• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 6
  • 4
  • 3
  • Tagged with
  • 14
  • 14
  • 14
  • 14
  • 8
  • 7
  • 6
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
11

Die Afrikaanse bestemming van C S Lewis se The voyage of the Dawn Treader

Van der Watt, Marike 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: The Chronicles of Narnia by C.S. Lewis is internationally considered as one of the classics of children’s literature. The series consists of seven books, of which only the first four were translated into Afrikaans, namely Die Towenaar se Neef (The Magician’s Nephew), Die Leeu, die Heks en die Hangkas (The Lion, the Witch and the Wardrobe), Die Perd en sy Seun (The Horse and his Boy) and Prins Kaspian (Prince Caspian). According to the publisher, Human & Rousseau, they have no intention to translate the remainder of the series. The three books that have not been translated into Afrikaans are The Voyage of the Dawn Treader, The Silver Chair and The Last Battle. The main aim of this study is the practical translation of a selection of The Voyage of the Dawn Treader. The Functionalist approach of Vermeer and Nord, Toury and Chesterman’s translation norms from Descriptive Translation Studies, Venuti’s foreignisation and domestication and Klingberg’s cultural contex adaptation form the theoretical framework for both the discussion and analysis of the source text as well as the translation. The four types of translation problems as identified by Nord are used as the framework for the annotations of the translation. By doing a theoretically based translation, the connection between theory and practice is illustrated: the translator chooses a general approach and translation strategies and is consequently guided to make consistent translation choices on macro as well as micro levels. / AFRIKAANSE OPSOMMING: C.S. Lewis se Chronicles of Narnia beklee internasionaal ’n gevestigde plek in die kanon van kinder- en jeugliteratuur. Die reeks bestaan uit sewe boeke, waarvan slegs die eerste vier in Afrikaans vertaal is, naamlik Die Towenaar se Neef, Die Leeu, die Heks en die Hangkas, Die Perd en sy Seun en Prins Kaspian. Volgens die uitgewer, Human & Rousseau, word daar nie verdere vertalings van die reeks beoog nie. Die drie onvertaalde boeke in die reeks is The Voyage of the Dawn Treader, The Silver Chair en The Last Battle. Hierdie studie fokus hoofsaaklik op die praktiese vertaling van ’n gedeelte van The Voyage of the Dawn Treader. Vermeer en Nord se Funksionalisme, Toury en Chesterman se vertaalnorme uit Deskriptiewe Vertaalstudies, Venuti se vervreemding en domestikering en Klingberg se kulturele konteksaanpassing dien as teoretiese raamwerk vir sowel die bespreking en ontleding van die bronteks as die vertaling. Nord se vier tipes vertaalprobleme dien as raamwerk vir die annotasies tot die vertaling. Deur ’n teoreties gebaseerde vertaling te doen word geïllustreer hoe teorie en praktyk by mekaar aansluit: die vertaler kies ’n algemene benadering en vertaalstrategieë, en word sodoende begelei tot konsekwente vertaalbesluite op makro- en mikrovlak.
12

Translating African folktales for children into German : challenges, strategies and solutions

