Spelling suggestions: "subject:"etheses -- rrt"" "subject:"etheses -- trt""
21 |
Designing in-between : an experimental research processPerold, Karolien 03 1900 (has links)
Thesis (MA(VA))--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: This work explores alternative ways of doing research within the field of art and design; ways that
respect complexity and acknowledge the expansive, relational and performative nature of signifi-
cation in arriving at ‘new’ knowledge.
Through processes of designing in-between, I have been moving through opposites, connecting
connections, and de(re)constructing structure. I have used my immediate locations as triggers to forge
relations between an array of seeming disparate, albeit kindred, concepts. The scope of the work
seems to have perpetually broadened, while theory and practice have dissolved in mercurial in-
between states. Such exuding expansiveness has, at times, unsettled and unnerved, but ironically it
has also intensely resembled our everyday ‘realities’. Designing in-between - compared to traditional,
science-based research methods operating in barricaded systems of thought - thus allows for more faithful interrogation of the complexity of the world we live in. I believe this can be of great value in any attempt at innovative knowledge production, but especially attempts from within the field of art and design - a field often defined by its ability to challenge conventional ways of knowing.
My work should not be regarded as yet another predetermined guideline for future research. It
should rather be read as an example of a “conceptual tool” or “thought strateg[y]” (Hurst, 2010:242)
suited to the complexity of the open systems we form part of every day. Neither the challenging,
nor the advantageous, aspects of my work should be regarded as superior and exclusive to the other. The existence of dissonance and contrast is productive; a life force propelling the search for new
significance and knowledge. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie werkstuk ondersoek alternatiewe maniere van navorsing doen binne die veld van kuns en
ontwerp; maniere wat die kompleksiteit en ewig-groeiende, verhoudingsgebaseerde en performa-
tiewe aard van betekenis-konstruksie in die soeke na ‘nuwe’ kennis erken en respekteer.
Deur prosesse van tussen-in ontwerp, het ek my weg probeer baan deur teenoorgesteldes, het ek
konneksies gekonnekteer, en strukture gede(re)konstrueer. Ek het my onmiddellike omgewingskonteks
as stimuli gebruik om verhoudings tussen ‘n verskeidenheid van kontrasterende, dog verwante, konsepte
te bewerkstellig. Die omvang van hierdie navorsing het sodoende gedurig verbreed, terwyl teorie en
praktyk in verstrengelde tussen-in toestande ontbind het. Alhoewel hierdie uitgestrekte, deurdringende
kompleksiteit my dikwels ontsenu en laat weifel het, versinnebeeld dit ironies genoeg ons alledaagse
‘realiteite’ redelik getrou. Tussen-in ontwerp - in vergelyking met meer tradisionele, wetenskap-geba-
seerde navorsingsmetodes wat binne begrensde gedagtesisteme funksioneer - laat ‘n mens dus die
ruimte toe om die onvoorspelbare wisselwerking tussen die magdom veranderlikes aktief in die wêreld
waarin ons leef, in ag te neem. Ek glo dat so ‘n benadering tot navorsing van besondere waarde kan wees in enige poging tot die innoverende bou van kennis, veral in pogings vanuit die veld van kuns en ontwerp - ‘n veld wat geken word aan sy/haar vermoë om gedurig konvensionele maniere van verstaan uit te daag.
Ek wil nie hê dat my werk as net nog ‘n voorafbepaalde riglyn vir toekomstige navorsing gesien word
nie. Dit moet eerder gelees word as ‘n voorbeeld van ‘n konseptuele instrument (“conceptual tool”) of gedagtestrategie (“thought strategy”) (Hurst, 2010:242) wat geskik is vir die kompleksiteit van
die inherent oop sisteme wat ons alledaagse lewens definieer. Nie die uitdagende, nog die voordelige,
aspekte van my werk moet as superieur en eksklusief tot die ander geag word nie. Dit is juis die bestaan van teenstrydighede en kontras wat produktiwiteit bewerkstellig. Dit voorsien ‘n lewenskrag
wat die soeke na nuwe betekenis en kennis voortdryf.
|
22 |
Estetiese verwantskappe en dekonstruksie van juweliersware : ‘n praktyk-gebaseerde ondersoekVan der Merwe, Augusta Stephanie 03 1900 (has links)
Thesis (MA (VA))--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis investigates the manner in which the function of jewellery (in both the wearing and owning of it) is complementary to the value, meaning and definition of jewellery.
