• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Semantiese verdeling as vertaalstrategie

Ross, Suzanne Lucille Anne January 1993 (has links)
Magister Artium - MA / In die vertaalproses vind dikwels transformasies plaas wat soos volg omskryf word: die brontaalteks (BT), d.w.s. die teks waaruit vertaal word, word as't ware afgebreek tot semantiese elemente wat kleiner is as 'n bepaalde woord; dié elemente. word deur die vertaler weer op so 'n wyse saamgevoeg tot 'n doeltaalteks (OT), d.i. die teks waarin vertaal word, wat op die woordvlak nie meer met die BT-teks korrespondeer nie, maar wat in sy geheel tog min of meer dieselfde betekenis het (Langeveld: 96). Indien 'n vertaler nie van hierdie soort transformasies gebruik wil maak nie, loop hy gevaar om 'n vertaling te lewer waarin 'n mens nog grotendeels die oorspronklike teks lees. Die ander gevaar is voor die hand liggend: hy kan met dié soort semantiese verdeling 'n teks lewer wat afwyk van die boodskap van die BT-teks. Die doel van so 'n ondersoek sal dan wees om die voortreflikhede en die nadele van semantiese verdeling vas te stel.

Page generated in 0.3345 seconds