Kratz, Julia 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: South African author Linda Rode‘s book In die Nimmer-Immer Bos (2009a) and Elsa Silke‘s English translation thereof In the Never-Ever Wood (2009b) have won a number of prizes in South Africa, which is evidence both of the quality of the anthology and its translation, as well as of the continued significance of the folktale genre in today‘s fast-paced, modern society. People continue to make sense of the world through telling stories and, although the stories told today might be marked by life in the 21st century, our ancestors‘ stories are still appreciated by many. Although Rode‘s tales are not unlike other folktales, her collection differs in that it is a mosaic of cultures and their folklore spanning the globe, a book that appeals to the whole family, and to young readers and listeners in particular. Through a practical translation into German of selected tales from Silke‘s English version of Rode‘s book, the present thesis investigates ways and means of translating folktales for children. A functional approach was suggested, taking into account the European audience as well as the original intention of the author. As such, the author‘s style was naturalised and an attempt was made to replicate it in the target language, whereas culture-specific items relevant to the setting of the individual tales were retained. Hans J. Vermeer‘s skopos theory, as enhanced by Christiane Nord, as well as Lawrence Venuti‘s concepts of foreignisation and domestication were discussed, amongst other relevant theories. Many of the challenges discussed in the annotations to the practical translation typically occur in the translation of literature for children, and the study thus hopes to make a contribution to research on the translation of literature for children. Interviews conducted for the purpose of the present study furthermore proved the positive impact of good cooperation between the people involved in a translation project on the final translation product. The resulting translation, meant to impart knowledge and pleasure to the audience, furthermore serves as a translation sample that is intended to entice German publishers to commission a translation of Rode‘s anthology for the German book market. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse skrywer Linda Rode se boek In die Nimmer-Immer Bos (2009a), sowel as die Engelse vertaling daarvan deur Elsa Silke, getiteld In the Never-Ever Wood (2009b), is in Suid-Afrika met verskeie pryse bekroon. Hierdie erkenning is ‘n bevestiging van die gehalte van die antologie en van die vertaling, sowel as van die voortgesette belangrikheid van volksoorleweringe as genre in die gejaagde, moderne samelewing van vandag. Mense maak steeds sin van die wêreld deur stories te vertel, en hoewel die stories wat vandag vertel word meestal handel oor die lewe in die 21ste eeu, word die stories van ons voorouers steeds deur baie mense waardeer. Hoewel Rode se verhale nie besonder anders as ander volksverhale is nie, verskil haar versameling in dié opsig dat dit ‘n mosaïek van kulture en volksoorleweringe van regoor die wêreld is. Die boek is dus een waarby die hele gesin, maar veral jong lesers en luisteraars, aanklank kan vind. Hierdie tesis ondersoek, deur ‘n praktiese vertaling van enkele verhale uit die Engelse weergawe van Rode se boek in Duits, strategieë vir die vertaling van volksverhale vir kinders. ‘n Funksionalistiese benadering is gevolg, wat die Europese gehoor sowel as die oorspronklike bedoeling van die skrywer in ag neem. In die lig hiervan is die styl van die skrywer genaturaliseer en, waar moontlik, na die doeltaal oorgedra, terwyl kultuurspesifieke items behou is wat relevant is vir die agtergrond waarteen die individuele verhale afspeel. Hans J. Vermeer se skoposteorie, soos aangepas deur Christiane Nord, sowel as Lawrence Venuti se konsepte vervreemding en domestikering is bespreek, saam met ander relevante teorieë. Baie van die uitdagings wat in die annotasies by die praktiese vertaling bespreek word, kom dikwels in die vertaling van kinderliteratuur voor. Hierdie studie hoop dus om ‘n bydrae tot navorsing oor die vertaling van verhale vir kinders te lewer. Onderhoude wat vir die doel van die studie gevoer is, het verder bewys gelewer van die positiewe impak wat goeie samewerking tussen die rolspelers in ‘n vertaalprojek op die finale vertaalproduk kan hê. Die uiteindelike vertaling, wat bedoel is om kennis oor te dra en genot aan die gehoor te verskaf, dien verder as ‘n vertaalvoorbeeld wat Duitse uitgewers hopelik sal aanmoedig om Rode se antologie vir die Duitse boekemark te laat vertaal.
13

Winged words : a descriptive and quantitative study of figurative speech in the subtitles of 7de Laan

