Spelling suggestions: "subject:"steinberg, bonny"" "subject:"steinberg, jonny""
1 |
A textual analysis of Jonny Steinberg's 'The Number' : exploring narrative decisionsRennie, Gillian Mary 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study attempts to explore aspects of the textual representation of Magadien
Wentzel, the main character of The Number, a work of literary journalism by Jonny
Steinberg. It sets out to respond to the following two central research questions:
Firstly, what narrative decisions does Jonny Steinberg make in the text of The Number
to convey aspects of the reality he experienced in relation to his main character,
Magadien Wentzel; and secondly, what effect do these decisions have on the reader?
As literary journalism is a genre with fluid boundaries and therefore various
definitions, the thesis first presents the challenge of definition and lays out a broad
history of the genre in its attempt to situate The Number as a work of social
documentary and of literary journalism in South Africa. Taking realism as its
theoretical point of departure, this study aligns itself with the view that there exists an
independent, extra-textual real-world and that knowledge of this real-world can be
produced and shared. In doing so, realism presents itself as a literary form associated
with art that cannot turn away from harsh aspects of human existence – a
characteristic mirrored by Steinberg’s (and thus his character’s) major themes. By
means of a textual analysis which seeks to interpret aspects of Steinberg’s narrative
decisions in his text, this study uses tools of literary realism, namely the empirical
effect and the character effect, in its exploration. This research, conducted within the
qualitative research paradigm, is informed in particular by the assumption that there
exists an implicit communicative contract between author and reader which leads to
narrative trust, seen as an indispensable quality to the non-fictional reading
experience. In the case of Steinberg and The Number, this study finds that the writer’s
representation of a particular reality relies to an important degree on the level of trust
he is able to inspire in a reader. This is pertinent because, being factual, non-fiction
demands that a reader not only imagine a world other than their own, but that they believe it too. One of the ways in which Steinberg enables a reader to trust his
representation of his particular reality is by overtly placing his literary and authorial
concerns alongside his reportage of Magadien Wentzel, the main character of The
Number. This distinctive narrative approach results in a modification of the reader’s
traditional contract with the writer, forged by the text between them, to one in which
the text unites the reader with both Steinberg as narrator and Magadien Wentzel as
character. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie poog om aspekte van die tekstuele voorstelling van Magadien Wentzel,
die hoofkarakter in The Number, 'n werk van literêre joernalistiek deur Jonny
Steinberg, te verken. Dit probeer om die volgende twee sentrale navorsingsvrae te
beantwoord: Eerstens, watter narratiewe besluite neem Jonny Steinberg in die teks van
The Number om aspekte van die werklikheid wat hy ervaar het met betrekking tot sy
hoofkarakter, Magadien Wentzel, oor te dra, en tweedens, watter effek het dit op die
leser? Aangesien literêre joernalistiek 'n genre is met vloeibare grense en daarom
verskeie definisies, probeer die tesis eerstens die uitdaging van definisie te
beantwoord. Daarmee lê dit ook 'n breë basis van die geskiedenis van die genre in sy
poging om The Number te situeer as 'n sosiale dokumentêr en as literêre joernalistiek
in Suid-Afrika. Met realisme as teoretiese vertrekpunt, vereenselwig hierdie studie
hom daarmee dat 'n onafhanklike, ekstra-tekstuele regte wêreld bestaan, en dat kennis
van dié “regte wêreld” geskep en gedeel kan word. So representeer realisme hom as 'n
literêre vorm wat verband hou met die kunste, en wat sigself nie kan afwend van die
harde aspekte van die menslike bestaan nie – 'n kenmerk wat deur Steinberg se
hooftemas – en daarom ook dié van sy hoofkarakter – weerspieël word. Deur middel
van 'n tekstuele analise wat poog om aspekte van Steinberg se narratiewe besluite in
sy teks te interpreteer, gebruik hierdie studie aspekte van literêre realisme, naamlik die
empiriese effek en die karakter-effek, in sy ondersoek. Hierdie navorsing, wat binne
die kwalitatiewe navorsingsparadigma uitgevoer is, is veral geïnformeer deur die
aanname dat daar 'n implisiete kommunikatiewe kontrak tussen die skrywer en die
leser bestaan wat lei tot narratiewe vertroue, gesien as 'n onmisbare element van die
nie-fiksie-leeservaring. In die geval van Steinberg en The Number het hierdie studie
bevind dat die skrywer se voorstelling van 'n bepaalde werklikheid tot 'n belangrike
mate berus op die vlak van vertroue wat hy by die leser genereer. Dit is belangrik, want synde feitelik, vereis nie-fiksie dat 'n leser nie net 'n wêreld anders as hul eie
voorstel nie, maar dat hulle ook daarin kan glo. Een van die maniere waarop Steinberg
'n leser in staat stel om sy voorstelling van sy besondere werklikheid te vertrou, is
deur die plasing van sy literêre en outeursbesorgdheid direk langs sy reportage van
Magadien Wentzel, die hoofkarakter in The Number. Hierdie unieke narratiewe
aanslag het ’n modifikasie van die leser se tradisionele kontrak met die skrywer tot
gevolg, ’n kontrak wat gewoonlik deur die teks tussen hulle gesmee is, en wat verander in een waarin die teks die leser met beide Steinberg as verteller en Magadien
Wentzel as karakter verenig het.
