• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Tienermeisies se betrokkenheid by dwelmmisbruik : 'n gender perspektief

Rhode, Jolene 12 1900 (has links)
Thesis (MEdPsych (Educational Psychology))--University of Stellenbosch, 2009. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Kaapse Vlakte, die konteks vir die studie, word onder andere gekenmerk deur sy lae sosio-ekonomiese status, hoë werkloosheid, bende-aktiwiteite, gesinsgeweld, gebroke gesinstrukture en dwelmafhanklikheid. Tienerdogters wat in gemeenskappe op die Kaapse Vlakte opgroei, word daagliks aan hierdie hindernisse blootgestel, wat hulle meer vatbaar maak vir die misbruik van dwelmmiddels. Die doel van die studie was om tienermeisies in ’n benadeelde gemeenskap wat dwelmmiddels gebruik, se perspektiewe met betrekking tot dwelmmisbruik te ondersoek. Die studie het ’n genderperspektief aangeneem, met ander woorde dit het vroue as subjekte sentraal geplaas en hulle probleem met dwelmmisbruik ondersoek. Min navorsing oor dwelmmisbruik fokus op vroue, ten spyte van ’n veronderstelling dat misbruik onder vroue ernstige gevolge vir die samelewing inhou. Aangesien ek gepoog het om hierdie tienermeisies se behoeftes aan ondersteuning en moontlike maniere waarop hierdie behoeftes aangespreek kan word, te verstaan en te beskryf, het ek van ’n kwalitatiewe navorsingsontwerp gebruik gemaak en die studie vanuit ’n interprevistiese paradigma benader. Data is met behulp van onderhoude, persoonlike refleksies en observasies bekom. Die navorsingsbevindinge het getoon dat die tienerdogters se huislike omstandighede deur enkelouerskap en afwesige vaderskap vererger word, dat daar ’n gebrek aan kommunikasie tuis is en dat hulle behoeftes aan liefde en emosionele sekuriteit uitspreek. Die tienerdogters voer aan dat hulle dwelms gebruik om van hul probleme tuis te ontvlug. In hierdie studie oor tienerdogters se redes vir en perspektiewe ten opsigte van dwelmmisbruik, toon data dat hulle duidelike behoeftes aan ondersteuning het - tuis sowel as in die samelewing waarin hulle leef. / ENGLISH ABSTRACT: The Cape Flats is characterized by low socio-economic status, high unemployment, gang activities, crime, domestic violence, broken family structures and drug dependency. As a teenage girl, living in communities on the Cape Flats, there is often the possibility of being vulnerable to the misuse of drugs. The aim of this study was to investigate the perceptions of teenage girls using drugs in a disadvantaged community. The study adopted a gendered perspective that places women as subjects central to the problem of drug abuse. Little research focuses on women using drugs despite the consequences it poses for society. The study attempts to understand and describe teenage girls’ need for support as well as ways in which their needs can be addressed. A qualitative interpretivist research design was used to gain insight into and understanding of the participants’ perspectives. The data were collected by means of interviews, reflective diaries and observations. The research findings indicate that single parenting and absent fathers worsen the teenage girls’ home circumstances, that there is a lack of communication at home and that they express a need for love and emotional security. Furthermore, teenage girls use drugs to escape from the problems they face at home. The results suggest a need for adequate and appropriate support in the home environment as well as in society.

Page generated in 0.0422 seconds