• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 47
  • 40
  • 8
  • 8
  • Tagged with
  • 108
  • 108
  • 108
  • 107
  • 95
  • 62
  • 62
  • 51
  • 51
  • 34
  • 25
  • 23
  • 22
  • 20
  • 19
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
101

Reading strategy instruction in grades 4 to 6 : towards a framework for implementation

Klapwijk, Nanda Maria 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This study focuses on the effect of a reading strategy instruction research intervention on teachers and learners in Grade 4 to 6 at a primary school in the Western Cape. Literacy levels for South African Intermediate Phase learners remain at a disturbingly low level and Systemic Evaluation Assessments performed by the Department of Education show that reading, and more specifically reading comprehension, is a serious area of concern. A closer look at the Revised National Curriculum Statement and in-service as well as pre-service teacher training courses reveals that while teachers are trained to teach reading, very little, if any, focus is placed on training them how to teach comprehension. With a growing trend towards English as language of instruction for multilingual, non-English first language learners, the need to equip learners with ways of constructing meaning from texts becomes ever more crucial. This study addresses the need for reading comprehension through the use of reading strategies – conscious tools that readers can be taught to improve their individual meaning-making efforts during the reading process. The study implements reading strategies through an intervention based on pre-selected reading strategies set within a structured teaching approach which aims to provide teachers (and learners) with adequate guidance and support for implementing reading strategies. Through a case-study design this study utilises a mixed-method methodology for gathering both quantitative and qualitative data. The quantitative data serve to provide baseline data of selected reading-related abilities for learners before the start of the intervention, and to provide comparative data for specific measurements taken before and after the intervention. The qualitative data, gathered through classroom observations, unstructured interviews and obtaining samples of learners‘ work, provide rich, in-depth data about how teachers and, to a lesser extent, learners took on reading strategy instruction, and what factors influenced them in the process. This study found that a multitude of factors affect the uptake of strategy instruction as part of everyday teaching practice, and, furthermore, that teachers and learners move through distinct phases in their uptake of reading strategy instruction. While the study highlights a number of issues that are important to reading strategy instruction in Grades 4 to 6 in South Africa, a few of the more pertinent issues are the following: (1) teachers seem to need specific basic knowledge of language and texts for effective reading strategy instruction to take place (and very little, if any, research seems to address this issue), (2) the frequency of reading strategy instruction seems crucial to its success – the more often, the better, (3) engagement with teachers over a longer period is necessary for effective change in their instructional methods to take place, and (4) the gap between research and practice (that which is taught in classrooms) remains considerable. The findings of this study, while specific to reading strategy instruction, contribute to the rapidly-growing body of knowledge on reading comprehension instruction, (particularly within a multilingual environment) and teacher development from the basis of research that is focused on changing teacher practice. