• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 371
  • 320
  • 41
  • 17
  • Tagged with
  • 762
  • 762
  • 321
  • 302
  • 298
  • 211
  • 160
  • 118
  • 114
  • 75
  • 65
  • 65
  • 64
  • 59
  • 59
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
51

Taking the psychology of pregnancy seriously : implications for intervention : a review of the psychoanalytic literature

Burke, Elspeth January 2001 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Pregnancy has evolved from being predominantly understood as a medical phenomenon to what psychoanalytic theorists would regard as a holistic experience encompassing both physiological and psychological changes. According to psychoanalytic theorists, pregnancy is a transitional phase and a time of susceptibility and flux for most women. This often results in psychic turmoil where boundaries between conscious and unconscious process become more permeable. The pregnant woman's dreams and fantasies create an inner working model of relationships and this in tum provides a template of how her relationship with her baby will be experienced and conducted. This link to the unconscious increases insight into the process occurring between the woman and her evolving relationship with the fetus and provides the health professional with clues for early intervention. However care should be taken by health-care professionals to communicate the psychological processes during pregnancy within the cultural framework of the pregnancy mother for positive outcomes to be achieved. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die wyse waarop swangerskap verstaan word het ontwikkel vanaf grotendeels mediese verskynsel na wat die psigoanalitiese teoretici sal beskou as 'n holistiese ervaring wat beide die fisiologiese en die sielkundige veranderinge insluit. Die psigoanalitiese teoretici beskou swangerskap as 'n oorgangs fase en 'n periode van vatbaarheid en veranderlikheid vir die meeste vroue. Dit gee dikwels aanleiding tot psigiese wanorde waar die grense tussen bewustelike en onbewustelike prosesse meer deurdringbaar word. Die swanger vrou se drome en fantasië skep 'n innerlike werkende model van verhoudings en op sy beurt voorsien dit templet van hoe haar verhouding met haar baba ervaar en hanteer sal word. Hierdie band met die onbewustelike verleen insig in die proses wat tussen die vrou en haar ontwikkelende verhouding met die fetus voorkom en voorsien die gesondheids werker van leidrade vir vroeë intervensie. Die gesondheids werker moet egter versigtig wees om die sielkundige prosesse gedurende swangerskap binne die kulturele raamwerk van die swanger moeder te interpreteer om sodoende positiewe uitkomste verkry.
52

The alignment of mind style with four categories of registration in South African psychology

