• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1218
  • 155
  • 48
  • 6
  • Tagged with
  • 1429
  • 1429
  • 1429
  • 1428
  • 620
  • 580
  • 192
  • 172
  • 159
  • 156
  • 149
  • 146
  • 126
  • 115
  • 94
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
131

The potential for FDI: Malaysia and South Africa : a comparative study

Michau, Jarrett 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: Please refer to fulltext for abstract / AFRIKAANSE OPSOMMING: Buitelandse Direkte Investering (BDI) kan 'n beduidende rol in die ontwikkelingsproses van 'n land speel. Vir hierdie rede is gasheerlande begerig om investering te lok en wel vir die voordele wat dit bring. Meeste ontwikkelende lande promoveer hulleself vir hierdie doel. Voorbeelde hiervan is die liberalisering van wetgewing en regulasies om dit vir BDI aantreklik te maak soos die verskaffing van waarborge oor die repatriasie van winste en die skep van meganismes vir die beslegting van investeringsgeskille. Dit lei egter nie outomaties tot verhoogde investering nie. Oor die afgelope 10 jaar het die VN se Konferensie vir Handel en Ontwikkeling (VNKHO) byvoorbeeld bevind dat Suid-Afrika se beleggingspotensiaal nie ten volle benut word nie. Die doel van hierdie studie is om uit te vind wat die redes hiervoor is. Oënskynlik beskik Suid-Afrika oor alle vereistes: 'n stabiele ekonomie en politieke sisteem en 'n goeie beleggingsklimaat. Ten einde die probleem beter te verstaan, is 'n vergelykende BDI studie met Maleisië onderneem wat veel meer suksesvol was. 'n Vergelykende metodologie is ontwerp wat gebaseer is op kriteria van die VNKHO se World Investment Reports en die World Association of Investment Promotion Agency (WAIPA). Beleide, vergelykende mededingendheid, handelsooreenkomste en belastingaansporings is ook by die vergelykings ingesluit. Dit is spesifiek gedoen omdat die kwessie van belastingaansporings 'n kontroversiële saak is. Lok dit regtig beleggings? Is daar dalk ander kostes hieraan verbonde? Die vergelykende metodologie het nuttige insigte opgelewer, ook hoekom BDI nie altyd plaasvind nie. Daar is vier faktore wat Suid-Afrika benadeel: arbeidshulpbronne, beperkte plaaslike en streeksmarkte in Afrika, politieke en ekonomiese onsekerheid, en yslike maatskaplike probleme met armoede en vigs. Daar mag egter ook ander faktore wees waarom spesifieke transnasionale korporasies nie belê nie. Dit is bevind dat die SA regering méér kan doen om aktiewe BDI te bevorder, selfs met gerigte aansporings. Dit is van die grootste verskille met Maleisië. Hierdie studie het ook bevind dat vergelykende metodologieë meer kan doen om van groot maatskappye te verneem waarom beleggingsbesluit geneem, of nie geneem word nie. Die volgende drie leemtes kan ook uitgewys word: wat is die spesifieke impak wat BDI op die Suid-Afrikaanse ekonomie het? Dis onseker. Wat beplan die regering ten opsigte van BDI strategieë en aansporings? Geen nuwe beleide is die afgelope jare geformuleer nie. Laastens, behoort soortgelyke tersaaklike inligting in aanbevelings bevat te word wat Suid-Afrika se BDI prestasie verhoog.
132

