Return to search

Riglyne vir onderrig en begeleiding binne andragogiese konteks

Dit is nie oordrewe om te beweer dat die Suid-Afrikaanse onderwyssisteem tans midde-in 'n krisis staan nie. Dat ook die tersiere onderwyssektor ten nouste deur die omvang van hierdie krisis geraak word, kan nie betwis word nie. Die dilemma soos wat dit huidig binne die onderwys manifesteer, is direk herleibaar tot die jarelange apartheidsbeleid van die verlede. Dit is besonderlik die tersiere onderwyssektor wat 'n onvoldoende verrekening van die behoeftes van die gemeenskap weerspieel - veral die onderwysgerigte probleme en uitdagings binne die breer Afrikakonteks. In 'n poging om die onderwysspeelveld gelyk te maak, is indringende veranderings en hervormings besig om plaas te vind aan die bree onderwysfront. Verskeie onderwysimperatiewe tree na vore:Regstellings met betrekking tot die diskrepansie in onderwysstandaarde; Die toekomstige onderwysbehoeftes van die groeiende bevolking wat geakkommodeer moet word; Opgeleide mannekrag wat voorsien moet word ten einde 'n lewensvatbare en progressiewe ekonomie te verseker Die eiesoortige probleme van groot massas individue wat ongeskoold is of wat beskik oor 'n minderwaardige skoolopleiding, wat aangespreek moet word. Een van die grootste struikelblokke wat staan in die weg om die voorgenoemde
probleemareas daadwerklik aan te spreek, is dosente aan tersiere onderwysinstansies se oenskynlike gebrek aan toereikende onderrig- en begeleidingsvaardighede. In die literatuurstudie is verskeie navorsingsbevindinge aangehaal wat daarop dui dat die meerderheid dosente vasgevang is in 'n nimmereindigende gejaag na die verwerwing
van kwalifikasies en die publisering van navorsingsresultate - ongelukkig ten koste van doeltreffende onderrig en begeleiding van studente. Hierbenewens het dit ook aan die lig gekom dat meer as 80% van alle dosente aan geselekteerde tersiere onderwysinstansies in Suid-Afrika, oor geen vorm van formele onderrigkwalifikasies beskik nie.n Vraelys is ontwikkel ten einde te bepaal tot watter mate bevestiging vir die
literatuurbevindinge in die praktyk gevind kon word en ook om dosente se algemene persepsies te toets met betrekking tot die doseerprofessie in sy geheel. Daar is veral klem gele op die onderskeie komponente van dosentskap - begeleiding en onderrig, navorsing, administrasie en gemeenskapsdiens. Drie bree kategoriee dosente is betrek by die studie, naamlik diegene verteenwoordigend van: Histories Afrikaanse Instellings; Histories Engelse Instellings; en Histories Swart Instellings. Uit hoofde van die bevindinge van die empiriese ondersoek, is praktykgerigte riglyne
vir onderrig en begeleiding binne andragogiese konteks neergele. / It is not an exaggeration to maintain that the educational system in South Africa finds itself in the midst of a crisis. It can furthermore not be denied that tertiary education in particular is profoundly involved in this crisis. The dilemma which presently manifests in the educational sector is without doubt the result of the prolonged apartheidspolicy of the past. The tertiary sector, in particular, reflects an inadequate consideration of the unique needs of the broader community. In an effort to level the educational playfield, incisive changes and reconstruction are currently taking place in the broader educational sector. Various educational imperatives emerge:Affirmative action with regard to the discrepency in educational standards have to be addressed; The future educational needs of the growing South African population have to be accommodated; Qualified manpower that has to be provided so as to ensure a viable and progressive economy; The unique problems of large numbers of individuals who are unskilled or who are in possession of an inferior school education, have to be considered. A major obstacle in the way of addressing the aforementioned problem areas, is
lecturers' apparent lack of sufficient teaching and accompaniment skills. Various research findings are quoted which point to the fact that the majority of lecturers are trapped in a spiral of obtaining qualifications and publishing research findings. This process unfortunately impacts negatively on effective teaching and the accompaniment of students. ·A related finding confirms that more than 80% of all lecturers at selected
tertiary institutions in South Africa are not in possession of a professional teaching qualification. A questionnaire was developed in order to establish to which degree confirmation could be found in practice for the literature findings and also to establish lecturers' general perceptions with regard to the teaching profession. Emphasis was placed on the different components of the lecturing task. Three broad categories of lecturers were involved in the study, namely those representing: Historically Afrikaans Institutions; Historically English Institutions; and Historically black institutions. In view of the findings of the empirical study, practice-based guidelines for teaching and accompaniment within andragogical context were put forward. / Educational Studies / D.Ed. (Orthopedagogics)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/18028
Date11 1900
CreatorsBadenhorst, Johanna Willemina
ContributorsCrous, S.F.M
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 electronic resource (x, 250 leaves)

Page generated in 0.0024 seconds