Reinecke, Charlene Rene 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This study explores the possible alignment between mind style and four specialization categories within the profession of psychology. The Mind Style model of Anthony F. Gregorc, serving as a key to better understand an individuals' constitution, constitutes the theoretical underpinning of the investigation. The model divides specific perceptual and ordering qualities into four mediation channels or mind styles: Concrete Sequential (CS), Abstract Sequential (AS), Abstract Random (AR), and Concrete Random (CR). The Gregorc Style Delineator, an instrument measuring the perceptual qualities of concreteness and abstractness, and the ordering qualities of sequentialness and randomness, was administered to 68 students registered for the Clinical, Counselling, Educational, and Industrial Psychology masters study programmes at the University of Stellenbosch. The primary research objectives included determining the mind styles of the four specialization groups, and ascertaining whether the four groups displayed distinguishing dominant mind style preferences. Secondary research objectives explored the relationships between and interactions with the words of the Gregorc Style Delineator and the four specialization groups. The reasons of the four groups for studying their chosen specialization fields were also noted. The data was analysed using the SPSS. Findings revealed no significant differences between the mind styles of the four groups. The Abstract Random mind style was found to be the dominant mind style for all four of the specialization groups. The secondary research objectives similarly found no significant evidence in support of clear descriptive delineations between the four specialization groups. Regarding mind style, a perceptual-ordering aspect of personality, it would thus appear that psychologistsin- training, and therefore psychologists, are undifferentiated. On the whole the results of this study indicate that psychologists in various registration categories are more similar than different. Recommendations were made for further study and research. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie stelondersoek in na die moontlike verwantskap tussen verstandstyl en vier spesialiseringskategorieë binne die sielkunde professie. Die 'Mind Style' model van Anthony F. Gregorc, wat dien as 'n sleutel na 'n betere insig betreffende 'n persoon se samestelling, vorm die teoretiese onderstutting van die ondersoek. Die model verdeel bepaalde perseptuele- en ordeningskwaliteite in vier bemiddelingskanale of verst and style: Konkreet-Opeenvolgend (CS), Abstrak-Opeenvolgend (AS), Abstrak-Lukraak (AR), en Konkreet-Lukraak (CR). Die Gregorc Style Delineator, 'n instrument wat konkrete en abstrakte perseptuele eienskappe, en opeenvolgende en lukrake ordeningseienskappe meet, is toegepas op 68 studente wat geregistreer was in die Kliniese, Voorligting, Opvoedkundige, en Industriële Sielkunde meesters studieprogramme aan die Universiteit van Stellenbosch. Primêre navorsingsdoelstellings het die vasstelling van die verstandstyle vir die vier groepe ingesluit, asook die bepaling van moontlike onderskeidende dominante verstandstyl voorkeure vir elke groep. Sekondêre navorsingsdoelstellings het die verhoudings en interaksies van die woorde van die Gregorc Style Delineator met die vier spesialiseringsgroepe ondersoek. Die steekproef se redes vir die studie van hul gekose spesialiseringsvelde is ook genoteer. Dataanalise is gedoen met behulp van die SPPS. Bevindings het geen beduidende verskille tussen die verstandstyle van die vier groepe aangedui nie. Die Abstrak-Lukraak verstandstyl was geidentifiseer as die dominante verst andstyI vir al vier spesialiseringsgroepe. Die sekondêre navorsingsdoelstellings het eweneens geen beduidende bewys bevind ter ondersteuning van 'n duidelik omskrywende deliniasie tussen die vier spesialiseringsgroepe nie. Ten opsigte van verstandstyl, 'n perseptueel-ordenings aspek van persoonlikheid, wil dit dus voorkom of sielkundiges-in-opleiding, en dus sielkundiges, ongedifferensieerd is betreffende verstandstyl. In die geheel dui die resultate van die huidige studie aan dat sielkundiges van verskeie registrasiekategorieë meer eenders as verskillend is. Aanbevelings is gemaak ten opsigte van verdere studie en navorsing.
53

The roar on the other side of silence : women and anger - a postmodern perspective

Smith-Marais, P 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Assuming a postmodern perspective, this literature study attempts to address unprivileged dichotomies in an endeavour to make audible the silence surrounding women, emotion and anger. In alignment with the postmodern assumptions of relativity, the tracing of anger involves acknowledging the physiological, social, intrapersonal, interpersonal, behavioural, cognitive and phenomenological propensities thereof. In a postmodern attempt to contextualise the discussion and to trace the relation of women and the female gender stereotype to anger, a selection of etiological perspectives and theories on anger are viewed within the cultural contexts thereof. Juxtaposed in a Western culture privileging reason to emotion, individuality and autonomy to relationship centeredness, a hypothetical understanding of the association between women and emotion is construed. The gender stereotypical erasure of anger from the female repertoire is also addressed. Integrating these assumptions with the possible positive and negative outcomes of anger, a preliminary understanding of the mechanism of and the silence surrounding women and anger is offered. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Met 'n postmodernistiese aanslag poog die literatuurstudie om ongepriviligeerde dichotome aan te spreek en die stilte in die literatuur rondom vroue en woede hoorbaar te maak. In pas met die postmodernistiese aannames van relatiwiteit, vereis die beligting van woede erkenning aan die fisiologiese, sosiale, intrapsigiese, interpersoonlike, kognitiewe en fenomenologiese manifestasies daarvan. In 'n postmodernistiese poging om die bespreking te kontekstualiseer en om die verhouding tussen vroue en woede na te speur, is 'n seleksie van etiologiese perspektiewe en teoriëe oor woede binne die relevante sosio-kulturele konteks bespreek. Geposioneer in 'n Westerse kultuur, wat rede bo emosie en individualiteit en outonomie bo verhoudingsgerigtheid stel, is 'n hipotetiese verstaan van die verhouding tussen vroue en emosie gekonstrueer. Die beperkings wat geslagsrolstereotipes op vroue se uitdrukking van woede plaas, is ook aangeraak. Deur die gegewe te integreer met die moontlike positiewe en negatiewe impak van woede, is 'n voorlopige verstaan daarvan, asook van die stilte rondom vroue en woede gebied.
54