The socio-political impact of globalisation on South Africa

Dlali, Patience Tobeka 03 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: The primary aim of this study is to investigate the socia-political impact of globalisation on South Africa. The objective of the study is to gain a better understanding of how globalisation has impacted on govemance, policy-making, culture and civil society with special reference to South Africa. The study also looks at the effects of globalisation in terms of gains and losses accrued by South Africa and other African countries Globalisation presents many challenges to developing nations, as the effects of this phenomenon have been uneven. South Africa as a developing country became reintegrated to the world economy after the first democratic elections in 1994. The country re-entered the world stage at a time when the process of globalisation was gaining momentum. The process has had an impact on policy making which resulted in a shift from the original policy of RDP to the GEAR policy. Globalisation has had the effect of increasing in and out of the country. On the economic front foreign direct investment has increased and South Africa has entered into a number of multilateral trade agreements with the different countries. On the political arena, governance hiis been affected with emphasis on the democratic principles of governance. South Africa has been playing an active role in making Africa a stable continent advocating democratic principles of governance. Together with Nigeria, South Africa have been leaders of the African Union and its marketing wing the New Partnership for Africa's Development. President Mbeki has been the selling the vision of NEPAD to leaders of industrialised countries and South Africa is one of the first countries that will be subjected to the peer review monitoring system. South Africa has been active as well in peacekeeping missions in the continent where South Africa's troops can be found in countries such as Rwanda, Democratic Republic of Congo and Burundi. As globalisation impacts on society, it is inevitable that culture will be affected . Whether one views cultural changes as disadvantageous or advantageous depends on the individual. Globalisation through technology has made cross-cultural exchanges across borders possible with the result it is easy nowadays for people to move across within a limited amount of time. What this means is that globalisation has compressed time and space. Globalisation has met with resistance as evidenced by the anti-globalisation sentiments expressed by different civil society groups whenever there are meetings of the multilateral institutions. What needs to be done by the industrialised countries is to ensure that benefits of globalisation are filtered through so that even people in developing countries can enjoy them. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hoofdoel van hierdie studie is om die sosio-politieke impak van globalisering op Suid-Afrika te ondersoek. Die doel van die studie is om 'n beter begrip te kry van invloed van globalsering op regering, wetgewing, kultuur en burgerlike samelewing met spesifieke verwysing na Suid-Afrika. Die studie ondersoek ook die effek van globalisering in terme van die opgehoopte wins en verliese deur Suid-Afrika en ander Afrika-Iande. Globalisering bied baie uitdagings aan ontwikkelende lande na gelang die effek van hierdie fenomeen ongelyk is. Suid-Afika, as 'n ontwikkelende land, is weer heringeskakel in die wereldtoneel op 'n tydstip wat die proses van globalisering in momentum toegeneem het. Die proses het 'n impak gehad op beleidmaking wat 'n verskuiwing tot gevolg gehad het van die oorsporonklike RDP beleid na die GEAR beleid. Globalisering het in toenemende mate 'n effek in en buite die land gehad. Op die ekonomiese front het direkte buitelandse belegging toegeneem en Suid-Afrika het tot verskeie multilaterale handelsoorenkomste met verskillende lande toegetree. Op politieke gebied is regering beinvloed met nadruk op die demokratiese beginsels van regering. Suid-Afrika speel steeds 'n aktiewe rol om Afrika 'n stabliele kontinent te maak terwyl demokratiese beginsels van regering voorgestaan word. Saam met Nigeria is Suid-Afrika leier van die Afrika Unie en sy bemarkingsvleuel, die Nuwe Vennootskap vir Afrika Ontwikkeling. President Mbeki is steeds besig om die visie van NEPAD aan leiers van ge'industraliseerde lande te verkoop en Suid-Afrika is een van die eerste lande wat aan 'n moneteringsisteem onderwerp gaan word. Suit-Afrika is aktief in vredessendings op die kontinent waar Suid-Afrikaanse Troepe geplaas is in lande soos Rwanda, Demokratiese Republiek van die Kongo en Burundi. Soos globalisering die gemeenskap be'invloed, is dit onvermydelik dat die kultuur beinvloed sal word. Of mens kulturele veranderinge as onvoordelig of voordelig beskou, sal afhang van die individu. Globalisering deur middel van tegnologie het kruis-kulturele verwisseling oor grense heen moontlik gemaak. gevolglik is verwisseling oor grense moontlik gemaak binne beperkte tydsduur. Dit alles beteken dat globalisering tyd en ruimte saampers. Globalisering het ook teen weerstand te staan gekom soos blyk uit die anti-globalisering sentimente by verskillende burgelike gemeenskapsgroepe wanneer daar vergaderings van multilaterale instellings is. Wat gedoen moet word deur ge'industrialiseerde lande is om te verseker dat voordele van globalisering deurgefilter word sodat ook mense in ontwikkelende lande dit kan geniet.
133

