Return to search

Die verskynsel van aflrnouery in 'n plattelandse laerskool in die Wes-Kaap

Doctor Educationis / 'n Mini-tesis voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die
Meestersgraad in Opvoedkunde aan die Fakulteit van Opvoedkunde van die
Universiteit van die Wes-Kaapland.
Hierdie studie was gemotiveer deur 'n toenemende bewuswording dat afknouery in
Suid-Afrikaanse hoer- en laerskole emstige afrnetings aangeneem het - soos blyk uit
die daaglikse verslaggewing in die media. Die doel van die studie is om die aard en
omvang van afknouery in 'n plattelandse laerskool in die Wes-Kaap te ondersoek,
asook om die bestaande maatreels te evalueer wat in die skool geYmplementeer word
om die effek van die verskynsel te voorkom en in toom te hou.
In die literatuurstudie het ek daarop gekonsentreer om 'n historiese agtergrond van die
fenomeen deur te gee, asook om die mening van kundiges op die gebied oor wat
afknouery behels, die oorsake en gevolge daarvan en moontlike maniere om die
probleem te hanteer, te ondersoek. Navorsing op die gebied van afknouery het heel
eerste in alle ems in Noorwee en Swede 'n aanvang geneem en is later uitgebrei na
antler lande. In Suid-Afrika is die fenomeen tans relatief min nagevors. Oor die
algemeen vind navorsers dit uiters moeilik om afknouery akkuraat te definieer en om
'n onderskeid te tref tussen afknouery, geweld en kriminele aanranding. Daar is egter
konsensus <lat afknouery in verskillende vorme manifesteer - fisies, verbaal en
psigologies - en <lat <lit essensieel die manifestasie van ongelyke magsverhoudings is.
Verder stem navorsers saam <lat afknouery sulke verreikende kort- en langtermyn
gevolge vir die oortreder en die slagoffer inhou, dat <lit daadwerklike aandag moet
geniet.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/8272
Date January 2009
CreatorsIssel, William A
ContributorsWilliams, Clarence G
PublisherUniversity of the Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
RightsUniversity of the Western Cape

Page generated in 0.0017 seconds