• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die ‘laaste oordeel’ volgens die eskatologie van Jürgen Moltmann. 'n Kritiese evaluering

Van Wyk, Marius January 2014 (has links)
Jürgen Moltmann se panenteïstiese ontologie en sy oortuiging dat die Drieënige God met die skepping in ‘n dinamiese perichoretiese verhouding is, lei sy logika tot die gevolgtrekking dat tydens die laaste oordeel God alles en almal universeel gaan red. Gegewe egter die huidige ekologiese krisis, is daar nog genoeg tyd oor vir hierdie evolusionêre proses om in die konsummasie van die wêreld te kulmineer? Maar al sou die uiteindelike redding van alle wesens tog wel so realiseer, maak dit enigsins sin dat organismes wat lewe bedreig, ook gered word? Moltmann se dialektiese ontologie blyk in die afwesigheid van ‘n God-wêreld dualisme nie lewensvatbaar te wees nie. As gevolg van God se alomteenwoordigheid is ‘n terrein buite Hom nie moontlik nie. Belangrike hermeneutiese kwessies inaggenome, is die Bybelse getuienis van God se oordeel met ‘n dubbele uitkoms tog sterk. Die enkele tekste wat voorgehou word om universele redding te attesteer, is nie noodwendig in konflik met die ander, oorweldigende oorvloed van teksgedeeltes wat wel op ‘n Laaste Oordeel-leer dui nie. Hoewel Moltmann die vryheid van die mens erken, glo hy dat die mens nie ‘n keuse vir of teen God kan maak nie. Die moontlikheid van die mens se keuse teen God, verhoed dat God tydens die konsummasie van die skepping sy eie "nie-syn" transendeer. Tog word die liefde van God vir die mens verklaar en bevestig juis deur sy/haar Godgegewe vryheid om self te kies. Deur God se liefde vir die mens word Hy kwesbaar, en deur die mens se “nee” vir God, word die dialektiek in God nooit opgehef nie. God is immers aan Homself getrou en respekteer daarom die mens se vryheid. Hoewel Hy uiteindelik tydens die kosmiese Sabbat vervul word deur die wat aan Hom behoort, treur Hy ook oor diegene wat hulle aan die buitekant van sy eskatologiese koninkryk bevind. Daarom word gekonkludeer dat Moltmann se postulaat ‘n non sequitur is. God gaan die mensdom weliswaar oordeel en die gevolge daarvan is ‘n onafwendbare dualisme – hemel en hel. / Dissertation (MA Theol)--University of Pretoria, 2014. / gm2014 / Dogmatics and Christian Ethics / unrestricted
2

Riglyne tot hoop-getuienis deur terminale MIV/VIGS lyers : 'n pastorale studie / Erina du Plooy