Transition to a process enterprise

Garbers, Michael Deon 03 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this research project is to describe the journey to a process enterprise. This research project is a combination of work been done by Dr. Michael Hammer about the process enterprise and the author. The bulk of the theory of the research project is the following courses that were presented by Dr. Hammer in Boston, USA: • The Transition to the Process Enterprise: Strategies and Techniques. • Managing the Process Enterprise: Principles and Practices. • Process Design and Implementation: Reengineering and Change Management. A model of the research project is designed by the author who includes a theoretical summary of the two books written by Dr. Hammer about the process enterprise: • The Agenda. • Beyond Reengineering. A further model is designed which form part of the research project model, and is a roadmap to implement the process enterprise concepts. This model is based on the process lifecycle and covered all the material of the three courses presented by Dr. Hammer. The process lifecycle is the journey to a process enterprise which will result in improved sustainable enterprise or business performances if implemented. The sub parts of the process lifecycle model are the following: • Building commitment for the process enterprise. • Mobilisation to perform processes. • Process metries, prioritisation and targets. • Plan the process work. • Work the process plan. • Persuade, sell and align. • Change management. The different chapters of the process lifecycle are tools and techniques that must be implemented in a chronological order to become a process enterprise. The implementation of these tools and techniques will transform a traditional functional enterprise to a process enterprise. The last part of the research project described the practical experience by Rosh Pinah Zinc Corporation on their journey to a process enterprise. Rosh Pinah Zinc Corporation is a zinc mine owned by the South African diversified mining house, Kumba Resources. Rosh Pinah Zinc Corporation delivered spectacular results since the implementation of the process enterprise concept. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die navorsings projek is om die transformasie na 'n proses gedrewe organisasie te beskryf. Die navorsings projek is 'n kombinasie van werk wat gedoen is deur Dr. Michael Hammer en die outeur. Die grootste gedeelte van die teorie is afkomstig vanaf die volgende kursusse wat deur Dr. Hammer aangebied is in Boston, USA: • The Transition to the Process Enterprise: Strategies and Techniques. • Managing the Process Enterprise: Principles and Practices. • Process Design and Implementation: Reengineering and Change Management. 'n Model is ontwerp vir die navorsings projek wat 'n teoretiese opsomming insluit van die twee boeke wat geskryf is deur Dr. Hammer oor die proses gedrewe organisasie. Die twee boeke is die volgende: • The Agenda. • Beyond Reengineering. 'n Verdere model is ontwikkel deur die outeur wat deel vorm van die navorsings projek model wat 'n padkaart is om die proses gedrewe organisasie konsepte te implementeer. Die model is gebaseer op die proses iterasies en bevat al die materiaal van die kursusse wat deur Dr. Hammer aangebied is. Die proses iterasies is die transformasie na 'n proses gedrewe organisasie wat sal lei tot verbeterde volhoubare besigheids prestasie, indien die konsepte geimplementeer word. Die sub gedeeltes van die proses iterasie model is die volgende: • Verkry toewyding vir die proses gedrewe organisasie. • Mobiliseer om die prosesse te implementeer. • Proses metings, prioritisering en doelwitte. • Beplan die proses werk. • Werk die proses plan. • Oorreed, verkoop en belyn. • Veranderings bestuur. Die verskillende hoofstukke van die proses iterasie is gereedskap en tegnieke wat in 'n kronologiese volgorde geimplementeer moet word om te transformeer na 'n proses gedrewe organisasie. Die suksesvolle implementering van die gereedskap en tegnieke sal 'n tradisionele funsionele organisasie transformeer na proses gedrewe organisasie. Die laaste gedeelte van die navorsings projek beskryf die praktiese ervaring van Rosh Pinah Zinc Corporation met hul implementering van die proses gedrewe organisasie konsepte. Rosh Pinah Zinc Corporation is 'n sinkmyn wat deur die gediversifiseerde mynhuis, Kumba Resources, besit word. Rosh Pinah Zinc Corporation het uitstekende resultate gelewer sedert die implementering van die proses gedrewe organisasie konsepte.
134

A comparison of export processing zones and industrial development zones in Africa : key factors for success