Morden, Lizl 04 1900 (has links)
Thesis (MPhil)-- Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigates subtitling in 7de Laan, comparing episodes from 2007 to episodes from 2010 with a focus on figurative language. It is a quantitative, descriptive study and aims to determine the overall adequacy or acceptability of the subtitles, the translation strategies used, how figurative language and language varieties are translated and compares findings from 2007 to those of 2010 to establish whether there has been a change in approach over this period. The source text, 7de Laan, is discussed in Chapter 1, which also outlines how the study will proceed, the research problem and the research questions. Chapters 2 and 3 are the literature review of the relevant theories. Chapter 2 covers Descriptive Translation Studies and the translation of figurative language. The challenges particular to subtitling, specifically the constraints of the medium, are discussed in Chapter 3. The following two chapters are the analysis and each begins with the methodology used for that analysis. Chapter 4 is a macrolevel analysis of the corpus and determines the acceptability/adequacy of the subtitles, their governing translation norms and analyses the translation strategies used. More specific questions are answered in Chapter 5, which analyses the translation of figurative language, the representation of language varieties in the subtitles and the influence catering for a hearing-impaired audience has on translation decisions. The findings indicate that the subtitles of 7de Laan are mostly acceptable and that acceptability increases in 2010. The translation strategies used and their frequency of usage are similar over the years. However, there are slight changes: in 2010 there is less literal translation, more omission and fewer figurative-specific translation strategies are used. The findings further show that there is less figurative language in the subtitles in 2010. Additionally, there is a tendency of levelling out figurative language in both years which increases in 2010. The analysis of language varieties indicates that for sociolects, age markers influence the subtitles more than race markers do. Idiolects are rendered but how much of an idiolect is rendered depends on its markers. The analysis also finds that subtitling for hearing-impaired audiences is a significant factor in the translation process over and above the spatiotemporal constraint of subtitling. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die onderskrifte van 7de Laan. Dit vergelyk episodes van 2007 met episodes van 2010 en fokus op figuurlike taalgebruik. Die ondersoek is kwantitatief en beskrywend en wil die algehele geskiktheid (adequacy) of aanvaarbaarheid (acceptability) van die onderskrifte vasstel, asook die vertaalstrategieë wat gebruik is en die wyse waarop figuurlike taal en taalvariëteite vertaal word. Die bevindinge van 2007 word vergelyk met dié van 2010 om vas te stel of die vertaalbenadering in die tydperk verander het. Die bronteks, 7de Laan, word in hoofstuk 1 bespreek, wat ‘n oorsig gee oor hoe die studie verloop, die navorsingsprobleem en die navorsingsvrae. Hoofstuk 2 en 3 is die literatuurstudie van die relevante teorieë. Hoofstuk 2 dek beskrywende vertaalstudies (Descriptive Translation Studies) en die vertaling van figuurlike taal. Die probleem eie aan onderskrifte, veral die beperkings in die vertaalproses, word in hoofstuk 3 bespreek. Die volgende twee hoofstukke bestaan uit die ontleding en elke hoofstuk begin met die metodologie wat gebruik is vir daardie ontleding. Hoofstuk 4 is ‘n makrovlakontleding van die korpus en bepaal die geskiktheid/ aanvaarbaarheid van die onderskrifte, oorheersende norme en ontleed die vertaalstrategieë wat gebruik is. Meer spesifieke vrae word in hoofstuk 5 beantwoord, wat betref die vertaling van figuurlike taal, die oordra van taalvariëteite in die onderskrifte en die invloed van die inagneming van gehoorgestremde kykers op vertaalbesluite. Die bevindinge dui aan dat die onderskrifte van 7de Laan meestal aanvaarbaar is en dat aanvaarbaarheid in 2010 toegeneem het. Die vertaalstrategieë en die frekwensie van die gebruik daarvan het oor die jare nie veel verander nie. Daar is egter klein veranderings: in 2010 is daar minder letterlike vertalings, meer weglatings en minder vertaalstrategieë wat spesifiek op figuurlike taalgebruik gemik is. Die bevindings dui ook aan dat daar minder figuurlike taal in die 2010-onderskrifte is. Die ontleding van taalvariëteite toon dat, ten opsigte van sosiolekte, ouderdommerkers ‘n groter invloed op onderskrifte het as rasmerkers. Idiolekte word wel verteenwoordig, maar die mate daarvan word deur die idiolek se merkers bepaal. Die ontleding dui ook aan dat onderskrifte wat gerig is op gehoorgestremde kykers, ‘n groot faktor in die vertaalproses is, benewens die tydruimtelike beperking van onderskrifte as sodanig.
14

A critical evaluation of bilingual Chinese/English dictionaries for elementary and intermediate Mandarin learners at Stellenbosch University

