• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Geletterdheidsintervensie en onderwysers se taal van onderrigpraktyke : aksienavorsing in plattelandse skole (Afrikaans)

Prinsloo, Yolanda 08 May 2013 (has links)
In Suid-Afrika verskil onderwysers en leerders se moedertaal dikwels van die taal van leer en onderrig (Engels in dié studie). Aangesien hoërskoolonderwysers as vakspesialiste opgelei is, het hulle onvoldoende kundigheid om leerders by te staan om kerngeletterdheidsvaardighede in Engels te verwerf. Hierdie verkennende studie by ʼn plattelandse hoërskool het ten doel gehad om te bepaal wat die invloed van ʼn geletterdheidsintervensie op onderwysers in ʼn plattelandse skool se taal van onderrigpraktyke is. Die deelnemende aksienavorsingstudie het ʼn konstruktivistiese paradigma gevolg en is teoreties gerig deur die sosiale leerteorie. ʼn Geletterdheidsintervensie is ontwikkel vanuit die fonetiese beginsel en is geïmplementeer met ses doelgerig geselekteerde hoërskoolonderwysers (n=6, mans=1, vroue=5) in ʼn gerieflikheidsgeselekteerde plattelandse hoërskool wat al geruime tyd deel vorm van ʼn langtermyn studie oor veerkragtigheid in plattelandse skole. Data van onderwysers se taal van onderrigpraktyke is voor en na afloop van die geletterdheidsintervensie ingesamel aan die hand van twee fokusgroeponderhoude met die deelnemende onderwysers, asook observasies in twee klaskamers. Observasiedata is gedokumenteer as veldnotas, visuele data en oudio-opnames. Fokusgroeponderhoude is verbatim getranskribeer. Al hierdie databronne is tematies geanaliseer en die volgende temas is geїdentifiseer: onderwysers se persepsie van Engelse geletterdheid as kernvaardigheid vir leerders, die plek van hulpbronne in niemoedertaalonderrigpraktyke (in Engels) in plattelandse skole, die effek van ʼn geletterdheidsintervensie op onderwysers se tweede taal onderrigpraktyke (in Engels) en die profiel van deelnemende plattelandse onderwysers. Leer en onderrig in ʼn plattelandse hoërskool word bemoeilik deur hoërskoolleerders se onvermoë om te lees, die leerplanvereiste vir die gebruik van ʼn addisionele taal (soos Engels) as taal van leer en onderrig, gebrekkige opleiding van hoërskoolonderwysers rakende die aanleer van kerngeletterdheidvaardighede, beperkte hulpbronne en geografiese isolasie wat dit moeilik maak om indiensopleidingsgeleenthede te benut, Alhoewel die deelnemende plattelandse hoërskool se onderwysers nie opgelei was om leerders geletterdheidsvaardighede te leer nie, het dit geblyk dat hierdie onderwysers wel (i) weet welke kerngeletterdheidskernvaardighede deur leerders benodig word, (ii) gretig is om opgelei te word en positief is oor geletterdheidsintervensies, en (iii) naburige skole en onderwysers betrek in sulke kapasiteitsontwikkeling. Verder het dit geblyk dat die deelnemende plattelandse hoërskoolonderwysers hulle taal van onderrig en leerpraktyke kon aanpas nadat hulle aan ʼn geletterdheidsintervensie deelgeneem het. In dié verband het die onderwysers die volgende spesifieke strategieë gebruik, naamlik fisiese hulpbronne as ondersteuning vir die aanleer van nuwe klanke; taalvermenging; betrek leerders by die aanbieding van lesse, byvoorbeeld deur dramatisering; die implementering van ʼn leesperiode; en ook die benutting van die skool se mediasentrum. Hierdie gewysigde taal van onderrig en leerpraktyke het moontlik ʼn positiewe effek gehad op leerders se selfvertroue om in Engels betrokke te wees tydens leersituasies; hulle akademiese persentasies (in Engels) het ook verbeter. Onderwysers se ingesteldheid jeens leerders se motivering om te leer het ook verander. / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2012. / Educational Psychology / unrestricted
2

Evaluering van die effektiwiteit van die vaardigheidsprogram soos aangebied deur maatskaplike werkers in 'n gevangenis

Du Toit, Helena Gloudina 10 1900 (has links)
Summaries in Engish and Afrikaans / The goal of this research is to evaluate whether a personal and social skills program can effectively be implemented by social workers in a prison. A control- and experimental group were used in a quasiexperimental design. The respondents were twenty-four white, male, sentenced prisoners in Pretoria Central Prison. The Heimler scale for social functioning and the Hudson-scale for family relations are the standard questionnaires, which were utilised to measure results during the pre-testing and post-testing phase. All twenty-four respondents completed the scales during the pre- and post-testing phase. The Wilcoxon t-test and Mann-Whitney U-test were used for statistical purposes. A computer was used to process data. Both measurement scales confirmed positive results. The independent variable, that is, the personal and social skills program had an effect in the desired direction on respondents in the experimental group. The Hudson-scale for interpersonal relationships, however, showed more dramatic results. The results for the control group, showed noticeable decline in both social functioning of the respondents as well as experience of family relationships. / Die doel van hierdie navorsing is om te bepaal of maatskaplike werkers in 'n gevangenis 'n persoonlike en sosiale vaardigheidsprogram effektief kan implementeer. 'n Kontrole- en eksperimentele groep was benut in die uitvoering van 'n kwasi-eksperimentele ontwerp. Die proefpersone was vier-entwintig Blanke, manlike gevangenes te Pretoria-Sentraal Gevangenis. Die Heimler-skaal vir maatskaplike funksionering en die Hudsonskaal vir gesinsverhoudinge was die gestandardiseerde vraelyste, wat gebruik is om die resultate tydens voor- en na-toetsing. Die meetinstrumente is deur al vier-en-twintig respondente voltooi. Die Wilcoxon t-toets en Mann-Whitney U-toets is benut vir statistiese doeleindes. 'n Rekenaar is gebruik om data te verwerk. Beide metingskale het positiewe resultate getoon. Die onafhanklike veranderlike, die persoonlike- en sosialevaardigheidsprogram, het 'n effek in die gewenste rigtings gehad op die proefpersone in die ksperimentele groep, hoewel die Hudson-skaal vir gesinsverhoudinge, meer dramatiese resultate getoon het. Die resultate van die proefpersone in die kontrole groep, het merkbare agteruitgang getoon op beide skale. / Social Sciences / M.A. (Social Work)
3

Page generated in 0.0581 seconds