• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

The role of magic and medicine in the lives of ancient Egyptian women and their children

Witts, Jennifer 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis investigates the role that magic and medicine played in the lives of ancient Egyptian women and children. In a time when giving birth often ended in the death of the mother and child, and child mortality was extremely high, a variety of protective measures were undertaken by the ancient Egyptians. Medicine as the scientific treatment of ailments and women's health in general did exist in Egypt, however, life in Egypt was determined by religion and especially magic. The health of the ancient Egyptian woman and her child was studied by looking at the way in which magic influenced medicine, as well as by looking at how this connection between magic and medicine influenced the life and health of ancient Egyptian women and children. The research model followed was that of an interlinking society in which each aspect of Egyptian life had varying impacts on each other. The degree of impact of magic on aspects such as menstruation, conception and pregnancy was investigated, as well as, the magico-medical spells, amulets and other devices that were used to protect a woman and her baby. A catalogue of sources is given, including written and non-written sources. The first included the medical papyri and magical spells against evil forces and sickness. The second group were visual representations, divine statuettes, amulets and the specialized magical stelae (cippl) and "magical wands" ("Zaubermesser"). This thesis attempts to better understand how feminine issues such as menstruation, pregnancy, and giving birth were perceived and contended with, as well as to shed some light on the medical and magical treatment and protection of the women and children in ancient Egypt. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis ondersoek die rol wat magie en medisyne in die lewens van vrouens en kinders in antieke Egipte gespeel het. In 'n tyd toe die geboorte van 'n kind baie keer die dood van die ma en haar baba veroorsaak het, en kindersterftes uiters hoog was, het die antieke Egiptenare 'n verskeidenheid beskermingsmaatreëls gebruik. Medisyne as die wetenskaplike behandeling van siektes en vroulike gesondheidsorg het in Egipte bestaan, maar die lewe in Egipte was egter bepaal deur die godsdiens en veral die magie. Die gesondheid van die vroue en kinders van antieke Egipte is bestudeer deur te kyk hoe magie medisyne beïnvloed het, sowel as om te kyk hoe die verband tussen magie die medisyne die lewe en gesondheid van vroue en kinders in antieke Egipte bepaal het. Die navorsingsmodel wat gevolg is, is van 'n samelewing waarbinne elke aspek van die lewe in Egipte 'n impak op die ander het. Die graad van impak van magie op aspekte soos menstruasie, konsepsie en swangerskap is ondersoek, sowel as die "magies-mediese" spreuke, amulette en ander middels wat as beskerming vir die vrou en haar baba gebruik is. 'n Katalogus van bronne is ingesluit en sluit beide skriftelike en nie-skriftelike bronne in. Onder die eerste groep val mediese papiri en magiese tekste teen bose magte en siekte. Die tweede groep gee aandag aan visuele voorstellings, godebeeldjies, amulette en die gespesialiseerde magiese stelae (cippl) en "toorstaffies" ("Zaubermesser"). Hierdie tesis poog om beter te verstaan hoe vroulike sake soos menstruasie, swangerskap en geboorte gesien en hanteer is, sowel as om meer lig te werp op die mediese en magiese behandeling en beskerming van vrouens en hulle kinders in antieke Egipte.
2

Die sosiale en religieuse rol van die vrou in oud-Israel

Jacobs-Smith, Michelle Wilma 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The study investigates the social and religious roles of women in Ancient Israel. The thesis comprises of four parts. Chapter 1 focuses on the role of women in an anthropological perspective. We take a look at how women were perceived within the pre-industrial communities. Israel did not live in a vacuum but was part and parcel of the ancient Near Eastern cultural world. Chapter 2 therefore focuses on the role of women in Egyptian and Assyrio-Babylonian cultures. Her social, economic, political and religious roles are under investigation. In Chapter 3 the focus shifts to the role of women within the social organisation. A short overview with a few examples demonstrates where the role of women expands beyond that of social organisation. This role, which could be described as a "political function", was only allocated to a few privileged women. Chapter 4 deals with the religious role of the Israelite women. This chapter forms the other focus point of the study. The religious activities of women within the official, popular and familiy religious spheres are examined. Chapter 5 presents a brief summary of the main conclusions of the study. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word ondersoek ingestel na die sosiale en religieuse rol van die vrou in Oud-Israel. Die tesis bestaan uit vier dele: In Hoofstuk I word aandag gegee aan die rol van die vrou in antropologiese perspektief. Hier word nagegaan hoe die vrou gesien is in pre-industriële gemeenskappe. Omdat Israel nie in 'n vakuum geleef het nie, maar 'n integrale deel van die ou Nabye Oosterse kultuurwêreld was, word daar in Hoofstuk 2 op 'n oorsigtelike wyse op die plek van die vrou in die kulture van Egipte en Assirië- Babilonië gekonsentreer. In Hoofstuk 3 verskuif die fokus na Israel en word nagegaan watter rol die vrou in die sosiale organisasie gehad het. Daar word ook kortliks gekyk na voorbeelde waar die rol van die vrou wyer gestrek het as die engere familie kring. Hierdie rol, wat getipeer sou kon word as 'n tipe "politieke funksie", was egter net vir 'n paar vroue beskore. Hoofstuk 4 handel oor die religieuse rol van die vrou in Israel. Hierdie hoofstuk vorm die ander fokuspunt van die studie. Daar word gekyk na die aandeel van die vrou in die offisiële religie, die populêre religie en die familie-religie. In Hoofstuk 5 word die belangrikste bevindinge van die ondersoek kortliks saamgevat.

Page generated in 0.0794 seconds