• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Ondersoek na die behoeffes van studentverpleegkundiges met betrekking tot die ontwikkeling van basiese studievaardighede.

Fischer, Marie January 1997 (has links)
>Magister Scientiae - MSc / Die grondgedagte vir hierdie studie spruit voort uit die verantwoordelikheid van die verpleegdosente om die vermoëns van studentverpleegkundiges tot selfgerigte studie te ontwikkel. Selfgerigte studie vereis onder andere, die vermoë om inligting te kan vind, te verwerk, en toe te pas in die praktyk. Hierdie vaardighede is essensiële voorvereistes vir onafhanklike professionele praktisering. Die ontwikkeling van die genoemde vaardighede impliseer 'n multi-dimensionele benadering wat die student in totaliteit aanspreek. Voorts vereis dit nougesette betrokkenheid van die student by sy/ haar studies. Laasgenoemde veronderstel, onder andere, egter dat studente oor sekere essensiële vaardighede, in verband met leer en studie, beskik. Uit die literatuur blyk dit duidelik dat sekondêre onderwys, oor die algemeen, studente nie voldoende voorberei vir tersiêre onderwys nie. Deur middel van hierdie studie wou die navorser dus antwoorde probeer vind op die vraag of studenteverpleegkundiges behoeftes ervaar aan leiding met betrekking tot spesifiek geïdentifiseer studievaardighede, die leiding wat verskaf word en of daar leemtes bestaan in die leiding wat studente reeds ontvang. Nadat die studieterrein afgebaken is, is verskillende terme en begrippe, grondliggend tot die studie, omskryf en in perspektief gestel. Hoofstuk twee is gewyaan 'n bespreking van die konsepte leer, -probleme en studie binne die perspektief van hierdie studie, asook verbandhoudend relevante begrippe. Aandag is in die daaropvolgende twee hoofstukke geskenk aan, onderskeidelik, spesifieke stud ievaardighede verbandhoudend tot die versameling van inligting en studievaardighede verbandhoudend tot die benutting van inligting.

Page generated in 0.051 seconds