Thesis (MScSportSc)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: There is a universal concern about the rapid decline in the physical activity levels
of children, particularly adolescent girls. There is evidence of an increase in
juvenile obesity that is associated with numerous health risks. During
adolescence the majority of psychological problems associated with obesity stem
from a disturbance in the self-concept. The purpose of this study was to
determine the relationship between fitness, body composition and physical selfperception
of a sample of 167 adolescent girls (14-17 years), and to compare
these results with the results of similar studies from around the world. The
results show a significant positive relationship (r = 0.47; P < 0.01) between levels
of cardiorespiratory fitness and physical self-perception and significant negative
relationships between percentage body fat and physical self-perception (r =
-0.35; p < 0.01), as well as body composition and cardiorespiratory fitness (r =
-0.47; P < 0.01). The results clearly illustrate the current prevalence of obesity
associated with low cardiorespiratory fitness (due to inactivity) and low selfperception.
The importance of being physically active for the physical and
psychological well-being of adolescents is a valuably preventive and treatment
measure. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die bekommernis oor die toenemende afname in die fisieke aktiwiteitsvlakke van
kinders, veral adolessente meisies, blyk 'n universele verskynsel te wees.
Bewyse is gevind van 'n toename in obesiteit by kinders wat verband hou met
verskeie gesondheidsrisikos. Tydens adolessensie word die meeste sielkundige
probleme wat verband hou met obesiteit deur 'n versteuring in die selfkonsep
veroorsaak. Die doel van hierdie studie was om vas te stel wat die verband
tussen fiksheid, liggaamsamestelling en fisieke selfpersepsie is. Die steekproef
het bestaan uit 167 adolessente meisies (14 - 17 jaar oud) en hierdie resultate is
vergelyk met die resultate van soortgelyke studies van regoor die wêreld. Die
resultate toon 'n beduidend positiewe verband (r = 0.47; P < 0.01) tussen
kardiorespiratoriese fiksheidsvlakke en fisieke selfpersepsie vlakke en beduidend
negatiewe verbande tussen liggaamsvetpersentasie en selfpersepsie (r = -0.35;
P < 0.01) sowel as liggaamsamestelling en kardiorespiratoriese fiksheid (r =
-0.47; P < 0.01). Die resultate toon dat die voorkoms van obesiteit met lae
kardiorespiratoriese fiksheid (as gevolg van 'n gebrek aan fisieke aktiwiteit) en
lae selfpersepsie verband hou. Die belangrikheid van fisieke aktiwiteit vir die
fisieke en sielkundige welstand van adolessente is 'n waardevolle voorkomende
en behandelingsmetode.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50177 |
Date | 12 1900 |
Creators | Du Toit, Liezel |
Contributors | Venter, R. E., Potgieter, J. R., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Sport Science. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 107 p. : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0036 seconds