|
2 |
An examination of prison, criminality and power in selected contemporary Kenyan and South African narrativesNdlovu, Isaac 12 1900 (has links)
Thesis (PhD (English))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis undertakes a comparative examination of South African and Kenyan auto/biographical narratives of crime and imprisonment. Although some attention is paid to narratives of political imprisonment, the study focuses primarily on autobiographical accounts by criminals, confessional narratives, popular fiction about crime and prison experience, and journalistic accounts of prison life. There is very little critical work at this moment that refers to these forms of prison writing in South Africa and Kenya. Popular prison narratives and to a certain extent the autobiographical in general are characterised by an under-theorised dialecticism. As academic concepts, both the popular and the autobiographical form are characterised by an unstable duality. While the popular has been theorised as being both a field of resistance to power and of consent to its demands, the autobiographical occupies a similar precariously divided position, in this case between fact and fiction, a place where the „I‟ that narrates is simultaneously the subject and object of the narrative. In examining an eclectic body of texts that share the prison as common denominator, my study problematises the tension between self and world, popular and canonical, political and criminal, factual and fictional. In both settings, South Africa and Kenya, the prison as a material and discursive space does not only mirror society but effects shifts and changes in society, and becomes a space of dynamic adaptation and also a locus that disturbs certain hegemonic relations. The way in which the experience of prison opens up to a fundamentally unsettling ambiguity resonates with the ambivalence that characterises both autobiography as genre and the popular as a theoretical concept. My thesis argues that during the entire historical period covered by the narratives that I examine there is a certain excess that attends on the social production of criminality and the practice of imprisonment, both as material realities and as discursive concepts, which allows them to have a haunting effect both on individuals‟ notions of „the self‟ and the constitution of national identities and nationhoods. I argue that the distinction between the colonial and the postcolonial prison is hazy. Therefore a comparative study of Kenyan and South African prison literature helps us understand how modern prisons and notions of criminality in contemporary Africa are intertwined with the broad European colonial project, reflecting larger issues of state power and control over the populace. In relation to South Africa, my study begins with Ruth First‟s 117 Days (1963), and makes a selection of other prisons narratives throughout the apartheid era up to the post-apartheid period which was ushered in by Mandela‟s Long Walk to Freedom (1994). Moving beyond Mandela, I examine other forms of South African crime and prison narratives which have emerged since the publication of Pumla Gobodo-Madikizela‟s A Human Being Died that Night (2003) and Jonny Steinberg‟s The Number (2004). In Kenya, I begin with Ngugi wa Thiongo‟s Detained (1981). I then focus on popular narratives of crime and imprisonment which began with the publication of John Kiriamiti‟s My Life in Crime (1984) up to the first decade of the 21st century, marked yet again by the publication of Kiriamiti‟s My Life in Prison (2004). Besides Kiriamiti‟s two narratives, the other Kenyan texts which I examine are John Kiggia Kimani‟s Life and Times of a Bank Robber (1988) and Prison is not a Holiday Camp (1994), Benjamin Garth Bundeh‟s Birds