• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die aanwending en integrasie van pikturale en geskrewe bronne vir 'n kultuurhistoriese evaluering van geselekteerde temas van die Wellington-omgewing, 1657-1900

Smit, Susanna Elizabeth January 1900 (has links)
Thesis (MA)-- Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: In this study pictorial Africana are used to sketch a socio-historical image of certain aspects of Wellington (previously known as Waggonmakers Valley) during the period 1657 to 1900. Together with written sources such as letters, diaries and travel diaries, the pictorial sources (in this case paintings, pictures and maps) are considered primary sources. Although the inhabitants of Waggonmakers Valley and later Wellington clearly developed an own identity, Wellington cannot be viewed in isolation. The town and region are placed in the broader context of the Drakenstein Valley and the Western Cape. The establishment and development of the town are placed within the prevalent political and economic climate of that time. Historical highlights of the town's history are given in short. A list of artists, pictorial works and place of conservation where these pictorial works are being conserved was compiled. It was attempted to determine the artists' connection with the Drakenstein Valley, Waggonmakers Valley and Wellington in each discussion. In the discussion of the territory (bodem) the Waggonmakers Valley is placed in the context of the Drakenstein Valley. In this discussion the discovery and settlement of the valley are considered, as well as the naming of the Drakenstein Valley, Waggonmakers Valley and Wellington. The appearance of the valley, mountains, hills, as well as the vegetation, animal life and bird life are discussed. The influence of the Berg River and other rivers on the inhabitants' lives is included in the discussion, as well as relevant folk-tales and popular beliefs. Where applicable, various uses for plants (e.g. medicinal) in these people's daily lives are discussed. In the discussion of the church the following aspects are considered: the beginning of missionary work in the Waggonmakers Valley, the secession of the church and the subsequent establishment of Wellington, as well as some religious aspects such as the "Wederdoper" Sect and the big revival of 1860. Festivals, sports and recreation depict the social activities of the Wellington people up to the end of the nineteenth century. In the discussion of the architecture, aspects such as political, economic and social influences on building style as well as building materials and building methods were taken into account. To illustrate: the opening of the Wellington railway line and the opening of Bainskloof Pass influenced the architecture of the town and region. Influencing factors on the lay-out of the town as well as the meaning of BainskloofPass for Wellington were considered. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Pikturale Africana word in hierdie studie as 'n bron aangewend om 'n kultuurhistoriese beeld met betrekking tot sekere aspekte van Wellington, voorheen bekend as Wagenmakersvallei, gedurende die periode 1657 tot 1900, te skets. Die pikturale bronne is saam met die geskrewe bronne, wat briewe, dagboeke en reisjoernale insluit, as primere bronne beskou. Die pikturale bronne verwys in hierdie geval na skilderye, tekeninge, prente en kaarte. Alhoewel die inwoners van die Wagenmakersvallei en later Wellington duidelik 'n eie identiteit ontwikkel het, kan Wellington nie in isolasie gesien word nie. Die dorp en omgewing word binne die groter geheel van die Drakensteinvallei en Wes-Kaap geplaas. Die ontstaan en groei van die dorp is binne die heersende politieke en ekonomiese klimaat van die tyd geplaas. Historiese hoogtepunte in die dorp se geskiedenis is kortliks aangedui. 'n Lys van kunstenaars en pikturale werke, asook die plek van bewaring van hierdie pikturale bronne, is saamgestel. Daar is gepoog om die kunstenaars se verband met die Drakensteinvallei, Wagenmakersvallei en Wellington in elke bespreking vas te stel. In die bespreking van die bodem word die Wagenmakersvallei binne die konteks van die Drakensteinvallei geplaas. Daar word in die bespreking gekyk na die ontdekking en vestiging van die vallei, sowel as die naamgewing van die Drakensteinvallei, Wagenmakersvallei en Wellington. Die voorkoms van die vallei, berge, heuwels, sowel as die plantegroei, dier- en voellewe word bespreek. Die invloed van die Bergrivier en ander riviere op die lewens van die mense word in die bespreking ingesluit, sowel as relevante volksvertellings en volksgelowe. Die gebruik van plante vir medisinale en ander gebruike in die daaglikse lewe van die mense, is waar toepaslik bespreek. In die bespreking van die kerk is daar gekyk na die ontstaan van sendingwerk in die Wagenmakersvallei, die afstigting van die kerk, die gevolglike ontstaan van Wellington en enkele geestelike aspekte soos die Wederdopersekte en die groot herlewing van 1860. Feesvieringe, sport en ontspanning skets die sosiale bedrywighede van die Wellingtonners tot die einde van die negentiende eeu. Aspekte soos politieke, ekonomiese en maatskaplike invloede wat boustyle beinvloed het, sowel as boumateriaal en -metodes, is in ag geneem in die bespreking van die argitektuur. Ter illustrasie: die opening van die spoorlyn tot by Wellington en die opening van Bainskloofpas het 'n invloed gehad op die argitektuur van die dorp en omgewing. Daar is gekyk na faktore wat die dorpsuitleg beinvloed het, asook die betekenis van Bainskloofpas vir Wellington.

Page generated in 0.0712 seconds