Codependency : a review of the feminist critique and other voices

Elliott, William 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: This review begins by tracing the history and initial formulations of codependency, followed by the presentation of ten main themes distilled from the feminist critique of codependency: disparate and problematic definitions of codependency; viewing codependency as a disease; the use of codependency as a label; codependency as blaming the victim; codependency as a plot against women; codependency has an attack on femininity and traditional female roles; issues of individualism, narcissism and interdependence; lack of research in the field; over simplification of complex realities; and codependency as big business. These themes are presented along with recent developments and other perspectives in the field. The review concludes with a number of alternative formulations of codependency, as well as a recommendation of a number of criteria against which to evaluate future conceptualisations of the concept. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie werkstuk begin met h uiteensetting van die geskiedenis en vroeë formuleringe van mede-afhanklikheid, gevolg deur h voorlegging van tien hoof temas gedistilleer uit die feministiese kritiek van mede-afhanklikheid: disparate en problematiese omskrywings van mede-afhanklikheid; die bedinking van mede-afhanklikheid as h siekte; die gebruik van mede-afhanklikheid as h etiket; die gebruik van mede-afhanklikheid om slagoffers te blameer; die gebruik van mede-afhanklikheid om vroue te onderdruk; die gebruik van mede-afhanklikheid teen vroulikheid en die tradisionele vroue-rol; narsisme en interafhanklikheid; gebrek aan navorsing; oor-vereenvoudiging van komplekse realiteit; en mede-afhanklikheid en groot besigheid. Hierdie temas word uiteengesit tesame met huidige ontwikkelinge en ander perspektiewe in hierdie gebied. Hierdie werkstuk word afgesluit met met h aantal alternatiewe formuleringe van mede-afhanklikheid, sowel as aanbeveelings van kriteria wat in die toekoms as h maatstaf gebruik kan word om nuwe konseptualiserings te evalueer.
55

