1 |
An investigation into the industry attractiveness of the management consulting industry in South AfricaKirsten, Kim Maria 03 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: This Study Project is entitled: "An Investigation Into The Industry Attractiveness Of The.
Management Consulting Industry In South Africa". The management consulting industry is
by no means a new or fledgling industry, with its roots dating back to the early 1900's where
it had a strong engineering orientation. The global consulting industry experienced a massive
growth phase during the late 1980's and during the 1990's, and was not only enormously
lucrative, but also a highly attractive industry. It now appears that the management consulting
industry has been negatively affected by global economic factors (such as recession,
globalisation, technology, terrorism) over the last few years, particularly in 2000 to 2002,
where is has now reached a stage of maturity and is in a period of major consolidation. This
global industry trend has been increasingly evident in South Africa (SA), and judging from
the way consulting firms have been restructuring, consolidating and revising their recruitment
policies (on a global scale) in the last few years, it appears that the industry could be
becoming less attractive than it has been in the past.
An important objective of this Study Project was to investigate the key issues and problems
facing the consulting industry, largely from the perspective of the clients who ultimately make
the decision to bring in a consultant. By conducting a strategic assessment of the
management consulting industry in South Africa, the ultimate objective was to determine the
fundamental attractiveness of the consulting industry at present.
To achieve the above objectives, it was determined that qualitative, investigative research
would be conducted, rather than a quantitative, numerative approach to data gathering. The
research methodology used in this Study Project was a combination of secondary and primary
-
research. Firstly, secondary research, in the form of an in-depth, global literature review was
conducted on the topic. Having established the key themes and issues facing the consulting
industry, primary research could then be conducted. This was achieved by conducting indepth,
personal interviews with key decision makers across client industries in South Africa,
to determine the current industry attractiveness of the management consulting industry.
The current down phase in both global and South African general economic business cycles,
has dictated that cost and value-added issues are top of mind in organisations where clients are no longer content to pay high fees, and not see meaningful results. And so, whilst
management consulting plays a definite role in a client organisation, a large gap has been
created for the small to medium specialist firms to grow, particularly in the local marketplace.
Clients feel that the small specialist firms are able to offer better value for money, more
personalised service, lower fees (as a result of lower overheads) and build a more sustainable
long-term relationship with them. Clients are also relying less on consultants to solve all their
problems, and are realising the excellence of their own internal resources.
Overall, the management consulting industry, both globally and particularly in South Africa,
is only averagely attractive at this present moment. It has definite attractions and uses to
clients, whilst simultaneously drawing serious concerns from the client firms who require
their services. Being in a mature phase of its life cycle, and given the current down phase in
the global economic cycle, the consulting industry is poised to either go into decline or
experience a resurgence of growth. Thus, it is how the consulting firms respond to the new
economic challenges placed upon them and how they respond to the criticisms which have
been brought to light, that will dictate which firms survive and which will not.
Finally, it is recommended that the relative attractiveness of the management consulting
industry (as conducted in this Study Project) be re-evaluated on a fairly regular basis in order
to understand the next stage in the life cycle of the industry, to provide clients and industry
players with insight into the factors influencing the consulting industry. And to provide an
independent resource to the consulting industry, to guide them in shaping their future
strategies for survival. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie Studieprojek is getiteld: "'n Ondersoek Na Die Aantreklikheid Van Die
Bestuurskonsultasie-industrie In Suid-Afrika". Die bestuurskonsultasie-industrie is geensins
'n jong, nuwe industrie nie. Sy wortels dateer terug na die vroeë 1900's waar dit 'n sterk
ingenieurs-oriëntasie gehad het. Die internasionale konsultasie-industrie het in die laat 1980's
en gedurende die 1990's 'n enorme groeifase beleef en was nie net geweldig winsgewend nie,
maar ook uiters aantreklik. Dit blyk egter nou dat die bestuurskonsultasie-industrie oor die
laaste paar jaar negatief beïnvloed word deur internasionale ekonomiese faktore (soos
resessie, globalisering, tegnologie, terrorisme). Dit is veral die geval in die tydperk 2000-
2002, waar dit nou 'n fase van volwassenheid bereik het en 'n tyd van konsolidasie beleef.