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus op die uitwerking van ‗n intervensie oor die onderrig van leesstrategieë op Graad 4 tot 6 onderwysers en leerders by ‘n Wes-Kaapse laerskool. Die geletterdheidsvlakke van Suid-Afrikaanse leerders in die Intermediêre Fase bly kommerwekkend laag, en Sistemiese Evalueringstoetse wat deur die Departement van Onderwys gedoen is, toon dat lees, en meer spesifiek leesbegrip, ‘n ernstige bron tot kommer is. Wanneer in meer detail gekyk word na die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring, asook na die opleidingskursusse van diensdoenende onderwysers en onderwysstudente, blyk dit dat hoewel onderwysers geleer word hoe om lees te onderrig, daar min, indien enige, fokus geplaas word op die onderrig van leesbegrip. Met die toename in die gebruik van Engels as taal van onderrig vir meertalige, nie-Engelssprekende eerstetaal-leerders word dit al hoe meer belangrik dat leerders weet hoe om betekenis uit tekste te skep. Hierdie studie maak gebruik van leesstrategieë om die behoefte aan leesbegrip aan te spreek – leesstrategieë is metodes wat leerders kan aanleer om bewustelik toe te pas om hul individuele pogings tot betekenisskepping te verbeter. Die studie implementeer leesstrategieë d.m.v. ‘n intervensie wat van voorafgeselekteerde leesstrategieë gebruik maak en waarvan die opleiding sodanig gestruktureer is dat onderwysers (en leerders) die gepaste leiding en ondersteuning gebied word vir die implementering van leesstrategieë. Die studie gebruik ‘n gevallestudie-ontwerp tesame met ‘n ‚gemengde-metode‘ metodologie wat vir die insameling van beide kwantitatiewe en kwalitatiewe data voorsiening maak. Die kwantitatiewe data verskaf basisdata oor geselekteerde leesverwante vermoëns vir leerders voor die aanvang van die intervensie, en dien as vergelykbare data vir spesifieke metings voor en na die intervensie. Die kwalitatiewe data, wat ingesamel is deur klaskamerwaarnemings, ongestruktureerde onderhoude en voorbeelde van leerders se werk, verskaf ryk, diepgaande data oor hoe onderwysers en, tot ‘n mindere mate, leerders die onderrig van leesstrategieë aangeneem het, en watter faktore hulle in hierdie proses beïnvloed het. Hierdie studie het bevind dat ‘n verskeidenheid faktore ‘n invloed het op die aanvaarding van strategie-onderrig as deel van alledaagse onderrigpraktyk, en veral dat onderwysers en leerders deur spesifieke fases beweeg in hul aanvaarding van leesstrategie-onderrig. Hoewel die studie lig werp op verskeie belangrike kwessies vir die onderrig van leesstrategieë in Graad 4 tot 6 in Suid-Afrika, is ‘n paar van die meer pertinente kwessies die volgende: (1) dit blyk dat onderwysers spesifieke basiese kennis van taal en tekste nodig het vir effektiewe onderrig van leesstrategieë (en dat min, indien enige, navorsing skynbaar hierdie kwessie aanspreek), (2) die gereeldheid van leesstrategie-onderrig blyk kritiek tot die sukses daarvan te wees – hoe gereelder, hoe beter, (3) betrokkenheid by onderwysers oor ‗n langer tydperk is nodig om te verseker dat hulle hul onderrigpraktyk verander, en (4) die gaping tussen navorsing en realiteit (dit wat in klaskamers onderrig word) blyk steeds aansienlik te wees. Hierdie studie se bevindinge, hoewel spesifiek gerig op die onderrig van leesstrategieë, dra by tot die snelgroeiende kennisveld oor die onderrig van leesbegrip (veral in ‘n meertalige omgewing) en die ontwikkeling van onderwysers vanuit die oogpunt van wat vereis word om onderrigpratkyk te verander.
102