The function of jewellery can be regarded as two-fold, consisting of both a physical and social function. The physical function of a jewellery piece entails the way in which it is worn and the manner in which the piece is utilised. The social function of jewellery is not only the status or identity that the jewellery represents, but also how jewellery can symbolise and stimulate relationships.
An investigation of the physical function of jewellery is undertaken by deconstructing archetypical jewellery pieces. This illustrates what characteristics define an object as a jewellery piece and show how some archetypical jewellery pieces may appear to be seemingly universal, timeless and natural.
The social function of jewellery is investigated by considering the relational aesthetics of jewellery and thus showing how jewellery can testify and give rise to relationships. This study also sheds light on the way in which contemporary jewellery can question value systems.
The research includes the designing, making and discussing of contemporary jewellery. The primary research for the thesis is formed by a discussion of my art pieces and is supported by theoretical research.
In the conclusion of this study it is clear that jewellery can assume multiple definitions and meanings. These definitions and meanings are not only determined by the designer and maker of the jewellery piece, but also by the wearer/ owner and the viewer as well as the context within which the jewellery piece is worn or displayed. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In dié tesis word daar ondersoek ingestel oor hoe die funksie van juweliersware (in beide die dra en besit daarvan) die waarde, betekenis en definisie van juweliersware aanvul.
Die funksie van juweliersware kan beskou word as tweevoudig en bestaan uit beide ’n fisiese- en ’n sosiale funksie. Die fisiese funksie van ʼn juweelstuk behels hoe dit gedra word en hoe die juweelstuk funksioneer. Die sosiale funksie van juweliersware word nie net beskou as die status of identiteit wat juweliersware voorstel nie, maar ook hoe juweliersware verhoudings simboliseer en stimuleer.
‘n Ondersoek na die fisiese funksie is uitgevoer deur argetipiese juweliersware te dekonstrueer. Só word daar gewys watter soort eienskappe ʼn voorwerp as ʼn juweelstuk definieer en hoe sekere argetipiese juwele as skynbaar universeel, tydloos en natuurlik voorkom.
Die sosiale funksie van juweliersware is ondersoek deur te kyk na die estetiese verwantskappe van juweliersware, en só te wys hoe juweliersware kan getuig en aanleiding gee tot verhoudings. In die studie word daar ook uitgelig op watter wyse kontemporêre juweliersware waardesisteme kan bevraagteken.
Die navorsing behels die ontwerp, maak en bespreking van kontemporêre juweliersware. Die bespreking van my kunswerke vorm die primêre navorsing van die tesis en word ondersteun deur teoretiese navorsing.
Na afloop van die studie is dit duidelik dat juweliersware veelvoudige definisies en betekenisse kan aanneem. Dié betekenisse en definisies word nie net bepaal deur die ontwerper en maker nie, maar ook deur die draer/ eienaar en toeskouer asook die konteks waarin die juweelstuk gedra of vertoon word.
|
23 |
Fiction, friction and fracture : autobiographic novels as a site for changing discouses [i.e. discourses] around subjectivity, truth and identityLombard, Sunell 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2008. / ENGLISH ABSTRACT: The concept of the self or subject is more relevant now than ever, since society’s perceptions about
selfhood are in the process of changing. Autobiography is an important site for the critical discussion of
issues surrounding the subject – such as truth, identity formation and agency – seeing that it is one of
the most revealing spaces in which these altering perceptions manifest.
As can be deduced from the title of my thesis, FICTION, FRICTION AND FRACTURE: Autobiographic
Novels as a Site For Changing Discourses Around Subjectivity, Truth and Identity, I explore what
autobiographic novels disclose about the notions truth, self-representation and identity formation that
emerge from an investigation of the subject.
