Return to search

'n Ondersoek na die bewarenswaardigheid van die Elandsvlei-gebouekompleks

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The farm Elandsvlei, situated approximately halfway between the towns Ceres and
Calvinia in the Ceres-Karoo, was originally the eighteenth-century pioneer farm
Elandsdrift. The farm initially had a number of owners in quick succession, after which
Barend Lubbe received it as loan farm. His family grew rapidly and his son Frans
eventually received Elandsdrift. Frans' daughter Johanna Adriana married Jacobus Petrus
Hough, the son of a poor tailor who came to the Cape as a soldier of the DEIC and
became a free burgher some years later. This was the first in a series of marriages
between Lubbe women and Hough men and the result was that Elandsdrift, later to
become Elandsvlei, became Hough property. Elandsvlei became an important centre for
the community of the Ceres-Karoo. Among other things, the farm had a school and even
a postal agency.
The buildings on pioneer farms during the eighteenth century were generally very simple
and primitive due to the circumstances under which the farmers were scraping together a
living. A century later the situation has changed and the farmers were becoming more
settled. Approximately in the period between 1830 and 1890 a number of interesting
buildings were erected on Elandsvlei. Some of these were built with gracious Cape Dutch
gables from the outset while others had gables added on at a later stage, so that the farm
currently boasts a unique collection of buildings in the Cape Dutch style. The most
important buildings were documented as part of this study by means of description,
architectural drawings and photographs.
Some buildings on the farm have already disappeared completely while others are in
various stages of decay, mostly due to the fact that they are not utilised any more. It is
essential that measures be taken immediately to save these buildings. Complete
restoration is not called for seeing that, especially in the current financial climate, it is a
problem to secure the necessary finances. The farm is already running a successful
tourism business and it will be possible to incorporate the restored buildings into this
business in a meaningful way. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die plaas Elandsvlei, geleƫ halfpad tussen Ceres en Calvinia in die Ceres-Karoo, het sy
ontstaan in die middel van die agtiende eeu gehad as die pioniersplaas Elandsdrift. Na 'n
aantal eienaars mekaar redelik vinnig opgevolg het, het Barend Lubbe die plaas as
leningsplaas ontvang. Sy familie het snel uitgebrei en sy seun Frans het Elandsdrift
ontvang. Frans se dogter Johanna Adriana is getroud met Jacobus Petrus Hough, die seun
van 'n arm kleremaker wat as soldaat van die vac na die Kaap gekom het en slegs 'n
paar jaar later vryburger geword het. Dit was die eerste van 'n reeks huwelike tussen
Lubbe-vroue en Hough-mans, en die uiteinde was dat Elandsdrift, later Elandsvlei, in
Hough-besit oorgegaan het. Elandsvlei het mettertyd 'n belangrike gemeenskapsentrum in
die Ceres-Karoo geword en daar was selfs 'n skool en posagentskap op die plaas.
Die geboue op die pioniersplase gedurende die agtiende eeu was oor die algemeen baie
eenvoudig en primitief weens die omstandighede waaronder die pionierboere 'n bestaan
moes maak. 'n Eeu later het die situasie egter verander en die boere was al meer gevestig.
In die periode tussen ongeveer 1830 en 1890 is daar 'n aantal besondere geboue op
Elandsvlei opgerig. Sommige geboue is van meet af aan met sierlike Kaaps-Hollandse
gewels gebou terwyl ander later gewels bygekry het, sodat daar tans 'n unieke
versameling geboue in die Kaaps-Hollandse styl op die plaas staan. Die belangrikste
geboue is deur middel van hierdie studie so volledig moontlik gedokumenteer deur
beskrywings, argitekstekeninge en foto's.
'n Aantal van die geboue op die plaas het alreeds vergaan en andere is in verskeie stadia
van verval, hoofsaaklik as gevolg van die feit dat dit nie meer benut word nie. Dit is
noodsaaklik dat opknappingswerk onmiddellik aangepak word om die geboue te red.
Volledige restourasie is nie nodig nie aangesien dit veral in die huidige tydsgewrig
problematies is om die nodige fmansies te bekom. Daar bestaan alreeds 'n toerismebedryf
op die plaas en dit sal moontlik wees om die opgeknapte geboue sinvol by die bestaande
bedryf in te sluit.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53523
Date04 1900
CreatorsVan Zyl, Annemarie
ContributorsBurden, M., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of History.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format175 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0025 seconds