• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Nuusteoretiese ondersoek na die dekking van misdaad as vermaak in Huisgenoot (2012) / Alexa Swart

Swart, Alexa January 2014 (has links)
In hierdie studie word Huisgenoot se raming van misdaad nuusteoreties bespreek deur middel van ’n kwalitatiewe inhoudsanalise. Ramingsteorie en die verbandhoudende teoretiese perspektiewe van agendastelling, sensasionalisme, nuus- en voorbladteorie word as teoretiese interpretasie-instrumente gebruik. Al die misdaadstories wat Huisgenoot in 2012 gedek het, word genoteer en elke artikel word aan die hand van agendastelling geklassifiseer om sodoende misdaadnuus as belangrike agendapunt op Huisgenoot se voorblad te peil. Aan die hand van 'n klassifikasieproses is die drie mees prominente misdaadonderwerpe in Huisgenoot 2012 geïdentifiseer as die Modimolle-monster, die Griekwastad-moorde en die Somalië-ontvoering. Elk het vyf maal in 2012 die Huisgenoot-voorblad gehaal. Die studie volg ’n deduktiewe benadering en dus word gebruik gemaak van generiese of bestaande rame, wat toegepas word op elkeen van die prominentste misdaadstories om te bepaal of die raam voorkom en op watter wyse dit gebruik is. Die generiese rame (aan die hand van Semetko & Valkenburg, 2006:95-96) is dié van menslike belang, konflik, moraliteit en die ekonomie. Die studie sluit dan af met die noukeurige analise van die mees prominente misdaadonderwerpe wat elkeen volgens ramingsteorie en die bydraende perspektiewe geanaliseer en beskryf word. Die studie bevind dat Huisgenoot se raming van die drie mees prominente misdade gedomineer word deur die menslikebelang- en konflikrame. Hierdie rame het sterk gefigureer in elke storie en versterk ook Huisgenoot se sensasionele raming van die misdaadstories, omdat dié raming nuus aangrypend verpersoonlik en emosioneel aanbied. Verder word geargumenteer dat Huisgenoot dié misdaad sensasioneel raam deur sy deurlopende gebruik van ’n kragtige, soms baie grafiese, prosavertelstyl. Die tydskrif verpersoonlik en vereenvoudig voortdurend die misdaadnuus en raam die artikels treffend en emosioneel deur die sterk narratiewe vertelling van gebeure wat verband hou met sensasionele poniejoernalistiek. / MA (Communication Studies), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

Page generated in 0.0592 seconds