of Kamiti (1991), and Charles Githae‟s, Comrade Inmate (1994). / AFRIKAANSE OPSOMMING: My proefskrif onderneem ‟n vergelykende studie van Suid-Afrikaanse en Keniaanse auto/biografiese narratiewe van misdaad en gevangeneskap. Hoewel aandag tot ‟n mate geskenk word aan verhale van politieke gevangeneskap, is die primêre fokus van die studie eerder op autobiografiese narratiewe deur misdadigers, konfessionele narratiewe, populêre fiksie met betrekking tot misdaad en gevangenis-ondervindinge, sowel as joernalistieke verslae oor gevangenes se lewens agter tralies. Min kritiese werk is tot dusver in verband met hierdie vorme van gevangenis-narratiewe in Suid-Afrika en Kenia gedoen. Populêre prisoniers-narratiewe, en tot ‟n mate autobiografieë oor die algemeen, word deur ‟n onder-geteoriseerde dialektisisme gekenmerk. As akademiese konsepte word beide die populêre en die autobiografiese vorme deur ‟n onstabiele dualisme gekenmerk. Terwyl die populêre tipe geteoretiseer word as sowel ‟n vorm van weerstand teen mag as van toegee daaraan, word aan die autobiografiese tipe ‟n soortgelyke onstabiele, verdeelde rol toegeskryf – in hierdie geval, tussen feitelikheid en fiksie, ‟n plek waar die “ek” wat vertel terselfdertyd die subjek en objek van die verhaal is. Deur middel van ‟n eklektiese versameling van tekste wat die gevangenis as verwysingspunt deel, problematiseer my verhandeling die spanning tussen self en wêreld, die populêre en die gekanoniseerde, die politieke en die kriminele, die feitelike en die fiktiewe. In beide kontekste, Suid-Afrika en Kenia, weerspieël die gevangenis as diskursiewe spasie nie alleenlik die gemeenskapsomgewing nie, maar veroorsaak dit ook veranderings en verskuiwings in die gemeenskap – sodoende word die gevangenis self ‟n ruimte van dinamiese verandering en ‟n plek wat sekere hegemoniese verhoudings versteur. Die manier waarop die ondervinding van gevangeneskap lei tot ‟n fundamentele versteurende dubbelsinningheid resoneer met die dubbelsinnigheid wat beide die autobiografiese as genre en die populêre as teoretiese konsep karakteriseer. My tesis voer aan dat, gedurende die ganse historiese tydperk wat gedek word deur die narratiewe wat ek hier betrag, daar ‟n sekere oormaat is wat die sosiale produksie van misdaad en die toepassing van gevangesetting begelei, beide as stoflike werklikhede en as diskursiewe konsepte, wat hulle toelaat om ‟n kwellende effek uit te oefen beide of individuele mense se sin van „self‟ en die samestelling van nasionale identiteite en nasionaliteite. Ek voer aan dat die onderskeid tussen die koloniale en die postkoloniale gevangenis onduidelik is, en dat ‟n vergelykende studie van Keniaanse en Suid-Afrikaanse gevangenes-narratiewe ons dus help om te verstaan hoe moderne tronke en idees oor misdaad in Afrika deureengevleg is met die breë Europese koloniale projek, en groter kwessies van staatsmag en beheer oor die bevolking weerspieël. In Suid Afrika begin my studie met Ruth First se 117 Days (1963), en maak dan ‟n seleksie van ander gevangenes-narratiewe van die apartheid-era tot en met die post-apartheid oomblik wat deur Mandela se Long Walk to Freedom ingelui word. Ek vestig dan my aandag op ander vorme van Suid-Afrikaanse misdaad- en gevangenes-narratiewe wat sedert die publikasie van Pumla Gobodo-Madikizela se A Human Being Died that Night (2003) en Jonny Steinberg se The Number (2004) verskyn het. In Kenia begin ek met Ngugi wa Thiongo se Detained (1981), en kyk dan ten slotte na populêre narratiewe van misdaad en gevangeneskap wat hulle aanvang vind met die publikasie van John Kiriamiti se My Life in Crime (1984) tot en met die eerste dekade van die 21ste eeu, nogmaals gemerk deur die publikasie van Kiriamiti se My Life in Prison (2004).
|
Page generated in 0.1708 seconds