• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 4
  • Tagged with
  • 4
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die invloed van twee onderrigbenaderings op Graad 6 leerders se studieoriëntasie in Wiskunde

Dombai, Annetjie January 2013 (has links)
Hierdie studie handel oor die invloed van twee onderrigbenaderings naamlik tradisioneel en sosiaal-konstruktivisties, op Graad 6-leerders se studieoriëntasie in Wiskunde. Om die omvang hiervan beter in perspektief te plaas is daar gekyk na wat die moontlike verskille is tussen die tradisionele sowel as die sosiaal-konstruktivistiese onderrigbenaderings ten opsigte van Graad 6-leerders se studieoriëntasie in Wiskundeprestasie. Literatuur dui aan dat leerders swak presteer en noem faktore wat moontlik bydra. Verder dui die literatuur aan dat daar nie genoeg navorsing is ten opsigte van ontoereikende wiskundeprestasie nie. Dit is kommerwekkend dat daar tot dusver redelik min navorsing gedoen is wat Graad 6-leerders se ontoereikende prestasie in Wiskunde aanbetref (Rademeyer, 2009) aangesien dit so ’n belangrike rol speel tot die beroepswêreld (Salman et al, 2010). Maree, Pretorius en Eiselen (2003) meen dat verbetering in Wiskundeprestasie moontlik gefasiliteer kan word deur op die leerders se ontoereikende studieoriëntasie te fokus en dít dan so te probeer verbeter. Die konseptuele raamwerk van hierdie studie rus op Vygotsky se sone van proksimale ontwikkeling (Maimane, 2006) sowel as Bronfenbrenner se ekologiese teorie en die konseptuele raamwerk (Santrock, 2001; Bronfenbrenner,2012) Die navorsingsvrae lui dan as volg: Primêre navorsingsvraag: Wat is die verskil tussen die tradisionele sowel as die sosiaal-konstruktivistiese onderrigbenadering ten opsigte van Graad 6-leerders se studieoriëntasie in Wiskundeprestasie? Eerste sekondêre vraag: Hoe verskil die tradisionele onderrigbenadering ten opsigte van die sosiaal-konstruktivistiese onderrigbenadering? Tweede sekondêre vraag en hipotese: Wat is die verskil in Wiskundeprestasie voor en na die intervensie ten opsigte van die twee onderrigbenaderings? Derde sekondêre vraag en hipotese: Wat is die verskil in studieoriëntasie voor en na die intervensie ten opsigte van die twee onderrigbenaderings? Hierdie studie word beskou deur pragmatisme as ’n wêreldbeskouing en filosofiese fondasie aangesien pragmatisme die heel beste pas by die gemengde navorsingsmetode. Die konvergente navorsingsontwerp is die ideale navorsings-ontwerp vir hierdie studie aangesien dit die bekendste benadering tot die gemengde navorsingsmetode is. Vir die kwalitatiewe data-insameling is ek gebruik gemaak van fokusgroeponderhoude wat drie maal gehou is met beide die groepe, altesaam ses sessies. Daar was sewe leerders wat elk van die groepe verteenwoordig het, veertien leerders altesaam. Daar is gebruik gemaak van ’n individuele onderhoud met die Wiskundeonderwyseres aan die einde van die intervensie tydperk. Die data was geanaliseer deur inhoudsanalise. Die kwantitatiewe data is ingesamel deur die Studieoriëntasievraelys in Wiskunde (Primêr) (SOW(P)) en ook ’n formele wiskunde toets aan die begin en aan die einde van die intervensie tydperk. Daar was twintig leerders wat deelgeneem het aan die tradisionele groep en twintig leerders wat deelgeneem het aan die sosiaal-konstruktivistiese groep. Daar was altesaam veertig leerders betrokke by die studie. Die kwalitatiewe data-analise het uitgedraai op vier verskillende temas: faktore wat Wiskunde makliker maak vir leerders, faktore van Wiskunde wat vir leerders onaangenaam is, faktore van introspeksie en ook ander interessante faktore. Ek het ook observasies en addisionele data vanaf die Wiskundeonderwyseres verkry deur die individuele onderhoud. Vir die doeleindes van die kwantitatiewe data is gebruik gemaak van beskrywende sowel as inferensiële statistieke om die data te analiseer. Daar is gebruik gemaak van die paar-steekproef studente t-toets. Alles is dan na aanleiding van die data-analise bespreek en na aanleiding van my bevindinge en resultate is daar gevind dat daar wel ’n verskil is tussen die tradisionele onderrigmetode en die sosiaal-konstruktivistiese onderrigbenadering. Dit was ook duidelik dat daar ’n waarskynlike verskil tussen die voor-toets en die na-toets van die tradisionele sowel as die sosiaal-konstruktivistiese groep se Wiskundeprestasie is en dus is beide as statisties beduidend aanvaar. Wat die studieoriëntasie aanbetref het die uitkoms getoon dat daar geen verskil was tussen die voor-toets en die na-toets van die tradisionele groep nie, dus toon dit om nie statisties beduidend te wees nie . Daar was wel ’n waarskynlike verandering tussen die voor-toets en die na-toets van die sosiaal-konstruktivistiese groep se studie-oriëntasie en aanvaar ek dit dus as statisties beduidend. / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2013. / gm2014 / Educational Psychology / unrestricted
2

