• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 3
  • Tagged with
  • 4
  • 4
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Plattelandse jeug se beskrywing van beskermende hulpbronne

Louw, Lure January 2017 (has links)
Die studie het deel van die Flourishing Learning Youth (FLY)-vennootskap tussen ? plattelandse skool en die Sentrum vir Veerkragtigheidstudies, Universiteit van Pretoria, gevorm. Die doel was om tot veerkragtigheidsteorie in ? Suid-Afrikaanse konteks by te dra deur jongmense se uitdrukkings van beskikbare beskermende hulpbronne, soos dit in bestaande opvoedkundige sielkundige intervensiedata vergestalt is, te beskryf. Die nie-eksperimentele, sekondêre data-analise studie is gedoen uit ? kwalitatiewe raamwerk en met fenomenologie as metateoretiese paradigma. Databronne van jongmense (n=48: manlike=26; vroulik=22) is doelgerig, uit ? twee-jaar datastel, vir deduktiewe analise aan die hand van a-priori kategorieë (individuele beskermende hulpbronne, verhoudings as beskermende hulpbron, skool as beskermende hulpbron en gemeenskapshulpbronne), geselekteer. “Persoonlikheid” is deur beide seuns en meisies in die plattelandse konteks uitgelig. Meisies het veral die volgende as relevante beskermende hulpbronne uitgewys: Individuele beskermende hulpbronne (kognitiewe bekwaamhede, sosio-emosionele bekwaamhede, normatiewe bekwaamhede, liggaamlike bekwaamhede, vaardighede en belangstellings), verhoudings (verhoudings met familie), skool (infrastruktuur by skool, onderwysers, skool as plek van opvoeding), en gemeenskap (dienste en infrastruktuur, ontspanning en sosiokulturele aktiwiteite en sosio-ekonomiese hulpbronne). Daarteen is drome en aspirasies, verhoudings (portuurgroep en betekenisvolle ander) en gemeenskap as plek van waarde gereeld deur seuns aangedui. Opvoedkundige sielkundige groepsgebaseerde aktiwiteite het dit vir jongmense in ? plattelandse skool moontlik gemaak om beskermende hulpbronne aan te dui wat vir verskillende jongmense oor die twee jaar standvastig vertoon het. / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2017. / Educational Psychology / MEd / Unrestricted
2

Grondeise van 'n verantwoordbare opvoedkundige sielkundige praktyk met besondere verwysing van pedoterapie / Ground structures for an accountable educational psychological practice with special reference to pedotherapy

