• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Mynbou versus voedselsekerheid : 'n konflik van regte in die Kalahari-distrik / Lynné Loubser

Loubser, Lynné January 2015 (has links)
Mynbou is belangrik vir die ekonomie van ʼn land en word daarom aangemoedig. Mynbou is in wese onvolhoubaar vanuit ʼn omgewingsbewaring perspektief. Artikel 24 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 bepaal dat die staat die omgewing moet beskerm vir huidige en toekomstige geslagte, maar dat regverdige ontwikkeling toegelaat moet word. Landbou is net so belangrik vir ʼn land se ekonomie as vir sy mense. Artikel 27(b) van die Grondwet maak voorsiening vir ʼn reg op toegang tot voldoende voedsel en water. Landbou kan, net soos mynbou, ʼn impak op die omgewing hê. Dit gebeur egter dat mynbou in konflik met landbou kom, in die sin dat grond gesteriliseer word sodat dit nie meer vir landboudoeleindes gebruik kan word nie en gevolglik ook nie meer tot voedselsekerheid kan bydra nie. Die Nasionale Waterwet 36 van 1998 bepaal dat dit van kardinale belang is dat Suid-Afrika se waterhulpbronne beskerm, gebruik, ontwikkel, bewaar, bestuur en beheer word. Dit geld vir beide mynbou en landbou. In die Kalahari-distrik ontstaan daar konflik tussen die boere en myne (hoofsaaklik Sishen- en Khumani-ysterertsmyne) rakende watergebruik. Groot hoeveelhede water word uit die grond gepomp vir mynbou-aktiwiteite en om in die mynwerkers se daaglikse behoeftes te voorsien. Mynbou mag moontlik ʼn impak op voedselsekerheid hê, aangesien weiding verswak en die kameeldoringbome, wat voedsel aan diere in hierdie omgewing verskaf, moontlik kan doodgaan en ekosisteme vernietig word weens die watertekort. Dit is dus nodig om vas te stel hoe die reg moontlike konflik tussen die regte van myne en boere sal aanspreek en oplos. Deur die verloop van die studie word verskeie onderliggende en funderende temas aangespreek, onder andere: (a) Artikel 24 van die Grondwet, die reg op toegang tot voldoende voedsel en water; (b) mynbou en landbou se watergebruik, hoe konflik rakende water gereguleer word en die toepassing daarvan op die Kalahari. / LLM (Environmental Law and Governance), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

Page generated in 0.0392 seconds