Kurrikulumhersiening in ‘n veranderde Suid-Afrika: ‘n studie van die arbeidsterapiekurrikulum aan die Universiteit van Wes-Kaapland

De Jongh, Jo-Celene January 2009 (has links)
Doctor Educationis / ‘n Gevallestudie binne die kwalitatiewe metodologiese paradigma is gebruik om die hersiene Arbeidsterapiekurrikulum by die Universiteit van Wes-Kaapland te interpreteer. Die doel van die studie was om te bepaal hoe die hersiene kurrikulum aan die handelingsgerigte wetenskaplike raamwerk van die beroep, die gemeenskapsgebaseerde visie van die veranderde gesondheidsorgbenadering in Suid-Afrika na 1994, en aan die beginsels van studentgesentreerde opleiding voldoen. Eerstens, is konseptuele duidelikheid verkry omtrent die ontplooiende verwikkelinge in die Arbeidsterapieprofessie na ‘n teoretiese raamwerk van handelingsgerigte wetenskap en van transformasie van gesondheidsdienste in die land. Tweedens, deur die proses van konseptuele analise en deur die gebruik van dokumentêre analise, tematiese analise van studente se geskrewe evaluerings en ‘n fokusgroeponderhoud met Arbeidsterapiepersoneel, is die data ge-analiseer. Die konseptuele analise van die hersiene Arbeidsterapiekurrikulum het areas van kurrikulumstruktuur, onderrig en leer, studente-assessering, praktiese opleiding, personeel se professionele ontwikkeling en navorsing ingesluit. Vanuit die konseptuele analise is gevolgtrekkings en aanbevelings gemaak. Die hoofgevolgtrekking wat na aanleiding van my interpretasie en bevinding in die Arbeidsterapiekurrikulummodel voorgestel word, is dat die Arbeidsterapiekurrikulum deur drie teoreties-opvoedkundige vertrekpunte naamlik: handelingsgerigte wetenskap, primêre gesondheidsorgbenadering en studentgesentreerde onderrigbenadering ondersteun word.
3

Fasiliteringsvaardighede vir T2-Afrikaansonderrig / Fasiliteringsvaardighede vir Tweedetaal-Afrikaansonderrig