Poststructuralism and feminism have been instrumental in destabilizing the notion of a unified subject
as well as any concept that makes universal claims. Throughout this thesis I will be applying
poststructuralist and feminist theories around subjectivity to my work as well as the work of a selection
of autobiographic novelists, namely Robert Crumb, Dan Clowes, Art Spiegelman and Chris Ware.
When referring to autobiographic novels I will be applying Leigh Gilmore’s term autobiographics.
Autobiographics introduces a way of thinking about life narrative that focuses on the changing
discourses of truth and identity that feature in autobiographical representations of selfhood. I will be
utilizing Gilmore’s term since it so neatly encompasses the concepts that I will be investigating. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die konsep van die self of subjek is nou meer as ooit relevant siende dat die samelewing se
persepsies omtrent die subjek tans ’n transformasie ondergaan. Outobiografie is ’n belangrike
platform vir die kritiese bespreking van idees wat uit besprekings van die subjek vloei – soos
waarheid, identiteits konstruksie en agentskap – aangesien die genre ’n duidelike refleksie van die
veranderende persepsies lewer.
Soos afgelei kan word uit die titel van my skripsie FICTION, FRICTION AND FRACTURE:
Autobiographic Novels as a Site For Changing Discourses Around Subjectivity, Truth and Identity,
beoog ek om vas te stel wat autobiografiese romans blootlê in terme van konsepte soos waarheid,
self-voorstelling en identiteitskonstruksie wat uit die ondersoek rondom die subjek na vore kom.
Poststrukturalisme en feminisme speel beide ‘n belangrike rol in die destabilisering van die
uniformige subjek asook enige ander konsep wat aanspraak tot enige universiële veronderstellings
maak. Ek plaas poststrukturalistiese en feministiese teorie rondom subjektiwiteit deurlopend op my
werk, asook the werk van die outobiografiese kunstenaars Robert Crumb, Dan Clowes, Art
Spiegelman en Chris Ware toe.
Wanneer ek na autobiografiese romans verwys, verwys ek spesifiek na Leigh Gilmore se term
autobiografies. Gilmore se interpretasie behels ‘n begrip van outobiografie wat fokus op die
veranderende diskoerse van waarheid en identiteit wat in outobiografiese voorstellings van die self
voorkom. Ek beoog om haar term te gebruik aangesien dit die konsepte waarna ek kyk duidelik
omvat.
|
24 |
The floating city : carnival, Cape Town and the queering of spaceVan der Wal, Ernst 03 1900 (has links)
Thesis (MA (VA)(Visual Arts))--University of Stellenbosch, 2009. / In this thesis I examine the phenomenon of carnival for its corporeal and spatial expressions
of fluid identity formations. The visual constitution of multiple gay/queer identities during
carnival is commonly regarded as transgressive of the normative order that is ideologically
and physically imbedded in the structure of city. I suggest, however, that the various local
performances of homosexuality that are mobilised during the Cape Town Pride Parade can
be interpreted as simultaneous reinforcements and contestations of sexual stereotypes. By
tracing discursive and spatial shifts that have occurred within the South African sexual
landscape, I demonstrate how this carnival both transgresses and bolsters heteronormativity.
In addition, I explore how race and gender play decisive roles in the constitution of a
homonormative gay identity, and investigate how these male, white homonormative
assumptions are challenged by a minority of black and lesbian participants. In the process
of deconstruction, I also reveal how the interaction between spectator and carnival
participant blurs binary constructs of stasis/mobility, subject/object, private/public, and
'normal'/'abnormal'.
