• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die ontmaskering van diepliggende stemme in sprokies : 'n polifoniese dialoog in Rosemarie Marriott se relaas… / Dineke van der Walt

Van der Walt, Dineke January 2014 (has links)
In hierdie verhandeling ondersoek ek die wyse waarop die installasiewerke van Rosemarie Marriott se uitstalling relaas... (2010-2011), soos uitgestal in die hoofgalery op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, deur aanskouers as 'n narratief gelees en geïnterpreteer kan word. In my lees en interpretasie van Marriott se werke sluit ek aan by Bal se argument dat kunswerke as tekste gelees kan word wanneer die kunswerke as narratiewe beskou word. Die teoretiese grondslag vir so 'n ondersoek is geleë in Bakhtin se argumente met betrekking tot die interaksie tussen die outeur, protagonis en die leser ten einde vas te stel hoe Marriott se uitstalling [relaas...] op ʼn Bakhtiniaanse wyse alle lesers in 'n polifoniese dialoog probeer betrek. Binne die bestek van die studie vorm Bakhtin se teoretisering van die karnavaleske die utopiese tydruimtelike konteks waarin die gelykstelling van perspektiewe kan plaasvind. Daarmee saam verduidelik die Bakhtiniaanse begrip van dialogisme [onder andere] dat narratiewe uit dialoë tussen medegeregtigde gespreksgenote opgebou moet word. Dialogisme word voorts benut as die beskrywende konstruk en die ideale ontwerp waarvolgens die outeur die narratief moet organiseer. Ek voer aan dat Marriott in haar ontwerp van relaas... op ʼn soortgelyke wyse as die Bakhtiniaanse karnaval, die wêreld omgekeer voorstel deur die groteske sameflansing van onsamehangende konsepte en materiaal soos sprokies, kinderspeelgoed en taksidermie. Soos ʼn sprokieschronotoop het relaas... antropomorfiese dierekarakters wat interaktief aan die narratief deelneem, klere aantrek, en selfs kan “praat”. Ten slotte argumenteer ek dat Marriott van ʼn komplekse maskerspel gebruik maak waarin sy, soos in die Bakhtiniaanse maskerade, groteske maskers oplê, sodat lesers as deelnemende karakters en as gevolg van Marriott se ontwerp, diepliggende betekenis in sprokies kan ontmasker. / MA (History of Art), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

Page generated in 0.0658 seconds