Matthysen, Carlo 03 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: 'Our industrial development zones have not performed as we have expected - we need to revisit the incentives that we give in these zones', says the deputy president of South Africa, Phumzile Mlambo-Ngcuka (Business Report, 2005: http://www.ecdc.co.za/media/article.asp?pageid=929). This statement raises 2 important questions. Firstly, how was the deputy president able to conclude that these zones have underperformed and secondly, which incentives must South Africa offer potential investors to turn around the fortunes of their programme? To determine how performance can be measured, two investigations were consulted to come up with a list of ten criteria against which export processing zones can be measured to determine whether they have performed successfully or not. As experts are of the opinion that industrial development zones run along similar lines to export processing zones, these criteria could very easily be applied to measuring the success of the former as well. The list includes: • Location • A politically and socially stable host country • High business confidence • Adequate infrastructure • Incentives on offer and administrative set-up • Employment creation • Backward linkages and technology transfer • Foreign exchange eamings • The availability of a competitive labour force • Market accessibility By assessing the zones in Mauritius and Namibia in terms of these criteria, it becomes clear why Schulze (1999: 182) states that Mauritius has become the shining star on the horizon of successful export processing zones and why Tabby Moyo (1999: 1), deputy news editor at The Namibian, is of the opinion that Namibia has so far achieved dismal results. The South African industrial development zone programme was started in the late 1990's and the zones - which are located at Coega, East London, Richards Bay and the Johannesburg International airport - have been in operation for too short a period to allow accurate conclusions to be made about their performance in terms of the ten criteria listed above. However, since their inception, these zones have attrac1ed less than R3.5-billion in planned investments despite the government spending more than R4-billion on infrastructure (www.eedc.co.zalmedia/article.asp?pageid=929). To make these investment-starved zones more attractive to foreign investors, the South African government and the National Treasury, in particular, will have to offer potential investors a much more comprehensive incentive package. They need to: • Review the tax incentives they offer; • Maintain the country's general business; • Make the country's labour laws more flexible; • Increase the literacy rate of the labour force; • Lower the cost of transport, energy and telecoms; • Articulate a vision, build consensus around It and move to action this vision. South Africa needs a world class industrial development zone programme as Schulze (1999: 170) sums it up nicely when he says that free trade zones can indeed contribute to domestic economic growth which will thereby help to alleviate the country's dramatic unemployment rate in addition to enhancing foreign commerce, generating additional foreign exchange and attracting foreign investment. Improvements that South Africa can greatly benefit from. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'Our industrial development zones have not performed as we have expected - we need to revisit the incentives that we give in these zones', verklaar die adjunkpresident van Suid-Afrika, Phumzile Mlambo-Ngcuka (Business Report, 2005: hltp:/lwww.ecdc.co.za/media/article.asp?pageid=929). Hierdie stelling wek twee belangrike vrae. Eerstens, hoe was dit vir die adjunk-president moontlik om tot die slotsom te kom dat hierdie sones onderpresteer en tweedens, watter tipe aanmoedigingsmaatreels moet Suid Afrika aan potensiele beleggers bied om 'n ommekeer in die voorspoed van die programme te bewerkstellig? Twee ondersoeke is geraadpleeg ten einde vas te stel hoe prestasie gemeet kan word. Hieruit is 'n Iys van tien kriteria bepaal waarteen uitvoerproseseringssones gemeet kan word om vas te stel of hulle suksesvol presteer of nie. Aangesien deskundiges van mening is dat nywerheidsontwikkelingssones op soortgelyke basis as die van uitvoerproseseringssones funksioneer, kan hierdie kriteria ewe maklik toegepas word om die sukses van die eersgenoemde te bepaal. Die Iys sluit die volgende in: • Ligging; • 'n Politieke en sosiaal standvastige gasheerland; • Hoe handelsvertroue; • 'n Bevredigende infrastruktuur; • Die aanbieding van aanmoedigingsmaatreels en 'n administratiewe opset; • Werkskepping; • Terugskakeling en tegnologiese oordrag; • Buitelandse valuta inkomste; • Die beskikbaarheid van 'n kompeterende werksmag; • Toegang tot die mark. Deur die sones in Mauritius en Namibia te evalueer na aanleiding van hierdie kriteria, word dit duidelik waarom Schulze (1999:182) verklaar dat Mauritius die skynende ster op die horison geword het van suksesvolle uitvoerproseseringssones en waarom Tabby Moyo (1999:1), adjunk-redakteur vir The Namibian, van mening is dat Namibia tot dusver uiters swak resultate behaal het. Die Suid Afrikaanse nyweheidsontwikkelingssone program het in die laat 1990's begin en die sones - Coega, Oos Londen, Richardsbaai en die Johannesburgse Internasionale Lughawe - is nog vir te kort 'n periode in werking om 'n akkurate gevolgtrekking te maak van hulle prestasie in terme van die voorafgenoemde tien kriteria. Nogtans, sedert hul begin, het hierdie sones minder as R3.5b in beplande investering gelok ten spyte daarvan dat die regering meer as R4b op infrastruktuur spandeer het (www.eedc.co.za/media/article.asp?pageid=929). Om hierdie beleggingshonger sones meer aanloklik te maak vir buitelandse beleggers, sal veral die Suid Afrikaanse Regering en die Nasionale Tesourie 'n meer omvattende aanmoedigingspakket aan potensiele beleggers moet bied. Hulle sal die volgende moet doen: • Die belastingsaanmoedigings wat hulle tans bied, te hersien; • Die land se algemene sakebedryf te ondersteun; • Arbiedswetgewing meer buigbaar maak; • Die geletterdheid onder die ambagsmag te verhoog; • Vervoer-, energie- en telekommunikasie koste te verlaag; • 'n Visie artikuleer, konsensus daar random bou en hierdie visie tot aksie te transformeer. Suid Afrika benodig 'n wereld-gehalte industriele ontwikkelingssone-program soos wat Schulze (1999:170) goed opsom wanneer hy sê dat vrye handelsones inderdaad kan bydra tot binnelandse ekonomies groei wat kan help om die land se dramatiese werkloosheid syfer te verlaag asook om buitelandse handel te bevorder. Hierdeur kan addisionele buitelandse valuta gegenereer word en buitelandse beleggings gelok word. Suid-Afrika kan baie baat vind by hierdie verbeterings.
135

