• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

The right to adequate housing : making sense of eviction procedures in the context of rental housing after Ndlovu V Ngcobo

Louw, Jacobus Francois 12 1900 (has links)
Thesis (LLM (Law))--University of Stellenbosch, 2004. / 139 leaves printed on single pages, preliminary pages i-ix and numbered pages 1-130. Includes bibliography. / Digitized at 600 dpi grayscale to pdf format (OCR), using a Bizhub 250 Konica Minolta Scanner. / ENGLISH ABSTRACT: South Africa must address the need for adequate housing. Since democracy in 1994, the government has promulgated a number of acts to achieve the goal of adequate housing for all. These include the Prevention of Illegal Eviction from and Unlawful Occupation of Land Act (PIE) and the Rental Housing Act (RHA). The problem for the courts is knowing when to apply each act. To reach the goal embodied in the constitutional right of adequate housing for all, the government has invested R18 billion in housing since 1994. Despite this, the need for housing has escalated. The RHA, in which the legislature tried to create a balance between the rights of landlords and tenants, followed. This was done in order to alleviate some of the pressure to ensure access to land, which rests solely on the shoulders of the government. The legislature tried to create a sphere into which private investors would want to invest their money. A number of recent cases dealing with tenants who defaulted on their rentals and the landlord's capacity to effect eviction raised awareness about the existing inadequacies of the law in this particular field. In a Supreme Court of Appeal ruling, the court found that when a landlord wants to evict a defaulting tenant the time-consuming and costly procedure of PIE should be used. The assumption underlying this study is that PIE should not be applicable in cases of evicting a defaulting tenant. The rights and duties of the various parties involved in rental housing therefore need to be examined. The main aim is, however, to ascertain which procedure should be employed when obtaining an eviction order against a party holding over and what the effects are when the most appropriate eviction procedure is not used. A well-regulated relationship would ensure the best balance of interest for the landlord, tenant and the government by creating a market in which a landlord could make money out of letting and more tenants could obtain adequate housing through renting. A further assumption is that the rei vindicatio should be used when having a defaulting tenant evicted. It offers an alternative procedure that does not undermine the objectives of the housing legislation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika ervaar tans 'n probleem met die verskaffing van behuising vir almal. Sedert die land se verwerwing van demokrasie in 1994 het die wetgewer 'n hele reeks wette aangeneem om die probleem op te los, ondermeer die Wet op Huurbehuising en die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Okkupasie van Grond (hierna verwys as PIE). Die howe ondervind soms probleme wanneer daar bepaal moet word wanneer 'n spesifieke wet van toepassing behoort te wees en wanneer. Ten spyte van die R18 miljard wat die regering reeds bestee het aan armes sonder huise, het die getal mense wat sonder geskikte behuising woon gegroei. Die wetgewer het deur die promulgasie van die Wet op Huurbehuising gepoog om 'n mark te skep waarin daar behuising verskaf sal word in die vorm van huurbehuising. Terselfdertyd sal die privaatsektor baie nodige geld in die huurmark kan investeer. Onlangse regsspraak in die verband dui daarop dat daar nog baie leemtes bestaan veral met verwysing na uitsetting. Na 'n resente Appelhof beslissing sal die verhuurder van die meer tydrowende en duurder prosedures in PIE gebruik moet maak om 'n persoon uitgesit te kry. Die onderliggende aanname is dat PIE nie van toepassing behoort te wees wanneer 'n verhuurder 'n huurder wat agterstallig is met die huur wil uitsit nie. Die regte van beide huurder en verhuurder word gevolglik bestudeer. Die hoof-oogmerk van die studie is egter om vas te stel watter uitsettingsprosedure die beste sal wees en wat die gevolge sal wees indien die prosedure nie gebruik word nie. 'n Goed gereguleerde huurmark sal sorg dat huurders genoegsame beskerming geniet, dat die verhuurder geld sal kan maak uit die huurmark en dat die regering se druk tot 'n mate verlig word. 'n Verdere aanname is dat die prosedure vir die rei vindicatio die korrekte prosedure is om te gebruik om 'n huurder wat versuim om sy/haar huur te betaal uit te sit. Die rei vindicatio word gevolglik bestudeer en daar word getoon dat die prosedure aansienlik van die van PIE verskil. Dit bied 'n alternatief en is nie van so aard dat dit die behuisings wetgewing se oogmerke belemmer nie.
2