Hierdie internasionale industrie tendens word al meer in Suid-Afrika gemerk. Dit blyk, veral
uit die wyse waarop konsultasie firmas die afgelope paar jaar herstruktureer, konsolideer en
hul aanstellingsbeleid (op 'n internasionale skaal) in heroorweging neem, dat die industrie
minder aantreklik is as in die verlede.
'n Belangrike doelwit van hierdie Studieprojek was om die sleutelfaktore en probleme wat die
konsultasie-industrie in die gesig staar, te ondersoek - grootliks vanuit die perspektief van die
klant wat uiteindelik die besluit neem om 'n konsultant te raadpleeg. Deur 'n strategiese
ondersoek na die bestuurskonsultasie-industrie in Suid-Afrika te doen, was die hoofdoelwit
om die huidige fundamentele aantreklikheid van die konsultasie-industrie te ondersoek.
Om bogenoemde doelwitte te bereik, is kwalitatiewe, ondersoekende navorsing gedoen in
plaas van 'n kwantitatiewe, numeriese benadering van dataversameling. Die
navorsingsmetodologie wat in hierdie Studieprojek gevolg is, is 'n kombinasie van sekondêre
en primêre navorsing. Eerstens is sekondêre navorsing in die vorm van 'n indiepte,
internasionale literatuurstudie oor die onderwerp gedoen. Na bepaling van die sleuteltemas
wat die industrie in die gesig staar kon primêre navorsing aangepak word. Dit is gedoen deur
indiepte, persoonlike onderhoude met sleutelbesluitnemers in die Suid-Afrikaanse
klantesektor om sodoende die huidige aantreklikheid van die bestuurskonsultasie-industrie te
bepaal. Die huidige afwaartse neiging in beide die internasionale en Suid-Afrikaanse algemene
ekonomie en sakesektor, het dikteer dat koste en waardetoevoeging prioriteit het in
organisasies waar klante nie meer geneë is om hoë fooie te betaal terwyl hulle nie
betekenisvolle resultate sien nie.
En dus, terwyl bestuurskonsultasie 'n besliste rol speel in klante-organisasies, is daar 'n groot
gaping vir klein tot medium spesialiste om te groei, veral in die plaaslike mark. Klante voel
dat die klein spesialis-firmas beter waarde vir geld bied, 'n meer persoonlike diens lewer, laer
fooie (weens laer lopende koste) het en 'n langtermyn-verhouding met hulle bou. Klante steun
ook al minder op konsultante om al hul probleme op te los en besef die uitnemendheid van
hulle eie interne bronne.
In die algemeen kan gesê word dat die aantreklikheid van die bestuurskonsultasie-industrie,
beide internasionaal en veral Suid-Afrika, net gemiddeld is. Dit het besliste waarde en gebruik
vir klante, terwyl dit gelyktydig bekommernis bring vir die firmas wat die dienste benodig.
Die konsultasie-industrie, gegewe die volwasse fase van sy lewensiklus en die huidige
afwaartse fase van die internasionale ekonomiese siklus, kan óf 'n afname beleef óf 'n
oplewing wat kan lei tot groei. Dus, dit is hoe konsultasie-firmas reageer op die nuwe
ekonomiese uitdagings wat aan hulle gestel word en hoe hulle reageer op die kritiek wat tans
uitgewys word, wat sal bepaal watter firmas sal oorleef en watter nie.
