Spelling suggestions: "subject:"crossrelaxation."" "subject:"derelaxation.""
1 |
A critical evaluation of the enterprise concept and the effect thereof on input tax and its apportionment for VAT purposesMarais, Pierre 04 1900 (has links)
Thesis (MAcc)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: In South Africa, value-added tax (‘VAT’) is classified as an indirect tax which is levied on goods or services supplied in the Republic of South Africa. In South Africa, VAT is a destination-based invoice type tax system which means that the consumption of goods and services are taxed.
To register as a vendor for VAT purposes, the business conducted must fall within the ambit of an ‘enterprise’ as defined in section 1(1) of the Value-Added Tax Act, 1991 (Act No. 89 of 1991) (the VAT Act).
Where a registered vendor makes taxable supplies of goods or services, it is subject to VAT at the standard rate in terms of section 7(1) of the VAT Act, unless and exemption or exception applies thereto.
VAT incurred will constitute “input tax” as defined in section 1(1) of the VAT Act, where amongst others, the goods or services are acquired wholly for the purpose of consumption, use or supply in the course of making taxable supplies, or where the goods or services are acquired partly for such purpose, to such extent as determined in accordance with section 17(1) of the VAT Act.
The vendor will therefore be confronted with various questions with regard to whether the activities are performed by the enterprise, or whether such activities fall outside the scope of VAT and therefore constitute non-enterprise activities. When the activities are regarded as enterprise activities, the vendor will have to determine whether the VAT incurred for the enterprise activities are used, consumed or supplied in making taxable supplies.
Where the VAT incurred cannot be attributed to the making of taxable supplies, an apportionment of the VAT incurred is required. The apportionment method used in apportioning the VAT incurred for mixed purposes, must be fair and reasonable. This research assignment will therefore investigate and focus on the treatment of the VAT incurred by the business in deducting the correct amount of input tax. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In Suid-Afrika word belasting op toegevoegde waarde (‘BTW’) geklassifiseer as ‘n indirekte belasting wat gehef word op die lewering van goed of dienste. BTW is ‘n destinasie-gebaseerde faktuurbasis wat beteken dat die verbruik van goed of dienste in Suid-Afrika aan belasting onderhewig is.
Om vir BTW doeleindes te registreer, moet die besigheid of die bedryf aan die vereistes van ‘n ‘onderneming’ soos gedefineer in artikel 1(1) van die Belasting op Toegevoegde Waarde Wet (die BTW Wet) voldoen. ‘n Geregistreerde ondernemer wat goed of dienste lewer, moet BTW teen die standaardkoers ingevolge artikel 7(1) van die BTW Wet hef, tensy ‘n vrystelling of uitsondering op hierdie reël van toepassing is.
Die belasting gehef ingevolge artikel 7(1) van die BTW Wet verteenwoordig insetbelasting indien die betrokke goed of dienste deur die ondernemer verkry word geheel en al met die doel van verbruik, gebruik of lewering in die loop van die doen vir belasbare lewerings. Indien die goed of dienste gedeeltelik vir daardie doel aangewend word, is die ondernemer verplig om die belasting toe te deel ingevolge artikel 17 van die BTW Wet.
Die ondernemer word dus met verskeie vrae gekonfronteer om te bepaal of die goed of dienste aangewend word in die loop ter bevordering van die onderneming. Indien die goed of dienste nie vir daardie doel aangewend word nie, die sogenaamde ondernemingsaktiwiteite, sal die BTW aangegaan deur die ondernemer buite die bestek van die BTW Wet val en gevolglik as nie-ondernemingsaktiwitiete geklassifiseer word.
Indien die BTW nie geheel en al gebruik word vir die maak van belasbare lewerings nie, moet die ondernemer die sogenaamde BTW toedeel volgens ‘n erkende toedelingsmetode ingevolge artikel 17 van die BTW Wet. Hierdie metode moet aan die vereistes van regverdigheid en redelikheid voldoen. Hierdie werkstuk fokus en ontleed die hantering van die BTW aangegaan deur die ondernemer met die doel om die korrekte insetbelasting aftrekking te bepaal.
|
2 |
An analyis of the tax implications for an employer and employee of a deferred compensation scheme.Pardy, Louise. January 1999 (has links)
No abstract available. / Theses (LL.M.)- University of Natal, Durban, 1999.
|
3 |
An analysis of sections 11D(1)(A) and 11D(5)(B) of the income tax Act No. 58 of 1962 as amendedStrauss, Carien 12 1900 (has links)
Thesis (MAcc)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: In February 2007 section 11D was inserted into the Income Tax Act 58 of 1962 as
amended. The aim of the section was to encourage private-sector investment in
scientific or technological research and development (R&D). This was an indirect
approach by National Treasury to increase national scientific and technological R&D
expenditure in order to complement government expenditure on the subject matter.
Although section 11D provides generous income tax incentives, the interpretation
thereof was found to be a hindrance in attaining the goal sought by National
Treasury. This is due to the fact that this section demands a firm grasp of intellectual
property (IP) law, principles of tax, and technology in general. This is clearly shown
by the lapse in time (i.e. three years) between the passing of section 11D into law
and the release of the South African Revenue Services’ (SARS) final interpretation of
section 11D, i.e. Interpretation Note 50.
The release of Interpretation Note 50 in August 2009 sparked wide-spread
controversy among many a patent attorneys and tax consultants. The interpretation
of the section by SARS was found by many to be so draconian that it destroyed the
incentive entirely.