A theoretical construct of servant-leadership and the understanding of the experiences thereof based on qualitative research

Davids, Bernadette 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: The main purpose of this paper is to give a theoretical construct of servant-leadership and the understanding thereof based on the life experiences of selected leaders in various organisations, ascertained by means of qualitative research. Servant-leadership as described by Greenleaf (1970) is an emerging value-based leadership style that attempts to enhance personal growth of workers and improve the quality of an organisation. This is achieved through a combination of teamwork and community, personal involvement in decision making and ethical and caring behaviour. The methodology applied, involved qualitative research, where qualitative interviews, as a phenomenological research method in evaluation, were used. The reasons for the choice of the research methodology as well as the procedure that was followed in selecting the participants, the role of the interviewer in relation to the research topic, the participants and the research setting, was also described. The research findings reveal that there are many similarities among various writers regarding qualities· and principles of servant-leaders. In the qualitative study which included one-on-one interviews with eight participants, similar information was revealed. It is recommended that leaders should examine their leadership styles and "grow" the necessary changes to enable a more approachable leadership style where the people's needs are met. In addition servant-leadership should be given greater emphasis at academic level so that the value of the discipline can be understood and applied and lived. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hoofdoel van hierdie referaat is om 'n teoretiese konstruksie van 'servant-leadership' en die begrip daarvan, gebaseer op die lewenservaringe van 'n geselekteerde groep leiers van verskeie organisasies, te verkry. Dit is gedoen by wyse van kwalitatiewe navorsing. 'Servant-leadership' word deur Greenleaf (1970) as 'n waarde-gebaseerde leierskapstyl gesien wat poog om die persoonlike groei van werkers en die gehalte van organisasies te verbeter. Dit word bereik deur 'n kombinasie van spanwerk, gemeenskap en persoonlike betrokkenheid by besluitneming en etiese en empatiese gedrag. Die metodologie wat toegepas is sluit in kwalitatiewe navorsing waartydens kwalitatiewe onderhoude, as fenomenologiese navorsingsmetode gebruik is. Die redes vir hierdie keuse van navorsingsmetodologie, asook die prosedure. wat gevolg is, met die keuse van die deelnemers, die rol van die onderhoudvoerder in verhouding tot die navorsingsonderwerp, die deelnemers en die navorsings opset, was ook uiteengesit. Die navorsing bewys dat daar baie ooreenkomste is onder die verskillende skrywers se sieninge aangaande die kwaliteite en beginsels van 'servant-leadership.' Uit die kwalitatiewe navorsing wat individuele onderhoude met die deelnemers ingesluit het, is dieselfde inligting voortgebring. Dit word aanbeveel dat leiers hul leierskapstyle ondersoek en die nodige veranderings aanbring on 'n meer benaderingsvolle leierskapstyl te ontwikkel wat die behoeftes van mense vervul. 'Servant-leadership' behoort ook onderrig te word by akademiese instellings sodat die waarde van die dissipline verstaan, toegepas en uitgeleef kan word.
136