|
25 |
Representations of female sexuality in fairy tale illustrations and text, with specific reference to the Brothers Grimm's The handless maidenMeyer, Berry 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil (Visual Arts))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: This dissertation aims to investigate, from a feminist perspective, representations of female
sexuality in fairy tale text and illustrations. I conduct my analysis in the form of a case study
of the Brothers Grimm’s The Handless Maiden as it appeared in the 1915 English edition of
their Children and Household Tales. My investigation is prompted by the belief that fairy
tales play an important role in the social construction of gender relations, a process known as
‘interpellation’ within contemporary feminist discourse. This due to the fact that fairy tales
are some of the earliest narratives young children get exposed to and thus help shape their
understanding of the world around them and their role as social beings in it. I start my
investigation by looking exclusively at fairy tale text – The Handless Maiden by the Brothers
Grimm - and how language gets used to construct a specific version of female sexuality; that
which is silenced and without agency, thus repressive and problematic from a feminist
perspective. Here I firmly situate my argument within a theoretical framework provided by
contemporary feminist discourse with reference to the arguments of theorists Judith Butler
and Luce Irigaray and their emphasis on the key role of language within processes of
‘interpellation’. I then move on to a discussion of fairy tale illustrations and the important role
thereof to underscore, by making visible, the particular version of female sexuality implicit in
the accompanying text. The next part of my investigation focuses on images of women in the
photo-collages of the early 20th century German artist Hannah Höch. I posit these as
exemplary of imagery with the potential to destabilize patriarchal notions of female sexuality.
By means of this investigation I hope to provide a discursive framework in which to situate
my own set of illustrations of the Grimm’s Handless Maiden, which I completed as part of the
practical component of my submission for the current degree. The final part of my discussion
focuses on my own illustrations of the Grimm’s Handless Maiden and here I will argue for
my illustrations as a means to, not only destabilize notions of female sexuality implicit in the
accompanying fairy tale text, but also a means to suggest other, alternative, readings of the
nature of the female sexual subject position implicit in the text. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis ondersoek die feministiese tentoonstelling van vroulike seksualiteit in sprokies
se illustrasie en teks. My ondersoek analiseer die Broers Grimm se The Handless Maiden soos
dit verskyn het in die 1915 Engelse uitgawegenaamd, Children and Household Tales. Hierdie
ondersoek word gelei deur die aan-name dat sprokies‘n belangrike rol speel in die sosiale
konstruksie van geslag verwantskappe, ‘n proses bekend as “interpellasie” in die diskoers van
kontemporêre feminisme. Sprokies is van die vroegste narratiewe waaraan kinders blootgestel
word en beïnvloed dus hul begrip van die wêreld, ondermeer hul sosiale rol daarin. My
ondersoek begin met die fokus op The Handless Maiden se teksen hoe taal gekonstrueer word
rondom ‘n spesifieke weergawe van vroulike seksualiteit. Vanuit ‘n feministiese oogpunt is
hierdie seksualiteit problematies, aangesien dit as swygend en sonder agentskap aanskou
word. Ek struktureer my ondersoek rondom die argumente van Judith Butler and Luce
Irigaray, met klem op die rol van taal in die proses van “interpellasie”. Daarna skuif my
fokusna ‘n diskoers omtrent sprokies se illustrasies en die belangrike rol van onderliggende
vroulike sexualiteit wat teenwoordig is in die teks sowel as die illustrasies. My ondersoek lei
dan na die vroulike figure in die foto-plakskildery van die vroeg 20ste eeuse Duitse
kunstenaar, Hannah Höch. My ondersoek van vroulike figure staan dan as voorbeelde van die
moontlikheid om patriargale neiging van vroulike seksualiteit te destabiliseer. Ek beoog dus
om ‘n diskoers raamwerk te stig waarin ek my eie illustrasies van Grimm se Handless
Maiden, wat ek as ‘n deel van my praktiese komponenet voltooi het vir my huidige tesis. Die
finale deel van my tesis ondersoek my eie illustrasies van Grimm se Handless Maiden. Hier
plaas ek my werk in die destabieliseering raamwerk van vroulike seksualiteit wat
vanselfsprekend is in die sprokie en terselfde tyd alternatiewe lesings van die vroulike
seksualiteits onderwerp bied.
|
26 |
Travelling snapshots of the Rainbow Nation : the commodification and performance of 'authentic' cultural identities in contemporary South African postcardsConradie, Annemi 03 1900 (has links)
Thesis (MA VA (Visual Arts))--University of Stellenbosch, 2010. / Please refer to full text for abstract.
|
27 |
'n Ondersoek na betekenis in prenteboeke vanuit 'n vertaalteoretiese perspektief : met spesiale verwysing na illustrasies vir die werk van Annie M.G. Schmidt en ander herskrywing tussen Afrikaans en NederlandsGrobler, Piet 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: Illustration and translation have so much in common that the
theoretical "instruments" used to describe, substantiate and evaluate
translated works, can also be used where picture books are concerned.
