• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Swart feminisme in Afrikaanse en Nederlandse poësie met betrekking tot die werke van Ronelda Kamfer en Simone Atangana Bekono: ’n Vergelykende studie

Kidelo, Tenita Zinsi January 2021 (has links)
Magister Artium - MA / Volgens die Suid-Afrikaanse grondwet het vroueregte na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 deel ontstaan. Dié vryhede wat die vrou ontvang het, was egter nie onproblematies nie – Suid-Afrikaanse vroue word steeds uitgelewer aan ’n patriargale samelewing. Die posisie van die swart vrou is veral problematies – swart vroue word nie net gemarginaliseer gebaseer op geslag nie, maar ook steeds as gevolg van ras. Die posisie van swart vroueskrywers in die Afrikaanse letterkunde asook die Nederlandse letterkunde is dan ook ’n aspek wat nog nie genoegsaam ondersoek word nie. Vir die doeleindes van hierdie studie word die werk van twee swart digters, een van Suid- Afrikaanse herkoms (Ronelda S. Kamfer) en een van Nederland (Simone Atangana Bekono), ondersoek. In 2008 word Ronelda S. Kamfer een van die eerste swart vroueskrywers wat ’n volledige Afrikaanse digbundel by ’n hoofstroomuitgewery publiseer. Ten spyte van breë mediadekking van haar werk – wat met verskeie literêre pryse bekroon is – is daar nog betreklik min akademiese studies oor Kamfer gedoen. Simone Atangana Bekono is redelik nuut in die poësiewêreld en geen akademiese studies is nog oor haar werk onderneem nie. Dié studie is dus daarop gemik om die akademiese gapinge te vul deur ’n komparatiewe studie te doen met die aandag gefokus op die digters Ronelda Kamfer en Simone Atangana Bekono. Die swart feminisme word vernaamlik as teoretiese invalshoek gebruik gegewe die twee digters se agtergronde asook die tematiek van hul werk. Kamfer se oeuvre (Noudat slapende honde, grond/Santekraam, Hammie en Chinatown) en Bekono se debuutbundel, Hoe de eerste vonken zichtbaar waren, sal as hoofbronne in hierdie tesis dien. Tesame met die voorafgenoemde sal daar ook verskeie sekondêre bronne en artikels wat swart feminisme, postkolonialisme, die stem van die gemarginaliseerde en ook komparatisme in die letterkunde ondersoek, gebruik word. / South Africa
2

Experiences of practitioners in early childhood development centres in impoverished and marginalised predominantly white communities

Knafo, Tilana 12 1900 (has links)
Poverty is a global concern and the implementation of a quality early childhood development (ECD) programme is one of the most powerful ways of breaking the poverty cycle. Although research has been done regarding ECD centres in impoverished, marginalised and predominantly black communities (informal settlements), there is little, if any, similar research regarding predominantly white settlements. The purpose of this narrative study is to explore and understand the experiences of ECD practitioners regarding their work in impoverished and marginalised predominantly white communities. I, therefore, conducted this study from a social constructivist paradigm. The participants constructed their realities based on their lived experiences and interaction with others. The experiences of the participants were also influenced by their entire ecological system – their everyday experiences in their work and lives, as well as more distal influences for example South-Africa’s socio-political dispensation and cultural influences. Consequently the study was framed within the Ecological Systems Theory of Bronfenbrenner. I collected data through narrative interviews with two participants (ECD practitioners), and through field notes from observations, documents, photographs and artefacts. From the coded data, four main themes emerged – social and personal experiences, experiences concerning place, experiences with camp leadership and experiences concerning support infrastructure. These themes will be useful to determine the kind of support that practitioners need to ensure the quality of ECD programmes to support the optimal development of the children. / Armoede is ʼn globale probleem en kwaliteit kleinkinderontwikkelingsprogramme (KKO-programme) is een van die kragtigste maniere om die armoede-siklus te verbreek. Alhoewel daar navorsing omtrent KKO-sentra in verarmde en gemarginaliseerde oorwegend swart gemeenskappe (informele nedersettings) gedoen is bestaan daar min, indien enige, soortgelyke navorsing in oorwegend blanke nedersettings. Die doel van hierdie narratiewe studie is om die ervarings van KKOpraktisyns in hulle werk in verarmde en gemarginaliseerde oorwegend blanke nedersettings te ondersoek en te verstaan. Daarom het ek hierdie studie vanuit ‘n sosiaal-konstruktivistiese paradigma uitgevoer. Die deelnemers het hulle realiteite geskep gebaseer op hulle geleefde ervarings en interaksies met ander. Die ervarings van die deelnemers is ook beïnvloed deur hulle hele ekostelsel – hulle daaglikse ervarings in hulle werk en lewens, asook verwyderde stelsels van invloed soos Suid-Afrika se sosio-politieke bedeling en kulturele invloede. Gevolglik is hierdie studie geformuleer binne die Ekologiese Sisteemteorie van Bronfenbrenner as raamwerk. Ek het data versamel deur narratiewe onderhoude te voer met twee deelnemers (KKO-praktisyns), en deur veldnotas van waarnemings, dokumente, foto’s en artefakte. Uit die gekodeerde data het vier hooftemas navore gekom – sosiale en persoonlike ervarings, ervarings met betrekking tot plek, ervarings met kampleierskap en ervarings rakende ondersteuningsinfrastruktuur. Hierdie temas sal bruikbaar wees om die soort ondersteuning te bepaal wat praktisyns benodig om ʼn kwaliteit KKOprogram te verseker om sodoende die optimale ontwikkeling van die kinders te ondersteun. / Early Childhood Education / M. Ed. (Socio-Education)

Page generated in 0.0529 seconds