid van voedsel kan uitoefen het, te identifiseer en te hersien aan die hand van ʼn voorgestelde hersieningsproses. Hierdie voorgestelde hersiening is gevolglik omvangryk en uiteenlopend en daarom word daar vir die doel van hierdie studie slegs op die hersiening van relevante omgewingsverwante wetgewing gefokus. Die Food and Agricultural Organization maak egter nie aanbevelings ten opsigte van die spesifieke aspekte wat in omgewingsverwante wetgewing vervat moet wees ten einde by te dra tot die toenemende verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel nie (met ander woorde die aspekte waaraan omgewingsverwante wetgewing geëvalueer kan word). Daarom bevat hierdie studie saamgestelde hersieningsriglyne wat gebruik kan word by die hersiening van omgewingsverwante wetgewing. Die geselekteerde Suid-Afrikaanse wetgewing wat aan die Food and Agricultural Organization se hersieningsproses, asook die saamgestelde hersieningsriglyne in hierdie studie, onderwerp word, is: die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 107 van 1998; die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne 43 van 1983 en die National Climate Change Response White Paper van 2011. / LLM (Environmental Law and Governance), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

Page generated in 0.0725 seconds