These similarities include the fact that illustrations as well as
translations function semiotically - both relay narratives by means of
systems of signs or codes. As signs, the contents of translations and
illustrations have meaning or obtain significance only once they are
read by an individual - homo significons - in a specific context.
Another significant similarity between translation and illustration is
the fact that both deal with the intercultural transfer of a narrative.
The theory of translation takes cognisance of the contextual and, from
the perspective of gender and postcolonial studies, points to the fact
that cultural differences (and the power imbalances and ideologies they
often imply) are closely linked to translation strategies.
The literary environment and the circumstances in which the
translation (or picture book) is produced, are also relevant for the
meaning that can be ascribed to the picture book. In the literary
environment (and indeed in most academic disciplines) the didactic
benefit of picture books is accentuated more or takes precedence over
the aesthetic qualities which these may have.
Key concepts and theorists for this study are:
• illustrations and translations as rewritings can be worthy
and influential renderings of the source text
• intertextuality will be the undisputed starting point for the
(inevitably interdisciplinary) study of picture books
• the skopos-theory according to which the objective of the book
greatly determines the appearance and meaning thereof
• Riitta Oittinen's theory of translation according to carnivalism which focuses on the child receptor
Geoff Moss' and Jens Thiele's reference to ambiguity and
experimentation in picture books
Edward Venuti's reference to two (apparently opposing)
translation strategies, namely domestication and
foreignization.
With this study I conclude that meaning in translated picture books is
brought to the text by all participants and can therefore never be
completed. Picture book illustrations as aesthetic products demand
that the rewriter experiment with the narrative in a carnavalistic and
unrestricted manner. At the same time, however, the illustrator or
tranlator should anchor this experimentation in reality by meeting
other role players (publishers, educationalists, literary theorists,
authors and readers) in dialogical rewriting. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Illustrasie toon soveelooreenkomste met vertaling dat die teoretiese
"instrumente" waarmee vertaalde werk beskryf, begrond en beoordeel
word, ook ten opsigte van prenteboeke gebruik kan word.
Hierdie ooreenkomste sluit in dat sowel illustrasies as vertalings
semioties funksioneer deurdat hulle narratiewe deur middel van
tekensisteme of kodes oordra. As tekens kry die inhoud van vertalings
en illustrasies egter eers betekenis of maak hulle sin wanneer hulle in 'n
bepaalde konsteks deur 'n mens, homo significans, gelees word.
'n Ander belangrike ooreenkoms tussen vertaling en illustrasie is dat
albei handeloor die interkulturele oordrag van 'n narratief. Die
vertaalteorie neem pertinent kennis van die konteks van die geskrewe
werk en wys byvoorbeeld vanuit genderstudies en postkoloniale studies
daarop dat kulturele ongelykhede (en die magswanbalanse en ideologie
daaraan verbonde) dikwels onderliggend aan 'n vertaalstrategie is.
Die literêre en produksie-omgewing en -omstandighede waarin die
vertaling (of prenteboek) tot stand kom is ook relevant vir die betekenis
wat aan die prenteboek toegedig kan word. In die literêre omgewing (en
trouens in die meeste akademiese dissiplines) word prenteboeke se
didaktiese nut veel eerder beklemtoon of erken as die estetiese
kwaliteite wat dit mag hê.