Tenure security in urban rental housing

Maass, Sue-Mari 12 1900 (has links)
Thesis (LLD (Public Law))--University of Stellenbosch, 2010. / Bibliography / ABSTRACT ENGLISH: The dissertation considers the tenure rights of urban residential tenants in the post-1994 constitutional dispensation. The 1996 Constitution mandates tenure reform in two instances. Firstly, section 25(6) (read with section 25(9)) mandates the legislature to enact legislation that would provide legally secure tenure rights for a person or community whose tenure of land is insecure as a result of past racially discriminatory laws or practices. This form of tenure reform is race-based. Secondly, section 26(3) mandates the courts to consider all relevant circumstances during eviction proceedings. In terms of this provision the court can refuse to grant the eviction order on the basis of the occupier's socio-economic weakness, which is a more general form of class-related tenure reform. The Constitution also ensures the right to have access to adequate housing, while the legislature must introduce measures that would give effect to this right (sections 26(1) and 26(2)). To determine whether the current landlord-tenant regime in South Africa is able to provide tenants with secure occupation rights and access to rental housing, it is compared to landlord-tenant regimes in pre-1994 South Africa, the United Kingdom, New York State and Germany. The landlord-tenant regimes are considered in light of changing socio-economic circumstances where the state had to assist households during housing shortages. The dissertation assesses the efficiency of landlord-tenant law, combined with regulatory measures that ensure substantive tenure rights and rent restrictions, as a form of tenure that could help alleviate housing shortages and initiate a new landlord-tenant regime for South Africa that would give effect to the Constitution. The dissertation concludes that the current substantive tenure rights of urban residential tenants are largely based on the common law, which is associated with weak tenure security. The landlord-tenant laws, namely the Rental Housing Act 50 of 1999 and the Social Housing Act 16 of 2008, fail to provide urban residential tenants with substantive tenure rights. The legislature has failed to enact a law that gives effect to section 25(6) in the landlord-tenant framework. The legislature did enact the Prevention of Illegal Eviction from and Unlawful Occupation of Land Act 19 of 1998 (PIE) in order to give effect to section 26(3). Recently the courts interpreted PIE to provide marginalized tenants with substantive tenure protection during eviction proceedings. However, to give effect to section 25(6) legislation should grant residential tenants substantive tenure rights that are legally secure prior to eviction. The legislature enacted the Rental Housing Act and the Social Housing Act to give effect to the right to housing (section 26 of the Constitution) in the landlord-tenant framework. These laws fail to promote access to rental housing as a form of tenure that could help alleviate housing shortages. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die proefskrif oorweeg die okkupasieregte van stedelike residensiële huurders in die post-1994 konstitusionele bedeling. Die 1996 Grondwet bepaal dat okkupasieregte in twee gevalle hervorm moet word. Eerstens gee artikel 25(6) (gelees met artikel 25(9)) opdrag aan die wetgewer om wetgewing te verorden wat okkupasieregte met verblyfsekerheid aan 'n person of gemeenskap sal verleen indien so 'n person of gemeenskap tans grond okkupeer met okkupasieregte wat onseker is as gevolg van vorige rasgebaseerde wetgewing. Hierdie tipe hervorming is rasgebaseer. Tweedens gee artikel 26(3) opdrag aan die howe om alle relevante faktore te oorweeg as deel van enige uitsettingsprosedure. In terme van hierdie bepaling is die howe gemagtig om 'n uitsettingsbevel te weier op die basis van die okkupeerder se sosio-ekonomiese kwesbaarheid. Hierdie tipe hervorming is 'n meer algemene klasgebaseerde hervorming. Artikel 26(1) (gelees met artikel 26(2)) van die Grondwet bepaal dat elkeen die reg op toegang tot geskikte behuising het, terwyl die staat redelike wetgewende en ander maatreëls moet tref om hierdie reg te verwesenlik. Ten einde te bepaal of die huidige huurbehuisingstelsel in Suid-Afrika voldoende is, met inagneming van die stelsel se vermoë om huurders te voorsien van okkupasieregte met verblyfsekerheid en van toegang tot huurbehuising, word dit vergelyk met die huurbehuisingstelsels in Suid Afrika voor 1994, die Verenigde Koninkryk, New York Staat en Duitsland. Hierdie huurbehuisingstelsels word bespreek met inagneming van veranderinge in die sosio-ekonomiese omstandighede waartydens die staat gedurende behuisingstekorte huishoudings moes ondersteun. Die doeltreffendheid van huurbehuising word beoordeel met verwysing na regulasies wat substantiewe okkupasieregte verseker en beperkings plaas op huurpryse om 'n vorm van verblyfreg daar te stel wat die behuisingstekort kan verminder ten einde 'n nuwe huurbehuisingstelsel vir Suid-Afrika te inisieër wat gevolg aan die Grondwet sal gee. Die proefskrif lei tot die gevolgtrekking dat die huidige substantiewe okkupasieregte van stedelike residensiële huurders grotendeels op die gemenereg gebaseer is. Die gemenereg maak nie voorsiening vir sterk substantiewe okkupasieregte nie. Die huidige huurbehuisingswetgewing, naamlik die Wet op Huurbehuising 50 van 1999 en die Wet op Maatskaplike Behuising 16 van 2008, slaag nie daarin om substantiewe okkupasieregte vir stedelike residensiële huurders te voorsien nie. Die wetgewer het nie daarin geslaag om 'n wet te promulgeer wat in die huurbehuisingsraamwerk aan artikel 25(6) effek gee nie. Die wetgewer het wel die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond 19 van 1998 verorden om effek te gee aan artikel 26(3) van die Grondwet. Hierdie Wet is onlangs so deur die howe geïnterpreteer dat dit kwesbare huurders tydens uitsettingsprosedures met substantiewe okkupasieregte beskerm. Om aan artikel 25(6) te voldoen moet wetgewing egter substantiewe okkupasieregte met verblyfsekerheid aan residensiële huurders verskaf voordat hulle uitgesit word. Die wetgewer het die Wet op Huurbehuising en die Wet op Maatskaplike Behuising verorden ten einde effek aan die reg op behuising (artikel 26 van die Grondwet) in die gebied van huurbehuising te gee. Geeneen van hierdie wette slaag daarin om toegang tot behuising, en veral huurbehuising as 'n vorm van okkupasie, te bevorder ten einde die behuisingtekort te verminder nie.
3