Kruger, Jacolien 06 1900 (has links)
Summaries in Afrikaans and English / Die begin van die nuwe millennium word gekenmerk deur radikale vooruitgang op tegnologiese gebied, paradigmatiese verskuiwings in natuur- en geesteswetenskappe, toenemende onsekerheid oor wat die ware aard van die mens is en hoe die een mens die ander verantwoordbaar kan help met die oplossing van probleme en herstel van menswaardigheid deur middel van opvoedkundige sielkundige ondersteuning. Navorsing is ondemeem om 'n beeld te verkry van wat 'n verantwoordbare opvoedkundige sielkundige praktyk met besondere verwysing na pedoterapie, kan wees. 'n Literatuurstudie is gedoen aangaande grondeise van 'n verantwoordbare opvoedkundige sielkundige praktyk in historieskomtemporere konteks. 'n Verdere literatuurstudie is gedoen aangaande 'n verantwoordelike en verantwoordbare pedoterapeutiese praktyk in opvoedings- en medemenslikheidsperspektief. 'n Teoretiese fundering van pedoterapie is gedoen, waarin daar, onder andere, klem geplaas is op 'n ontleding van die begrip en idee pedoterapie, pedoterapeutiese verhoudinge, diagnostisering, vorme van pedoterapie en die aard enrol van 'n mensbeeld in die opvoedkundige sielkundige praktyk. 'n Soektog na kategoriee waarmee 'n verantwoordbare Sielkundige Opvoedkundige wetenskap en opvoedkundige sielkundige praktyk beskryf kan word, is ondemeem. Daarna is kriteria vir die evaluering van pedoterapeutiese arbeid geformuleer. Die oorsprong vir en die waarde van 'n universele etiese kode vir terapeute is teen die agtergrond van 'n mensbeeld bespreek. Aan die hand van 'n empiriese ondersoek is daar bepaal wat die stand van opvoedkundige sielkundige teorie en praktyk teenswoordig sou wees. Hierdie empiriese ondersoek is met idiografiese onderhoude uitgevoer, waama idiogramme saamgestel is. Met die empiriese ondersoek is daar gepoog om 'n beeld te verkry van hoe vertroud hedendaagse praktisyns met teoretiese grondslae en die waarde van 'n ontologiese mensbeeld, die waarde van evalueringskriteria en die stand van die Sielkundige Opvoedkunde se toepassingsmoontlikhede vir die pedoterapeutiese praktyk is of nie is nie. Deelnemende opvoedkundige sielkundige praktisyns se praktyksbenadering in etiese en praktiese konteks is verkry asook bulle oordele van, onder meer, heersende voorskrifte en voorstelle ter bevordering van die opvoedkundige sielkundige praktyk. 'n Aantal aanbevelings is gemaak op grond van die bevindinge vanuit die totale studie. 'n Aanloop tot die daarstelling van 'n etiese kode vir opvoedkundige sielkundiges is gemaak. / The beginning of the new millennium is characterized by radical technological progress, paradigm shifts in natural and human sciences, increasing uncertainty about the real nature of the human being and how one person can assist another in an accountable way with solving problems in order to restore human dignity through educational psychological assistance. Research is carried out to determine what an accountable educational psychological practice, with special reference to pedotherapy, should entail. A literature study regarding basic requirements of an accountable educational psychological practice in historical and contemporary perspective is included. A further literature study is executed concerning an accountable pedotherapeutic practice. A theoretical grounding of pedotherapy is included in the literature study and specific attention is given to an analysis of the concepts and ideas of pedotherapy. pedotherapeutic relationships, the diagnostic approach and forms of pedotherapy. The nature and role of a view of human kind in educational psychological practice is also discussed. Categories describing an accountable science of Psychology of Education and its practice are presented. Subsequent criteria for the evaluation of pedotherapeutic endeavour are formulated. Origins for and the value of a universal code of ethics for pedotherapists are discussed against the background of a view of human kind. By means of an empirical investigation it is determined what the current status of Psychology of Education in theory and practice is. This investigation is conducted by means of idiographic interviews and afterwards idiogrammes are compiled to determine to what extent practitioners are conversant with theoretical foundations and an ontological view of human kind, the value of evaluation criteria and the possibilities presented by the insights of Psychology of Education and how practitioners approach their practice in ethical stance. Also the views of practitioners on current prescriptions and their suggestions for improving educational psychological practice are obtained. A number of recommendations is presented in the light of findings from the entire study. A trial run for the formulation of an ethical code for educational psychologists is presented. / Psychology of Education / D. Ed. (Sielkundige Opvoedkunde)
3

4

The use of music therapy with primary school girls who have been sexually abused

Moller, Eureka Alida 01 December 2004 (has links)
The aim of this study was to explore and describe the use of music therapy during intervention with primary school girls who have been sexually abused. An empirical study of limited extent was undertaken, which was qualitative in nature and conducted from the interpretivist paradigm. In depth case study was used as research design, whilst educational psychological assessments, intervention and re-assessments, observation, interviews, analysis of documentation, field notes and a reflective diary were employed as data gathering methods. Two primary school girls in a place of safety were selected as participants in the study. Despite the fact that these girls had to cope with the trauma of sexual abuse, they had to deal with emotions and behaviour closely related to such trauma, including depression, aggression, fear, hate, inappropriate interpersonal relationships, sleeping disorders, low self-concept and behavioural difficulties. The findings of the empirical study are supported by literature, namely that music therapy can provide a safe setting to children for revealing their emotions, fears and needs related to trauma, such as sexual abuse. Music therapy had a positive effect on both cases, who illustrated positive change during the process of intervention and were able to replace negative experiences with positive emotions. Further findings of this nature include an improvement of both girls’ ability to express themselves on an emotional level, self-confidence, assertiveness, self-concepts, social skills and interpersonal relationships, as well as a decline in negative behavioural patterns and symptoms. Subsequently, both girls could perform on a higher level on all various domains of functioning. / Dissertation (MEd (Educational Psychology))--University of Pretoria, 2005. / Educational Psychology / unrestricted

Page generated in 0.0433 seconds