Developing a weather derivative market in South Africa

Faure, Steven Gordon 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: Weather derivatives, a new breed of financial assets, allow firms to manage weather risk that disturbs their activities and may lead to variability in earnings and operating cost. Considering that nearly 20% of the U.S. economy alone is directly affected by the weather, weather derivatives are an important development in the area of risk management. This study project explores the concept, functioning and pricing of weather derivatives by reviewing available literature on the topic. It then investigates international weather derivative markets to establish which markets are thriving and what lessons can be learnt from them. This then forms the basis for a set of requirements for developing a weather derivative market in South Africa. Finally, the study project makes a number of recommendations for developing a weather derivative market in South Africa. The findings suggest that, in the absence of a deregulated energy industry, South African suppliers of weather derivatives need to target small·medium size organisations, specifically within the agricultural industry, in order to grow market liquidity. Furthermore, these suppliers need to attract capital market investors either by marketing weather derivatives as a diversification tool to portfolio managers, or by issuing weather·linked bonds as a more familiar investment product for investors. It also suggests that weather data problems can be resolved through, among others, data cleaning and data enhancement techniques and should therefore not impede the growth of a weather derivative market in South Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Weer opsies, 'n bundel nuwegenerasie finansiele instruments, stel maatskappye in staat om die invloed van weer op hulle besigheidsaktiwiteite, soos byvoorbeeld die variasie in inkomste en operasionele koste, beter te bestuur. Weer opsies verteenwoordig 'n belangrike ontwikkeling in die area van risikobestuur, inaggenome dat bykans 20% van die V.S.A. ekonomie deur die weer geaffekteer word. Hierdie werkstuk ondersoek die konsep, funksionering, en prysbepaling van weer opsies deur die oorsig en evaluering van die beskikbare literatuur oor die onderwerp. Verder word die internasionale mark vir weer opsies ondersoek om vas te stel waar die grootste suksesse behaal word en watter lesse daaruit geleer kan word. Laastens word daar 'n aantal aanbevelings gemaak vir die ontwikkeling van die weer opsie mark in Suid-Afrika. Die werkstuk bevind dat die verskaffers van weer opsies in Suid Afrika, in die afwesigheid van 'n gedereguleerde energie sektor, klein to medium sakeondernemings (veral in die landbou sektor) moet oormerk en teiken, ten einde mark likiditeit te verhoog. Verskaffers kan kapitaalmark beleggers betrek deur die produk te bemark as 'n diversifisering instrument vir portefeuljebestuurders, of deur die aanbieding van weer geassosieerde verbande as 'n meer alledaagse beleggingsproduk. Daar word verder bevind dat data kwaliteit probleme aangespreek kan word deur gebruik te maak van data-skoonmaak en - verbeterings tegnieke, en dat dataprobleme dus nie 'n effek behoort te hê op die groei van die weer opsie mark in Suid-Afrika nie.
137

Managerial data management applications utilising periodic data outputs from multiple legacy systems : a case within DaimlerChrysler AG

Theron, Frederik J 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch Unversity, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: In project environments where periodical. standardised data exports from large relational databases serve as the source data for further repetitive manipulation, relational principles can be applied to automate or facilitate this process. The subsequent data model is only valid in environments where the recipient of these data exports has no influence on the data content or structure, and where it can be relied upon these standardised exports not to change significantly over time. This paper discusses the development of a data application within the Development department of DaimlerChrysler AG that utilises standardised data objects as data sources, along with various aspects of the Relational and Entity models that enabled additional user generated data to be related to the data structure. It further provides a brief introduction into Agile development strategies and iterative problem solving techniques as it pertains to database development. A working build of the application containing all the source code along with a representative data set is supplied on a CD. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In projek omgewings waar standaard, periodiese data stelle dien as die bron vir verdere repeterende data manupulasie kan data verhoudings modelle gebruik word om die proses te outomatiseer. Die werkende data model wat hierdeur gegenereer word is slegs geldig indien die klient geen beheer kan uitoefen oor die data struktuur of inhouds vorm wat as bron gebruik word nie. Dit moet ook geredelik aanvaar kan word dat die gestandardiseerde data struktuur nie wesenlik sal verander met tyd nie. Die studie stel ondersoek in na die ontwikkeling van 'n data program binne die ontwikkelingsdepartement van DaimlerChrysler AG asook verskye beginsels aangaande die verhoudings en entiteits modelle soos van toepassing op die ontwikkelde program. Gestandardiseerde data stelle dien as 'n periodiese data bron vir hierdie program en word deur verhoudings beginsels gekoppel aan data wat deur gebruikers gegenereer word. 'n Werkende kopie van die program gepaartgaande met 'n verteenwoordigende data stel asook alle oorspronklike programerings kode word op 'n CD voorsien.
138

