Spelling suggestions: "subject:"braining style orientation"" "subject:"craining style orientation""
1 |
The relationship between trainer locus of control and training style orientationKleyn, Esmé 04 1900 (has links)
Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Department of Industrial Psychology / Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: In the current South African context the Government places a great deal of emphasis on
the importance of adult training and development as a solution for addressing many
social and economic problems. It is therefore important to investigate all aspects
regarding the training context in order to optimise learning. The trainer plays an integral
part within this system. Although literature regards the trainer as very important for
training success, very little substantial research has been documented with regards to
the influential factors on the training style orientation that trainers use when training
adults.
In order to investigate this problem, a study of the relevant literature is done. The
following topics are examined for this purpose: The training system and the components
thereof, andragogy and pedagogy as training style orientations, several trait theories of
personality as the basis of the study, locus of control as a personality trait, and the
influence of personality and more specifically locus of control within work-related
settings.
Three questionnaires were administered on a sample of 100 respondents, i.e. a
Demographic questionnaire, the Training Style Inventory and the Locus of Control
Inventory in order to generate data to investigate the research problem and hypotheses.
The Demographic Questionnaire collected data regarding gender, age, qualifications,
training experience, ethnicity, subject area of the training content, and type of
organisation. The Training Style Inventory measured the training style orientation of the
trainer respondents, and the Locus of Control Inventory was used to measure the locus
of control of respondents.
The results indicate support for the hypothesis that there is a statistical significant
correlation between locus of control and training style orientation. More specifically,
there is a statistically significant correlation between internal locus of control and the andragogical training style orientation, and also between external locus of control and the
pedagogical training style orientation.
The main objectives of this study were successfully achieved and documented.
Conclusions and recommendations for further research are made. It is recommended
that future research replicate the study with a greater and random sample of
respondents, within the South African context. Also, investigating the effectiveness of
the trainers as a result of their locus of control and training style orientation is an
interesting possibility for future research. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse regering plaas groot klem op die belangrikheid van volwasse
opleiding en ontwikkeling in die huidige Suid-Afrikaanse konteks as 'n moontlike
oplossing vir etlike sosiale en ekonomiese probleme. In 'n poging om leer te optimeer, is
dit dus noodsaaklik om alle aspekte binne die opleidingskonteks deeglik in oënskou te
neem. Die opleier speel 'n baie belangrike rol in die sukses van die opleidingsintervensie.
Alhoewel die opleier binne die literatuur wel as In belangrike rolspeler in die sukses van
opleidingsintervensies geag word, is daar baie min navorsing gedokumenteer oor die
faktore wat die opleidingstyl wat opleiers tydens intervensies gebruik, beïnvloed.
'n Studie van die beskikbare literatuur ondersoek hierdie probleem. Die volgende
onderwerpe is vir die doelondersoek: Die opleidingstelsel en die komponente daarvan,
andragogie en pedagogie as opleidingstyloriëntasies, verskeie persoonlikheidstrekteorieë
as die grondslag van die studie, lokus van beheer as 'n persoonlikheidstrek, en die
invloed van persoonlikheid en meer spesifiek lokus van beheer binne die werksplek.
Die data wat nodig is om die navorsingsprobleem te ondersoek en die hipoteses te toets,
is ingesamel deur 100 respondente elk drie vraelyste te laat voltooi, naamlik 'n
Demografiese vraelys, 'n Opleidingstylvraelys en 'n Lokus van Beheer-vraelys. Die
demografiese vraelys het inligting ingesamel ten opsigte van geslag, ouderdom,
kwalifikasies, opleidingservaring, etnisiteit, onderwerp van die opleidingsinhoud en die
tipe organisasie betrokke. Die Opleidingstylvraelys het die opleidingstyloriëntasie van die
opleiers wat deelgeneem het aan die studie gemeet, en die Lokus van Beheer vraelys is
gebruik om die lokus van beheer van respondente te bepaal.
Die resultate bevestig die hipotese dat daar 'n statisties beduidende verband bestaan
tussen lokus van beheer en opleidingstyloriëntasie. Daar bestaan verder 'n statisties
beduidende verband tussen interne lokus van beheer en 'n andragogiese
opleidingstyloriëntasie, en ook tussen eksterne lokus van beheer en 'n pedagogiese opleidingstyloriëntasie. Die hoofdoelwitte van hierdie studie is suksesvol bereik en gedokumenteer.
Gevolgtrekkings en aanbevelings vir toekomstige navorsing word ook gemaak. Die
aanbeveling is dat toekomstige navorsing hierdie studie herhaal binne die Suid-
Afrikaanse konteks. Die studie behoort ook 'n groter en ewekansige steekproef in te
sluit. Die effektiwiteit van die opleiers as 'n resultaat van hul lokus van beheer en
opleidingstyloriëntasie is ook 'n interessante moontlikheid vir verdere navorsing.
|
Page generated in 0.1658 seconds