Dilrajh, Kamla Moonsamy 30 June 2002 (has links)
Text in Afrikaans / Summaries in Afrikaans and English / This study aims to investigate and explain how the L2 -facilitator can effectively employ the various facilitation skills of language teaching in Afrikaans Second Language within the Outcomes Based Education framework in the learner-centred classroom. The facilitator is critical in providing an opportunity for multicultural learners to develop the necessary language learning skills to enjoy Afrikaans Second Language/Additional Language learning as an interesting learning experience within a positive learning milieu. In the learner-centred U -classroom, learners too must accept responsibility for their own and their peers' learning within the co-operative learning group. This study reveals how the L2 -facilitator can develop the necessary knowledge and skills concerning groupwork, such as the strategies enhancing L 2 -learning, effective group facilitation skills, learner attitudes towards the facilitator, problem-solving skills, co-operative learning as a control technique, communication, learners' behaviour and the advantages of groupwork. Furthermore, elements of classroom negotiation and the facilitator's methods of working in this negotiated partnership are also discussed. Since language learning is integral to lifelong learning, multicultural learners must be motivated to learn Afrikaans Second/ Additional language with greater enthusiasm. This necessitates the L2 -facilitator creating an interesting, challenging and authentic language learning environment where mutual respect and trust are emphasised. This study reveals how the L2 -facilitator could develop his/her knowledge of task-based L2 -teaching and use it with the effective techniques of facilitation and negotiation skills in the taskorientated second language classroom to lead learners to effective Afrikaans L2 -learning. The new National Language Standardisation Policy 200112002 necessitates the facilitator of Afrikaans L 2 -teaching/learning within the Outcomes Based Education framework and the revised Curriculum 2005 to be aufait with assessment and his/her role in assessment. Being knowledgeable on the various criteria and strategies regarding assessment is therefore imperative. Finally, chapter five illustrates practically how the facilitator could plan, organise, base, integrate and present authentic Afrikaans L 2 -lessons/work based on the theoretical knowledge and aspects of facilitation skills, group-work, task-based learning and assessment discussed in chapters two to four. / Daar word in die studie gepoog om te ondersoek en te verduidelik hoe die T2-fasiliteerder die verskillende fasiliteringsvaardighede ten opsigte van T2 -Afrikaansonderrig binne die UGO -raamwerk in die leerdergesentreerde T2-klaskamer effektief kan gebruik. Die fasiliteerder behoort sy multikulturele leerders die geleentheid te gun om die nodige taalleervaardighede te ontwikkel sodat hulle Afrikaans Tweedetaalleer/ Addisionele Taalleer as 'n interessante leerervaring binne 'n positiewe leerklimaat kan geniet. In die leerdergesentreerde T2 -klaskamer moet die leerders ook die verantwoordelikheid vir bulle eie leer, en vir die leer van ander leerders binne kooperatiewe leergroepe kan aanvaar. Die wyse waarop die fasiliteerder van T2-leer die nodige kennis en vaardighede ten opsigte van groepwerk kan ontwikkel, word deur die studie aan die lig gebring. Die verskillende strategiee wat die aanleer van die tweedetaal binne groepwerk bevorder, effektiewe groepsfasiliteringsvaardighede, leerders se gesindhede teenoor die fasiliteerder, die probleemoplossingsvaardighede, kooperatiewe leer as beheertegniek, kommunikasie, leerdergedragswyses en die voordele van groepwerk kom aan bod. Elemente van klaskameronderhandeling en die fasiliteerder se werkswyse in die onderhandelingsvennootskap word ook bespreek. Aangesien taalleer 'n integrale faset van lewenslange leer vorm, moet multikulturele leerders gemotiveer word om Afrikaans Tweedetaal/ Addisionele Taal op 'n meer entoesiastiese wyse te kan leer. Die T2 -fasiliteerder moet 'n interessante, uitdagende, outentieke taalleeromgewing skep waarin wedersydse respek en vertroue beklemtoon word. Die studie toon die wyse aan waarop die T2 -fasiliteerder sylhaar kennis in verband met taakgerigte T2 -onderrig kan ontwikkel en dit met die effektiewe fasiliteringstegnieke en onderhandelingsvaardighede in die taakgeorienteerde T2-klaskamer kan kombineer en gebruik om leerders tot effektiewe T2 -Afrikaansleer/ Addisionele Taalleer te kan lei. Die nuwe Nasionale Taalstandaardiseringsbeleid 2001/2002 vereis dat die fasiliteerder van T2-Afrikaansonderrig/-leer binne die UGO -raamwerk en die hersiene Kurrikulum 2005 deeglike kennis moet dra van assessering en sylhaar rol in assessering. Deeglike kennis ten opsigte van die verskillende assesseringskriteria en assesseringstegnieke is dus noodsaaklik. Daar word in hoofstuk vyf aangetoon op watter wyse die fasiliteerder outentieke praktiese T2-Afrikaanslesse/-werk, kan beplan, organiseer en dit op die teoretiese kennis en aspekte ten opsigte van fasiliteringsvaardighede, groepwerk, taakgerigte leer en assessering wat in hoofstukke twee tot vier bespreek word, kan toepas en geintegreerd kan aanbied. / Afrikaans and Theory of Literature / D.Litt. et Phil. (Afrikaans)
4

Page generated in 0.1037 seconds