Return to search

Gedeelde ervaringe van orkeslede in die Con Amoré–orkes : ʼn fenomenologiese benadering / Leonora Human

Hierdie transendentale fenomenologiese studie beskryf die betekenis wat die Con Amoré-orkeslede uit hul gedeelde ervaringe put. Die orkes is gevestig by Hoërskool Drie Riviere in Vereeniging en bestaan uit een-en-dertig graad ses tot twaalf leerders woonagtig in die Vaaldriehoek. Die filosofiese wêreldbeskouing van hierdie skripsie is interpretivisties en die doel daarvan is om die gedeelde ervaringe van die orkeslede te beskryf, te verstaan en te interpreteer. Daar is ‟n deeglike literatuurstudie gedoen om die agtergrond van die studie te skets. Dit is ‟n kwalitatiewe studie waardeur data versamel is deur oop-einde onderhoude met die orkeslede te voer. Daarna is die getranskribreede onderhoude deur die navorser op die rekenaarprogram ATLAS.ti 7 ingevoer. Deur die aanhalings uit die onderhoude te kodeer en die kodes te kategoriseer het die volgende ses temas na vore gekom, naamlik omgee, betekenisvolheid, persoonlike ontwikkeling asook ontwikkeling van vaardighede, negatiewe ervaringe, dissipline en genot. Die implikasie van die studie is dat dirigente, orkesbestuurders en onderwysers wat jeugorkeste en ensembles afrig kan baat vind by die navorsing en dat dit kan bydra tot die sukses van die groep. My aanbevelings vir verdere studie is dat ‟n soortgelyke fenomenologiese studie gedoen kan word van die ervaringe van orkeslede in professionele orkeste, die ervaringe van musiekonderwysers wat musiek as vak vir grade tien tot twaalf aanbied, asook die ervaringe van leerders wat musiek as een van hul vakke neem. / MA(Musicology), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015

Identiferoai:union.ndltd.org:NWUBOLOKA1/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/15292
Date January 2015
CreatorsHuman, Leonora
Source SetsNorth-West University
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0019 seconds