A curriculum framework for consumer learning at a higher education institution

Crafford, S. 12 1900 (has links)
Thesis (PhD (Education)--University of Stellenbosch, 2006. / 287 leaves printed as single pages, preliminary pages i-xxii and numbered pages 1-253. Includes bibliography and appendixes. Digitized at 600 dpi grayscale to pdf format (OCR), using a Bizhub 250 Konica Minolta Scanner. / ENGLISH ABSTRACT: This study is aimed at developing a curriculum framework for consumer learning at a higher education institution, using a case study design. To determine the need for consumer learning at the Cape Peninsula University of Technology - the "bounded context" of the study - a situation analysis was conducted as the first phase of curriculum development. Methods to triangulate data included the use of quantitative and qualitative research methods, together with a thorough literature study. The two sets of empirical data were obtained from two research instruments, namely self-administered survey questionnaires and semistructured interviews with learning facilitators (lecturers) at the institution. The survey amongst first-year students was used to assist in the needs assessment for curriculum development at the CPUT and to determine the knowledge, skills, values and attitudes of first-year respondents regarding consumer rights and responsibilities, as well as other consumer-related issues. This not only provided data to analyse the situation, but also assisted in the planning and development of a curriculum framework for consumer learning. The researcher used semi-structured interviews to determine the views and perceptions of learning facilitators regarding the importance of consumer learning, and to gauge the need for such learning at the institution. Aspects relating to the contents, teaching strategies, level of introduction, potential for critical crossfield outcomes development, benefits and major obstacles in the implementation and/or integration into the curriculum were also investigated. The two-tiered situation analysis indicated that students expressed a clear need for consumer learning at the Cape Peninsula University of Technology, especially regarding the areas of consumer rights and responsibilities. The importance of consumer learning and the "readiness climate" from the perspective of the learning facilitators was also clearly established. The study culminated in the development of a curriculum framework for consumer learning that is compatible with the requirements of the South African Qualifications Authority and the Higher Education Qualifications Framework in South Africa. Key findings reported in the form of a curriculum framework could serve as a guideline for the planning and implementation of a consumer learning programme at the Cape Peninsula University of Technology. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie is onderneem met die doel om 'n kurrikulumraamwerk vir verbruikersleer aan 'n hoëronderwysinstelling te ontwikkel. 'n Gevallestudiebenadering is gebruik om die sosiale verskynsel van verbruikersleer te ondersoek. Om die behoefte aan verbruikersleer aan die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie - die konteks van die studie - te bepaal, is 'n situasie-analise onderneem as die eerste fase van kurrikulumontwikkeling. Metodes van triangulasie in hierdie navorsing sluit die benutting van kwantitatiewe en kwalitatiewe gegewens in, asook 'n literatuurstudie. Die twee stelle empiriese gegewens is verkry vanuit 'n selfgeadministreerde opnamevraelys aan studente en onderhoude met leerfasiliteerders (dosente) aan die instelling. Die doel van die opnamevraelys was om te help met die behoeftebepaling vir kurrikulumontwikkeling aan die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie, en veral om die kennis, vaardighede, waardes en houdings van eerstejaarrespondente met betrekking tot verbruikersregte en -verantwoordelikhede te bepaal. Dit het nie alleen insig in die situasie-ontleding gegee nie, maar het ook gehelp met die beplanning en ontwikkeling van 'n kurrikulumraamwerk vir verbruikersleer. Die doel met die gebruik van semi-gestruktureerde onderhoude in hierdie studie was om die navorser in staat te stel om die sienswyse en persepsies van leerfasiliteerders met betrekking tot die belangrikheid van verbruikersleer, asook die behoefte daarvoor by die instelling te bepaal. Aspekte wat verband hou met die inhoud, onderrigstrategieë, vlak van bekendstelling, potensiaal vir kritieke uitkomsontwikkeling, voordele en vernaamste struikelblokke in die implementering en/of integrasie van die kurrikulum is ook getoets. Die situasie-analise dui daarop dat studente aan die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie 'n behoefte het aan verbruikersleer, veral met betrekking tot die bevordering van verbruikersregte en -verantwoordelikhede. Die belangrikheid van verbruikersleer en die "gereedheidsklimaat" daarvoor vanuit die perspektief van die leerfasiliteerders is ook bevestig. Die resultaat van die navorsing het gelei tot die ontwikkeling van 'n kurrikulumraamwerk vir verbruikersleer wat versoenbaar is met die vereistes van die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-Owerheid en die van die Hoëronderwys Kwalifikasieraamwerk in Suid-Afrika. Sleutelbevindings in verband met verbruikersleer is ook in die raamwerk opgeneem. Hierdie bevindings kan as 'n riglyn dien vir die beplanning en implementering van 'n verbruikersleerprogram aan die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie.
103