The objective of this study is to provide greater clarity on the areas of section 11D
which have been found to be onerous to taxpayers. Hence the meaning of “new”
and “non-obvious” in the context of a discovery of information as eligible R&D
activity1 was examined. Hereafter the ambit of the exclusion of expenditure on
“management or internal business process”2 from eligibility for the incentive in the
context of computer program development was examined.
It was established that the meaning of “novel” and “non-obvious” as construed by IP
jurisprudence could mutatis mutandis be adopted for purposes of interpreting section
11D(1) of the Income Tax Act. Therefore, information would be regarded as “new” if
it did not form part of the state of the art immediately prior to the date of its discovery. The state of the art was found to comprise all matter which had been made available
to the public (both in the Republic and elsewhere) by written or oral description, by
use or in any other way. Information would also be regarded as non-obvious if an
ordinary person, skilled in the art, faced with the same problem, would not have
easily solved the problem presented to him by having sole reliance on his
intelligence and what was regarded as common knowledge in the art at the time of
the discovery.
It was submitted that in construing the meaning of the “management or internal
business process” exclusion, the intention of the lawgiver should be sought and
given effect to. The Explanatory Memorandum issued on the introduction of section
11D states that the lawgiver’s intention with the section was to ensure that South
Africa is not at a global disadvantage concerning R&D. The R&D tax legislation of
Australia, the United Kingdom and Canada was therefore examined to establish the
international bar set in this regard.
SARS is of the view that the “management or internal business process” exclusion
applies to the development of any computer program (with the said application)
irrespective of whether the program is developed for the purpose of in-house use,
sale or licensing. However, it was found that such a restrictive interpretation would
place homebound computer development at a severe disadvantage when compared
with the legislation of the above mentioned countries. In order to give effect to the
intention of legislature, it was submitted that the exclusion provision should be
construed to only include the development of computer programs for in-house
management or internal business process use. Computer programs developed for
the said application, but for the purpose of being sold or licensed to an unrelated
third party, should still be eligible for the R&D tax incentive. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Artikel 11D is gevoeg tot die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 gedurende
Februarie 2007. Die wetgewing het ten doel om privaatsektor investering in
tegniese en wetenskaplike navorsing en ontwikkeling (N&O) aan te moedig.
Nasionale Tesourie dra dus op ‘n indirekte wyse by tot die hulpbronne wat die
regering op nasionale vlak aan tegniese en wetenskaplike N&O bestee in ‘n
gesamentlike poging om N&O in Suid-Afrika te stimuleer.
Artikel 11D hou op die oog af baie gunstige inkomstebelasting aansporings in. Dit
wil egter voorkom asof die interpretasie daarvan as ernstige struikelblok dien in die
bereiking van die doel wat Nasionale Tesourie voor oë gehad het. Dit kan
toegeskryf word aan die feit dat die artikel ‘n wesenlike begrip van intellektuele
eiendom (IE) wetgewing, belasting beginsels en tegnologie in die algemeen vereis.
Die feit dat dit die Suid-Afrikaanse Inkomstebelastingdiens (SAID) ongeveer drie jaar
geneem het om hul interpretasie (i.e. Interpretasienota 50) van die artikel te
finaliseer dien as bewys hiervan.
Die SAID het gedurende Augustus 2009, Interpretasienota 50 vrygestel. Die nota
het wye kritiek ontlok by menigte IE prokureurs en belastingkonsultante. Daar is
algemene konsensus dat die SAID se interpretasie so drakonies van aard is, dat dit
enige aansporing wat die artikel bied, geheel en al uitwis.
Die doel van hierdie studie is om die problematiese bepalings van die
aansporingsartikel te verlig en groter sekerheid daaroor te verskaf. Gevolglik is die
betekenis van “nuut” en “nie-ooglopend” soos van toepassing op ‘n ontdekking van
inligting as kwalifiserende N&O aktiwiteit, bestudeer. Verder is die omvang van die
bepaling wat besteding op “bestuur of interne besigheidsprosesse” uitsluit van
kwalifikasie vir die aansporingsinsentief, bestudeer in die konteks van rekenaar
programmatuur ontwikkeling. By nadere ondersoek is daar bevind dat die betekenis van “nuut” en “nie-ooglopend”
soos uitgelê vir doeleindes van IE wetgewing mutatis mutandis aangeneem kan
word vir die uitleg van artikel 11D(1)(a) van die Inkomstebelastingwet. Vervolgens
word inligting as “nuut” beskou indien dit nie deel uitmaak van die stand van die
tegniek onmiddellik voor die datum waarop dit ontdek is nie. Die stand van die
tegniek vir die bepaling van nuutheid behels alle stof wat reeds aan die publiek
beskikbaar gestel is (hetsy binne die Republiek of elders) by wyse van skriftelike of
mondelinge beskrywing, deur gebruik of op enige ander wyse. Inligting word as nie-ooglopend
beskou indien ‘n gewone werker wat bedrewe is in die tegniek en
gekonfronteer is met dieselfde probleem, nie geredelik die antwoord tot die probleem
sou vind deur bloot staat te maak op sy intelligensie en die algemene kennis in die
bedryf op die tydstip van die ontdekking nie.