Revisiting project management supporting organization culture from post 1997 literature

Strangfeld, V. 02 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: An organizational culture guides members of the organization to think and behave as the organization requires. Project management has its own culture, which could be defined as a set of work related values and beliefs shared by project management members. The research analyzed the Brown (2000) model and dimensions that were used to describe a project management supportive organizational culture. These dimensions were used as the basis of the research. A literature study was performed on articles published after 1997 to determine if the dimensions are still applicable to a project management supportive organizational culture, as described in the earlier literature. Only three of the articles used for the evaluation included a statistical analysis of the dimensions as published by the authors. Most of the authors suggested dimensions that are supportive of project management, from practical experience gained in the industry. A short summary is given of the dimensions of the different articles. The dimensions were then compared to that of Brown (2000) to determine any deviation s. From the comparison it was found that the dimensions correspond to that what was published by Brown, but that there was a movement away from the individual to that of the team dimensions. Virtual team characteristics were analyzed and found that communication and trust are some of the dimensions that contribute to a project management supportive culture. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Organisasie kultuur gee leiding aan hul lede van die professie om te dink en hul te gedra soos wat die organisasie benodig. Projekbestuur het 'n eie kultuur wat gekenmerk word deur werk verwante waardes en opvattings wat gedeel word deur die praktisyns daarvan. Die navorsing analiseer Brown (2000) se model en die gepaardgaande dimensies van organisasie kuItuur wat projekbestuur ondersteun. Hierdie dimensies was gebruik as die basis van die navorsing. Die literatuur studie het gefokus op artikels gepubliseer na 1997 om vas te stel of hulle dimensies verskil van vroeere literatuur. Drie van die artikels wat geevalueer is bevat statistiese analises van die dimensies voorgesit deur die skrywers. Die skrywers het meestal dimensies voorgesit van projekbestuur vanuit hul praktiese ondervinding in die industrie. 'n Kort opsomming is weergegee van die dimensies uit die onderskeie artikels. Hierdie dimensies is dan vergelyk met die van Brown (2000) en verskille was uitgewys. Uit die vergelyking van die dimenisies voorgesit van Brown (2000) en die ander skrywers was daar 'n beweging weg van die individuele na 'n spandimensie gevind. VirtueIe spanne se dimensies het meer gefokus op kommunikasie en vertroue tussen spanlede om 'n projekbestuur organisasiekultuur te ondersteun.
139

Strategic management and the Christian nonprofit organisation operating in developing nations : a value-centred, mission-driven framework

Johansen, Rozelle 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2006. / A value-centered, mission-driven strategic framework has been developed for Christian nonprofit (NFP) organisations operating in the developing nations. This framework contains many of the same elements that are used by businesses to develop strategy. The various strategy elements used within the new framework have, where necessary, been adapted to accommodate the dynamics of a Christian NFP operating in the developing nations. The core values of the organisation have been placed at the centre of the process and the mission is what drives the process forward. It is important that the plans and goals developed are aligned with the mission and do not violate the core values. The Christian NFP operating in developing nations faces several challenges with regards to adopting and implementing a strategic management process of which some are restraints and some have to do with the way they view the strategic management process. Some of the restraints faced by them include the lack of clear measurements; a focus on resources instead of results; the lack of accurate, relevant information; strategic convergence and the nature of the competitive environment. The more challenging the environment and circumstances within which the organisation operates, the more important it becomes for a strategic management process. Furthermore Christians often view the strategic management process as a secular intrusion into a spiritual process. The value-centered, mission-driven framework goes some way in addressing these constraints. This research report provides a strategic framework, based on a theoretical approach. It therefore focuses more on the justification and the elements of the process than on guidelines to implement it. It does not address aspects outside of the framework that could hamper the successful implementation of the process. The importance of the spiritual dimension is ignored. The research's exclusive focus on Christian organisations and developing nations provides opportunity for further research. The research reflected in this study is interesting and useful. It adds to the body of knowledge and reveals that more work can be done to assist those in their mission to bring about social change where it is most needed.
140