A framework for effective practice in community engagement in higher education in a postgraduate programme at North-West University

Wilson, Lizane 03 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / Bibliography / ENGLISH ABSTRACT: During the past number of years, the pressure on universities worldwide, including universities in South Africa, has increased to bridge the gap between higher education and society. This includes becoming active partners with its communities. Therefore, the importance of community engagement as one of the three pillars of higher education, alongside teaching and learning, and research, has gained considerable momentum. Higher education institutions in South Africa are also increasingly challenged to elevate the status of their teaching and to raise their levels of community engagement. This also pertains to the area of postgraduate education, which points to the need for a close relationship between teaching, learning and research. The aim of this study was to develop a contextualised and integrated curriculum framework for community-engaged teaching, learning and research in a postgraduate Play Therapy programme. This was done using a contextualised perspective on higher education with reference to current higher education legislation in South Africa as well as curriculum development in general. A literature review of community engagement provided a perspective on the current state of community engagement - nationally, as well as internationally. The study used a qualitative single case study design and an interpretive paradigm to generate empirical data. The first phase of the empirical part of the study focused on determining the current state of community engagement within the postgraduate Play Therapy programme. Data was generated using questionnaires completed by current students and lecturers. In the second phase of the empirical study, semi-structured interviews were conducted with lecturers from 13 national as well as international higher education institutions to review curriculum frameworks and content from other higher education community engagement models. The last empirical phase included two focus groups, one with current students and one with current lecturers in the postgraduate Play Therapy programme under investigation. From the findings of the study, a curriculum framework emerged which outlines community engagement within the postgraduate programme. The emerging framework points to the need for a stronger integration of teaching and learning with community engagement (service component) through service learning. In the South African context and within the programme that was investigated, service learning provides for engaged learning which includes experiential learning and opportunities for students to engage in interactive and experiential processes. The study has also pointed out that research within the postgraduate programme should reflect, in a much stronger way, links to community-based research. Such links may benefit a scholarship of engagement. Also, the research component of the programme needs to be linked more closely to teaching and learning in order to better inform the curriculum in terms of trends, needs and priorities. These activities need to take place within community partnerships with a reciprocal benefit to both the programme and the communities involved. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Universiteite wêreldwyd, asook in Suid-Afrika, het gedurende die afgelope paar jaar druk ervaar om die gaping tussen hoër onderwys en die gemeenskap te verminder. Dit sluit in om aktiewe vennote van gemeenskappe te word. Die belangrikheid van gemeenskapsbetrokkenheid as een van die drie pilare van hoër onderwys, saam met leer, onderrig en navorsing, het dus aansienlik toegeneem. Hoëronderwysinstansies in Suid-Afrika word ook uitgedaag om die stand van hul leer en onderrig te verhoog en die vlakke van hul gemeenskapsbetrokkenheid te versterk. Dit geld ook vir nagraadse opleiding, wat neerkom op 'n hegter verband tussen leer, onderrig en navorsing. Die doel van hierdie navorsing was om 'n gekontekstualiseerde en geïntegreerde kurrikulumraamwerk vir gemeenskapsgerigte leer, onderrig en navorsing binne 'n nagraadse program in Spelterapie te ontwikkel. Dit is gedoen deur 'n kontekstuele oorsig van hoër onderwys te gee met verwysing na die huidige hoëronderwys-wetgewing in Suid-Afrika asook 'n oorsig oor kurrikulumontwikkeling. 'n Literatuuroorsig van gemeenskapsbetrokkenheid het perspektief op die huidige stand van gemeenskapsbetrokkenheid landwyd én wêreldwyd verskaf. Hierdie studie berus op 'n kwalitatiewe enkelgevallestudie-ontwerp en benut 'n interpretatiewe paradigma om die empiriese data te genereer. Die eerste fase van die empiriese gedeelte van die studie was gerig op die bepaling van die huidige stand van gemeenskapsbetrokkenheid in die meestersprogram in Spelterapie. Data is gegenereer deur die gebruik van vraelyste wat deur huidige studente en dosente ingevul is. In die tweede fase van die empiriese studie is semi-gestruktureerde onderhoude met dosente van 13 nasionale asook internasionele hoëronderwysinstansies gevoer om die kurrikulumraamwerke en inhoud van ander hoër instansies se gemeenskaps-betrokkenheidsmodelle te verken. Die laaste empiriese fase sluit twee fokusgroepe in - een met huidige studente en een met huidige dosente in die meestersprogram in Spelterapie, wat die onderwerp van hierdie studie uitmaak. 'n Kurrikulumraamwerk het vanuit die bevindinge van die studie ontstaan wat 'n uiteensetting van gemeenskapsbetrokkenheid in die meestersprogram in Spelterapie verskaf. Die opkomende raamwerk dui op die behoefte aan sterker integrasie van leer en onderrig met gemeenskapsbetrokkenheid (dienskomponent) deur middel van diensleer. In die Suid-Afrikaanse konteks en in die program wat ondersoek is, bied diensleer die geleentheid vir betrokke leer wat die volgende insluit: ervaringsleer en geleenthede vir studente om betrokke te raak by interaktiewe ervaringsprosesse. Die studie het ook uitgewys dat navorsing in die meestersprogram op 'n baie sterker wyse die verband met gemeenskapsgerigte navorsing moet reflekteer. Hierdie konneksies kan ook die vakkundigheid van betrokkenheid versterk. Daarby moet die navorsingskomponent van die program nader aan leer en onderrig beweeg sodat die kurrikulum altyd die jongste tendense, behoeftes en prioriteite weerspieël. Hierdie aktiwiteite moet in gemeenskapsvennootskappe plaasvind om voordele vir die program sowel as die betrokke gemeenskappe te bied.
104

The impact of the National Qualifications Framework on Higher Education with specific reference to access, teaching and learning : a case study