Daar is aan die hand gedoen dat die doel van die wetgewer nagestreef moet word
met die uitleg van die “bestuur of interne besigheidsprosesse” uitsluiting. Die
Verklarende Memorandum wat uitgereik is met die bekendstelling van artikel 11D het
gemeld dat die wetgewer ten doel gehad het om Suid Afrika op ‘n gelyke speelveld
met die res van die wêreld te plaas wat betref N&O. Die N&O belastingbepalings
van Australië, die Verenigde Koninkryk (VK) en Kanada is dus bestudeer om die
internasionale standaard in die opsig vas te stel.
Die SAID is van mening dat die strekwydte van die uitsluiting so omvangryk is dat dit
alle rekenaar programmatuur wat ontwikkel is vir ‘n bestuur- of interne
besigheidsproses toepassing tref, ten spyte daarvan dat die bedoeling van die
belastingpligtige was om die programmatuur te verkoop of te lisensieër aan ‘n
onverbonde derde party. Dit was egter bevind dat so ‘n beperkende uitleg die
aansporing van rekenaar programmatuur ontwikkeling in Suid Afrika geweldig
benadeel in vergelyking met die regime wat geld in lande soos Australië, die VK en
Kanada. Ten einde gevolg te gee aan die bedoeling van die wetgewer, is daar aan
die hand gedoen dat die uitsluiting slegs so ver moet strek as om rekenaar
programme vir eie gebruik te diskwalifiseer. Rekenaar programme wat dus
ontwikkel word met die doel om dit te verkoop of te lisensieër aan onverbonde derde
partye moet steeds vir die aansporingsinsentief kwalifiseer.
|
4 |
Merchant cash advances : investigating the taxation consequences in South AfricaKilian, Eduard 04 1900 (has links)
Thesis (MAcc)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: Since the recent credit crisis in 2008, innovative lending products have emerged to address the need for enterprises to maintain and improve their cash flows. One such product is the merchant cash advance (MCA). This form of finance is related to debt factoring and is essentially the business equivalent of a payday loan. In its most common form, a lump sum payment is made to a business in exchange for an agreed upon percentage of future credit and/or debit card receivables. A percentage of the merchant’s daily credit or debit card receivables is retained, either directly from the processor that clears and settles the credit or debit card payment or via a debit order from the merchant’s bank account, until the obligation has been met. The future receivables are purchased at a discount and a processing fee is also charged.
Many merchant cash advance service providers (MCASP) structure their business in such a way that it resembles traditional debt factoring. In this manner, MCASPs endeavour to distinguish their product offering from traditional loans, in an effort to elude legislation that would affect loans, for example the limiting of interest rates charged.
There is however currently a lack of definitive guidance on the taxation consequences from the perspective of the merchant utilising the product and the MCASP providing it. The purpose of this research is to investigate the taxation consequences of MCA transactions in South Africa in an attempt to provide such guidance. The key issue for consideration affecting the taxation consequences of MCAs is the classification of these transactions as either a form of debt factoring or as loans. The research considers and suggests the appropriate classification of these transactions. The taxation treatment is then considered based on this classification from the perspective the merchant utilising the product and the MCASP providing the product. Taxation issues investigated, include the income tax treatment of the discounting cost as “interest”, the availability of deductions allowed by the Income Tax Act and the Value-Added Tax consequences. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Sedert die onlangse kredietkrisis in 2008 het innoverende leningsprodukte na vore gekom om te voorsien in die vraag van ondernemings om hul kontantvloei te handhaaf en verbeter. Een van hierdie produkte is die handelaarskontantvoorskot (HKV). Hierdie vorm van finansiering is verwant aan skuldfaktorering en is basies die besigheidsekwivalent van ‘n betaaldaglening. In die mees algemene vorm, word ‘n enkelbdragbetaling aan ‘n besigheid gemaak in ruil vir ‘n voorafbepaalde persentasie van die toekomstige krediet- en/of debietkaartdebiteure. ’n Persentasie van die handelaar se daagliske krediet- of debietkaart debiteure word teruggehou totdat die skuld afgelos is. Invordering vind plaas direk vanaf die verwerker wat die krediet- of debietkaartbetaling goedkeur en betaal, of deur middel van ‘n debietorder direk vanaf die handelaar se bankrekening. Die toekomstige debiteure word teen ‘n diskonto aangekoop en ‘n verwerkingsfooi kan ook gehef word.
Baie handelaarskontantvoorskot-diensverskaffers (HKVD) struktureer hul besighede op so ‘n wyse dat dit soos tradisionele skuldfaktorering voorkom. Op hierdie manier beoog HKVD’s om hul produk van tradisionele lenings te onderskei, met die doel om wetgewing vry te spring wat lenings sou beïnvloed, byvoorbeeld beperkings op rentekoerse gehef.
