Spelling suggestions: "subject:"plakkers"" "subject:"klasskamp""
1 |
Experiences of practitioners in early childhood development centres in impoverished and marginalised predominantly white communitiesKnafo, Tilana 12 1900 (has links)
Poverty is a global concern and the implementation of a quality early childhood
development (ECD) programme is one of the most powerful ways of breaking the
poverty cycle. Although research has been done regarding ECD centres in
impoverished, marginalised and predominantly black communities (informal
settlements), there is little, if any, similar research regarding predominantly white
settlements. The purpose of this narrative study is to explore and understand the
experiences of ECD practitioners regarding their work in impoverished and
marginalised predominantly white communities.
I, therefore, conducted this study from a social constructivist paradigm. The
participants constructed their realities based on their lived experiences and interaction
with others. The experiences of the participants were also influenced by their entire
ecological system – their everyday experiences in their work and lives, as well as more
distal influences for example South-Africa’s socio-political dispensation and cultural
influences. Consequently the study was framed within the Ecological Systems Theory
of Bronfenbrenner.
I collected data through narrative interviews with two participants (ECD practitioners),
and through field notes from observations, documents, photographs and artefacts.
From the coded data, four main themes emerged – social and personal experiences,
experiences concerning place, experiences with camp leadership and experiences
concerning support infrastructure. These themes will be useful to determine the kind
of support that practitioners need to ensure the quality of ECD programmes to support
the optimal development of the children. / Armoede is ʼn globale probleem en kwaliteit kleinkinderontwikkelingsprogramme
(KKO-programme) is een van die kragtigste maniere om die armoede-siklus te
verbreek. Alhoewel daar navorsing omtrent KKO-sentra in verarmde en
gemarginaliseerde oorwegend swart gemeenskappe (informele nedersettings)
gedoen is bestaan daar min, indien enige, soortgelyke navorsing in oorwegend blanke
nedersettings. Die doel van hierdie narratiewe studie is om die ervarings van KKOpraktisyns
in hulle werk in verarmde en gemarginaliseerde oorwegend blanke
nedersettings te ondersoek en te verstaan.
Daarom het ek hierdie studie vanuit ‘n sosiaal-konstruktivistiese paradigma uitgevoer.
Die deelnemers het hulle realiteite geskep gebaseer op hulle geleefde ervarings en
interaksies met ander. Die ervarings van die deelnemers is ook beïnvloed deur hulle
hele ekostelsel – hulle daaglikse ervarings in hulle werk en lewens, asook verwyderde
stelsels van invloed soos Suid-Afrika se sosio-politieke bedeling en kulturele invloede.
Gevolglik is hierdie studie geformuleer binne die Ekologiese Sisteemteorie van
Bronfenbrenner as raamwerk.
Ek het data versamel deur narratiewe onderhoude te voer met twee deelnemers
(KKO-praktisyns), en deur veldnotas van waarnemings, dokumente, foto’s en
artefakte. Uit die gekodeerde data het vier hooftemas navore gekom – sosiale en
persoonlike ervarings, ervarings met betrekking tot plek, ervarings met kampleierskap
en ervarings rakende ondersteuningsinfrastruktuur. Hierdie temas sal bruikbaar wees
om die soort ondersteuning te bepaal wat praktisyns benodig om ʼn kwaliteit KKOprogram
te verseker om sodoende die optimale ontwikkeling van die kinders te
ondersteun. / Early Childhood Education / M. Ed. (Socio-Education)
|
Page generated in 0.0322 seconds