Dit word aanbeveel dat die relatiewe aantreklikheid van die bestuurskonsultasie-industrie
(soos in hierdie Studieprojek gemeet) gereeld herevalueer word om die volgende fase in die
lewensiklus van die industrie te verstaan. Sodoende sal klante en rolspelers in die industrie se
aandag gevestig kan word op faktore wat die konsultasie-industrie beïnvloed. Dit sal ook 'n
onafhanklike bron bied om die industrie te lei in die bepaling van 'n toekomsstrategie om
oorlewing te verseker.
|
2 |
Dimensions of successful matrix managementJackson, Edna 03 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2004. / Page 34 of digitised copy may appear cut off due to the condition of the original hard copy. / ENGLISH ABSTRACT: This report looks at what is important for Matrix Management to be successful in an
organisation.
After evaluating sixteen articles it was found that eleven elements are critical when
implementing Matrix Management. These elements are:
• Communication
• Strong Leader
• Culture
• Rewards
• Skills in Teams
• Clear and Defined Goals
• Senior Management Support
• Defined Responsibility
• Accountability
• Procedures and Standards
The model that was developed aims to indicate that there are certain fundamentals that
an organisation needs to have in place before starting to work in a cross functional
manner. These fundamentals are: to understand the goals of the organisation and the
team, to develop procedures and standards (these should be communicated on a
continuous basis), to define the responsibilities within the organisation and team, and to
develop communication channels for internal and external communication. Next the
model examines culture, where it differentiates between organisational culture and team
culture. Organisation Culture includes innovation, respect for each other, rewarding and
accountability. Team culture looks at commitment, cooperation and accountabilities.
Then the model examines the three role players namely the senior management and
their support, strong team leadership and the team members that are empowered and
correctly skilled. All of these are interlinked through communication.
It appears that little has changed over the past twenty years with regards to the
fundamentals necessary to be successful. It is only the people and the organisations
themselves that have changed. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie verslag kyk na wat nodig is vir Matriks Bestuur om suksesvol te wees in 'n
organisasie.
Na die ontleding van sestien artikels is gevind dat elf elemente baie belangrik is tydens
die implementering van Matriks Bestuur. Hierdie elemente is:
• Kommunikasie
• Sterk Leier
• Kultuur
• Vergoeding
• Vaardighede in Spanne
• Duidelike Doelwitte
• Bemagtigde Lede
• Senior Bestuur Ondersteuning
• Gedefinieerde Verantwoordelikheid
• Toerekenbaarheid
• Prosedures en Standaardes
Die model wat ontwikkel is probeer om uit te wys dat daar sekere fundamentele
elemente is wat 'n organisasie in plek moet he voordat daar kruis-funksioneel begin werk
word. Die fundamentele elemente is: verstaan die doelwitte van die organisasie en
span, om prosedures en standaarde te ontwikkel (moet op 'n gereelde basis
gekommunikeer word), om die verantwoordelikhede binne die organisasie en span te
definieer, en om kommunikasie kanale vir interne en eksterne kommunikasie te
ontwikkel. Volgende kyk die model na kultuur waar dit onderskei tussen organisasiekuituur
en span-kultuur. Innovasie, respek vir mekaar, vergoeding en toerekenbaarheid
val onder Organisasie kultuur en verbondenheid, samewerking en toerekenbaarheid val
onder Span kultuur. Volgende kyk die model na die drie rolspelers naamlik senior
bestuur en hulondersteuning, sterk spanleierskap en spanlede wat vaardig en volmagtig
is. AI hierdie word deur kommunikasie verbind.
Dit blyk dat nie veel verander het gedurende die laaste twintig jaar ten opsigte van die
fundamentele elemente wat nodig is omsuksesvol te wees nie. Dit is slegs die mense
en organisasies wat verander het.