Daar is egter tans ‘n tekort aan beslissende leiding, wat die belastinggevolge betref, uit die perspektief van die handelaar wat die produk benut en die HKVD wat dit verskaf. Die doel van hierdie navorsing is om te ondersoek wat die belastinggevolge van HKV’e in Suid-Afrika is in ‘n poging om hierdie leiding te verskaf. Die kernaangeleentheid vir oorweging wat die belastinghantering affekteer, is die klassifisering van HKV-transaksies as ‘n vorm van skuldfaktorering of as lenings. Hierdie navorsing skenk oorweging aan hierdie transaksies en stel ‘n toepaslike klassifikasie voor. Die belastinghantering word dan oorweeg, gebaseer op hierdie klassifikasie uit die perskeptief van die handelaar wat die produk benut en die HKVD wat die produk verskaf. Belastingaangeleenthede wat ondersoek word, sluit die inkomstebelastinghantering van die diskonto gehef as “rente” in, die beskikbaarheid van aftrekkings toegelaat kragtens die Inkomstebelastingwet en die gevolge vir Belasting op Toegevoegde Waarde.
|
5 |
Warranted and warrantless search and seizure in South African income tax law : the development, operation, constitutionality and remedies of a taxpayerBovijn, Silke 12 1900 (has links)
Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Section 74D of the Income Tax Act No 58 of 1962 (the Act) grants the power of
search and seizure to the South African Revenue Service, the basic underlying
principle being that the Commissioner has to obtain a warrant from a judge prior to
a search and seizure operation. The previous section 74(3) of the Act provided that
the Commissioner was allowed himself to authorise and conduct a search and
seizure operation without the requirement of a warrant. Section 74D of the Act was
recently reviewed and the Tax Administration Bill (the TAB) contains the new
provisions on search and seizure that will replace section 74D of the Act.
In this assignment, the concept of search and seizure was examined by considering
the cases, academic writing and other material on the topic. The objectives were to
analyse the development of search and seizure in South African income tax law, to
provide a basic understanding of the warranted and warrantless search and seizure
provisions of the Act and the TAB, to determine their constitutionality and to
determine the remedies available to a taxpayer who has been subject to a search
and seizure.
It was found that search and seizure has developed from warrantless under the
previous section 74(3) of the Act into the requirement of a warrant under section
74D of the Act into a combination of both under the TAB.
The concept of an ex parte application was analysed, which was shown to be
permissible in certain circumstances under section 74D of the Act, while it is now
compulsory in terms of the TAB. It was shown that the TAB closed the lacuna in the
Act relating to the validity period of a warrant before it has been executed. It was,
however, concluded, regarding whether a warrant expires when exercised or whether the same warrant can be used again to conduct a second search and
seizure, that the position is not quite certain in terms of the Act and the TAB. It was
found that there is no defined meaning of the reasonable grounds criterion, which is
often required to be met in terms of the Act and the TAB, but that anyone that has
to comply with the criterion must be satisfied that the grounds in fact exist
objectively.
The new warrantless search and seizure provisions of the TAB were analysed. It was
established that warrantless search and seizure provisions are not uncommon in
other statutes, but that the content thereof often differs. The new warrantless
provisions were compared to the warrantless search and seizure provisions of, inter
alia, the Competition Act No 89 of 1998 (the Competition Act), and it was found that
the warrantless TAB provisions are not in all respects as circumscribed as those of
the Competition Act and recommendations for counterbalances were made.
It was concluded that the warranted search and seizure provisions of the Act and the
TAB should be constitutionally valid but that the constitutionality of the new
warrantless provisions of the TAB is not beyond doubt.
It was furthermore found that the remedies at the disposal of a taxpayer who has
been subject to a search and seizure should indeed be sufficient, but that there are
no remedies available to a taxpayer to prevent injustice or harm. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Artikel 74D van die Inkomstebelastingwet No 58 van 1962, (die Wet) verleen aan die
Suid-Afrikaanse Inkomstediens die mag van deursoeking en beslaglegging, die
grondliggende beginsel synde dat die Kommissaris ’n lasbrief van ’n regter moet
verkry voor die deursoeking en beslaglegging kan plaasvind. Die vorige artikel 74(3)
van die Wet het bepaal dat die Kommissaris self ’n deursoeking en beslaglegging kon
magtig en uitvoer sonder die vereiste van ’n lasbrief. Artikel 74D van die Wet is
onlangs hersien en die nuwe Belastingadministrasie-wetsontwerp (BAW) bevat die
nuwe bepalings oor deursoeking en beslaglegging wat artikel 74D van die Wet sal
vervang.
In hierdie werkstuk is die konsep van deursoeking en beslaglegging ondersoek deur
oorweging van die hofsake, akademiese skrywe en ander materiaal oor die
onderwerp. Die doelstellings was om die ontwikkeling van deursoeking en
beslaglegging in die Suid-Afrikaanse inkomstebelastingreg te ontleed, om ’n basiese
begrip van die bepalings in die Wet en die BAW oor deursoeking en beslaglegging
met en sonder ’n lasbrief te verskaf, om die grondwetlikheid daarvan te bepaal en
om die remedies te bepaal wat beskikbaar is vir ’n belastingpligtige wat onderworpe
was aan deursoeking en beslaglegging.
Daar is bevind dat deursoeking en beslaglegging ontwikkel het vanaf sonder ’n
lasbrief ingevolge die vorige artikel 74(3) van die Wet tot die vereiste van ’n lasbrief
ingevolge artikel 74D van die Wet tot die kombinasie van albei ingevolge die BAW.
Die konsep van ’n ex parte-aansoek is ontleed, en dit blyk in sekere omstandighede
ingevolge artikel 74D van die Wet toelaatbaar te wees, terwyl dit nou ingevolge die
BAW verpligtend is. Daar is aangedui dat die BAW die lacuna in die Wet oor die geldigheidsperiode van ’n lasbrief voordat dit uitgevoer is, verwyder het. Daar is
egter bevind, rakende die vraag of ’n lasbrief verval wanneer dit uitgevoer word en
of dieselfde lasbrief weer gebruik kan word om ’n tweede deursoeking en
beslaglegging uit te voer, dat daar nie sekerheid ingevolge die Wet of die BAW
bestaan nie. Daar is bevind dat daar geen gedefinieerde betekenis vir die kriterium
van redelike gronde is nie, waaraan dikwels ingevolge die Wet en die BAW voldoen
moet word, maar dat enigiemand wat aan die kriterium moet voldoen tevrede moet
wees dat die gronde inderwaarheid objektief bestaan.
