Return to search

Salomo syn oue goudfelde : op die spoor van die retorika in die Afrikaanse romankuns

Text in Afrikaans / Hoewel die retorika bykans 26 eeue oud is, word die relevansie daarvan vir ons
eie tyd toenemend besef - as 'n sleutel tot die wyse waarop mense dinkargumenteer en oorreed. Hierdie studie ondersoek retoriese (oorredende)
strategiee in Afrikaanse historiese romantekste, binne 'n historiese konteks en
teen die agtergrond van eietydse historiografiese insigte. Die aspekte van die
kommunikasiesituasie wat saamhang met die retorika, word verbind met die
vernuwende denke daaroor binne die hedendaagse literatuurteorie en
historiografie. Die konteks van die outeur en roman word telkens bestudeer,
gevolg deur 'n retoriese analise. Aristoteles se idees oor die retorika kry hierby
voorrang, vanwee sy nadruk op die inventio of vinding, maar die retorika word
eerder geassosieer met 'n dinamiese metode as met rigiede kategorisering.
Aandag word veral bestee aan retoriese strategies in S.J. du Toit se Di
koningin fan Skeba (1898) en Andre P. Brink se Houd-den-bek (1982), maar
ook aan resente historiese romans wat hedendaagse historiografiese en
retoriese opvattinge en konvensies ontgin en problematiseer. Beide S.J. du Toit,
wat kennelik 'n goeie kennis van die antieke retorika gehad het en Andre P.
Brink, met sy romanonderwerp wat aansluit by die geregtelike rede, betree die
retoriese terrain op sodanige wyse dat hul romans tipiese produkte van hul eie
tyd genoem kan word.
Beide die geskiedskrywing en die historiese roman is gemedieerde
weergawes, gekenmerk deur 'n subjektiewe seleksie (inventio) van gegewens
en die kombinasie daarvan binne eie verbale strukture (dispositio). Dit kan in
verband gebring word met nie-tegniese oorredingsmiddele, waar die sender sy
informasie van buite kry. Hy gebruik dan sogenaamde empiries-verifieerbare
feite as retoriese strategie ten einde 'n waarheids- en I of werklikheidsillusie te
skep wat bydra tot die roman se oorredingsskrag. Die keuse vir die skryf van 'n
historiese roman, impliseer reeds ook 'n keuse vir die bakens van die
geskiedskrywing, maar 'n skeppende skrywer is, anders as 'n historikus, eties
vry om nie-tegniese bewysmiddele te transformeer tot tegniese bewysmiddele,
in aanpassing by 'n nuutgeskepte argumentatio en 'n eie causa. Na aanleiding
van die tekste kom die ontvanger op sy beurt tot 'n eie seleksie en skep sy eie
kousale en argumentatiewe strukture / While rhetoric has been part of the history of mankind for nearly 26 centuries, it
is increasingly regarded as extremely relevant for our time - as a key to the way
in which people think, argue and persuade. This study investigates rhetorical
(persuasive) strategies in Afrikaans historical novels. The novels and their
authors are first situated in their historical contexts and against the background
of contemporary historiographical inquiry, and then analyzed by means of
rhetorical concepts. Aspects of communication, which coincide with rhetorical
categories, are combined with recent developments in the field of literary theory
and historiography. Aristotle's views on persuasion and rhetoric are used as
point of departure, but rhetoric is regarded as a dynamic method rather than a
rigid categorization.
Attention is given to rhetorical strategies in the novel Di konlngin fan Skeba
[The queen of Sheba] by S.J. du Toit (1898) and Andre P. Brink's Houd-denbek
[translated into English by the author as A chain of voices], but also to
recent Afrikaans historical novels which exploit contemporary historiographical
and rhetorical conventions. In S.J. du Toit's novel (which illustrates his
knowledge of ancient rhetoric) as well as Andre P. Brink's (where the topic can
be linked to litigation) rhetorical strategies are employed in such a manner that
their texts can be regarded as products of their historical contexts.
Both historiography and historical novels are mediated representations,
characterized by a subjective selection (inventio) of data and its combination in
verbal structures (dispositio). This can be related to 'extrinsic' or 'inartificial'
proofs, which are not contrived by the author. The author exploits the so-called
empirically verifiable facts as rhetorical strategies to create an illusion of truth or
verisimilitude, which greatly contributes to the persuasiveness of the novel. The
decision to write a historical novel implies a choice to keep to the historical
'facts', but the writer, in contrast to the historiographer, is ethically free to
transform the inartificial proofs into artificial proofs, in combination with his own
invented argumentatio and causa. Prompted by these texts the reader, in his
turn, makes his own selection and creates his own causal and argumentative
structures / Afrikaans and Theory of Literature / D. Litt. et Phil. (Afrikaans)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17787
Date11 1900
CreatorsVan Zyl, Dorothea Petronella
ContributorsBotha, E.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (335 leaves)

Page generated in 0.0025 seconds