|
3 |
An evaluation of the suitability of guideline AC201 of the South African Institute of Chartered Accountants and of a new proposed method of inflation adjustmentPieterse, D. J. L.(Dirk Johannes Louis) January 1987 (has links)
Technical report (MBA) -- University of Stellenbosch, 1987. / University of Stellenbosch Business School / ENGLISH ABSTRACT: Two methods of inflation adjustments are explained and evaluated to
determine which method gives better results for a company with a
given capital structure. The objective was to lay down a method to
predict, without detai l and difficult ca l culus , the preferred method
to use for a company with a known financial structure . The resul ts
of the two methods and for differen t companies notated on the
Johannesburg Stock Exchange , are shown in the Appendices. / AFRIKAASE OPSOMMING: Twee metodes vir inflasie regstelling is verduidelik en geevalueer
ten einde vas te stel watter metode beter resultate lewer vir 'n
maatskappy met 'n gegewe kapitaalstruktuur. Die doelwit was om 'n
metode daar te stel om te voorspel. sander detail berekeninge.
watter metode verkieslik is vir 'n maatskappy met 'n bekende
finansiele struktuur. Die resultate van die twee metodes en vir
verskillende maatskappye genoteer op die Johannesburgse Effekte
Beurs is getoon in bylaagvorm.
|
4 |
Inkomsteverdeling by genoteerde RSA industriele ondernemingsGreeff, Yolanda 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 1989. / Some digitised pages may appear illegible due to the condition of the original hard copy. / ENGLISH ABSTRACT: see fulltext for abstract / AFRIKAANSE OPSOMMING: sien volteks vir opsomming
|
5 |
A strategic marketing approach to Internet marketing implementationHeckroodt, Steyn 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2000. / Some digitised pages may appear illegible due to the condition of the original hard copy. / ENGLISH ABSTRACT:
The Internet encompasses a wide range of applications. Since its arrival in the computer
technology industry, it has covered substantial grounds in the development as an
tool/medium to enhance commerce. It has also brought along with it problems and new
challenges to each level of managerial competence in the business world.
The researcher shows through this study project the importance of business strategy
and functional level strategy (marketing) as the basis for the implementation and
utilisation of Internet marketing as a marketing tool.
Conventional business and marketing practices are used in terms of strategic planning
and formulation, to illustrate the importance of the strategic factor when incorporating
the Internet into the daily business practices of companies. This study project relates
specifically to Internet marketing and elaborates on various aspects of the marketing
function to support the premise that the Internet is merely a tool, which can extend the
company marketer's existing capabilities. The researcher aims to suggest that the
Internet does change/extend numerous business practices, but the core principles in so
far as strategic management is concerned, still needs to be adhered to.
The researcher refers to numerous real life examples to highlight these points and make
the practical application of its guidelines in terms of Internet marketing implementation
and utilisation as easy as possible to understand and follow by the company marketer. / AFRIKAANSE OPSOMMING:
Die Internet behels 'n wye reeks toepassings. Sedert die verskyning van die Internet in
die rekenaar tegnologie bedryf, het dit aansienlike vordering gemaak ten opsigte van die
aanwending as 'n "medium" om besigheid te verbeter. Dit het egter ook sy eie probleme
en nuwe uitdagings saam gebring vir elke vlak van bestuursvernuf in die korporatiewe
besigheidsarena.
Die navorser toon by wyse van hierdie werkstuk die belangrikheid aan van 'n besigheidstrategie
en 'n funksionele vlak strategie - spesifiek bemarking - as die basis vir die
implimentering en aanwending van Internet bemarking.
Konvensionele besigheids- en bemarkings praktyke word gebruik, in terme van
strategiese beplanning en formulering, om die belangrikheid van die strategiese aspek
aan te toon wanneer dit kom by die inkorporering van die Internet by die daaglikse
besigheid van maatskappye. Aangesien die onderwerp van hierdie werkstuk spesifiek
verband hou met Internet bemarking, brei die navorser uit oor die verskeie aspekte van
die bemarkingsfunksie om sodoende sy siening te ondersteun. Dit is dat die Internet
slegs as 'n medium gebruik moet word om die bestaande bevoegdhede van die
bemarker uit te brei. Die navorser poog om aan te dui dat die Internet wel talle
bestaande besigheidspraktyke verander, maar dat die kern-beginsels in so verre
strategiese bestuur aan betref, steeds aandag moet geniet.
