Spelling suggestions: "subject:"eeg op toegang tout sodoende voedsel"" "subject:"eeg op toegang tout voldoen voedsel""
1 |
Hersiening van omgewingsverwante wetgewing ter verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel / Inge SnymanSnyman, Inge January 2015 (has links)
Die ontwikkeling van wetgewing vir die progressiewe verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel, word as ʼn nasionale en internasionale doelwit bestempel. Artikel 27(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 plaas ʼn mandaat op die Suid-Afrikaanse regering om redelike wetgewende en ander maatreëls te tref ten einde, binne sy beskikbare middele, die reg op toegang tot voldoende voedsel toenemend te verwesenlik. Die Verenigde Nasies se Food and Agricultural Organization stel ʼn drievlakstrategie vir die implementering van die reg op voedsel op nasionale wetgewende vlak voor, naamlik deur: grondwetlike erkenning, die implementering van ʼn voedselraamwerkwet en die hersiening van relevante sektorale wetgewing. Hierdie studie fokus op die laaste vlak van wetgewende voorsiening, naamlik die hersiening van sektorale wetgewing wat ʼn invloed het, of moontlik kan hê, op die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel. Die reg op toegang tot voldoende voedsel beskik oor multidimensionele, interdissiplinêre en kruissektorale eienskappe wat gevolglik verskeie sektore by die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel betrek. Die Food and Agricultural Organization is van mening dat die beoogde doelwit is om alle sektorale wetgewing wat moontlik ʼn invloed op die beskikbaarheid, stabiliteit, toeganklikheid en toereikendheid van voedsel kan uitoefen het, te identifiseer en te hersien aan die hand van ʼn voorgestelde hersieningsproses. Hierdie voorgestelde hersiening is gevolglik omvangryk en uiteenlopend en daarom word daar vir die doel van hierdie studie slegs op die hersiening van relevante omgewingsverwante wetgewing gefokus. Die Food and Agricultural Organization maak egter nie aanbevelings ten opsigte van die spesifieke aspekte wat in omgewingsverwante wetgewing vervat moet wees ten einde by te dra tot die toenemende verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel nie (met ander woorde die aspekte waaraan omgewingsverwante wetgewing geëvalueer kan word). Daarom bevat hierdie studie saamgestelde hersieningsriglyne wat gebruik kan word by die hersiening van omgewingsverwante wetgewing. Die geselekteerde Suid-Afrikaanse wetgewing wat aan die Food and Agricultural Organization se hersieningsproses, asook die saamgestelde hersieningsriglyne in hierdie studie, onderwerp word, is: die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 107 van 1998; die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne 43 van 1983 en die National Climate Change Response White Paper van 2011. / LLM (Environmental Law and Governance), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
|
2 |

3 |
Mynbou versus voedselsekerheid : 'n konflik van regte in die Kalahari-distrik / Lynné LoubserLoubser, Lynné January 2015 (has links)
Mynbou is belangrik vir die ekonomie van ʼn land en word daarom aangemoedig. Mynbou is in wese onvolhoubaar vanuit ʼn omgewingsbewaring perspektief. Artikel 24 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 bepaal dat die staat die omgewing moet beskerm vir huidige en toekomstige geslagte, maar dat regverdige ontwikkeling toegelaat moet word. Landbou is net so belangrik vir ʼn land se ekonomie as vir sy mense. Artikel 27(b) van die Grondwet maak voorsiening vir ʼn reg op toegang tot voldoende voedsel en water. Landbou kan, net soos mynbou, ʼn impak op die omgewing hê. Dit gebeur egter dat mynbou in konflik met landbou kom, in die sin dat grond gesteriliseer word sodat dit nie meer vir landboudoeleindes gebruik kan word nie en gevolglik ook nie meer tot voedselsekerheid kan bydra nie.
Die Nasionale Waterwet 36 van 1998 bepaal dat dit van kardinale belang is dat Suid-Afrika se waterhulpbronne beskerm, gebruik, ontwikkel, bewaar, bestuur en beheer word. Dit geld vir beide mynbou en landbou. In die Kalahari-distrik ontstaan daar konflik tussen die boere en myne (hoofsaaklik Sishen- en Khumani-ysterertsmyne) rakende watergebruik. Groot hoeveelhede water word uit die grond gepomp vir mynbou-aktiwiteite en om in die mynwerkers se daaglikse behoeftes te voorsien. Mynbou mag moontlik ʼn impak op voedselsekerheid hê, aangesien weiding verswak en die kameeldoringbome, wat voedsel aan diere in hierdie omgewing verskaf, moontlik kan doodgaan en ekosisteme vernietig word weens die watertekort. Dit is dus nodig om vas te stel hoe die reg moontlike konflik tussen die regte van myne en boere sal aanspreek en oplos.
Deur die verloop van die studie word verskeie onderliggende en funderende temas aangespreek, onder andere: (a) Artikel 24 van die Grondwet, die reg op toegang tot voldoende voedsel en water; (b) mynbou en landbou se watergebruik, hoe konflik rakende water gereguleer word en die toepassing daarvan op die Kalahari. / LLM (Environmental Law and Governance), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
|
4 |

Page generated in 0.1037 seconds