Die nuwe bepalings van die BAW oor deursoeking en beslaglegging sonder ’n lasbrief
is ondersoek. Daar is vasgestel dat bepalings oor deursoeking en beslaglegging
sonder ’n lasbrief nie ongewoon is in ander wette nie, maar dat die inhoud daarvan
dikwels verskil. Die nuwe bepalings oor deursoeking en beslaglegging sonder ’n
lasbrief is vergelyk met die bepalings oor deursoeking en beslaglegging sonder ’n
lasbrief van, inter alia, die Mededingingswet No 89 van 1998 (die Mededingingswet),
en daar is bevind dat die BAW-bepalings oor deursoeking en beslaglegging sonder ’n
lasbrief nie in alle opsigte so afgebaken is soos dié van die Mededingingswet nie en
voorstelle vir teenwigte is gemaak.
Die gevolgtrekking is gemaak dat die bepalings oor deursoeking en beslaglegging met
’n lasbrief van die Wet en die BAW grondwetlik geldig behoort te wees, maar dat die
grondwetlikheid van die nuwe bepalings van die BAW oor deursoeking en
beslaglegging sonder ’n lasbrief nie onweerlegbaar is nie.
Daar is verder bevind dat die remedies tot die beskikking van ’n belastingpligtige wat
onderworpe was aan deursoeking en beslaglegging inderdaad genoegsaam behoort
te wees, maar dat daar geen remedies aan ’n belastingpligtige beskikbaar is om
ongeregtigheid of skade te voorkom nie.
|
6 |
The deductibility of indirect empowerment measures relating to black economic empowerment (BEE) in terms of the income tax actAcker, Tim 12 1900 (has links)
Thesis (MAcc)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: The requirements of broad-based black economic empowerment (‘BEE’) are set
out in the BEE scorecard. When an entity incurs expenditure relating to indirect
empowerment measures (i.e. the preferential procurement, enterprise
development, skills development and socio-economic development categories on
the BEE scorecard), it is unclear whether the expenditure will be deductible for
income tax purposes (BEE Partner, 2008).
The objectives of the current study are to determine whether such expenditure is
deductible and to formulate best practice guidelines for the deduction of the
expenditure. The best practice guidelines consist of factors that should be
considered when determining whether expenditure is deductible, as well as
recommendations on how to justify that such expenditure should, in fact, be
deductible. The methodology used was to first consider the requirements of the BEE
scorecard, the types of expenditure and the reasons for incurring expenditure
towards indirect empowerment measures. The deduction of such expenditure was
then considered in a general sense and specifically for each broad category of
expenditure. Lastly, the best practice guidelines were formulated based on the
conclusions reached.
Common expenditure towards indirect empowerment measures of BEE was
grouped into broad categories. The different reasons why entities incur such
expenditure were identified, as the reason for incurring expenditure can influence
whether it is incurred in the production of income (Van Schalkwyk, 2010b:110).
It is submitted that expenditure that is excessive or that is incurred for
philanthropic purposes would not be incurred in the production of income. Four issues were identified that could preclude a deduction in terms of the general
deduction formula (section 11(a)) – notably, that expenditure has to be in the
production of income and non-capital in nature to be deductible. In addition to
section 11(a), special income tax deductions (sections 12H, 12I or 18A) and
capital allowances (sections 11(e), 13sex or 15(a)) could also possibly apply, but
only for certain types of expenditure and only in qualifying circumstances.
The conclusions drawn as to the deductibility of expenditure are summarised as a
guideline for taxpayers.
The above-mentioned conclusions, along with the literature examined, were used
to formulate general best practice guidelines. One such guideline is that the onus
is on taxpayers to show (through one of the ways suggested) that expenditure is
in the production of income. Taxpayers should also note that excessive
expenditure is not in the production of income and that certain expenditure
required by sector charters is more likely to be capital in nature. Furthermore, specific best practice guidelines were submitted for each broad
category of expenditure and relate to, for example, the applicability of the
identified special deductions and the quantification of non-monetary expenditure.
The specific best practice guidelines should be considered when incurring
expenditure in a specific category.
In summary, even though expenditure towards indirect empowerment measures
has been found to be deductible in most cases, there are exceptions of which
taxpayers should be aware. The proposed best practice guidelines include
guidance that could be considered before incurring expenditure towards indirect
BEE measures. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die vereistes van breë-basis swart ekonomiese bemagtiging (‘SEB’) word in die
SEB-telkaart uiteengesit. Wanneer ’n entiteit onkostes met betrekking tot indirekte
bemagtigingsmaatreëls (die telkaartkategorieë vir voorkeurverkryging, besigheidsontwikkeling,
vaardigheidsopleiding en sosio-ekonomiese ontwikkeling) aangaan,
is dit nie duidelik of sodanige onkoste vir inkomstebelasting-doeleindes aftrekbaar
sal wees nie (BEE Partner, 2008).