Die navorser verwys na verskeie werklike voorbeelde om hierdie punte te beklemtoon
en om die praktiese toepassing van die riglyne in terme van In Internet bemarkingstrategie
so maklik moontlik te maak om te verstaan en toe te pas deur die maatskappybemarker.
|
6 |
Estimating the input parameters of real optionsSchmähling, Tom 03 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The following study project was written by the author in the scope of his MBA
Program at the University of Stellenbosch. While the number of articles and books
that deal with the theory of real options is extremely large, the use of real options as
a valuation tool is not widely accepted in practice. The reason for this obvious
discrepancy is the fact that these papers and the models developed therein are
highly mathematical and require a thorough knowledge of statistical methods. There
are few papers or books that explain the fundamental ideas and basic techniques in
such a way that general managers are likely to be convinced that real options
valuation is an interesting and valuable tool. The purpose of this study project is to fill
this gap, to bring the theory of real options closer to a wider range of people and to
make it comprehensible for people who have not studied mathematics or finance.
To achieve this aim the study project consists of four parts. Recalling the well-known
concept of financial options, the first part explains in detail the basic idea of real
options theory. The second part deals with the different existing models that are used
to determine the value of real options. However, the focus lies on the
comprehensibility of these models and not on the pure mathematical side. In the third
and main part of this thesis the different variables that are needed for evaluating real
options are discussed and methods to determine realistic values of these variables
are explained. Some recommendations will be made as to what one ought to focus
on in determining the variables. A valuation with "real" data is discussed in the fourth
part. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die werkstuk is in die loop van die outeur se MBA-kursus aan die Universiteit van
Stellenbosch voltooi. Die aantal bronne en artikels wat betrekking het op die teorie is
eindeloos, terwyl die werklike opsies nog nie wyd aanvaar word in die praktyk nie.
Die rede vir die ooglopende verskil is die feit dat die artikels wat betrekking het op die
teorie en modelle hoogs wiskundig is en 'n deeglike kennis van statistiek vereis. Daar
is tans 'n tekort aan artikels en boeke wat die fundamentele idees en basiese
tegnieke van reële opsies verduidelik/oordra op so 'n manier dat dit deur algemene
bestuurders gebruik kan word. Die doel van die werkstuk is om hierdie probleem te
oorkom deur reële opsie valuasies aan 'n wyer gehoor bekend te stel wat nie 'n
wiskundige of finansiele agtergrond beskik nie.
Om bogenoemde doelwit te bereik, word die werkstuk in vier dele opgedeel. Die
eerste deel verduidelik die basiese beginsel van reële opsie teorie in groot detail. Die
tweede deeI dek die verskillende modelle wat tans gebruik word om reële opsies te
waardeer. Die fokus Iê egter op die verstaanbaarheid van die modelle en nie
noodwendig die wiskundige onder bou nie. In die derde en kerndeel van die
verhandeling word die verskillende metodes om reële opsies te waardeer, bespreek,
asook die maniere om realistiese waardes volgens verskillende metodes te vind. 'n
Waardasie met werklike data word in die finale deel aangebied.
|
7 |
Splitting of investing activities between replacement and expansion of fixed assetsMokoena, Khethang 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)-- Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The traditional cash flow statement consists of cash from operating activities, cash to
investing activities and cash from/to financing activities. In essence, literature
showed that, if cash from operating activities would be negative for two successive
years, such listed industrial company may be classified as fmancially inflexible,
resulting in a take-over by another company, a forced rights-issue or even a
delisting/bankruptcy.