Matentjie, Tshepiso 04 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study was to investigate the impact of the NQF on higher education institutions focussing specifically on access, teaching and learning. The study aimed to answer the following research questions: What was the impact of the NQF on increasing access to higher education? In particular how did the RPL process facilitate access into the University of Pretoria? Secondly, how did the NQF influence the processes of teaching and learning at this particular institution? And finally, why did the NQF have differential impacts on different faculties within the same higher education institution? To gain the end-users’ perspective, a case study of the University of Pretoria was conducted. Data was gathered using interviews with ten senior members of staff at the university working in nine different departments, and student records indicating admissions through RPL into the University of Pretoria as well as relevant institutional documents. The findings suggest that the impact of the NQF on access, teaching and learning differed across departments, resulting in a partial implementation of the policy. This was facilitated by factors inherent in the policy itself and factors inherent to the institution. The influence of external factors such as professional bodies on teaching and learning practices of end-users at the University of Pretoria posed a major challenge against NQF implementation. The motivations leading to NQF implementation are not directly linked to the NQF policy per se, although they resulted in portraying the extent of change to access, teaching and learning along a continuum that distinguished between departments that ‘blindly complied’, that selectively adapted and those that strategically avoided implementation of the policy. Indications for further research are that a wider look at the impact of the NQF on access, teaching and learning in higher education is less revealing than a more focussed investigation. Future research should zoom-in on individual departments within higher education institutions to reveal the deeper and more nuanced impact of the NQF. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om die impak van die NKR (NQF) op veral toegang, onderrig en leer in hoër onderwysinstellings te ondersoek. Die studie poog om die volgende navorsingsvrae te beantwoord: Watter impak het die NKR op toenemende toegang tot hoër onderwys? Hoe fasiliteer die EVL-proses ("RPL process") toegang tot die Universiteit van Pretoria? Hoe beïnvloed die NKR die onderrig- en leerproses aan hierdie spesifieke instelling? Ten slotte, waarom het die NKR 'n differensiële invloed op verskillende fakulteite binne dieselfde hoër onderwysinstelling? Ten einde die uiteindelike gebruiker se perspektief te bepaal, is 'n gevallestudie aan die Universiteit van Pretoria uitgevoer. Data is ingesamel uit onderhoude met tien senior personeellede wat in nege verskillende departemente werk, studenterekords aangaande toelating tot die Universiteit van Pretoria deur EVL, en ook relevante institutêre dokumente. Die bevindinge impliseer dat die impak van die NKR op toegang, onderrig en leer van departement tot departement verskil en dat dit lei tot 'n gedeeltelike implementering van die beleid. Dié verskil is aangehelp deur faktore wat inherent is aan die beleid, maar ook faktore inherent aan die instelling. Die invloed wat eksterne faktore soos professionele liggame op die onderrig- en leerpraktyke van finale gebruikers aan die Universiteit van Pretoria het, is 'n groot struikelblok vir die implementering van die NKR. Motiverings wat lei tot die implementering van die NKR is nie noodwendig aan die NKR-beleid gekoppel nie, alhoewel dit daartoe gelei het dat die mate van verandering in toegang, onderrig en leer op 'n kontinuum aangedui is. Hierdie kontinuum onderskei tussen departemente wat die beleid "blindelings navolg", ander wat dit selektief aanpas en nog ander wat die implementering van die beleid strategies vermy. Aanduidings vir verdere navorsing is dat 'n breë ondersoek van die NKR se impak op toegang, onderrig en leer in hoër onderwys minder beduidend is as 'n meer spesifieke ondersoek. Toekomstige navorsing behoort te fokus op individuele departemente binne hoër onderwysinstellings ten einde 'n indringender en meer genuanseerde impak van die NKR te bepaal.
105

Natuurwetenskaponderwysers se vakinhoudelike kennis en begrip van die Aardwetenskappe

De Beer (nee Jordaan), Maria C. 12 1900 (has links)
Thesis (MEd (Curriculum Studies))--Stellenbosch University, 2008. / The numerous changes to the South African education system since January 1998 have had far reaching effects on schools and the training of educators (Government Gazette, 31 May 2002:13). Changes in subject content have occurred in various subjects, and the General Science (now Natural Science) syllabus is no exception. The General Science syllabus previously catered mainly for Chemistry, Physics and Biology, but the Curriculum 2005 (C2005) Natural Science syllabus includes subject matter on Physical Geography (Climatology, Astronomy, and Geomorphology) (Department of Education, 2002b:6). The problem with this is that educators that previously taught General Science are not necessarily qualified to present the Physical Geography component of the new syllabus. This study investigates the impact of the changes in the new curriculum. The review of existing literature on curriculum development in Natural Science education in South Africa emphasises key changes made in the development and implementation of C2005 and the Revised National Curriculum Statement (RNCS). It also explores the characteristic features of misconceptions, before considering specific misconceptions in Natural Sciences. The first part of the two-tiered empirical investigation is based on the results of questionnaires and interviews completed by different groups of Natural Sciences educators. The questionnaires, which drew in part on existing questionnaires used in similar studies, were based on information used for the literature review. The second part of the empirical investigation consisted of interviews conducted with Natural Sciences Departmental Heads at randomly selected schools. An attempt was made to determine how these senior educators experienced the implementation of C2005 and RNCS and what their attitude to the new curriculum were. The data obtained from the questionnaires and the subsequent interviews were categorised, interpreted and coded for statistical processing.
106

Promoting social change amongst students in higher education : an evaluation of the listening, living and learning senior student housing programme at Stellenbosch University