Sleutelkonsepte en teoretiese raamwerke vir hierdie studie is:
dat illustrasies, soos vertalings, as herskrywings
waardige en invloedryke weergawes van die bronteks kan wees
dat intertekstualiteit die ononderhandelbare vertrekpunt sal
wees vir 'n studie van prenteboeke (wat uiteraard 'n
interdissiplinêre studieveld is)
die uitgangspunt van die skopos-teorie waarvolgens die
oogmerk met die boek die voorkoms (en betekenis) daarvan tot 'n groot mate sal bepaal
Riitta Oittinen se vertaalteorie volgens karnavalisme wat op
die kinderreseptor fokus
GeoffMoss en Jens Thiele se verwysing na dubbelsinnigheid
en eksperimentering in prenteboeke
Edward Venuti se uitwys van twee (oënskynlik opponerende)
vertaalstrategieë, inburgering en vervreemding.
Met die studie bevind ek dat betekenis in vertaalde prenteboeke deur
alle rolspelers na die teks geneem word en derhalwe nooit voltooibaar is
nie. Prenteboekillustrasies as estetiese produkte vereis dat die
herskrywer daarvan op 'n karnavalistiese en ongebonde manier met die
narratief eksperimenteer, maar dat dit in die realiteit geanker word
deurdat ander rolspelers (uitgewers, opvoeders, letterkundiges, outeurs
en lesers) in dialogiese herskrywing (vertaling en illustrasie) ontmoet
word.
|
28 |
Photographic representation of lesbian identity with special reference to the Southern African contextBrundrit, Jean 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis presents a discussion of a photographic representation of lesbian identity in
Southern Africa. Two photographic series, Does your lifestyle depress your mother? and
the Dyke Career Series (collectively referred to/exhibited as Lavender Menace) produced
during the period 1997 to 1999 form the practical component of this MA submission.
Lavender Menace is considered in relation to lesbian identity, lesbian social visibility,
stereotypes and the relationship between photography and 'reality'. The various readings
that the works can be said to have, are discussed and an explanation of the purpose in
photographing the 'ordinariness' of the lesbians who were imaged, is included.
A historical overview of the concepts 'lesbian', and 'visibility'specifically in South
Africa during the last 50 years, and how homophobia has affected lesbian life is
presented in Chapter One.
In Chapter Two, the notion of stereotypes is examined, particularly those of the 'butch'
lesbian and the 'lipstick' or 'chic' lesbian. Neither of these stereotypes is entirely
accurate and the role of stereotypes in potentially disseminating mis-information and
prejudice, and how this influences potential ways of identity construction, is discussed. It
can be seen that this influence of stereotypes on lesbians and lesbian visual representation
cannot be ignored as the dominant stereotypes in society are too pervasive.
The notion of readability is explored in Chapter Three. The constructed nature of
photography, specifically with regard to Lavender Menace, is discussed in relation to
truth, theatricality, the use of text and possible readings of the work. An explanation of
my particular purpose in choosing to photograph in the way I did is included, concluding
that although meaning is not fixed, the intention of the artist can be visually presented in
a 'legible' manner (if desired) to assist possible interpretations. This thesis/research has been utilised to inform my own artistic production, by exploring
the questions and issues raised while producing Lavender Menace, namely lesbian
visibility, the use of stereotypes and how images are interpreted. This thesis and
Lavender Menace should contribute to the general research area by promoting social
visibility of lesbians in South Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis bied 'n bespreking van 'n fotografiese voorstelling van lesbiese identiteit in
Suid-Afrika. Die praktiese komponent van die voorlegging vir die Meestersgraad bestaan
uit twee reekse fotos, Does your lifestyle depress your mother? en Dyke Career Series,
wat in die periode vanaf 1997 tot 1999 geproduseer is (en gesamentlik as Lavender
Menace uitgestal/beskou word). Lavender Menace word in verhouding tot lesbiese
identitieit, lesbiese sosiale sigbaarheid, stereotipes en die verhouding tussen fotografie en
'werklikheid' beskou. Die verskillende lesings/beduidenisse wat die werk sou kon hê,
word bespreek en 'n verduideliking van die doelstelling met die fotografering van die
'gewoonheid' van die lesbiese wat verbeeld is, word ingesluit.
'n Historiese oorsig van die konsepte 'lesbies' en 'sigbaarheid', veral in Suid-Afrika
gedurende die afgelope 50 jaar, en hoe homofobie die lesbiese lewenswyse geaffekteer
het, word in Hoofstuk Een aangebied.
