• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

The transition from social worker to Non–Profit Organization manager : a challenge to grow / Nel, B.S.

Nel, Benita Salomina January 2011 (has links)
Kundige bestuur is n hedendaagse begrip wat beskou word as die rede waarom sommige organisasies net funksioneer en ander uitstekend presteer. Die eise wat aan bestuurders van besighede en Nie–Winsgewende Organisasies (NWOs) se bestuursmilieu gestel word, is uiters hoog en vereis vaardigheid, kennis en ondervinding. Die bestuur van NWOs behoort goed ingelig te wees ten opsigte van die bestuursvaardighede waaroor hul eweknieë in die sakesektor beskik. Opleiding in maatskaplike werk in Suid–Afrika is goed ontwikkel en het in die afgelope 20 jaar in verskeie spesialisvelde binne die vakgebied ontvou. Maatskaplikewerk–dienslewering fasiliteer die groei en ontwikkeling van maatskaplike werkers, wat daartoe aanleiding gee dat hulle in so n mate vorder dat hulle hul kort voor lank in bestuursposisies bevind. n Wyer kennisbasis rakende bestuursdinamiek word vereis om die oorgang van maatskaplike werker na bestuurder te kan maak en sodoende doeltreffend as bestuurder te kan funksioneer. Bestuursopleiding deur maatskaplikewerk–opleidingsinstansies in Suid–Afrika bied nie tans spesifieke bestuursopleiding in die NWO–konteks aan nie. Ondersoek is deur hierdie studie ingestel om n model te ontwikkel om bogenoemde aan te spreek. Hoofstuk 1 fokus op die formulering van die navorsingsonderwerp en gee die sentrale strategiese agument en doel met doelwitte. Hoofstuk 2 beskryf die navorsingsmetodologie wat gebruik is in die studie. Hoofstuk 3 vervat n literatuurstudie wat handel oor die huidige funksionering van NWOs in Suid–Afrika. Daar word gefokus op die bestuursprosesse en rolspelers binne n NWO, die sosiale, politieke en ekonomiese faktore wat die funksionering van NWOs beïnvloed, bestuursmodelle en –teorieë, leierskap en die oorgang van maatskaplike werker na NWO–maatskaplikewerkbestuurder. Hierdie inligting bied die agtergrond waarteen die funksionering van NWO–bestuurders in Mpumalanga, Gauteng, Vrystaat en Noord–Kaap gekontekstualiseer kan word. In Hoofstuk 4 word die data wat vanuit die situasie analise met die NWO–bestuurders in Mpumalanga terugontvang is, verwerk en gerapporteer. n Profiel word verskaf ten opsigte van die NWOs in Mpumalanga asook die bestuursrolspelers en –prosesse wat geïmplementeer is. Daarna word die profiel van NWO–bestuurders in Mpumalanga voorgehou met spesifieke fokus op bestuurskennis en –vaardighede van NWO–bestuurders in Mpumalanga. Die opleidingsbehoeftes van NWO–bestuurders word opgesom en geprioritiseer. Die beskikbaarheid van bestuursopleidingsprogrammes in Suid–Afrikaanse maatskaplikewerk–opleidingsinstansies word daarna weergegee. Hoofstuk 5 gee n oorsig van die heersende situasie in Suid–Afrikaanse NWOs vanuit data wat verkry is uit fokusgroepbesprekings met maatskaplike werkers wat as NWO–bestuurders in Gauteng, Vrystaat en die Noord–Kaap werk. Klem word gelê op die fokusgroeplede se persoonlike ervarings van hul oorgang van maatskaplike werker na NWO–bestuurder binne die huidige funksionering van NWOs. Die spesifieke bestuursprosesse en rolspelers in NWOs betrokke by die fasilitering van die oorgang, soos deur NWO–bestuurders geïdentifiseer, word uitgelig. In hoofstuk 6 word n model vir die fasilitering van die oorgangsproses vir bestuurders voorgestel en met die geïdentifiseerde opleidingsbehoeftes geïntegreer. Hoofstuk 7 bestaan uit die gevolgtrekkings en samevattings wat gemaak is uit die studie. Ten slotte word aanbevelings rakende die fasilitering van die oorgangsproses van maatskaplike werkers na bestuurders van NWOs gemaak. / Thesis (Ph.D. (Social Work))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.
2

3

‘n Homiletiese perspektief aan die hand van Romeine om aan mense in ‘n postmoderne konteks hoop te bied

Botha, Willem Abraham 28 July 2008 (has links)
Although there are a lot of popular books available on the subject of hope I still believe that there is a need for another study on the phenomenon of hope. Especially where proper exegesis and a multidiscipline approach are taken into account. In this study I’ve researched the effect of a society in transition on hope. I suspect that the changes since 1994 have a significant influence on the attitude, thought and behaviour of the Afrikaner especially. To come to such a conclusion the study take theories of change in Sociology into account. Some information were gathered from papers. The reason for that is the influence papers have on the spirit of society, and in this case its influence on people’s hope. Unfortunately one of the conclusions is that a lack of hope can very well be one of the consequences of the changes in society since 1994. The contemporary study is followed by a study on hope in Paul’s letter to the Romans. The background of the author, the congregation and the theology of the letter were taken in consideration. In most of the cases I’ve used the verses in the letter where the word hope was used. Surprisingly there is quite a comparison between the letter of Romans and society today as far as the reasons that causes hopelessness. Therefore Romans can be of great value to give hope in a disorientated society. Until now we know that there is a lack of hope in society, and that Romans give us reason to hope, but what is the person looking like that we want to communicate with? The study on post modernity show us how this “new” paradigm looks like. Post modernity is very different to modernism. The latest paradigm is universal and no one and nothing can escape it. Social sciences, the arts, economy, science itself and the theology were largely influenced by post modernity. With its larger emphasis on spirituality it creates wonderful opportunities for preaching. On the other side though, one should also keep its threats in mind, especially the proneness to relativism and New Age. In the last chapter I use all the information and conclusions of the previous chapters to get to a homiletic strategy for a postmodern context. The most important part of this chapter is to conclude that confession is a suitable hermeneutical and homiletical tool for preaching in post modernity. There is no need to prove confession, it is about something that is believed. The Bible therefore is still as relevant as ever. Communication strategies are included to guide the preacher in the most effective way when preaching in a postmodern context. The chapter ends with certain specific homiletic contents from the Roman letter that can be used today. We can know for certain that hopelessness is part of our society today. However we’ve got the promise of Romans 15:13 that God stays our God of hope. Our tasks are to posision us homiletically, hermeneutically and strategically in such a way that we give our faith the best possible chance. / Dissertation (MTh (Practical Theology))--University of Pretoria, 2006. / Practical Theology / MTh (Practical Theology) / unrestricted

Page generated in 0.029 seconds