Return to search

Ondersoek na redes waarom opgeleide intensiewesorgverpleegkundiges buite die intensiewesorgomgewing werk

Text in Afrikaans / In hierdie beskrywende, verkennende en kontekstuele studie is ondersoek gedoen na redes
waarom opgeleide intensiewesorgverpleegkundiges uit die intensiewesorgomgewing bedank en
buite die intensiewesorgomgewing werk in die noordelike gedeelte van Gauteng. Doelwitte vir
die studie was om die faktore te bepaal wat bydra tot die bedanking uit die
intensiewesorgeenheid, die identifisering van die nie-verpleegkundige beroepe wat tans beoefen
word en die bepaling van die faktore wat bydra tot die beoefening van 'n nie-verpleegkundige
beroep. Die data is ingesamel deur middel van 'n vraelys wat voltooi is deur opgeleide
intensiewesorgverpleegkundiges wat bedank het uit die intensiewesorgomgewing. Die
sneeubalsteekproeftegniek is gebruik. Die data-analise het getoon dat redes vir bedanking uit die
intensiewesorgomgewing die volgende insluit: onvoldoende salarisse, te veel stres en
emosionele uitputting, ongerieflike werkure, personeeltekort en onbevredigende
werkomstandighede. Daar is bevind dat verpleeg-sessiewerk steeds deur die respondente gedoen
word, al werk hulle huidig voltyds buite die intensiewesorgomgewing. / In this exploratory, descriptive and contextual study research has been done to establish the
reasons why intensive care nursing personnel resign from the intensive care environment in the
northern Gauteng region. The researcher aimed to establish the factors that contributed to the
resignations from the intensive care environment, to identify the non-nursing careers currently
being practised by former intensive care nursing staff and to establish the factors that influenced
them to practice non-nursing careers. The data was collected through questionnaires completed
by former intensive care nursing personnel. The snowball test sampling method has been used.
Data analysis has shown the following to be inter alia the reasons for the resignations from the
intensive care environment: insufficient income, exhaustion and emotional stress, inconvenient
working hours, staff shortages and unsatisfactory working conditions. One finding is that
respondents are still doing nursing session work although they are working full-time in nonnursing
capacities. / Health Studies / M.A. (Verpleegkunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/1540
Date01 January 2002
CreatorsCoetzee, Laetitia
ContributorsBotha, Anna Dorethea Helena, 1954-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xi, 124 leaves)

Page generated in 0.0023 seconds