The lessor’s tacit hypothec : a constitutional analysis

Siphuma, Nzumbululo Silas 12 1900 (has links)
Thesis (LLM)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The lessor's tacit hypothec improves the chances of the lessor to recover rent in arrears. This real security right arises by operation of law and attaches to the lessee's movable property found on the leased premises when rent is due but not paid. The extension of the lessor‟s tacit hypothec to third parties' property is the remedy's most controversial feature. The extension is supposedly based on one of two theoretical justifications, namely implied consent and the doctrine of estoppel. According to the implied-consent theory, the extension is based on the premise that the third party consented (explicitly or by implication) that his property can serve as security for the payment of the lessee's arrear rent. The basis of the second theory, the doctrine of estoppel, operates as a limitation on the rei vindicatio of the third party. Over the years discourse has shown that there are uncertainties surrounding these justifications. Recent debate has also shown that if constitutionally challenged, the extension of the lessor's tacit hypothec could amount to arbitrary deprivation of third parties' property. The aim of this thesis is to establish whether and how the existing common law principles that provide for the extension of the lessor's tacit hypothec over property belonging to third parties are affected by section 25(1) of the Constitution. Consequently, the thesis describes, analyses and scrutinises the general principles regulating the lessor's tacit hypothec, and more specifically the extension of the lessor's tacit hypothec to third parties' property, in view of section 25(1) of the Constitution. Taking into considering the recent statutory protection of third parties' property, the thesis concludes that the extension of the lessor's tacit hypothec does not constitute an arbitrary deprivation of third parties' property because correct application of the common law principles that provide for the extension and the statutory protection that has been introduced to exclude a large number of cases from the reach of the extension adequately protect third parties' property interests. Therefore, the requirements of section 25(1) are satisfied. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die verhuurder se stilswyende hipoteek verbeter sy kanse om agterstallige huur van sy huurder in te vorder. Wanneer die huur opeisbaar word, maar die huurder versuim om tydig te betaal, kom hierdie saaklike sekerheidsreg deur regswerking tot stand en dit dek alle roerende sake wat op die verhuurde perseel gevind word. Die uitbreiding van die stilwyende hipoteek na eiendom wat aan derde partye behoort is die remedie se mees kontroversiële eienskap. Hierdie uitbreiding van die hipoteek se toepassingsveld berus na bewering op een van twee regverdigingsgronde, naamlik die derde se geïmpliseerde toestemming en die leerstuk van estoppel. Volgens die geïmpliseerde toestemming-teorie kan die hipoteek na derdes se bates uitgebrei word op die veronderstelling dat sodanige derde partye toegestem het (uitdruklik of by implikasie) dat hulle eiendom as sekuriteit vir betaling van die huurder se agterstallige huur mag dien. Die tweede teorie steun op die beperking wat die leerstuk van estoppel op die rei vindicatio van die derde party plaas. Oor die jare het debatte aangedui dat daar onsekerhede rondom hierdie regverdigingsgronde bestaan. Onlangse debatte het ook aangetoon dat, indien dit grondwetlik getoets word, die uitbreiding van die hipoteek moontlik mag neerkom op ‟n arbitrêre ontneming van die derdes se eiendom. Die doel van hierdie tesis is om vas te stel of en hoe die bestaande gemeenregtelike beginsels wat die stilswyende hipoteek na bates van derdes uitbrei deur artikel 25(1) van die Grondwet beïnvloed word. Die tesis bespreek, analiseer en toets gevolglik die algemene beginsels van die verhuurder se stilswyende hipoteek, en meer spesifiek die uitbreiding van die hipoteek na bates wat aan derdes behoort, in die lig van artikel 25(1) van die Grondwet. Met inagneming van die beskerming wat derde party se eiendom in terme van onlangse wetgewing geniet, bevind die tesis dat die uitgebreide toepassing van die stilswyende hipoteek nie op ʼn arbitrêre ontneming van derde partye se eiendom neerkom nie omdat korrekte toepassing van die gemeenregtelike beginsels wat vir die uitbreiding voorsiening maak, in kombinasie met die wetgewende uitsluiting van ‟n groot aantal sake wat aan derdes behoort, voldoende beskerming aan die belange van derdes verleen. Die vereistes van artikel 25(1) word dus bevredig.

Page generated in 0.0688 seconds