The traditional cash from operating activities will be classified as EBIT - interest -
taxation + depreciation and +/- non-cash items +/- changes in working capital. To
enable capital-intensive companies to be classified as financially flexible or inflexible,
it was found necessary to identify replacement investment activities as opposed to
expansion investment activities. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die tradisionele kontantvloeistaat bestaan uit kontant uit bedryfsaktiwiteite, kontant
aan investeringsaktiwiteite en kontant van/aan finansieringsaktiwiteite. In essensie
het die literatuur aangedui dat, as kontant uit bedryfsaktiwiteite van twee
agtereenvolgende jare negatief is, sodanige genoteerde industriële maatskappy as
finansieel onbuigsaam geklassifiseer kan word en wat kan uitloop op 'n oorname deur
'n ander maatskappy, 'n geforseerde regte-uitgifte of selfs 'n denotering/bankrotskap.
Die tradisionele kontant uit bedryfsaktiwiteite sal geklassifiseer word as bedryfswins
- rente - belasting + depresiasie en +/- nie-kontantitems +/- veranderinge in
bedryfskapitaal. Om kapitaal-intensiewe maatskappye in staat te stel om geklassifiseer
te word as finansieel buigsaam of onbuigsaam, is daar bevind dat vervangende
investeringsaktiwiteite onderskei moet word van uitbreidings investeringsaktiwiteite.
|
8 |
The dimensions of successful matrix management, as applied to project managementJames, Celeste Claire 03 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: Over the last 20-30 years, the adoption of matrix management has become ever increasingly
popular especially in organizations developing new products and product lines.
As with any new organizational design or structure, problems are experienced. These problems
must be managed constructively in order for the organization to realize the design/structure's full
potential.
When managing problems associated with the matrix design, simple solutions can be sought:
• Know what the matrix can do, as well as know its limitations.
• Communicate this to all levels of staff in the organization.
• Ensure that conflict that arises from a dual command system is dealt with quickly.
On the other hand, capitalize on the matrix structure's advantages such as retain more
information, multi-skill staff and realize economies of scale.
The above are "old" management principles, however very sound.
The matrix in itself will not determine the success or the failings of the organization. The
responsibility lies with the management team and the maturity level of the organization. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die implementering van matriks bestuur, het gedurende die afgelope 2-3 dekades toenemend
gewild geraak, veral in ondernemings wat nuwe produkte- of produklyne ontwikkel. Dit is
inherent aan nuwe organisatoriese ontwerp of struktuurwysiging dat probleme ondervind word.
Hierdie probleme moet konstruktiefbestuur word, sodat die organisasie die volle potensiaal van
die nuwe of veranderde ontwerp of struktuur kan benut. Wanneer probleeme aangaande die
matriks ontwerp bestuur word, kan eenvoudige oplossings oorweeg word:
• Bekom 'n grondige kennis van die vermoëns van die matriks, sowel as die beperkings
daarvan.
• Verseker dat alle vlakke van personeel in die organisasie ten volle ingelig is.
• Pas konflik bestuur tydig toe indien probleme ontstaan ingeval van 'n tweeledige
rapportering/opdragstelsel.
Kapitaliseer egter op die voordele van matriks bestuur:
• Versamel en bestuur verbeterde inligting en inligtingstelsels.
• Opleiding van personeel vir meerdoelige take.
• Meer ekonomiese aanwending van beskikbare bronne.
Bogenoemde is "ou", maar tog bewese en gesonde bestuurspraktyke. Die matriks self, kan nie
die sukses of mislukking van 'n organisasie bepaal nie. Hierdie verantwoordlikheid is die taak
van die bestuurspan en die vermoënsvlak van die organisasie.
|
9 |
Towards a guide to successful matrix management in organisations : with specific reference to project managementSpofana, M. L. (Merriman Lungile) 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: Organisations are struggling to cope with the pace of change and the pressure is on for them
either to adapt or die. Consequently, project management has become the sought after
management process to deal with this unprecedented rate of change and for survival. Why is
project management so attractive recently? Is it because of its emphasis on teamwork and
multidisciplinary approach? Of course yes. Its holistic approach makes it very useful in
unfamiliar and risky projects in which information is either scanty or overwhelming. As the
business environment continues to become more chaotic, project management will continue to be
the management tool of the 21st Century.