Wang, Mei 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: The number of Chinese-learners in South Africa has increased rapidly in recent years, but the quality of the dictionaries that are available for their use has not improved much. The more students study Chinese, the more it becomes necessary to create suitable dictionaries to facilitate their studies. In the hope of meeting this need, this study selects two written dictionaries commonly used by students at Stellenbosch University in South Africa, namely the Oxford Beginner's Chinese Dictionary and the Concise English-Chinese Chinese-English Dictionary, to analyze, comment on and compare in terms of structure and equivalence. Using the results of this analysis, this study offers suggestions for improving the quality of future Mandarin learner’s dictionaries. This study takes into consideration the situation faced by students when learning Chinese abroad, especially in South Africa, the development of pedagogical lexicography in Chinese-learner’s dictionaries in China and abroad, the relationship between online dictionaries and written dictionaries, and some special characteristics of the Chinese language, all of which factors greatly influence the making of a dictionary. Theoretically and methodically, this study is based on Function Theory as presented by Sven Tarp. According to Function Theory, before writing a dictionary, lexicographers must analyze specific types of users in specific types of situations. This study attempts to follow Tarp’s suggestion by analyzing a small group of dictionary users with the help of a survey conducted by the author in an attempt to get a general idea of how Mandarin learners at Stellenbosch University use dictionaries. The main focus of this study is the frame structure, microstructure, macrostructure and dictionary equivalence in two dictionaries--Concise and Beginner’s. After carefully analyzing these aspects of the dictionaries, the author identifies the sections of these dictionaries which successfully present information in a way that will be most beneficial for their intended audiences. The study goes on to pinpoint less-successful sections of the two dictionaries and provides suggestions for improvement. In sum, this study focuses on using the principle of Function Theory to determine what features should be included in Mandarin learner’s dictionaries to make them more suitable for elementary and intermediate learners of Mandarin at Stellenbosch University, in South Africa, and, by extension, in other parts of the world. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die afgelope paar jaar het die aantal studente van Sjinees in Suid-Afrika aansienlik toegeneem, maar die standaard van beskikbare woordeboeke het nie veel verbeter nie. Hoe meer studente Sjinees bestudeer hoe noodsaakliker is dit om gepaste woordeboeke te ontwikkel om hulle in hulle studie te help. Om aan hierdie behoefte te voldoen, kies hierdie studie twee woordeboeke wat gereeld deur studente aan die Universiteit van Stellenbosch benut word, naamlik die Oxford Beginner’s Chinese Dictionary en die Concise English-Chinese Chinese-English Dictionary, om hulle te ontleed, kommentaar te lewer en hulle met mekaar in terme van struktuur en ekwivalensie te vergelyk. Met behulp van gevolgtrekkings uit hierdie ontleding word voorstelle gemaak oor hoe om die standaard van toekomstige woordeboeke te verbeter. Die studie neem die situasie in ag waarmee studente wat in die buiteland Sjinees studeer, veral in Suid Afrika, te doen kry, die ontwikkeling van pedagogiese leksikografie in woordeboeke in Sjina sowel as die buiteland, die verhouding tussen aanlynwoordeboeke en gedrukte woordeboeke en sekere spesiale eienskappe van die Sjinese taal - alles faktore wat die opstel van woordeboeke beïnvloed. Teoreties en metodologies is hierdie studie op die funksieteorie, soos aangebied deur Sven Tarp, gebaseer. Volgens die funksieteorie moet leksikograwe voor die opstel van 'n woordeboek spesifieke tipes gebruikers in spesifieke situasies analiseer. Hierdie studie poog om Tarp se voorstelle te volg deur 'n klein groep woordeboekgebruikers, met behulp van 'n ondersoek, uitgevoer deur die outeur, te analiseer om sodoende 'n algemene idee te formuleer van hoe Mandarynse studente aan die Universiteit van Stellenbosch woordeboeke benut. Die hooffokus van hierdie studie is die raamwerk, mikrostruktuur, makrostruktuur en ekwivalensie in die twee gekose woordeboeke – Concise en Beginner’s. Nadat hierdie aspekte van die woordeboeke noukeurig ontleed is, identifiseer die outeur die dele wat inligting op die voordeligste manier vir die bestemde gebruiker aanbied. Ook identifiseer hierdie studie die minder suksesvolle dele en stel moontlike verbeteringe voor. Samevattend fokus hierdie studie daarop om die beginsel van die funksieteorie te benut deur vas te stel watter eienskappe in woordeboeke ingesluit moet word om hulle meer geskik te maak vir elementêre en intermediêre Mandarynse studente aan die Universiteit van Stellenbosch in Suid-Afrika, sowel as in ander dele van die wêreld.

Page generated in 0.1032 seconds