Dunn, Munita 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The positioning of Stellenbosch University in a rapidly changing higher education context necessitates transformation, the promotion of diversity, and social integration among all students on campus. Although a vast variety of recruitment and support initiatives are in place to diversify the student population and to enhance student success, it is not sufficient to simply widen access for African, coloured and Indian students to Stellenbosch University. Change with regard to the institutional culture and social climate of the institution also needs to be effected. One intervention aimed at achieving this is the Listening, Living and Learning programme, promoting social change among students. The Listening, Living and Learning (LLL) programme is a senior student housing programme, and a co-curricular living-learning community, and is the first of its kind in South Africa. The students in the LLL houses are ideally a diverse group of students, learning to live together, hosting conversations with guest speakers about the theme of their house and participating in a small project. The initiative aims to develop students as agents of change. Since its establishment in 2008, the outcomes of the LLL programme have not yet been evaluated. This study is embedded in a broader programme evaluation of the LLL initiative and evaluated only one of the programme outcomes: increased levels of interaction among students in a LLL house lead to reduced stereotyping and diminished bias. All the students enrolled in LLL for 2013 (N=99) participated in the study. An applied, quantitative approach was followed. A web-based, electronic survey (Student Attitude Questionnaire) was conducted in a one-group pre-test post-test design that was completed by 79 students. The questionnaire measured tolerance towards five constructs of ‘the other’ – gender, race, language, socio-economic status and nationality. The results indicated for all five constructs – gender, language, race, socio-economic status and nationality – a change in senior students’ stereotypical and discriminatory attitudes, increasing to a more intolerant level from the pre-test to the post-test. The changes were not statistically significant. The deduction can be made that increased levels of interaction among students in a LLL house, over a five-month period, did not lead to reduced stereotyping and diminished bias. The short timespan between measurements and the adjustment, as well as developmental processes of the students, impacted the results. However, valuable information was gathered in terms of students’ interpersonal and intrapersonal development; as well as feedback on the programme content and outcome. This research study contributes, firstly, to a starting point for discussion to allow HEIs to consider learning communities as part of the co-curricular sphere in South Africa. Secondly, the research indicated the vital role learning communities play in students’ in-class and out-of-class development. Thirdly, the study highlights the need for discussion and research on the integration of curricular and co-curricular learning in South Africa, as well as the establishing of partnerships between all role players in student affairs and faculty. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Universiteit van Stellenbosch se posisie in die vinnige veranderende konteks van hoër onderwys noodsaak transformasie, bevordering van diversiteit en sosiale integrasie van alle studente op kampus. Al is ’n groot verskeidenheid werwing- en steuninitiatiewe in plek om die studentepopulasie te diversifiseer en studentesukses te bevorder, is dit nie genoeg om slegs toegang na die Universiteit van Stellenbosch vir swart, bruin en Indiër studente te vergemaklik nie. Daar moet ook veranderinge aan die institusionele kultuur en sosiale klimaat van die inrigting teweeggebring word. Een intervensie wat daarop gemik is om dit te bereik deur sosiale verandering onder studente te bevorder, is die Luister-, Leef- en Leerprogram. Die Luister-, Leef- en Leerprogram (LLL) is ’n behuisingsprogram vir senior studente en ’n ko-kurrikulêre leefgemeenskap, die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Die studente in die LLL-huise is idealgesproke ’n diverse groep studente wat leer om saam te leef, gasheer speel vir gesprekke oor hulle huis se tema met sprekers van buite en deelneem aan ’n klein projek. Die inisiatief het ten doel om studente as veranderingsagente te ontwikkel. Sedert dit in 2008 begin is, is die uitkomste van die LLL-program nog nie geëvalueer nie. Hierdie studie is gesetel in ’n breër programevaluering van die LLL-initiatief en evalueer slegs een van die program se uitkomste: hoër vlakke van interaksie tussen studente in ’n LLL-huis lei tot die vermindering van stereotipering en bevooroordele. Al die studente wat in 2013 vir LLL ingeskryf is (N=99), het aan die studie deelgeneem. ’n Toegepaste, kwantitatiewe aanslag is gevolg. ’n Webgebaseerde, elektroniese opname (“Student Attitude Questionnaire”) is gemaak volgens ’n eengroep-voortoets-natoets-ontwerp wat deur 79 studente voltooi is. Die vraelys meet verdraagsaamheid teenoor vyf konstruksies van ‘die ander’ – geslag, ras, taal, sosio-ekonomiese status en nasionaliteit. Die resultate dui op ’n verandering in senior studente se stereotiperende en diskriminerende houdings in al vyf konstruksies – geslag, taal, ras, sosio-ekonomiese status en nasionaliteit – met ’n verhoging na ’n meer onverdraagsame vlak vanaf die voortoets na die natoets. Die veranderinge was nie statisties beduidend nie. Die afleiding kan gemaak word dat die verhoogde vlakke van interaksie tussen studente in ’n LLL-huis oor ’n periode van vyf maande nie gelei het tot verminderde stereotipering en bevooroordele nie. Die kort tydperk tussen opnames en die aanpassing sowel as die ontwikkelingsprosesse van die studente het ’n impak op die resultate gemaak. Waardevolle inligting is egter ingesamel oor studente se interpersoonlike en intrapersoonlike ontwikkeling sowel as terugvoer op die program se inhoud en uitkomste. Hierdie navorsingstudie dra eerstens by tot ’n beginpunt vir die bespreking dat inrigtings vir hoër onderwys leergemeenskappe as deel van die ko-kurrikulêre terrein in Suid-Afrika beskou. Tweedens dui die navorsing op die belangrike rol wat leergemeenskappe in studente se binne- en buiteklasontwikkeling speel. Derdens beklemtoon die studie die behoefte aan bespreking en navorsing oor die integrasie van kurrikulêre en ko-kurrikulêre leer in Suid-Afrika, sowel as die behoefte aan vennootskappe tussen alle rolspelers in studentesake en fakulteite.
107