Emosionele intelligensie : 'n oorsig oor die konseptualisering en meting daarvan

De Wit, Hendrina Beatrix January 2002 (has links)
Thesis (MA) -- Universiteit van Stellenbosch, 2002. / This assignment presents a comprehensive review of the different conceptualizations of emotional intelligence and the debate surrounding the construct. This review article is important since emotional intelligence is a relatively new field and to date no article has been published on the topic in South Africa. The article begins with a brief discussion of the biological bases of emotions. This is followed by a discussion of the development of the concept of emotional intelligence as a type of intelligence that is independent and separate from other related types of intelligence. Emotional intelligence is currently conceptualised within two different schools of thought, namely the Mayer and Salovey school (the aptitude approach) and the Goleman school (the mixed approach). These two schools are discussed in depth. This is followed by a critical discussion of the current instruments used to measure emotional intelligence. Furthermore a brief examination is made of the practical applications of emotional intelligence, particularly with reference to education and criminology. Lastly, recommendations for future research are made. This article concludes that there is much support in the literature for the conceptualization of emotional intelligence as a separate type of intelligence that, together with verbal and practical intelligence, exists as a third type of intelligence that may be a powerful predictor of important life outcomes. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie werkstuk bied 'n omvattende oorsig oor die verskillende konseptualiserings van emosionele intelligensie en die debat daaromheen. Die belangrikheid van hierdie oorsigartikel is daarin geleë dat emosionele intelligensie 'n betreklike nuwe veld is en dat daar tot op datum nog nie 'n artikel van so 'n aard in Suid-Afrika verskyn het nie. In die artikel word daar eerstens kortliks verwys na die biologiese grondslae van emosie. Daarop volg 'n bespreking van die ontwikkeling van die konsep emosionele intelligensie en die daarstelling daarvan as 'n onafhanklike tipe intelligensie wat van ander verwante konstrukte onderskeibaar is. Die huidige konseptualiserings van emosionele intelligensie word verdeel in twee denkskole, naamlik die Mayer en Salovey denkskool (die vermoëbenadering) en die Goleman denkskool (die gemengde benadering). Die inhoude wat binne hierdie twee denkskole vervat word, word volledig uiteengesit. Vervolgens word bestaande meetinstrumente vir emosionele intelligensie krities bespreek. Voorts word daar kortliks aandag gegee aan die toepassingsvelde van emosionele intelligensie, met besondere verwysing na die onderwys en kriminologie. Laastens word aanbevelings vir verdere navorsing gemaak. Die finale gevolgtrekking in die artikel is dat daar sterk steun bestaan vir die konseptualisering van emosionele intelligensie as 'n onafhanklike tipe intelligensie wat as 'n derde tipe intelligensie, saam met verbale en nie-verbale intelligensie, "n kragtige voorspeller van belangrike lewensuitkomste mag wees.
56

The role of counselling psychology in the development of authentic transformational leaders within the context of a post-industrial society