The use of matrix organisation has been spreading in the last ten years in response to a number of
new needs. It has usually been a compromise between contradictory requirements and
particularly between pressures for a responsive and self-contained project or product organisation
and the greater efficiency, expertise and the economies of scale of a functional or departmental
structure. It has been seen as a way of dealing with greater environmental complexity and as a
more democratic alternative to traditional hierarchical structures.
This study project focuses on matrix management as a structuring tool for organisations in this
century. The literature study is conducted within the field of project management although
matrix management can fall in other fields of organisational development or strategic
management.
A guide to successful matrix management in organisations with specific reference to project management is examined by addressing questions like, why matrix management is
important for project management? What are the obstacles in organisations to the application of
matrix management? What are the rules and guidelines to make matrix management successful
in organisations? These and other questions on this subject are answered. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Organisasies sukkel om tred te hou met die vinnige tempo van verandering. Daar is voortdurend
meer druk op organisasies om aan te pas ten einde te oorleef. Om hierdie ongekende druk op
verandering en oorlewing te verwerk, het projekbestuur 'n gesogte bestuursproses geword. Is dit
omdat projekbestuur klem lê op spanwerk en multi-dissiplinêre benadering? Die antwoord is
vanselfsprekend ja. Die holistiese benadering van projekbestuur maak dit toepaslik in ongewone
en riskante projekte waar informasie kan wissel tussen uiters skaars of oorweldigend baie. Soos
wat die sake-omgewing meer chaoties word, behoort projekbestuur sy status as die
bestuurstegniek van die 21 ste eeu voort te sit.
Die aanwending van die matriksorganisasie het in die laaste tien jaar, in antwoord of verskeie
nuwe behoeftes, uitgebrei. Die organisasie-tipe is normaalweg 'n kompromis tussen teenstrydige
vereistes, en in besonder tussen die druk vir 'n lewenskragtige en selfonderhoudende projek- of
produkorganisasie, en die groter doeltreffendheid, kundigheid, en ekonomieë van skaal van 'n
funksionele of departementele struktuur. Die word gesien as 'n manier om met meer komplekse
omgewings oor die weg te kom, en ook as 'n meer demokratiese alternatief tot die klassieke
hierargiese struktuur.
Hierdie studie-projek fokus op matrikbestuur as 'n tegniek van die organisasie-ontwerp vir
hierdie nuwe eeu. Die literatuurstudie word beperk tot die veld van projekbestuur, alhoewel daar
ook in ander studievelde van organisasie-ontwikkeling of strategiese bestuur aandag aan
matrikbestuur gegee word. 'n Riglyn vir suksesvolle matriksbestuur in organisasies, met spesifieke verwysing na
projekbestuur, word ondersoek deur seker pertinente vrae te vra. Waarom is matriksbestuur
belangrik vir projekbestuur? Watter struikelblokke is daar in organisasies met betrekking tot die
toepassing van matriksbestuur? Wat is die reëls en riglyne vir die suksessvolle aanwending van
matriksbestuur in organisasies? Antwoorde op hierdie, en ander soortgelyke vrae rondom die
onderwerp, word met hierdie studie verskaf.
|
10 |
Towards an understanding of the authority gap in project managementNorris, Anthony (Anthony Deon) 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study was to establish an understanding of the authority gap in current project
management practices. The research took the form of a literature review on the topics related to
authority relations in general, and authority relations in project management.
The study begins by analysing authority and it becomes apparent that while most people
intuitively understand what authority means, it is a complex subject that cannot be explored
completely within the limitations of this study. However, an overview of authority, and the
authority relations that exist between people are presented. Factors such as politics, power and
influence determine authority relations between people, and these factors are explored to
establish the connection between them and authority. It is seen from the literature review that
people can use their influence over people to gain a power base where no formal power base
existed. It is shown that it is possible for people to build up a number of power bases using
various influence techniques.