In Hoofstuk Twee word die idee van stereotipes ondersoek, veral die van die 'butch' en
die 'lipstiffie-', of'sjiek' lesbiese vrou. Geeneen van hierdie stereotipes is geheel-en-al
korrek nie en die rol van stereotipes in die potensiële verspreiding van verkeerde inligting
en vooroordeel en hoe dit die potensiële wyses vir die konstruksie van identiteit affekteer,
word bespreek. Daar word getoon dat die invloed van stereotipering op die lesbiese vrou
en die lesbiese visuele voorstelling nie geïgnoreer kan word nie, aangesien die
oorheersende stereotipes in die samelewing te deurdringend is.
Die idee van leesbaarheid word in Hoofstuk Drie ondersoek. Die gekonstrueerde aard
van fotografie, veral met betrekking tot Lavender Menace, word met betrekking tot die
waarheid, die teatrale, die gebruik van teks en moontlike lesings/interpretasies van die
werk bespreek. 'n Verduideliking van my besondere doelstelling met die keuse van hoé
om te fotografeer word ingesluit, met die konklusie dat, alhoewel betekenis nie finaal
vasgelê is nie, die bedoeling van die kunstenaar visueel op 'n 'leesbare' manier voorgestel
kan word (indien dit verlang word) om moontlike interpretasies te ondersteun. Die tesis/navorsing is aangewend om my eie artistieke produksie in te lig deur die vrae en
kwessies wat gedurende die produksie van Lavender Menace na vore gekom het, namens
lesbiese sigbaarheid, die gebruik van stereotipes en hoe beelde geïnterpreteer word, te
ondersoek. Hierdie tesis, tesame met Lavender Menace, behoort Inbydrae te lewer tot
die navorsingveld in die algemeen deur die bevordering van die sosiale sigbaarheid van
die lesbiese in Suid-Afrika.
|
29 |
Transmuting the mundane into transcendence : migrations of myth and its connection to contemporary comic booksOpperman, Susan 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis investigates the human capacity of modifying established myth in the light of
new circumstances. It focuses on the changing status of myth and mythical cosmologies in
Western culture as advances in telematics and techno-culture has led to the abundant
proliferation of mythic content in modern society. The rise of scientific, secular and rational
tendencies in the Occident has resulted in the demystification and negation of some myths
and the cultural realities they once supported. Mythical symbols, however, do exhibit a
certain degree of independence from their original set ontologies, growing and
transforming continuously within contemporary culture as they are communicated to all
social spheres. A particular focus is placed on the demystification of myth and its ability to
be appropriated within other discourses, most notably fiction. As such, myth tends to
exhibit certain migratory and conservational qualities that this study investigates. This
serves as background for this thesis that is primarily located within the broader theoretical
argument of myth as a system of world-representation in society, the main point of
discussion is the re-appropriation of myth within the narrower field of visual signification,
specifically the comics medium, as exemplified in the works of Neil Gaiman and Conrad
Botes, as well as in my own work. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die tesis ondersoek die menslike kapasiteit om gevestigde mites te wysig in die lig van
nuwe omstandighede. Dit fokus op die veranderlike status van mites en mitiese
kosmologieë in die Westerse kultuur, aangesien vooruitgang in die telematiek en tegnokultuur
gelei het tot ’n ryk proliferasie van mitiese inhoud in die moderne samelewing. Die
opkoms van wetenskaplike, sekulêre en rasionele tendense in die Weste het die
demistifikasie en negasie van sommige mites en kulturele realiteite wat hulle eens
ondersteun het, tot gevolg gehad. Mitiese simbole vertoon egter ’n sekere graad van
onafhanklikheid van hul oorspronklike vasgestelde ontologieë en groei wild binne die
kontemporêre kultuur, aangesien hulle deurlopend gekommunikeer word aan verskillende
sosiale sfere. Daar word veral gefokus op die demistifikasie van die mite en sy vermoë om
geapproprieer te word binne ander diskoerse, veral in fiksie. As sodanig is mites geneig
tot migrasie en die vertoon van konserverende kwaliteite, soos ondersoek in hierdie studie.