Oelofsen, Dina 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: This assignment seeks to demonstrate that transformational leadership development programs that focus on teaching leaders the various transformational behaviours, fall short of their goal of changing leadership practice. Given the post-industrial context and the challenges posed by various world crises, the timely development of effective leaders is of the essence. It is essential to recognise why current methods of leadership development are inefficient. Most development programs intervene to change behaviour. However, changed behaviour that does not reflect a leader's true motives and values will soon be identified by followers as manipulative efforts. The behaviour will be exposed as superficial and inauthentic. It is maintained that a more profound level of intervention is needed to bring about authentic leadership development. Leaders who need to change from an autocratic leadership style to the extreme opposite of transformational leadership style must change more than just their behaviour. They need to examine their view of life, the world, themselves and other people to identify their attitude and basic belief system. If this is not congruent to the values proposed by transformational leadership such as the empowerment of all people, it will be impossible to elicit authentic transformational leadership behaviour. Transformational leadership development programs will achieve greater success if they facilitate personal change within leaders. A change of view regarding themselves and other people will promote a true shift in values that encompass empowerment, support and advancement of all employees, will naturally yield behaviours consistent with these values. The person-centred approach of the well-known American psychologist Carl Rogers, proves to be an effective tool to provide leaders the opportunity to explore their beliefs, their experience and their attitudes. Various similarities between transformational leadership theory and person-centred psychotherapy principles exist. The conditions of personal growth echo the transformational leadership behaviour and the personal growth objective of Rogers resembles the transformational leadership objective of empowering all employees. It is maintained that leaders who gain self-knowledge and self-acceptance through the experience of a person-centred relationship can grow into a transformational leader. It will not only affect the organisation and its employees. Such a process can unlock human potential that can facilitate vision and meaning far beyond the organisation's linear objectives of increasing shareholder's value. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie werkstuk probeer aantoon dat die huidige praktyk van transformasionele leierskapsontwikkeling nie in die doel slaag om leierskappraktyk beduidend te verander en te verbeter nie. Gegewe die post-industriele konteks en die uitdagings van 'n verskeidenheid weretdkrtsisse, is dit van groot belang om tydig sterk leiers te ontwikkel wat hierdie uitdagings die hoof kan bied. Dit is ook essensieel om redes te identifiseer waarom transformasionele leierskapsontwikkeling tot dusver nie effektief was nie. Die meeste ontwikkelingsprogramme fokus daarop om gedrag te verander. Veranderde gedrag wat egter nie 'n leier se ware motiewe en waardes weerspieel nie, sal gou uitgeken en geetiketteer word as manipulerende gedrag. Die gedrag sal as oneg en oppervlakkig ervaar word. Daar word aangevoer dat 'n dieper intervensievlak toegepas moet word om ware transformasionele gedrag te bewerkstellig. Leiers wat van 'n outokratiese na 'n transformasionele leierskapstyl moet oorskakel, sal meer as net hul gedrag rnoet aanpas. Hulle sal selfondersoek moet instel om helderheid en begrip in te win aangaande hul selfkonsep, lewensbeskouing en mensbeskouing om sodoende hul persoonlike houdings en waardes identifiseer. Indien hul persoonlike waardes nie kongruent is aan die waardes wat voorgestel word deur transformasionele leierskap nie, sal dit onmoontlik wees om outentieke transformasionele leierskap te ontwikkel. Transformasionele leierskapontwikkelingsprogramme sal groter sukses behaal indien dit ware persoonlike verandering in die leier meebring. 'n Verandering in 'n leier se selfkonsep en mensbeskourng wat 'n ware skuif meebring in die waardes wat die leier aanhang, sal 'n natuurlike verandering in 'n leier se gedrag ten opsigte van bemagtiging, ondersteuning en bevordering van aile werknemers teweeg bring en wat kongruent is aan die leier se persoonlike oortuiginge. Die persoonsgesentreerde benadering van die bekende Amerikaanse sielkundige, Carl Rogers, bied 'n werkbare alternatief vir die proses van leierskapsontwikkeling. 'n Rogeriaanse verhouding wat leiers 'n geleentheid bied om hulself te verken en te leer ken, fasiliteer die natuurlike groei na transformasionele leierskap. Die persoonsgesentreerde benadering van Rogers het 'n aantal raakpunte met die transformasionele leierskapsteorie. Die voorvereistes vir persoonlike groei uiteengesit deur Rogers refiekteer die gedrag voorgeskryf deur transformasionele teorie. Die verwagting van Rogers dat hierdie voorvereistes sal lei tot persoonlike groei stem ook ooreen met die vereiste gestel aan transformasionele leiers om al hul werknemers te bemagtig. 'n Leier wat blootgestel word aan 'n ontwikkelingsproses wat as basis 'n persoonsgesentreerde verhouding bied, ontwikkel verder as bloot tot voordeel van die individuele organisasie. Die proses sal ook meebring dat 'n leier se potensiaal ontsluit word om visie en betekenis te ontwikkel en te kommunikeer wat verder strek as die onmiddellike organisatoriese doel van verhoging in waarde van aandeelhouersbelang.
57

The development of stress theories and their implications for therapeutic interventions : a review

