Return to search

'n Vergelykende ondersoek na die residensiele argitektuur van die Victoriaanse periode in Engeland en Suid-Afrika : die impak van abstrakte determinante op uiterlike vormgewing

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: Architecture is a complex concept, and as such many factors contribute to its creation. These
factors include geographical, economical and climatological aspects, but above all
architecture is formed by the specific times, circumstances and lifestyle of the creator. The
human being, with his background, ideas and values, shapes and influences the architecture
surrounding him, and is also shaped and influenced by it. Therefore, when the lives and
opinions of people are radically changed, it follows inevitably that their way of architectural
expression will also change.
There are marked differences between domestic buildings erected during the Victorian period
in England and South Africa. English domestic buildings consist of long uniform terraced
rows of two or more storeys, while freestanding single-storeyed houses are the norm in
South Africa. A large percentage of English buildings are built with unfinished bricks
(sometimes stone), while the bulk of South African buildings are finished in plaster.
The general roofing material for Victorian houses in South Africa, namely corrugated iron,
are not used on English houses at all. English roofs are most often covered in slate tiles. The
very elaborate wood and/or cast-iron decorative elements so typical of the Victorian style in
South Africa are largely absent in England, and most English buildings also do not have an
architectural element comparable to the South African veranda.
All styles which occurred in England during the Victorian period are termed Victorian, but in
all cases it refers to the period, not the style. Although in South Africa other styles from the
Victorian period are sometimes also referred to as Victorian, a clearly distinguishable style
with unique characteristics developed at the end of the nineteenth century in South Africa.
This style came to be known as Victorian. This study investigates the underlying reasons for the differences which exist between the
Victorian architecture of England and South Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Argitektuur berus op 'n komplekse basis, en as sodanig is daar talle faktore wat tot die
skepping daarvan aanleiding gee. Hierdie faktore sluit onder meer in geografiese,
ekonomiese en klimatologiese aspekte, maar bowenal word die argitektuur geskep deur die
spesifieke tydsgees, agtergrond en leefstyl van die skepper daarvan. Die mens, met inbegrip
van sy agtergrond, idees en waardes, vorm en beïnvloed die argitektuur wat hom omring, en
word self ook daardeur gevorm en beïnvloed. Wanneer die lewens en sienings van mense dus
verander, volg dit vanselfsprekend dat hulle argitektoniese uitdrukkingsvorme ook sal
verander.
Woonhuise wat tydens die Victoriaanse periode in Suid-Afrika opgerig is, verskil opvallend
van dié in Engeland. Engeland se woonhuise bestaan uit lang aaneengeskakelde rye huise
(terraces), wat oor twee of meer verdiepings strek, terwyl enkelverdieping alleenstaande
geboue die norm in Suid-Afrika is. Geboue in Engeland vertoon ook 'n opvallende
uniformiteit wat in Suid-Afrika ontbreek. 'n Groot persentasie Engelse geboue is van
ongepleisterde baksteen (soms klip) gebou, terwyl Suid-Afrikaanse geboue oorwegend
afgepleister is. Die algemene dakmateriaal vir Victoriaanse huise in Suid-Afrika, naamlik
sinkplaat, word glad nie op Engelse huise gebruik nie. Die oordadige versieringselemente uit
gietyster en/of hout wat so tipies van die Victoriaanse styl in Suid-Afrika is, is grootliks
afwesig in Engeland, en die meeste Engelse geboue het ook nie 'n bou-element wat
vergelykbaar is met 'n Suid-Afrikaanse stoep nie. Alle style wat in Engeland tydens die Victoriaanse periode voorgekom het, word Victoriaans
genoem, maar in alle gevalle word die tydperk bedoel, en nie die styl nie. Hoewel daar in
Suid-Afrika ook soms na ander style van die Victoriaanse periode as Victoriaans verwys
word, het daar teen die einde van die negentiende eeu 'n eiesoortige styl met unieke
kenmerke in Suid-Afrika ontwikkel wat as Victoriaans bekend staan.
Hierdie studie ondersoek die dieperliggende redes vir die verskille wat tussen die
Victoriaanse argitektuur van Engeland en Suid-Afrika bestaan.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/86546
Date04 1900
CreatorsVan Zyl, Annemarie
ContributorsBurden, M., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of History.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format351 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0217 seconds