The study continues by discussing the evolution of project management and the concept of
organisational culture respectively. Project management in the 1960's was vastly different from
current project management practices. This is mainly due to modem organisations using project
management as a strategic tool in order to decrease research and development time, and serve
customers better. It is seen that matrix management is widely used in modem project
management and that the culture of an organisation is an important factor to consider when
organisations are implementing project management. The penultimate chapter describes the authority relations specific to project management, and
how organisational politics have a pivotal role in project management. It is shown that politics is
an inevitable part of project management, and that project managers need to be astute political
players in order to bridge the authority gap.
The final chapter gives the conclusion and recommendations of the study. The main conclusion
reached is that the authority gap still exists in current project management practices, thus human
relations and organisation politics are playing a major role in project management. Project
managers need to be astute political players and develop various forms of authority in order to
ensure project success.
A series of recommendations is given to organizations and project managers, which will assist in
closing the authority gap. It is also recommended that empirical research be carried out in order
to practically define the authority gap. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om insig te kry in die gesagsgaping in huidige praktyke in
projekbestuur. Die narvorsing is gegrond op 'n literatuuroorsig van die onderwerpe wat
betrekking het op gesagsverhoudings oor die algemeen, en gesagsverhoudings in projekbestuur.
Die studie begin met 'n ontleding van gesag, en dit blyk duidelik dat hoewel die meeste mense 'n
intuïtiewe begrip het van wat gesag beteken, dit 'n komplekse onderwerp is wat nie volledig
binne die beperkings van hierdie studie ondersoek kan word nie. 'n Oorsig oor gesag en die
gesagsverhoudings wat tussen mense bestaan, word egter aangebied. Faktore soos politiek, mag
en invloed bepaal gesagsverhoudings tussen mense en word hier ondersoek om die verband
tussen hierdie faktore en gesag vas te stel. Die literatuuroorsig toon dat mense hulle invloed oor
ander kan inspan om 'n magsbasis te bekom waar daar nie 'n formele magsbasis bestaan nie.
Daar word getoon dat dit vir mense moontlik is om 'n hele aantal magsbasisse te bou deur die
gebruik van verskeie beïnvloedingstegnieke.
Die studie bespreek voorts die ewolusie van projekbestuur en die konsep van organisasie-kultuur,
respektiewelik. Projekbestuur in die 1960's het geweldig verskil van die projekbestuurspraktyke
van vandag. Die hoofrede hiervoor is dat moderne organisasies projekbestuur as 'n strategiese
middel gebruik om navorsing-en-ontwikkelingstyd te verminder en beter diens aan kliënte te
lewer. Daar word gesien dat matriksbestuur algemeen in moderne projekbestuur gebruik word en
dat die kultuur van 'n organisasie 'n belangrike faktor is om in ag te neem wanneer organisasies
projekbestuur implementeer. Die voorlaaste hoofstuk beskryf die gesagsverhoudings wat betrekking het op projekbestuur en
hoe organisasie-politiek 'n sleutelrol in projekbestuur speel. Daar word getoon dat politiek 'n
onvermydelik deel van projekbestuur is en dat projekbestuurders bedrewe politieke spelers moet
wees om die gesagsgaping te oorbrug.
Die finale hoofstuk bevat die gevolgtrekkings en voorstelle van die studie. Die belangrikste
gevolgtrekking wat bereik is, is dat daar steeds 'n gesagsgaping in huidige
projekbestuurspraktyke bestaan en dat menslike verhoudings en die politiek van 'n organisasie
dus 'n hoofrol in projekbestuur speel. Projekbestuurders moet die politieke spel slim kan speel
en verskeie vorms van gesag ontwikkel om die sukses van 'n projek te verseker.
'n Reeks aanbevelinge word gegee aan organisasies asook projekbestuurders wat sal help om die
gesagsgaping te verminder. Daar word ook aanbeveel dat meer navorsing gedoen word om die
gesagsgaping prakties te definieer.
|
Page generated in 0.2154 seconds