Die Bybel is die boek wat die meeste gelees word en tog is dit moeilik om die leefwêreld van daardie era te verstaan. My doel is om ’n nuwe blik te gee op ’n paar Ou-Testamentiese simbole. Die ontdekking van ivoorobjekte in die middel negentiende eeu in Nimrud se paleise het tot groot opwinding gelei, aangesien dit met die literatuur ooreenstem. Die ivoorstukke het ’n “verhaal” kom vertel. Deur die streke se kuns te bestudeer kan ons ’n prentjie vorm van die kuns wat in die Ystertydperk in Mesopotamië en Palestina se paleise en welaf huise voorgekom het. Die ikonografie word ontrafel deur ’n paar ivoorstukke te “lees.” Ikonografie is die beskrywing en verklaring van beelde wat op bepaalde onderwerpe betrekking het. Sekere beelde kom herhaaldelik voor in Mesopotamië. In dié studie word hoofsaaklik die Gevleuelde Wesens, die Boom van Lewe, die Gevleuelde Sonskyf asook Rosette beskryf. / The Bible is widely read but it is difficult to understand the world and culture of the era that it is set in. It is my aim to provide new insight into a few Old Testament verses with their symbolic meaning. When ivory was discovered at Nimrud the discovery elicited huge excitement. The ivory pieces came to tell a story. Through studying the art of the different cultures a picture begins to appear of the palaces and homes of the wealthy in the Levant. The iconography could be “read.” Iconography is the science of interpreting the message the art wants to convey to the viewer. A few images are repeatedly showing up in the Levant during the Iron Age. In this study I am focusing mainly on The Tree of Life, the Winged Disc, the Rosette and Winged Spiritual Beings. I am attempting to discern the meaning behind these images. / Biblical and Ancient Studies / M.A. (Ou Nabye-Oosterse Studies)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/18931 |
Date | 02 1900 |
Creators | Grobler, Estelle Cornelia |
Contributors | Vermaak, P. S., Boshoff, W. S. (Willem Sterrenberg), 1958- |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (xi, 191 leaves) |
Page generated in 0.0023 seconds