Understanding the experiences of educationally disadvantaged students at Stellenbosch University

Lourens, Elza 12 1900 (has links)
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The importance of increased accessibility to higher education for non-traditional students has been recognised globally. In South Africa, a strong drive exists to provide access to students who were previously excluded from higher education because of the apartheid history. Stellenbosch University attempts to contribute to redress and transformation through, amongst other initiatives, the SciMathUS Bridging Programme (Science and Mathematics at the University of Stellenbosch). The SciMathUS Bridging Programme provides access to educationally disadvantaged students to higher education. Even though these students gained access to higher education, they were struggling to succeed. Many questions about the functioning of specifically educationally disadvantaged students in higher education are still unanswered. This study aims to find answers to some of these questions, namely what are the major challenges educationally disadvantaged students face at a predominantly white, Afrikaans university and how do they function within the university. The research is a narrative ethnography with the focus on the experiences of seven former SciMathUS students at Stellenbosch University. The data was collected by means of unstructured interviews, student journals as well as social media over a period of four months. Narratives about the seven students’ experiences on campus were compiled and analysed within the framework of Bronfenbrenner’s ecological model by focusing on the reciprocal and dynamic interactions of the students within their campus systems. The analysis of the narratives showed limited interactions in the academic, social and residential contexts and revealed that these students faced academic, financial, linguistic, social and administrative challenges, which led to very high stress levels. They struggled to become part of the academic practice and responded by functioning on the periphery of the university system. The implications of providing access to educationally disadvantaged students to higher education, and particularly Stellenbosch University, are threefold. On a theoretical level, gaps in current theory on student development and support were identified. On a substantive level, a disjuncture between university policies and initiatives, and the real-life experiences of the students existed and systemic changes in the academic, social and residential contexts are imperative. Finally, on a practical level, the narratives of these students provided insight into their experiences and highlighted the need for the reconsideration of current practices around teaching and learning, language, admission, re-admission, financial support, tutoring and mentoring, and social life, particularly in residences. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die belang van groter toeganklikheid tot hoër onderwys vir nie-tradisionele studente word wêreldwyd erken. As gevolg van die apartheidsgeskiedenis, is daar in Suid-Afrika ‘n grootse poging om aan studente wat voorheen uitgesluit was, toegang tot hoër onderwys te verleen. Die Universiteit Stellenbosch poog om ‘n bydra te lewer tot die regstelling en transformasie, onder andere, deur die SciMathUS Brugprogram (Science and Mathematics at the University of Stellenbosch) wat aan onderwysbenadeelde studente toegang tot hoër onderwys verleen. Alhoewel hierdie studente toegang tot hoër onderwys verkry het, sukkel hul om sukses te behaal. Baie vrae oor die funksionering van spesifiek onderwysbenadeelde studente in hoër onderwys is steeds onbeantwoord. Hierdie studie poog om antwoorde te vind op van hierdie vrae naamlik, wat is die grootste uitdagings wat onderwysbenadeelde studente aan ’n hoofsaaklik wit, Afrikaanssprekend universiteit in die gesig staar en hoe funksioneer hul binne die universiteit. Die navorsing is ’n narratiewe etnografie met die fokus op die ervarings van sewe voormalige SciMathUS studente aan die Universiteit Stellenbosch. Die data is oor ’n tydperk van vier maande deur middel van onderhoude, studentejoernale en sosiale media versamel. Narratiewe oor die sewe studente se ervarings op kampus is saamgestel en binne die raamwerk van Bronfenbrenner se ekologiese model ontleed deur op die wedersydse en dinamiese interaksies van die studente in hul kampus- sisteme te fokus. Die ontleding van die narratiewe het beperkte interaksies binne die akademiese, sosiale en residensiële kontekste aangedui en het getoon dat die studente akademiese, finansiële, taal, sosiale en administratiewe uitdagings in die gesig gestaar het, wat tot hoë stresvlakke gelei het. Hul het gesukkel om deel te word van die akademiese praktyk en het daarop reageer deur op die rand van die universiteitsisteem te funksioneer. Die implikasies van toegang tot hoër onderwys, en meer spesifiek die Universiteit Stellenbosch, aan onderwysbenadeelde studente, is drieërlei. Op ’n teoretiese vlak is gapings in huidige teorie oor studente-ontwikkeling en -ondersteuning geïdentifiseer. Op ’n substantiewe vlak het daar ’n gaping bestaan tussen universiteitsbeleide en -inisiatiewe en die werklike ervarings van die studente en is sistemiese veranderinge in die akademiese, sosiale en residensiële kontekste nodig. Laastens, op ’n praktiese vlak het die narratiewe van die studente lig gewerp op hul ervarings en die behoefte aan die heroorweging van huidige praktyke rondom onderrig en leer, taal, toelating, her-toelating, finansiële ondersteuning, tutor- and mentorskap en sosiale lewe, spesifiek in koshuise, beklemtoon. / FIRLT Committee
108