Die doelwitte van hierdie studie was om te bepaal of sulke onkostes
belastingaftrekbaar is en om bestepraktyk-riglyne te formuleer vir die aftrekking
van die onkostes. Die bestepraktyk-riglyne bestaan uit faktore wat oorweeg moet
word in die bepaling of onkostes belastingaftrekbaar is, sowel as aanbevelings
oor hoe aftrekbaarheid geregverdig kan word. Die studiemetodologie het eerstens ’n ondersoek behels na die vereistes van die
SEB-telkaart, die soorte onkostes sowel as die redes vir die aangaan van
onkostes wat met indirekte bemagtigingsmaatreëls verband hou. Daarna is die
belastingaftrekbaarheid van sodanige onkostes in die algemeen sowel as
spesifiek vir elke breë kategorie van onkoste oorweeg. Laastens is die
bestepraktyk-riglyne opgestel op grond van die gevolgtrekkings wat bereik is.
Algemene onkostes wat met indirekte SEB-maatreëls verband hou, is in breë
kategorieë gegroepeer. Die verskillende redes waarom entiteite die uitgawes
aangaan, is bepaal, aangesien dit kan beïnvloed of die uitgawe in die
voortbrenging van inkomste is of nie (Van Schalkwyk, 2010b:110). Daar word
aangevoer dat onkoste wat oormatige is of onkostes met betrekking tot
filantropiese doeleindes nie as deel van die voortbrenging van inkomste beskou
kan word nie. Vier kwessies is geïdentifiseer wat ’n aftrekking ingevolge die algemene
aftrekkingsformule (artikel 11(a)) kan verhoed – die belangrikste is dat die
onkostes in die voortbrenging van inkomste aangegaan moet word en nie kapitaal
moet wees om afgetrek te kan word. Benewens artikel 11(a), kan spesiale
belastingaftrekkings (artikel 12H, 12I of 18A) en kapitaaltoelaes (artikel 11(e),
13sex of 15(a)) ook moontlik geld, maar slegs vir sekere soorte onkostes en in
omstandighede wat daarvoor in aanmerking kom. Die gevolgtrekkings oor die
belastingaftrekbaarheid van onkostes word uiteindelik as ’n riglyn vir
belastingbetalers opgesom.
Bogenoemde gevolgtrekkings, tesame met die bestudeerde literatuur, is gebruik
om algemene bestepraktyk-riglyne te formuleer. Een so ’n riglyn is dat die
bewyslas op die belastingbetaler rus om (op een van die voorgestelde maniere)
aan te toon dat onkostes in die voortbrenging van inkomste aangegaan word.
Belastingbetalers moet ook daarop let dat oormatige onkostes nie as deel van die
voortbrenging van inkomste beskou kan word nie en dat sekere onkostes
ingevolge die vereistes van sektorhandveste meer waarskynlik kapitaal van aard
sal wees. Spesifieke bestepraktyk-riglyne is voorts vir elke breë kategorie van onkostes
voorgestel, byvoorbeeld met betrekking tot die toepaslikheid van die
geïdentifiseerde spesiale aftrekkings en die kwantifisering van nie-monetêre
onkostes. Hierdie spesifieke bestepraktyk-riglyne behoort in ag geneem te word
wanneer onkostes in ’n spesifieke kategorie aangegaan word.
Ter samevatting behoort belastingbetalers daarop bedag te wees dat hoewel
onkostes met betrekking tot indirekte bemagtigingsmaatreëls in die meeste
gevalle belastingaftrekbaar is, daar wel sekere uitsonderings is. Die voorgestelde
bestepraktyk-riglyne bied derhalwe leiding oor die faktore wat oorweeg kan word
voordat onkostes met betrekking tot indirekte bemagtigingsmaatreëls aangegaan
word.
|
7 |
A critical analysis of the tax efficiency of share incentive schemes in relation to employees in South AfricaJonas, Samantha 12 1900 (has links)
Thesis (MAcc)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Share incentive schemes have become an important part of the remuneration package of
employees in South Africa. Employers offer share incentive schemes to employees in
order to attract and retain high quality workers while aligning the interests of the
employees with those of the shareholders. Employees are motivated to participate in share
incentive schemes due to the opportunity to invest in their financial future, as well as the
opportunity to share in the economic success and growth of the employer company. Due
to the increase in the utilisation of share incentive schemes to remunerate employees, the
South African Revenue Service (the SARS) increased its focus on the taxation of such
schemes.
Section 8C of the Income Tax Act No. 58 of 1962 (the Act) was introduced by the SARS
on 24 January 2005 to govern the taxation of share incentive schemes in South Africa.
Prior to the introduction of section 8C, section 8A sought to tax the gains realised by
employees participating in share incentive schemes, being the difference between the
market value on the exercise date and the grant price. The tax liability incurred by
employees in terms of section 8A did not tax the full gain eventually realised by employees
upon vesting of the shares and the SARS sought to close this loophole through the
introduction of section 8C to the Act. The employer company is required by the Fourth
Schedule to withhold employees’ tax amounting to the gain realised by the employee in
terms of section 8C of the Act.