Alhoewel die tesis eerstens gelokaliseer is binne die breër teoretiese argumentasie
rondom mite as ’n sisteem van wêreldrepresentasie in die samelewing, is die kern van
diskussie die re-appropriasie van die mite binne die smaller veld van visuele
betekenisgewing, spesifiek in strippe as medium, soos uitgelig in die werke van Neil
Gaiman en Conrad Botes, asook in my eie werk.
|
30 |
An investigation of critical citizenship education : exploring art making processes in the South African contextNieuwoudt, Leanri 04 1900 (has links)
Thesis (MA(VA))--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: The notion of critical citizenship has become a diverse phenomenon in both South African and global contemporary societies. The purpose of this study is to investigate how the teaching and learning of critical citizenship can be improved in the South African context through participation in art-making processes. This was done by following a qualitative approach and a case study design. The following themes were explored in this study: conceptual abilities; the technicalities of practice; art and emotional development; and collaborative art making.
The findings in this investigation showed that involvement in art-making processes certainly contributes to the development of a learner’s ability to become more intelligent, self initiated and critical thinkers. The investigation also shows that the visual arts learning area is recognized as an educational practice that encourages critical thinking and the ability to conceptualize, but the implementation of critical citizenship in both the practical and theoretical teaching of art-making processes is currently lacking. It is suggested that a holistic understanding of both practical and theoretical components in the grade 9 visual arts learning area should be maintained on an equal footing. The emotional development of learners is also identified as a source of concern, since it influences a learner’s adherence to participation with others. It is further suggested that collaborative art making urges learners to engage with the ideas of others in the classroom and therefore can encourage tolerance towards other members of the group. Critical citizenship education in the teaching and learning of the visual arts learning area can have more robust impact on the future of a democratic society if it is implemented more directly in the classroom environment. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die idee van kritiese burgerskap het ‘n diverse verskynsel in beide die Suid-Afrikaanse en globale eietydse samelewings geword. Die doel van hierdie studie is om te ondersoek hoe die onderrig en aanleer van kritiese burgerskap in die Suid-Afrikaanse konteks verbeter kan word deur deelname aan kunsskeppende prosesse. Dit is gedoen deur gebruik te maak van ‘n kwalitatiewe benadering en ‘n gevallestudie-ontwerp. Die volgende temas is in hierdie studie ondersoek: konseptuele vermoëns; die tegniese aspekte van kunspraktyk; kuns en emosionele ontwikkeling; en gesamentlike kunsskepping.
Die studie se bevindinge het gewys dat betrokkenheid in kunsskeppende prosesse bydra tot die ontwikkeling van ‘n leerder se vermoë om ‘n meer intelligente, self-geïnisieerde en kritiese denker te word. Die ondersoek het ook gewys dat die visuele kuns leerarea erken word as ‘n opvoedkundige praktyk wat kritiese denke en die vermoë om te konseptualiseer aanmoedig, maar dat die implementering van kritiese burgerskap in beide die praktiese en teoretiese onderrig van kunsskeppende prosesse tans gebrekkig is. Daar word aanbeveel dat ‘n holistiese begrip van beide die praktiese en teoretiese komponente in die Graad 9 visuele kuns leerarea op ‘n gelyke grondslag gehandhaaf word. Die emosionele ontwikkeling van leerders is ook geïdentifiseer as ‘n bron van kommer, aangesien dit ‘n leerder se samewerking met ander beïnvloed. Daar word verder daarop gewys dat gesamentlike kunsskepping leerders kan aanspoor om met ander persone se idees in aanraking te kom, en sodoende verdraagsaamheid teenoor ander lede van die groep te bevorder. Kritiese burgerskap opvoeding in die onderrig en aanleer van die visuele kuns leerarea kan meer robuuste gevolge vir die toekoms van ‘n demokratiese samelewing inhou indien dit meer direk in die klaskamer aangewend word.
|
Page generated in 0.0512 seconds