Du Plooy, Erina January 2010 (has links)
Hoofstuk 1 benadruk die sentrale en skerpsinnig-wyse sleutelposisie van eskatologiese hoop en getuienis daarvan in die lewens van gelowige terminale MIV/VIGS Iyers. 'n Eksegetiese studie van Johannes 9:1-8, Lukas 5:12-15, Job 1:6-22; 2:3-13, Genesis 2:1617, Romeine 5:2-5; 6:5-11; 8:18-25, 1 Petrus 1:3-9 en Matteus 28:19-20 is die studiekern van Hoofstuk 2. Siekte (blindheid, melaatsheid), Iyding en pyn (Job), dood van die mensdom (Adam en Eva) en die retrovitale dood van Jesus Christus, hoop en getuienis is nagevors en ontleed. Vergelykings met huidige tendense waar MIV/VIGS 'n gestigmatiseerde terminale siekte is, word getref. Die basis van hoop op die ewige lewe in die volle teenwoordigheid van God Almagtig, is die beloftes en oorweldigende liefde van die lewende God. Getuienis van hierdie standhoudende en lewende hoop is die Groot Opdrag aan die dissipels van Christus in Matteus 28:19-20, en daarom aan alle gelowiges tot die wederkoms (advent) van Christus. Hoofstuk 3 stel die bydrae vas van die metateorieë van die mediese -, kommunikasiewetenskappe en Psigologie as komplementerende ervaringvelde. Die mediese en sosiale omstandighede van die gelowige terminale MIV/VIGS Iyers toon 'n uiters negatiewe situasie, wat onder meer bestuurbaar gemaak word deur die sogenaamde "signature strengths" van die Positiewe Psigologie. Op 'n veel hoer vlak is spirituele gesondheid en heling, as die vrug van die Hel/lge Gees, van kardinale belang vir die ewige lewe. Hierdie metateorieë bevestig die waarhede rakende die Groot Geneesheer soos in Hoofstuk 2 aangedui, en voorsien verder verhelderende perspektiewe op 'n nuwe prakties-teologiese teorie. Empiriese navorsing aan die hand van 'n kwalitatiewe studie by die gesondheidsentrum van 'n voorstedelike motorvervaardigingaanleg, word in Hoofstuk 4 onderneem. In twee groeponderhoude met multi-veranderlikes per deelnemer (gelowige terminale MIV/VIGS Iyers en 'n kontrolegroep van mediese personeel/gesondheidwerkers), is vasgestel dat die MIV/VIGS Iyers versterkende geestelike krag van hul eskatologiese hoop vir die ewige lewe saam met God, ervaar. Pastorale behoeftes sluit gebed, vertroosting en koinonia/"fellowship" in. Hoofstuk 5 stel praktiese riglyne voor tot kerugmatiese -, liturgiese -, koinoniale -en diakoniale getuienis oor hoop. Versoening met God deur die "retrovitale" liefde/dade van Jesus Christus se dood as die spil-as wat radikaal-Skriftuurlike denke/lewe inisieer (in teenstelling met die "retrovirale" vermoë van die MI-virus waar die "kwaad" vermenigvuldig), word in die riglyne aangemoedig. Getuienis oor hoop aan ander is die "geskenk van die Lewe”. Die slotsom waartoe gekom word, is dat die gelowige terminale MIV/VIGS Iyer tot in die vierde fase van die siekte, oor haar/sy hoop kan getuig. Praktiese riglyne hiertoe moedig die gelowige met enige terminale siekte of in elk geval, aan om met 'n lewe van aanbidding oor hierdie hoop te getuig en s6 die lewende God te eer. / Chapter 1 emphasizes the central and perspicacious position of eschatological hope and witnessing thereof, in the lives of the believing terminal HIV/AIDS sufferers. An exegetical study of John 9:1-8, Luke 5:12-15 Job 1:6-22; 2:3-13, Genesis 2:16-17, Romans 5:2-5; 6:511; 8:18-25, 1 Peter 1 :3-9 and Matthew 28: 19-20 is conducted in Chapter 2. Illnesses (blindness, leprosy), suffering and pain (Job), death of mankind (Adam and Eve) and the retrovital death of Jesus Christ, hope and witnessing are researched and analysed. Comparisons with life today where HIV/AIDS is a stigmatised terminal illness, are weighed. Hope for eternal life in the full presence and reign of God Almighty, is based on the promises and overwhelming love of the living God. Witnessing of this vivacious and living hope is imperative to the disciples of Christ in Matthew 28: 19-20, and therefore to all believers until the advent of Christ. Chapter 3 establishes the contribution of meta theories of complementary and entwined sciences, such as health and medicine, communications and the positive psychology. The medical and social circumstances of the believing terminal HIV/AIDS sufferers revealed an extremely grave situation, which is manageable with inter alia positive "signature strengths". On a much higher plain, spiritual health and healing as the fruit of the Spirit, is of cardinal importance for eternal life. These theories only confirm the truths about the Great Healer as stated in Chapter 2 and provide enlightening perspectives for a new practical theological theory. Empirical research via a qualitative study at the health centre of an urban vehicle manufacturing plant, is conducted in Chapter 4. Two group interviews with multi-variables per participant (believing terminal HIV/AIDS sufferers and a control group of health workers), have established that the HIV/AIDS sufferers are spiritually enormously strengthened by their eschatological hope for eternal life with God, without this earthly suffering. Pastoral needs include prayer, comfort and koinonia/fellowship. Chapter 5 suggests practical guidelines in terms of witnessing hope by means of cherugmatical, liturgical, koinonial and diaconial communication. The image of the 'retrovital' Lord Jesus Christ as the pivotal change that paths the way to radical Biblical thinking/living (in comparison with the "retroviral" ability of the. HI-virus which multiplies the "evil"), is encouraged. The final conclusion is that a believing terminal HIV/AIDS sufferer is able to witness hope for eternal life until the fourth phase of the terminal illness. Practical guidelines hereto may encourage the believer of any terminal illness or in any case, to witness hope with a life of worship and thus honour the living God. / Thesis (M.A. (Practical Theology))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2010.
3

Page generated in 0.0913 seconds