This assignment analysed the workings of the four share incentive schemes most
commonly found in the South African marketplace, namely: share option scheme, share
purchase scheme, deferred delivery share scheme and phantom share scheme. The
current normal income tax legislation governing share incentive schemes in relation to
employees was examined by considering literature contained in the Act, amendment bills
and acts, case law and other material. Based on current income tax legislation, the tax
implications of each of the four selected share incentive schemes was determined and
compared in order to determine which of the selected share incentive schemes are most
tax efficient in relation to the employee. It was concluded that the share option scheme and the deferred delivery share scheme
are the most tax efficient schemes in relation to the employee. Based on case studies
conducted, along with an analysis of the current income tax legislation contained in the
Act, the share option scheme and the deferred delivery share scheme resulted in the
lowest overall tax liability for employees. It was further concluded that employers will be
required to revisit the structuring of their current share incentive schemes in order to
ensure that any dividends paid to employees in terms of the schemes will remain exempt
in terms of the amended section 10(1)(k)(i)(dd). The assignment includes
recommendations relating to how share incentive schemes can be structured to be more
tax efficient. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Aandele-aansporingskemas het ’n belangrike deel van die vergoedingspakkette van
werknemers in Suid-Afrika geword. Werkgewers bied aandele-aansporingskemas aan
werknemers om sodoende hoë-kwaliteit werkers te lok en te behou terwyl die belange van
die werknemers met dié van die aandeelhouers belyn word. Werknemers word
gemotiveer om aan aandele-aansporingskemas deel te neem vanweë die geleentheid om
in hul finansiële toekoms te belê, sowel as die geleentheid om in die ekonomiese sukses
en groei van die werkgewer-maatskappy te deel. Weens die toename in die aanwending
van aandele-aansporingskemas om werknemers te vergoed, het die Suid-Afrikaanse
Inkomstebelastingdiens (die SAID) sy fokus op die belasting van welke skemas verskerp.
Artikel 8C van die Inkomstebelastingwet Nr. 58 van 1962 (die Wet) is deur die SAID op 24
Januarie 2005 ingestel om die belasting van aandele-aansporingskemas in Suid-Afrika te
beheer. Voor die instelling van artikel 8C het artikel 8A gepoog om die winste gerealiseer
deur werknemers wat aan aandele-aansporingskemas deelneem, te belas, synde die
verskil tussen die markwaarde op die uitoefeningsdatum en die toekenningsprys. Die
belastingaanspreeklikheid aangegaan deur werknemers ingevolge artikel 8A het nie die
volle wins uiteindelik gerealiseer deur werknemers ten tye van vestiging van die aandele
belas nie, en die SAID het gepoog om hierdie skuiwergat te sluit deur die instelling van
artikel 8C in die Wet. Daar word van die werkgewer-maatskappy verwag om
werknemersbelasting ingevolge die Vierde Bylaag te weerhou ten bedrae van die wins
deur die werknemer ingevolge artikel 8C van die Wet gerealiseer.
Hierdie studie het die werking van die vier mees algemene aandele-aansporingskemas in
die Suid-Afrikaanse mark geanaliseer, naamlik: die aandele-opsieskema, aandeleaankoopskema,
uitgestelde-leweringskema, en die skyn-aandeleskema. Die huidige
normale inkomstebelastingwetgewing wat aandele-aansporingskemas ten opsigte van
werknemers beheer, is ondersoek deur die literatuur in die Wet, wysigingswetsontwerpe
en wette, beslissings en ander materiaal in oënskou te neem. Gebaseer op huidige
inkomstebelastingwetgewing is die belastingimplikasies van elk van die vier geselekteerde
aandele-aansporingskemas bepaal en vergelyk om sodoende te bepaal watter van die geselekteerde aandele-aansporingskemas die mees belastingdoeltreffend ten opsigte van
die werknemer is.
Daar is gevind dat die aandele-opsieskema en die uitgestelde-leweringskema die mees
belastingdoeltreffende skemas ten opsigte van die werknemer is. Gebaseer op
gevallestudies wat uitgevoer is, tesame met ’n analise van die huidige
inkomstebelastingwetgewing vervat in die Wet, het die aandele-opsieskema en die
uitgestelde-leweringskema gelei tot die laagste algehele belastingaanspreeklikheid vir
werknemers. Daar is verder tot die gevolgtrekking gekom dat daar van werkgewers
verwag gaan word om die strukturering van hul huidige aandele-aansporingskemas te
hersien om sodoende te verseker dat enige dividende wat aan werknemers in terme van
die skemas betaal word, vrygestel sal bly ingevolge die aangepaste artikel 10(1)(k)(i)(dd).
Die studie sluit aanbevelings in oor hoe aandele-aansporingskemas gestruktureer kan
word om meer belastingdoeltreffend te wees.
|
8 |
A critical analysis of the meaning of beneficial owner of dividend income received by a discretionary trustEngelbrecht, Waldette Anne 12 1900 (has links)
Thesis (MAccounting)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The term beneficial owner is most commonly found in the dividend, interest and the royalty
articles of tax treaties (Baker, 2007:15), yet there is still uncertainty surrounding the actual
meaning of the term (Du Toit, 2010: 500).
Since Dividends Tax became effective in South Africa as from 1 April 2012, it has become
necessary to clarify what the term beneficial owner means to correctly apply section 64E of
the Income Tax Act No 58 of 1962 (‘Act’).
Section 64EA(a) of the Act determines that the Dividends Tax liability falls on the
“beneficial owner of a dividend” [Emphasis added]. Section 64D of the Act does define the
beneficial owner as “the person entitled to the benefit of the dividend attaching to the
share”, the application of this definition to a discretionary trust may be challenging since
legal ownership must be distinguished from economic ownership (PWC Synopsis, 2012:6).
