Spelling suggestions: "subject:"postkolonial literatuur"" "subject:"postkoloniala literatuur""
1 |
Internasionale reisliteratuur oor Kenia met spesifieke verwysing na die tydperk sedert onafhanklikheid in 1963Marais, Johannes Lodewyk January 2013 (has links)
Hierdie studie ondersoek die aard van en opvattings oor reisliteratuur oor Kenia sedert 1963. Dit is ’n faset van die literatuur oor Kenia waaroor daar tot dusver nog nie indringend navorsing gedoen en besin is nie. Reisliteratuur het ’n lang geskiedenis in Afrika. ’n Aantal boeke is gedurende die negentiende eeu oor Afrika geskryf en Kenia is nie afgeskeep nie. Onder die skrywers tel Johann Ludwig Krapf, Joseph Thomson, graaf Samuel Teleki von Szek en Luitenant Ludwig von Höhnel. Van die geografiese kenmerke van die land wat indruk op hulle gemaak het, was die sneeubedekte Berg Kenia, die mere en die Groot Skeurvallei. Gedurende die twintigste eeu was daar ’n tyd toe skrywers van mening was dat vinniger vervoermiddels en massatoerisme ’n negatiewe invloed op individuele toerisme en die sogenaamde ideale omstandighede vir die skryf van reisliteratuur sou hê. Onlangse studies beklemtoon egter die hernieude belangstelling in reisliteratuur. Buitelandse kennis oor Kenia word aangevul deur reisliteratuur, hoewel dit ook ’n genre met sy eie reëls en geskiedenis is wat insae in die skrywers, uitgewers en lesers van die genre bied. Sedert 1963 is verskillende kategorieë reisliteratuur oor Kenia gepubliseer. Bekende skrywers wat Kenia besoek het en oor hulle ervarings geskryf het, sluit in Bill Bryson, Alberto Moravia, Shiva Naipaul, Paul Theroux en Wilfred Thesiger. ’n Prominente figuur in die kader van reisliteratuur is die plaaslik gebore fotojoernalis Mohamed Amin, wat die Camerapix-fotografie- en uitgewersagentskap begin het. Kenia se eks-Britse koloniale literatuur is deel van die postkoloniale era. Dit is egter nie waar dat die meeste van die tekste deel van die postkoloniale diskoers is nie. Aangesien al die boeke buite Kenia ontstaan en gepubliseer is, veral in die Weste, weerspieël die literatuur verskillende (nie-inheemse) perspektiewe van “die ander” asook verskillende soorte sosiopolitieke invloede. Deur sowel die hulpmiddels van die geskiedenis as die literatuurteorie te gebruik, is dit moontlik om die tekste beter te verstaan. In die postmoderne era is navorsing uit meer as een perspektief van besondere waarde.
Reisliteratuur oor Kenia sedert 1963 is nie deur professionele historici geskryf nie en bewys dat verskeie mense tot die hibridiese dissipline van die geskiedenis kan bydra. Al hierdie tekste is gepubliseer en beklemtoon die rol van die gepubliseerde woord. Die tekste is in verskeie kategorieë reisliteratuur in een van die Europese tale, en nie in Kiswahili of een van Kenia se inheemse tale nie, geskryf. Die boeke bevestig onder meer die belangrikheid van die Swahili-geskiedenis, die bou van die Uganda Railway, die land se onafhanklikwording in 1963, die rol van presidente Jomo Kenyatta en Daniel arap Moi en die menslike nood in Kenia. Die geskiedenis van Kenia kan nie verstaan word sonder kennis van die land se geografie en natuurlewe nie, want die kenmerke was dikwels ’n uitdaging vir die mense en het allerlei soorte oorlewingstrategieë geverg. Die landskap trek ook baie besoekers na die land toe. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 2013. / gm2013 / Historical and Heritage Studies / Unrestricted
|
2 |
Koloniale en postkoloniale ontmoetings : representasie en identiteit in die romans Eilande (Dan Sleigh) en Pelican Bay (Nelleke Noordervliet)Roux, Marie 12 1900 (has links)
Thesis (MA (Afrikaans and Dutch))—University of Stellenbosch, 2007. / This study investigates the way in which the representation of history and of the
"other" coheres with the construction of the identity of the characters in Eilande
(2002) by Dan Sleigh and Pelican Bay (2002) by Nelleke Noordervliet. Initially the
research contextualises the authors and their novels by means of a short
biographical introduction on the two authors and their different oeuvre’s, as well as
an outline of the reception history of the two chosen postcolonial novels. The
theoretical background which follows, gives a review on postcolonial literature in
general and, more specific, in the Netherlands and South Africa respectively.
Different perspectives on representation of the history and the representation of the
"other" are provided, with specific attention to the relationship between hybridity,
syncretism and identity.
These theoretical insights form the basis for the analysis of the two novels, where
the relationships and differences between these two postcolonial texts are
highlighted. The conclusion is that Eilande and Pelican Bay could be seen as, firstly
postcolonial, as both novels provide criticism on the colonial order in different ways
and, secondly, were published during a period which followed the colonial era.
Hybridity is an important term in this study, with reference to the forming of
identity of some of the prominent characters. The conclusion is that the term
dynamic cultural hybridity could be used in discussions about postcolonial mixed
identities. Although both novels use techniques to give a voice to voiceless marginal
subjects, shortcomings in their portrayal as fully-fledged characters do, however,
exist. Both novels also have as an ultimate objective to prove that it is impossible
to know history and the "other" and that no one truth exists. The motif of islands
which appears frequently in both novels is related to aspects like identity, exile and
alienation. In conclusion it is not only apparent how strongly the different
characters in the novels are formed by their socio-historical contexts, but also from
the approach of the authors in their contemporary criticism on oppressing systems
like the VOC and/or slavery.
|
Page generated in 0.1165 seconds