• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Omrol van veldvoertuie (Afrikaans)

Uys, Barend Petrus 03 June 2008 (has links)
Die doel van die navorsing wat in hierdie verslag bespreek word, was om ondersoek in te stel na die omrolgedrag van veldvoertuie. Die studie is gedoen deur gebruik te maak van ʼn Land Rover Defender 110 sport nutsvoertuig as eksperimentele voertuig, en ADAMS View as sagteware pakket Die sogenaamde “vishoektoets” is met die basislynvoertuig uitgevoer. Daar is korrelasie verkry tussen die data wat tydens die toetse opgeneem is, en ʼn volledige drie-dimensionele model van die voertuig in ADAMS View. Die basislynsuspensie op die voertuig is vervolgens vervang met ʼn vier toestand semi-aktiewe hidropneumatiese suspensiestelsel of 4S4. Die toetse is herhaal, en korrelasie verkry tussen die toetsdata en die rekenaarmodel. Die rekenaarmodel, met die basislyn suspensiekarakteristieke vervang met die hidropneumatiese suspensiekarakteristieke, is teen hierdie toetsdata geverifieer. Die rekenaarmodel is na korrelasie gebruik om te bepaal watter veer- en demperstellings die effektiefste sal wees om omrol te voorkom. Verder is die model ook gebruik om die effek van rithoogteverlaging op omrolgeneigdheid te bepaal. Die hoeveelheid wat die wiele oplig, is as norm vir omrolgeneigdheid gebruik. Ander parameters, soos giersnelheid, rolsnelheid en rolhoek is ook ondersoek. Uit die studie is dit duidelik dat die 4S4, met die moontlikheid van verstelling aan rithoogte, sinvol aangewend kan word om omrolgeneigdheid te verminder. / Dissertation (MEng (Mechanical Engineering))--University of Pretoria, 2008. / Mechanical and Aeronautical Engineering / unrestricted

Page generated in 0.1256 seconds