Spelling suggestions: "subject:"airship control"" "subject:"dealerships control""
1 |
Autonomous flight control system for an airshipAvenant, Gerrit Christiaan 03 1900 (has links)
Thesis (MScEng (Electrical and Electronic Engineering))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: In recent years, the use of airships has become popular for observation purposes since they provide
a cost effective alternative to other aircraft. For this project a lateral and longitudinal flight control
system are required for waypoint navigation flight of an 8m long, non-rigid airship. The airship’s
actuators include a rudder, elevator and a propulsion system which can be vectored longitudinally.
Two airship models are evaluated for this project. A chosen model is linearised and a modal
analysis is done. The modal analysis is compared to a previous modal study done on the YEZ-2A
airship and is found to compare well. Each airship mode is discussed and the linear behaviour is
compared to the behaviour of the non-linear model.
A fuzzy logic controller design approach was undertaken for the design of speed, heading and
height controllers. These non-linear controllers were designed for the non-linear model, due to the
following reasons:
Fuzzy logic controllers show tolerance to model inaccuracies.
Complexity of design is simple.
Controllers can be adjusted intuitively.
Fuzzy logic controllers can be combined with conventional control techniques.
Simulation results showed adequate lateral and longitudinal performance, even when subjected
to light wind conditions and disturbances.
The inertial measuring unit implemented in a previous project is used and additional hardware
is designed and implemented for the control of the airship’s actuators. Several improvements are
made to the groundstation software to allow for activation of different controllers as well as for
setting up the desired flight plan.
The controller performance is tested through flight tests and shows adequate performance as
well as controller potential. Although further work is still required for improving the controllers’
performance, this thesis acts as a platform for future research. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In die afgelope paar jaar het die gebruik van die lugskepe gewild geword vir waarnemings doeleindes
aangesien dit ’n koste effektiewe alternatief vir ander lugvaartuie bied. In hierdie projek word ’n
laterale en longitudinale beheerstelsel benodig vir merker navigasie vlugte met ’n 8m lang, nierigiede
lugskip. Die lugskip se aktueerders sluit in ’n rigtingroer, hoogteroer asook ’n aandrywing
stelsel wat oorlangs gestuur kan word.
Vir hierdie projek is twee lugskip modelle geïmplementeer. Die gekose model is gelineariseer
en ’n modale analise is gedoen. Die modale analise is met ’n vorige modale studie vir die YEZ-2A
lugskip vergelyk en wys soortegelyke linieêre gedrag. Die lugskip modusse is bespreek en die linieêre
gedrag word met die gedrag van die nie-linieêre model vergelyk.
Daar is op ’n fuzzy logiese beheerder ontwerp besluit vir die ontwerp van spoed, rigting en hoogte
beheerders. Hierdie nie-linieêre beheerders is ontwerp vir die nie-linieêre model a.g.v. die volgende
redes:
Fuzzy logiese beheerders toon toleransie vir modellering of meetfoute.
Kompleksiteit van die ontwerp is eenvoudig.
Beheerders kan intuïtief aangepas word.
Fuzzy logiese beheerders kan met konvensionele beheertegnieke gekombineer word.
Simulasie resultate toon voldoende werkverrigtinge, selfs in die teenwoordigheid van ligte wind
sowel as ander versteurings.
Die inersiële metings eenheid, wat geïmplementeer is in ’n vorige projek, is gebruik en addisionele
hardeware vir die beheer van die lugskip is aktueerders is ontwerp en geïmplementeer. Talle
verbeterings is aangebring aan die grondstasie sagteware vir die aktiveer van die beheerders sowel
as die uitleg van die gekose vlugplan.
Die beheerders se werksverrigtinge is getoets gedurende vlugtoetse en toon voldoende beheer
vermoë sowel as beheerder potensiaal. Alhoewel verdere werk steeds nodig is vir die verbetering
van die beheerders, dien hierdie tesis as ’n platform vir toekomstige navorsing.
|
2 |
The dynamic modelling and control system of a tethered aerostat for remote sensing applicationsFourie, Daniel Andries 12 1900 (has links)
Thesis (MScEng (Electrical and Electronic Engineering))--University of Stellenbosch, 2009. / ENGLISH ABSTRACT: Aerostats and Stratolites could play a major role in expanding current satellite and other technologies
in the near future. A study was made on the development of aerostat platforms and the current
state of Stratolite development.
The aim was to develop an airship system that is capable of maintaining a specific position
regardless of the presence of wind. The various applications of such a geostationary platform are
discussed.
A dynamic model of an airship was developed and a simulation was implemented in software.
This was done to study the possibility of developing aerostats like these.
A tethered airship system was developed and built to demonstrate that it is possible to control
the position of an airship. The airship system uses current technology in an unique combination to
fulfil the requirement of remaining stationary despite the influence of wind.
Various control system design techniques were used to implement the controllers. Linear models
of the airship system were identified practically and used to design the controllers.
The controllers were tested in simulation as well as practically and the results of these tests
are given. It was concluded that there exists potential for the development of Stratolite systems,
although there exists a fair amount of challenges and obstacles that would need to be overcome
before this technology could be implemented. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Aerostats en Stratolites kan ’n besondere rol speel in die uitbreiding van huidige sateliet- en ander
aardwaarnemingstoepassings. ’n Studie is gemaak oor die ontwikkeling van Aerostat platforms en
die huidige stand van Stratolite ontwikkeling.
Die mikpunt was om ’n lugskipstelsel te ontwikkel wat in staat is om ’n spesifieke posisie te
handhaaf ten spyte van die invloed van wind. Die verskeidenheid van toepassings, waarvoor so ’n
geostasionêre platform gebruik kan word, word genoem.
’n Dinamiese model van ’n lugskip is ontwikkel en die stelsel is in sagteware gesimuleer. Dit is
gedoen om die moontlikheid te ondersoek om sulke Aerostats in die toekoms te ontwikkel.
’n Lugskipstelsel, wat aan die grond geanker word met ’n kabel, is ontwerp en gebou. Die stelsel
is gedemonstreer en daar is bewys dat dit moontlik is om die posisie van die lugskip te beheer. Die
lugskip gebruik huidige tegnologie wat in ’n unieke kombinasie saamgevoeg is om te illustreer dat
dit moontlik is vir die lugskip om stasionêr te bly ten spyte van wind.
Verskeie beheerstelsels ontwerptegnieke is gebruik om die beheerders mee te implementeer. Lineêre
modelle van die lugskip is prakties geïdentifiseer en is gebruik om die beheerders te ontwerp.
Die lugskip se beheerders is in simulasie sowel as prakties getoets en die resultate van hierdie
toetse word gegee. Die projek bevestig dat daar ’n potensiaal bestaan vir die praktiese ontwikkeling
van Stratolite stelsels. Daar is egter ’n hele paar uitdagings en probleme wat eers uit die weg geruim
sal moet word, voordat hierdie tegnologie ’n alledaagse werklikheid sal word.
|
Page generated in 0.0601 seconds