Return to search

'n Opvoedkundige-sielkundige begeleidingsprogram vir gesinne blootgestel aan veranderde werksomstandighede

Text in Afrikaans, abstract in Afrikaans and English / Die studie handel oor die probleme wat veranderende
werksomstandighede vir die werker en sy gesin veroorsaak. In 'n tydvak
waar die wereld van werk dramaties verander, toon baie mense
onkundigheid oor wat die veranderende wereld van werk impliseer.
Hierdie veranderende wereld van werk vereis dat die werker groter
verantwoordelikheid sal neem vir sy/haar eie loopbaantoekoms en
-sekuriteit. 'n Loopbaan waar vaste ure, 'n vaste salaris, 'n
pensioenfonds en ander byvoordele vanselfsprekend is, is in die
veranderende wereld van werk nie meer die norm nie.
Mense is nie voorbereid op veranderende werksomstandighede nie en
ervaar verskeie probleme soos stres, 'n verswakte selfbeeld, depressie
en 'n gevoel van magteloosheid. Die meeste mense wat blootgestel
word aan veranderende werksomstandighede ervaar toekomsskok en
hunker na die ou bedeling waar dinge seker en voorspelbaar was.
Omdat persona blootgestel aan veranderende werksomstandighede nie
voldoende op verandering voorberei word nie, ervaar hulle en hul
gesinne probleme. Hulle probeer dikwels om so vinnig moontlik van die
pyn en angstigheid wat met die verandering gepaard gaan, te ontsnap
en neem daarom dikwels ondeurdagte besluite en voortydige aksies. Dit
het dikwels mislukking tot gevolg wat verreikende ekonomiese en
psigologiese implikasies mag inhou.
Die begeleidingsprogram vir die studie is daarom ontwerp met die doel
om aan gesinne wat blootgestel word aan veranderende werksomstandighede
die nodige insig in die veranderende wereld van werk te
gee, en om aan hulle die nodige vaardighede te gee om die probleme
wat veranderinge meebring, te kan hanteer. Die persone en hulle
gesinne word bemagtig deurdat aan hulle die begrip "portefeulje -werk"
met die uitgangspunt dat almal altyd oor sekere bemarkbare
vaardighede beskik, en daarom tegnies nooit werkloos hoef te wees
nie, bekendgestel word. Daar word gepoog dat hulle hierdie konsep sal
internaliseer en dat hulle daarom 'n paradigmaskuif sal maak sodat
hulle meer op hulself en hulle eie vaardighede aangewese is as op eksterne faktore in die wereld van werk.
Uit die terugvoergesprekke met die proefpersone aan die begin van die
groepsessies en die vraelyste wat hulle voltooi het, blyk dit dat hulle
gebaat het by die bywoning van die groepsessies. / This study deals with the problems experienced by a person and his/her
family when faced with changing work circumstances. In a time where
the world of work is undergoing dramatic changes, many people lack
knowledge about the implications of the changing world of work. This
changing world of work requires that the worker will take greater
responsibility for his own career future and career security. A career
where fixed work hours, a fixed salary, a pension fund and other
benefits are a given, is no longer the norm in the changing world of
work.
People are not prepared to deal with changing work circumstances.
They experience a variety of problems like stress, a poor self image and
depression. Most people who are facing changing work circumstances
experience future shock and long for the old times when things were certain and predictable.
Persons and their families who are facing changing work circumstances
are not sufficiently prepared for the changes. They often try to escape
the pain and anxiety which accompany the changes by making quick
decisions and by taking premature actions. This often leads to failure
and has serious economic and psychological implications.
The counselling programme for this study is thus designed with the
purpose to give the families who are faced with changing work
circumstances the necessary insight in the changing world of work, and
to equip them with the necessary skills to deal with the problems which
accompany the changes. The persons and their families are also
empowered by introducing them to the concept "portfolio work". The
implications of portfolio work is that people always have some
marketable skills, and by marketing themselves and their skills they
should technically never be unemployed. It is attempted to help the
participants to internalise these concepts in order to make a paradigm
shift so that they will be more self reliant and less dependent on employers in the world of work.
From feedback with participants in the investigation at the beginning of
the group sessions, and the questionnaires they completed, it seems
that they have benefited from attending the group sessions. / Psychology of Education / Ph. D. (Sielkundige Opvoedkunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/16244
Date06 1900
CreatorsVan Biljon, Magdalena Katharina
ContributorsJacobs, L. J.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (316 leaves)

Page generated in 0.0125 seconds