In the absence of guidance by the South African Revenue Service (‘SARS’), the first
problem arises as to the interpretation of this term within the context of dividend income
received by a discretionary trust (Louw, 2012:1). This leads to a second problem relating
to the correct application of section 64G(3)(a)(i) of the Act, which makes provision for a
reduced rate of dividends tax.
The purpose of this study is to set parameters for determining who the beneficial owner of
dividend income within the context of a discretionary trust is, where the dividend is paid in
respect of shares held in a resident company, and to the extent that the dividend does not consist of a distribution of an asset in specie. The instances when the reduced rate is
applicable in terms of section 64G(3) of the Act will also be clarified.
In order to achieve these objectives, an analysis of factors that should be taken into
account to define and determine beneficial ownership, was undertaken. Common- and civil
law definitions were investigated. The Organisation for Economic Co-operation and
Development’s (‘OECD’) Model Tax Conventions (MTCs’) and its Commentaries provided
possible factors to assist in identifying the beneficial owner. In the absence of a decision
by a South African court, the judgements in the five international court cases were
consulted. Four steps were formulated to reach a conclusion.
In terms of the these steps, the trust beneficiary remains the beneficial owner of dividend
income received by a trust in the case of the income having been distributed by the
trustees in having exercised their discretion in terms of the trust deed. In the case of
contingent beneficiaries it is suggested that the trust, with the trustees, acting in their
official capacity on behalf of the trust, would be seen as the beneficial owner of the
dividend income.
In terms of section 64G(3) of the Act, where a foreign trustee or a foreign trust beneficiary
has been identified as the beneficial owner(s) of a dividend, the rate at which Dividends
Tax is withheld could be reduced as a result of the application of a double tax agreement. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die begrip uiteindelik geregtigde kom mees algemeen voor in die dividende, rente en die
tantième artikels van dubbel belasting ooreenkomste (Baker, 2007:15), tog is daar steeds
onsekerheid oor die werklike betekenis van hierdie begrip (Du Toit, 2010: 500).
Nadat Dividendbelasting op 1 April 2012 in Suid-Afrika in werking getree het, het dit
noodsaaklik geword om die betekenis van die begrip uiteindelik geregtigde vas te stel ten
einde artikel 64E van die Inkomstebelastingwet Nr. 58 van 1962 (‘die Wet’) korrek toe te
pas.
Artikel 64EA(a) van die Wet bepaal dat die aanspreeklikheid vir Dividendbelasting op die
“uiteindelik geregtigde van ‘n dividend namate die dividend nie ‘n uitkering van ‘n bate in
specie uitmaak nie” [klem bygevoeg] val. Artikel 64D van die Wet as "die persoon geregtig
op die voordeel van die dividend verbonde aan ‘n aandeel", nogtans kan die toepassing
hiervan in 'n diskresionêre trust uitdagend wees, aangesien wettige eienaarskap onderskei
moet word van ekonomiese eienaarskap (PWC Synopsis, 2012:6). In die afwesigheid van
leiding deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ('die SAID'), ontstaan die eerste probleem
weens die interpretasie van die begrip binne die konteks van dividend inkomste ontvang
deur 'n diskresionêre trust (Louw, 2012:1). Dit lei tot 'n tweede probleem wat verband hou
met die korrekte toepassing van artikel 64G(3)(a)(i) van die Wet, wat voorsiening maak vir
'n verminderde koers Dividendbelasting. Die doel van hierdie studie is om grense af te baken vir die bepaling van die uiteindelik
geregtigde van dividend inkomste binne die konteks van 'n diskresionêre trust, waar die
dividend betaal word ten opsigte van aandele gehou in 'n maatskappy wat ‘n inwoner is,
tot die mate dat die dividend nie bestaan uit 'n uitkering van 'n bate inspecie nie. Die
gevalle waar die verminderde tarief van toepassing is ingevolge artikel 64G(3) van die
Wet, sal vasgestel word.
Ten einde hierdie doelwitte te bereik, is 'n ontleding van die faktore wat in ag geneem
moet word om die uiteindelik geregtigde te definieer en te bepaal, onderneem. Gemeenen
siviele regs-definisies is ondersoek. Die ‘Organisation for Economic Co-operation and
Development’s (‘OECD’) Model Tax Conventions (MTCs’) en sy kommentare verskaf
moontlike faktore om te help in die identifisering van die uiteindelik geregtigde. In die
afwesigheid van 'n besluit deur 'n Suid-Afrikaanse hof, word die besluite in die vyf
internasionale hofsake geraadpleeg. Vier stappe is geformuleer om ʼn slotsom te bereik.
In terme van die stappe, bly die trustbegunstigde die uiteindelik geregtigde van die
dividendinkomste ontvang deur die trust, in die geval waar die inkomste uitgekeer word
deur die trustees nadat hul diskresie uitgeoefen is in terme van die trustakte. In die geval
van voorwaardelike begunstigdes, word dit gestel dat die trust, met die trustees wat in hul
amptelike hoedanigheid namens die trust optree, gesien word as die uiteindelik geregtigde
van die dividend inkomste.
In terme van artikel 64G(3), waar 'n buitelandse trustee of 'n buitelandse trustbegunstigde
as die uiteindelik geregtigde(s) van 'n dividend geïdentifiseer is, kan die koers waarteen Dividendbelasting weerhou word, verminder word as gevolg van die toepassing van 'n
dubbelbelastingooreenkoms.
|
Page generated in 0.0942 seconds