De Villiers, Annamarie 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: This paper provides a theoretical overview and critical evaluation of current conceptualizations and research in the field of stress, with particular reference to the integration of theoretical knowledge with therapeutic interventions. The discussion commences with a brief look at the detrimental effects of stress. This is followed by a clarification of the concepts of stress, stressors, strains and coping. A review of recent developments in the major stress theories, namely the stimulus-response (S-R) models, stimulus-organism-response (S-O-R) models, social stress theories, the holistic health model, control theory, psychodynamic theory, learning theory, self theory, existentialist theory, cognitive theory, the transactional model and conservation of resources theory, follows. Factors that can act as moderators of the adverse effects of stress are discussed briefly, as they hold important implications for interventions in psychological practice. These moderators include personality, social support and other moderators such as spiritual health, tolerance for ambiguity and genetic predisposition. An attempt to show how theory can inform practice by guiding specific interventions on primary, secondary and tertiary prevention levels concludes the discussion. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie artikel bied 'n teoretiese oorsig en kritiese evaluering van huidige konseptualiserings en navorsing op die terrein van stres, met spesifieke verwysing na die integrasie van teoretiese kennis met terapeutiese intervensies. Die bespreking begin met 'n algemene oorsig van die nadelige effekte van stres. 'n Verduideliking van die konsepte van stres, stressors, stresverwante spanning (strain) en streshantering (coping) volg. Hierop volg 'n oorsig van onlangse ontwikkelings in die belangrikste stresteorieë, naamlik die stimulus-respons (S-R) modelle, die stimulus-organisme-respons (S-O-R) modelle, sosiale stresteorieë, die holistiese gesondheidsmodel, sisteemteorieë, psigodinamiese teorie, leerteorie, selfteorie, eksistensialistiese teorie, kognitiewe teorie, die transaksionele model en laastens die behoud-van-bronne-teorie. Faktore wat kan dien as moderators van die nadelige effekte van stres word ook kortliks bespreek, aangesien hulle belangrike implikasies inhou vir terapeutiese intervensies. Die moderators wat in hierdie artikel bespreek word sluit in persoonlikheid, sosiale ondersteuning en ander moderators, naamlik geestelike welsyn, toleransie vir onsekerheid en genetiese predisposisie. Die artikel word afgesluit met 'n bespreking oor hoe die teorie terapeutiese intervensie kan bevorder op primêre, sekondêre en tersiêre voorkomingsvlakke.
58

Verbale en nie-verbale I.K. t.o.v. prestasiekriteria

Gericke, J. S January 1963 (has links)
Thesis (MA) -- Stellenbosch University, 1963.
59

Die bruikbaarheid van die senior Suid-Afrikaanse individuele skaal vir die evaluering van blanke Afrikaanssprekende, hardhorende kinders

Badenhorst, Frans Hendrik 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1986. / INLEIDING: Gehoorgestremdheid impliseer 'n drieledige verlies - nie net die verlies van gehoor nie, maar as gevolg daarvan ook die van spraak en taal. Gehoorgestremdheid het 'n ernstige uitwerking op die intellektuele vermoe en emosionele lewe van die mens (Badenhorst, 1985). Navorsers in die sielkunde van gehoorgestremdheid kry te doen met struikelblokke. Die universum waaruit steekproewe saamgestel moet word, is beperk en die vakliteratuur is nie voldoende nie. Die beskikbare toetsmateriaal is beperk en al uitweg is om gebruik te maak van gestandaardiseerde toetse vir die normaalhorendes. Resultate wat op die wyse verkry word, voldoen nie aan die standaarde wat gestel word ten opsigte van betroubaarheid en geldigheid nie. Taal en kommunikasie is 'n belangrike voorvereiste vir die meeste vorms van sielkundige navorsing. Navorsing ten opsigte van die gehoorgestremde in die Republiek van Suid-Afrika word gekompliseer deur die bevolkingsamestelling en die taal wat gebesig word. Die blanke bevolking is hoofsaaklik Afrikaans- en Engelssprekend, terwyl die verskillende etniese groepe elkeen In taal van sy eie het. Die gehoorgestremdes vorm 'n bron van mensemateriaal wat nuttig gebruik kan word indien elke gehoorgestremde se volle potensiaal ontwikkel word. Kennis van die gehoorgestremde se moontlikhede en beperkinge is 'n noodsaaklike vereiste vir suksesvolle rehabilitasie van so 'n persoon.
60

An investigation of the relationships between certain demographic and personality variables and death anxiety in Indian youth.

Mahabeer, Manorunjunie. January 1980 (has links)
No abstract available. / Thesis (M.A.)-University of Durban-Westville, 1980.

Page generated in 0.0393 seconds