An analysis of the tourism curriculum at Boland College : what the tourism industry in Stellenbosch requires from entry level college employees

Swart, Claudia 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Students graduate from Boland College after obtaining the National Certificates N4 – N6 in Tourism. I have been working at Boland College Stellenbosch Campus as a tourism lecturer for 12 years and over the past few years I have found that students have been struggling to find employment in the tourism industry on completion of their studies. The national tourism curriculum offered at FET colleges was implemented in 1995 with the last renewal in 2001 for selected subjects. The tourism industry, however, is a vibrant, ever-changing industry which stands in direct contrast with a static, needs-insensitive and unchanging curriculum. The aim of this study was to establish in which respects the current national tourism curriculum corresponds, or does not correspond, with what the tourism industry in Stellenbosch requires from entry-level employees in terms of expected skills, knowledge and attitudes. Qualitative methods were used to generate data from employers representing the tourism industry in Stellenbosch, graduates and lecturers from Boland College. Research participants were interviewed using semi-structured interviews. The data was analysed by doing verbatim transcriptions of the interviews, using coding and an Excel spread sheet analysis. The results revealed specific areas where the current national tourism curriculum does not correspond with the expectations and needs that the tourism industry in Stellenbosch has from entry-level employees in terms of expected skills, knowledge and attitudes. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Studente ontvang ‘n kwalifikasie in Toerisme nadat hulle die Nasionale Sertifikate N4 – N6 in Toerisme voltooi het. Ek werk die afgelope 12 jaar as toerismedosent by Boland Kollege Stellenbosch Kampus. Gedurende die afgelope paar jaar het ek gevind dat studente sukkel om werk te kry in die toerismebedryf nadat hulle hul studies voltooi het. Die nasionale toerisme-kurrikulum wat by VOO Kolleges aangebied word, is in 1995 geïmplementeer en die laaste keer in 2001 hernu en boonop slegs in sekere vakke. Die toerismebedryf is egter ‘n lewendige, vinnig-veranderende industrie in direkte teenstelling met die statiese, onveranderde kurrikulum wat oënskynlik nie sensitief genoeg is vir die behoeftes van die toerismebedryf nie. Die doel van hierdie studie was om vas te stel in watter mate die huidige nasionale toerisme-kurrikulum ooreenstem, of nie ooreenstem nie, met wat die toerismebedryf in Stellenbosch verwag van intreevlak-werknemers in terme van verwagte vaardighede, kennis en houdings. Kwalitatiewe metodes is gebruik om data te genereer en onderhoude is gevoer met werkgewers wat die toerismebedryf in Stellenbosch verteenwoordig asook gegradueerdes en dosente van Boland Kollege. Daar is hoofsaaklik gebruik gemaak van semi-gestruktueerde onderhoude. Die data-analise het bestaan uit verbatim getranskribeerde onderhoude, die kodering daarvan asook ‘n genoteerde Excel-ontledingstaat. Die resultate van die studie dui op spesifieke aspekte van die nasionale toerisme kurrikulum wat nie ooreenstem met die verwagtinge en behoeftes wat die toerisme-industrie in Stellenbosch het van intreevlak werknemers in terme van vaardighede, kennis en houdings nie.

Page generated in 0.1794 seconds