Spelling suggestions: "subject:"par (firm) -- managemement"" "subject:"par (firm) -- managementment""
1 |
Spar's category management strategy to enhance future sales and meet customers' needsKleintjies, Ivan Graham 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: As Spar began to grow, its stores became increasingly proactive resulting in the better SPAR
stores wanting to compete and to expand but being frustrated by their many conservative
SPAR retail colleagues. In order to increase effectiveness and competitive advantage, SPAR
had to consider a new approach. This came in the form of Category Management and the
extent to which it would be understood, evaluated and implemented.
SPAR was being forced to do things in different ways. Many consumer packaged goods
companies believe that Category Management is the "new way". These companies are
expanding great amounts of energy and cash to be the player in the category management
arena. Category Management is regarded as a process that involves managing product
categories as business units and customizing them on a store-by-store basis to satisfy
customer needs. The ideal in this process is to identify the optimal mix and stock each store
with specific products customers wish to purchase. In simple terms, Category Management
can be identified as the process of bringing the right product to the consumer at the right time
and price. As a discipline, this process is in its infancy within the boarders of South Africa.
The scope of the study is to introduce the Spar model for implementing Category
Management into the voluntary trading environment. The biggest challenge identified is that
if a robust analysis process is not undertaken by SPAR, the actions of going forward would
be insufficient to develop clear Category Management strategies which could be included in
the overall business strategy. Without successful analysis, SPAR will not be able to transform
itself successfully. Organizationally, culturally, and technically, Category Management is
fundamentally different to what has gone before. Many facets of the SPAR business have to
change in a relatively short space of time for Category Management to work. Category
Management helps establish new strategic intents and plans. It is a go-to market strategy that,
when adopted within an organization, sets the tone and direction for all strategic and tactical
decisions. The Category Management process is consumer focused and is the most effective
and efficient means whereby the retailer and its suppliers can together generate value for their
end customer. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Namate SPAR begin groei het, het sy winkels toenemend proaktief begin word, wat daartoe
gelei het dat die beste SPAR-winkels wou meeding en uitbrei, maar deur hul talle
konserwatiewe SPAR-kleinhandelskollegas gedwarsboom is. Ten einde doeltreffendheid en
mededingende voordeel te verhoog, moes SPAR 'n nuwe benadering oorweeg. Dit het die
vorm van Kategoriebestuur en die mate waarin dit verstaan, geëvalueer en geïmplementeer
sou word, aangeneem.
SPAR is genoodsaak om dinge anders te doen. Baie maatskappye wat verpakte
verbruikersgoedere verkoop, is van mening dat Kategoriebestuur die "nuwe rigting" is.
Hierdie maatskappye bestee groot hoeveelhede energie en kontant om dié speler in die
kategoriebestuursarena te wees. Kategoriebestuur word beskou as 'n proses wat behels dat
produkkategorieë as sake-eenhede bestuur word wat op 'n winkelgrondslag pasgemaak word
ten einde in kliëntebehoeftes te voorsien. Die doelwit van hierdie proses is om die optimale
mengsel te identifiseer en elke winkel te bevoorraad met bepaalde produkte wat kliënte wil
koop. In eenvoudige terme kan Kategoriebestuur omskryf word as die proses om die regte
produk op die regte tyd en teen die regte prys aan die verbruiker te bied. As 'n dissipline staan hierdie proses in sy kinderskoene binne die grense van Suid-Afrika.
Die omvang van die studie is om die SPAR-model bekend te stel vir die implementering van
Kategoriebestuur in die vrywillige handelsomgewing. Die grootste uitdaging is dan indien
SPAR nie 'n deeglike ontledingsproses onderneem nie, die aksies vorentoe nie voldoende sal
wees om duidelike Kategoriebestuurstrategieë te formuleer wat in die algehele sakestrategie
ingesluit kan word nie. Sonder 'n suksesvolle ontleding sal SPAR homself nie suksesvol kan
transformeer nie. Organisatories, kultureel en tegnies verskil Kategoriebestuur fundamenteel
van dit wat voorheen gegeld het. Vir Kategoriebestuur om te werk, sal talle fasette van die
SPAR-onderneming in 'n betreklik kort tydjie moet verander. Kategoriebestuur dra by tot die
formulering van nuwe strategiese doelwitte en planne. Dit is 'n bemarkingstrategie wat,
indien dit binne 'n organisasie gevolg word, die toon en rigting vir alle strategiese en taktiese
besluite aangee. Die Kategoriebestuursproses is verbruikersgerig en is die doeltreffendste
wyse waarop die kleinhandelaar en sy produkverskaffers tesame waarde vir hul eindkliënt
kan genereer.
|
Page generated in 0.0888 seconds