Sustainable development : communicating the message

Welgemoed, M. E. (Margaretha Elizabeth) 03 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: Sustainable development, defined as "Development that meets the needs of the present without compromising the ability of future generations to meet their own needs" is the focus of the research project. The main objectives of the study were firstly to identify the key issues for business around sustainable development for businesses, and secondly to propose a method for communicating these issues to business leaders based on their personality types. A literature study was conducted of the two relevant fields, namely sustainable development and the Myers-Briggs Type Indicator (MBTI) personality type framework. From the first part of the study the findings indicated the recurring themes for sustainable development from a business perspective, which are firstly that businesses have no choice but to take cognisance of sustainable development, secondly that sustainable development makes business sense, thirdly that sustainable development is relevant for all types of business, fourthly that sustainable development requires innovative thinking and lastly that the pressure on business to conduct their operations according to sustainability principles will increase in future. According to the literature study on personality types and communication, MBTI distinguishes between sixteen personality types, based on four dimensions with two extremes each. One of the dimensions defines how people most effectively absorb information. Some people prefer a big picture, conceptual approach. Other people prefer details, facts and figures. The content of the communication should be guided accordingly. The other three dimensions of the MBTI personality definition inform decisions about the setting, communication media and interaction during communication. Relevance of the information and credibility of the sources is important in communication about an important topic, regardless of personality type. Recommendations are firstly that the personality-based approach for presenting the key issues regarding sustainable development to business leaders be used by practitioners in the field and academics, and secondly that the impact should be tested. The testing is a possible topic for another study project. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Volhouhare ontwikkeling, gedefinieer as "Ontwikkeling wat bestaande behoeftes aanspreek sonder om die vermoe van toekomstige geslagte te benadeel om hulle behoeftes aan te spreek", is die fokus van die werkstuk. Die belangrikste doelwitte van die studie was om eerstens die belangrikste kwessies rakende volhouhare ontwikkeling vanuit 'n besigheidsperspektief te identifiseer, en tweedens 'n manier voor te stel om hierdie kwessies aan te bied aan besigheidsleiers gebaseer op persoonlikheidstipes. 'n Literatuurstudie is gedoen van beide relevante velde, naamlik volhoubare ontwikkeling en die Myers-Briggs Type Indicator (MBTI) raamwerk vir persoonlikheidstipes. Bevindings uit die eerste gedeelte van die studie het aangetoon dat die deurlopende temas rakende volhoubare ontwikkeling vanuit 'n besigheidsperspektief die volgende is: eerstens het besighede geen ander keuse as om kennis te neem van volhoubare ontwikkeling nie, tweedens dat volhoubare ontwikkeling voordelig vir besigheid is, derdens dat volhoubare ontwikkeling relevant is vir alle tipes besighede, vierdens dat volhoubare ontwikkeling innovasie vereis en laastens dat die druk op besighede in die toekoms gaan toeneem om volhoubare besigheid te bedryf. Uit die literatuurstudie oor persoonlikheidstipes en kommunikasie blyk dat MBTI onderskei tussen sestien persoonlikheidstipes, gebaseer op vier dimensies met twee ekstreme elk. Een van die dimensies definieer hoe mense inligting effektief inneem. Sommige mense verkies 'n konsepsuele, algemene benadering. Andere verkies detail, feite en syfers. Die inhoud van die kommunikasie moet dienooreenkomstig aangepas word. Die ander drie dimensies van die MBTI persoonlikheid definisie het 'n invloed op die omgewing, die kommunikasiemedia en die interaksie tydens kommunikasie. Relevansie van die inligting en betroubaarheid van die bronne is belangrik vir kommunikasie oor 'n belangrike onderwerp ongeag die persoonlikheidstipe. Aanbevelings is eerstens dat die persoonlikheidstipe benadering vir die aanbied van belangrike kwessies rakende volhoubare ontwikkeling aan besigheidsleiers gebruik word deur persone wat in die veld werk asook akademici of kursusaanbieders wat gehore toespreek daaroor. 'n Tweede aanbeveling is dat die impak van die benadering getoets word. Die toetsing is 'n moontlike onderwerp vir 'n ander werkstuk.

Page generated in 0.0871 seconds